S v Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie

JurisdictionSouth Africa
JudgeSpoelstra R, M J Strydom R, Streicher R
Judgment Date06 June 1989
Citation1991 (2) SA 698 (W)
Hearing Date06 June 1989
CourtWitwatersrand Local Division

Spoelstra R:

Die respondent het in die landdroshof Johannesburg tereggestaan op 'n aanklag van 'n oortreding van art 44(1)(e) (iv) van die Wet op Gevangenisse 8 van 1959. Die Staat het aangevoer dat die respondent, wederregtelik en sonder skriftelike magtiging van die Kommissaris van Gevangenisse, 'n foto van 'n gevangene, te wete Helena H Therese Judith Marie Pastoors, gepubliseer het of laat publiseer het. Die respondent het op die aanklag onskuldig gepleit en is aan die einde van die saak onskuldig bevind en ontslaan.

Die Prokureur-generaal het daarop ingevolge die bepalings van art 310(1) van die Strafproseswet 51 van 1977, die landdros versoek om 'n I casus -posisie op te stel. Dit is gedoen en die Prokureur-generaal het daarop appèl aangeteken teen die landdros se beslissing van sekere regsvrae met betrekking tot die vertolking en toepassing van art 332(1) van Wet 51 van 1977. Voordat ek meer volledig na die regsvrae verwys en daarmee handel, is dit gepas om kortliks die agtergrond te skets soos J wat dit van die casus -posisie blyk.

Spoelstra R

A Dit is gemeensaak dat die respondent in 'n televisie-nuusbulletin op 9 Julie 1987 om 20:00 'n foto van die genoemde Pastoors vertoon en derhalwe gepubliseer het. Hierdie publikasie het sonder die toestemming van die Kommissaris van Gevangenisse geskied. Die respondent was bewus dat 'n publikasie van 'n foto van 'n gevangene sonder die voorgeskrewe toestemming wederregtelik is. Die publikasie van die foto in die B betrokke nuusbulletin was 'n 'fout' van 'n dienaar van die respondent. Dit het in stryd met die uitdruklike opdragte van die respondent geskied.

Die 'fout' het soos volg gebeur: Ter voorbereiding van 'n nuusbulletin word nuus deur verskeie ervare verslaggewers ingesamel. Afskrifte van die filmmateriaal word by die bestemde afdeling van die respondent C ingehandig. Die verslaggewer berei 'n kopie van die nuusitem voor en oorhandig dit aan die insamelingsredakteur. Die bulletinredakteur besluit waar dit op die nuusbulletin sal inpas. Verdere aanpassing, samestelling en inkleding daarvan saam met ander materiaal word deur verdere joernaliste en sub-redakteurs versorg. Daarna word dit D gefinaliseer deur 'n opname en 'n redigering op 'n bepaalde videokasset. Streng kontrole oor die samestelling van nuusbulletins word by wyse van vergaderings van senior personeel uitgeoefen en begin daagliks reeds vanaf 09:00. Wysigings en aanpassings vind deurlopend plaas. Die hoofredakteur is beskikbaar vir voorligting oor en kontrolering van E sensitiewe materiaal. Om 16:00 en voordat hy van diens gaan, kontroleer hy die finale kopie. Sekere wysigings of aanvullings kan egter nog onder kontrole van sub-redakteurs tot enkele minute voor die uitsending aangebring word.

Op 9 Julie 1987 is 'n berig oor ene Klaas de Jonge vir die 18:00 televisie-nuusbulletin in Afrikaans voorberei. Dit het geen verwysing na Pastoors bevat nie. Dieselfde berig is egter deur 'n ander persoon vir F die 20:00 televisie-nuusbulletin in Engels voorberei. Aan die einde van die berig is toegevoeg: 'His former wife, Helena Pastoors, was sentenced to 10 years' imprisonment last year for ANC activity.' Tydens uitsending van hierdie woorde is 'n wit en swart foto van Helena Pastoors vertoon. Geen verwysing na Pastoors of die vertoon van die foto kom in die G oorspronklike kopie voor nie. Daar is geen getuienis wat verduidelik hoe die foto of die toevoeging deel van die nuusbulletin geword het nie en nog minder wie daarvoor verantwoordelik was.

Die landdros het bevind dat die werknemer van die respondent wat vir die publikasie van die foto verantwoordelik was, onregmatig en nalatig H opgetree het en dat daardie optrede ten minste 'n poging was om respondent se belange te bevorder. Verder word bevind dat die graad van die werknemer se nalatigheid nie bepaal kan word nie. Dit is gevolglik as geringe nalatigheid beskou. Die landdros bevind ook dat die Wetgewer nie bedoel het dat die geringste nalatigheid van 'n werknemer ingevolge die bepalings van art 332(1) van Wet 51 van 1977 op die regspersoon I geprojekteer moet word nie. Volgens die verhoorhof het die respondent self nie opsetlik of nalatig opgetree nie; was sy optrede en beheermaatreëls om so 'n gebeurlikheid te voorkom in die omstandighede redelik; en was die publikasie van die foto buite sy beheer. Op hierdie grondslag is die respondent onskuldig bevind.

Op die casus -posisie het die landdros die volgende regsvrae J geformuleer:

Spoelstra R

'1.

A Of art 332(1) van Wet 51 van 1977 nie toepassing vind waar daar slegs geringe nalatigheid aan die kant van die direkteur of dienaar van die regspersoon bewys word nie.

2.

Of nalatigheid, asook die optrede en beheermaatreëls van die regspersoon, by die toepassing van art 332(1) van Wet 51 van 1977 tersaaklik is. B

3.

Of die vraag of die direkteur of dienaar se optrede in stryd met uitdruklike opdragte van die regspersoon, of buite beheer van die regspersoon geskied, tersaaklik is by die toepassing van art 332(1) van Wet 51 van 1977.'

Die landdros beslis die regsvrae soos volg:

1.

C Dat die Wetgewer nie bedoel het om die geringste nalatigheid deur 'n dienaar van die regspersoon ingevolge art 332(1) van Wet 51 van 1977 op daardie regspersoon te projekteer nie.

2.

Dat die optrede en beheermaatreëls deur die SAUK ooreenstem met dié van die redelike man in soortgelyke omstandighede, binne die D raamwerk van die betrokke artikel.

3.

Dat die publikasie van die betrokke foto buite beheer van die SAUK was en wel tersaaklik is by die toepassing van art 332(1) (supra).

In die casus -posisie spreek die landdros die mening uit dat hy ten opsigte van hierdie bevindings gefouteer het. Die appèl is gerig teen die landdros se bevindinge ten opsigte van die regsvrae soos tydens die E verhoor deur hom beantwoord. Gedurende argument is ons toegespreek ten opsigte van verskeie ander aangeleenthede en ook ten opsigte van die vraag of ons geregtig is om na feite buite die casus -posisie te kyk. Ons is ook toegespreek ten opsigte van die vraag of art 44(1)(e) (iv) van Wet 8 van 1959 opset of nalatigheid as skuldvorm vereis. Die casus -posisie F stel egter slegs die vertolking van art 332(1) van Wet 51 van 1977 as regsvrae vir beantwoording. Ek vind dit derhalwe onnodig om met die ander aangeleenthede te handel.

Artikel 332(1) van Wet 51 van 1977 bepaal soos volg:

'332(1) Ten einde 'n regspersoon aanspreeklikheid op te lê weens 'n misdryf, hetsy statutêr of gemeenregtelik, word -

(a)

G 'n handeling wat deur of in opdrag of met uitdruklike of stilswyende toestemming van 'n direkteur of dienaar van daardie regspersoon, met of sonder 'n besondere opset, verrig word; en

(b)

die versuim, met of sonder 'n besondere opset, om 'n handeling te verrig wat verrig moes geword het maar nie verrig is nie deur of in opdrag van 'n direkteur of dienaar van daardie regspersoon,

H by die uitoefening van sy bevoegdhede of die uitvoering van sy pligte as so 'n direkteur of dienaar of ter bevordering of gepoogde bevordering van die belange van daardie regspersoon, geag 'n handeling (met dieselfde opset, as daar opset by is) deur daardie regspersoon verrig te gewees het of, na gelang van die geval, 'n versuim (en met dieselfde opset, as daar opset by is) aan die kant van daardie regspersoon te gewees het.' I

Die artikel slaan eerstens op die handeling (inbegrepe 'n versuim) as misdaadelement. Dit is duidelik dat die regspersoon aanspreeklikheid kan opdoen vir 'n handeling of versuim van sy direkteur of dienaar by die uitoefening van sy bevoegdhede as so 'n direkteur of dienaar of by die uitvoering van sy pligte as so direkteur of dienaar of ter bevordering J van die

Spoelstra R

A belange van daardie regspersoon of ter gepoogde bevordering van die belange van daardie regspersoon. Verder dek die artikel nie alleen die handeling van die direkteur of die dienaar nie maar ook handelinge van ander persone wat in opdrag van of met die uitdruklike of stilswyende toestemming van 'n direkteur of dienaar van die regspersoon verrig is mits die ander voorvereistes ook teenwoordig is. 'n Handeling wat onder B die voornoemde omstandighede deur 'n direkteur of 'n werknemer of 'n derde verrig word, word strafregtelik aan die regspersoon toegedig. Dit word strafregtelik as die handeling van die regspersoon self beskou. Die artikel volstaan egter nie met hierdie objektiewe misdaadelement nie maar betrek ook 'n subjektiewe element wat aan die regspersoon toegedig kan word. Die subjektiewe element word as 'opset' en ''n besondere C opset' beskryf. 'n Handeling wat aan die voornoemde vereistes voldoen, word onder alle omstandighede, ongeag die aan- of afwesigheid van opset aan die kant van die direkteur of dienaar, aan die regspersoon toegeskryf. As die handeling egter met opset uitgevoer word, word die opset van die dader ook beskou as opset van die regspersoon.

D 'n Netelige vraag word na vore gebring deur die begrippe 'besondere opset' en 'opset' soos wat dit in the artikel gebruik word. Die vraag is besonder lastig omdat die prakties gelykluidende voorgangers van die huidige art 332(1) reeds so lank gelede as 1941 deur 'n Volhof van hierdie Afdeling toegepas is op die grondslag dat die nalatigheid van 'n E direkteur of werknemer waarmee die handeling verrig word, ook aan die regspersoon gewyt word. Ek verwys hier na die uitspraak van R v Bennett and Co (Pty) Ltd and Another 1941 TPD 194 waarin twee vooraanstaande Regters by monde van Murray R (Greenberg R het saamgestem) op 200 - 1 die volgende uitlatings ten opsigte van art 384(1) van Wet 31 van 1917 gemaak het: F

'In any event it seems to me that the language of s 384(1)(a) and (b), as amended, is so clear that it is not competent for any court of law to refrain from giving the section the effect of its plain meaning. It is clear from the section that, where proof of any intent is...

To continue reading

Request your trial
8 practice notes
4 cases
  • Ex parte Minister van Justisie: In re S v Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie
    • South Africa
    • Invalid date
    ...en amptenare. R v Bennett & Co (Pty) Ltd and Another 1941 TPD 194 goedgekeur. Die beslissing in S v Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie 1991 (2) SA 698 (W) omvergewerp. H Flynote : Corporate body — Criminal liability of — Criminal liability of company for negligence of director or officer — O......
  • Ex parte Minister van Justisie: In re S v Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie
    • South Africa
    • Invalid date
    ...en amptenare. R v Bennett & Co (Pty) Ltd and Another 1941 TPD 194 goedgekeur. Die beslissing in S v Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie 1991 (2) SA 698 (W) omvergewerp. E Flynote : Company — Proceedings by and against — Criminal liability of company for negligence of director or officer — On ......
  • Ex parte Minister van Justisie: In re S v Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie
    • South Africa
    • Appellate Division
    • 28 September 1992
    ...aangeteken na die Witwatersrandse Plaaslike Afdeling. Die appèl is van die hand gewys - sien S v Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie 1991 (2) SA 698 (W) ('die SAUK-saak'). Twee uitsprake is gelewer - een deur Spoelstra R E en een deur Streicher R. Hoewel dit nie uit die verslag van die uitspr......
  • Ex parte Minister van Justisie: In re S v Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie
    • South Africa
    • Appellate Division
    • 28 September 1992
    ...aangeteken na die Witwatersrandse Plaaslike Afdeling. Die appèl is van die hand gewys - sien S v Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie 1991 (2) SA 698 (W) ('die SAUK-saak'). Twee uitsprake is gelewer - een deur Spoelstra R en een deur Streicher R. Hoewel dit nie uit die verslag van die uitsprak......
4 books & journal articles
8 provisions

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT