Ex parte Minister van Justisie: In re S v Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie

JurisdictionSouth Africa
JudgeE M Grosskopf AR
Judgment Date28 September 1992
Citation1992 (2) SACR 618 (A)
Hearing Date18 September 1992
CounselEtienne du Toit SC namens die Minister van Justisie J A Swanepoel SC (Adjunk Prokureur-Generaal, Witwatersrand) namens die Staat
CourtAppellate Division

E M Grosskopf AR:

Kragtens art 333 van die Strafproseswet 51 van 1977, het die Minister van Justisie die volgende twee vrae aan hierdie Hof voorgelê vir beredenering en beslissing vir die toekomstige leiding van alle howe:

'(a)

Vind art 332(1) van die Strafproseswet 51 van 1977 toepassing by H nalatigheidsmisdade?

(b)

Is die uitspraak gelewer in R v Bennett & Co (Pty) Ltd and Another 1941 TPD 194 regtens verkeerd?'

Die agtergrond tot hierdie vrae kan soos volg opgesom word.

Artikel 332(1) van die bogemelde Strafproseswet ('die huidige Wet') lui:

'(1) Ten einde 'n regspersoon strafregtelike aanspreeklikheid op te lê I weens 'n misdryf, hetsy statutêr of gemeenregtelik, word-

(a)

'n handeling wat deur of in opdrag of met uitdruklike of stilswyende toestemming van 'n direkteur of dienaar van daardie regspersoon, met of sonder 'n besondere opset, verrig word; en

(b)

die versuim, met of sonder 'n besondere opset, om 'n handeling te verrig wat verrig moes geword het maar nie verrig is nie deur of J in opdrag van 'n direkteur of dienaar van daardie regspersoon,

E M Grosskopf AR

A by die uitoefening van sy bevoegdhede of die uitvoering van sy pligte as so 'n direkteur of dienaar of ter bevordering of gepoogde bevordering van die belange van daardie regspersoon, geag 'n handeling (met dieselfde opset, as daar opset by is) deur daardie regspersoon verrig te gewees het of, na gelang van die geval, 'n versuim (en met dieselfde opset, as daar opset by is) aan die kant van daardie persoon te gewees het.'

B Die uitleg van hierdie bepaling het ter sprake gekom in 'n strafregtelike vervolging van die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie ('die SAUK'). Die SAUK is in die Johannesburgse landdroshof aangekla van 'n oortreding van art 44(1)(e)(iv) van die Wet op Gevangenisse 8 van 1959, deurdat die SAUK na bewering wederregtelik en sonder skriftelike magtiging van die Kommissaris van Gevangenisse 'n foto van 'n gevangene gepubliseer C het of laat publiseer het. Volgens die klagstaat is die oortreding gepleeg deur 'n dienaar van die SAUK in die uitoefening van sy pligte as so 'n dienaar, of ter bevordering of gepoogde bevordering van die belange van die SAUK. Die SAUK het onskuldig gepleit en is aan die einde van die saak onskuldig bevind en ontslaan. Die landdros het bevind dat die werknemer van die SAUK wat vir die publikasie van die foto verantwoordelik was, D onregmatig en nalatig (maar nie opsetlik nie) opgetree het en dat daardie optrede ten minste 'n poging was om die SAUK se belange te bevorder. Die graad van die werknemer se nalatigheid kon egter nie bepaal word nie en is gevolglik as gering beskou. Die landdros het verder bevind dat die Wetgewer nie bedoel het dat die geringste nalatigheid van 'n werknemer ingevolge art 332(1) op die regspersoon geprojekteer moet word nie, en dat die SAUK dus nie uit hoofde van art 332(1) skuldig bevind kon word nie. E Daar was ook geen ander basis vir 'n skuldigbevinding nie, en die SAUK is onskuldig bevind en ontslaan.

Die Prokureur-generaal het daarop ingevolge art 310(1) van die huidige Wet die landdros versoek om 'n casus-posisie op te stel. Dit is gedoen. Die casus-posisie het onder meer die vraag geopper of art 332(1) toepassing vind waar daar slegs geringe nalatigheid aan die kant van die F direkteur of dienaar van die regspersoon bewys word.

Die Prokureur-generaal het aan die hand van die casus-posisie appèl aangeteken na die Witwatersrandse Plaaslike Afdeling. Die appèl is van die hand gewys - sien S v Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie 1991 (2) SA 698 (W) ('die SAUK-saak'). Twee uitsprake is gelewer - een deur Spoelstra R en een deur Streicher R. Hoewel dit nie uit die verslag van die uitsprake G blyk nie, het M J Strydom R met Spoelstra R saamgestem. Die meerderheid en minderheid van die Hof het albei bevind dat die appèl afgewys moes word, maar het hierdie slotsom langs verskillende weë bereik. Streicher R het bevind dat mens rea in die vorm van opset nodig is om 'n oortreding van art 44(1)(e)(iv) van die Wet op Gevangenisse daar te stel (op 707E-709I). Dit volg dus dat nalatigheid van die persoon wat die foto gepubliseer het H nie ter sake was nie. Die regsvraag wat deur die casus-posisie geopper was, was gevolglik bloot akademies en kon geen invloed op die skuldigbevinding van die SAUK gehad het nie (op 710C-D). Die appèl moes volgens Streicher R op daardie grond afgewys word.

Die meerderheid van die Hof het pertinent die trefwydte van art 332(1) behandel, en tot die gevolgtrekking gekom dat dit onmoontlik is om in die I bewoording van die artikel in te lees dat die Wetgewer 'n bedoeling openbaar om die nalatigheid van 'n direkteur of dienaar van 'n regspersoon sonder meer in strafregtelike verrigtinge aan die regspersoon toe te dig (op 703J-704A). Waar nalatigheid ter sprake is kan die Staat, so word bevind, gevolglik nie steun op die fiksie wat deur die artikel geskep word nie vir sover dit op die skuldelement slaan (op 704C). Die SAUK kon dus nie strafregtelik aanspreeklik wees vir die nalatige optrede van sy J werknemer nie, en die Prokureur-generaal se appèl is afgewys.

...

Get this document and AI-powered insights with a free trial of vLex and Vincent AI

Get Started for Free

Unlock full access with a free 7-day trial

Transform your legal research with vLex

  • Complete access to the largest collection of common law case law on one platform

  • Generate AI case summaries that instantly highlight key legal issues

  • Advanced search capabilities with precise filtering and sorting options

  • Comprehensive legal content with documents across 100+ jurisdictions

  • Trusted by 2 million professionals including top global firms

  • Access AI-Powered Research with Vincent AI: Natural language queries with verified citations

vLex

1 practice notes
  • S v Sobandla
    • South Africa
    • South Africa Criminal Law Reports
    • 22 September 1992
    ...imposition of a deterrent suspension. The appeal is allowed. The order of the Court a quo is set aside and J replaced by the following: 1992 (2) SACR p618 Howie AJA A 'The appeal succeeds. The sentence imposed by the magistrate is altered to read as follows "Eight years' imprisonment, of wh......
1 cases
  • S v Sobandla
    • South Africa
    • Invalid date