S v Mosia

JurisdictionSouth Africa
Citation1988 (2) SA 730 (T)

S v Mosia
1988 (2) SA 730 (T) [*]

1988 (2) SA p730


Citation

1988 (2) SA 730 (T)

Court

Transvaalse Provinsiale Afdeling

Judge

Kriegler R en Stafford R

Heard

September 11, 1987

Judgment

September 11, 1987

Flynote : Sleutelwoorde

Strafproses — Vonnis — Boetes — Afbetaling van ingevolge art 297(5) van Strafproseswet 51 van 1977 — Hof kan deur so 'n vonnis 'n versoening tussen bedrag van boete en beskuldigde se betaalvermoë bewerkstellig — Beskuldigde daardeur 'n werklike alternatief tot I gevangenisstraf gebied — Omvang van die boete word nie daardeur verminder nie — Persoonlike afskrikkingswaarde van straf word bevorder as beskuldigde oor 'n lang termyn sy boete moet betaal — Sodanige straf verleen aan straftoemeter aansienlike ruimte tot plooibaarheid en verpersoonliking van straf met J

1988 (2) SA p731

A behoud van oogmerke van straf — Na behoorlike ondersoek na beskuldigde se middele, kan hof hom geleentheid gee om gevangenisstraf nie to moet ondergaan nie.

Headnote : Kopnota

Artikel 297(5)(b) van die Strafproseswet 51 van 1977 verleen aan 'n hof 'n instrument waarmee hy 'n versoening kan bewerkstelling tussen die B bedrag van 'n boete en die beskuldigde se betaalvermoë daarvan. Deur die geleentheid om die boete af te betaal gebied te word, word aan die beskuldigde 'n werklike en nie slegs 'n denkbeeldige alternatief tot gevangenisstraf gebied nie. Die omvang van die boete word tog nie verminder deur 'n reëling wat betaling daarvan paaiementsgewys verg nie. Daar is tewens heelwat te sê daarvoor dat die persoonlike afskrikkingswaarde — en selfs in 'n mate die algemene — bevorder word as die beskuldigde oor 'n langdurige termyn gereeld van sy inkomste moet C afknyp om sy boete te betaal. Die Wetgewer het dan ook by art 297(5)(b) van die Wet voorsiening gemaak vir boetepaaiemente oor 'n termyn van vyf jaar. Dit maak dit vir 'n hof moontlik om selfs in die geval van 'n nederige verdiener 'n betreklik swaar boete op te lê wat nietemin binne sy betaalvermoë is. Die bepalings van art 297(5)(b), met oorleg toegepas, verleen dus aan 'n straftoemeter aansienlike ruimte tot plooibaarheid en verpersoonliking met behoud van die algemene en D besondere oogmerke van straf. Die toepaslike gebruik van die bepalings van art 297(5) wat gepaard gaan met 'n behoorlike ondersoek na die beskuldigde se middele en vermoëns is juis daarop bereken om die straftoemeter se oogmerk, naamlik om die beskuldigde die geleentheid te gee om nie gevangenisstraf te moet ondergaan nie, te behou. Dit is die hof se oogmerk wat verydel word as die keuse wat hy die beskuldigde wil bied nie realisties is nie. E

Flynote : Sleutelwoorde

Criminal procedure — Sentence — Fines — Payment of in instalments in terms of s 297(5) of the Criminal Procedure Act 51 of 1977 — By means of such sentence, court can effect a reconciliation between the amount of the fine and accused's ability to pay — Accused thereby afforded a real alternative to imprisonment — Extent of fine not thereby reduced F — Personal deterrent value of punishment would be promoted if accused has to pay his fine over long period — Such punishment affords the sentencing court considerable scope for flexibility and for the personalising of punishment whilst upholding the objects of punishment — After proper investigation of accused's means, court can afford accused the opportunity of not having to undergo imprisonment. G

Headnote : Kopnota

Section 297(5)(b) of the Criminal Procedure Act 51 of 1977 affords a court an instrument with which it can effect a reconciliation between the amount of a fine and the accused's ability to pay it. By having been afforded the opportunity of paying the fine in instalments, the accused is offered a real, and not an imaginary, alternative to imprisonment. The extent of the fine is, however, not reduced by an arrangement which requires payment thereof in instalments. There is also much to be said H for the view that, if the accused has over a long period of time regularly to prune his income in order to pay his fine, the personal - and even, to an extent, the general - deterrent value of punishment is promoted. The Legislature has furthermore provided in s 297(5)(b) of the Act for fines to be paid over a period of five years. That makes it possible for a court, even in the case of a humble wage-earner, to impose a relatively heavy fine which is nevertheless within the financial capability of the accused. The provisions of s 297(5)(b), I circumspectly applied, therefore afford to a sentencing court considerable scope for flexibility and for the personalising of punishment whilst upholding the general and particular objects of punishment. The appropriate utilisation of the provisions of s 297(5) which is accompanied by a proper investigation into the accused's means and assets is calculated precisely to uphold the aim of the sentencing court, namely to give the accused the opportunity of not having to undergo imprisonment. It is the aim of the court which is frustrated if J the choice which the court offers to the accused is not realistic.

1988 (2) SA p732

Case Information

Hersiening.

Judgment

Kriegler R:

Hierdie is 'n hersiening in die gewone loop.

Die beskuldigde, 'n 24-jarige Swartman, is op 22 Julie 1987 in die landdroshof te Standerton skuldig bevind aan aanranding met die opset om B ernstig te beseer. Die klaagster was sy vrymeisie by wie hy twee kinders het. Hy het haar Sondagaand 31 Mei 1987 in Sakhile met 'n mes drie steekwonde aan die regter arm toegedien. Beskuldigde was destyds gedrink en het die klaagster in verdagte omstandighede in die geselskap van 'n C ander man gevind. Ofskoon die klaagster getuig het dat sy nie dink dat beskuldigde geweet het wat hy doen nie, was dit uit sy eie getuienis duidelik dat hy wel voldoende by sy positiewe was om strafregtelik aanspreeklik te wees vir sy handelinge. Hy is dan ook tereg skuldig bevind.

Na skuldigbevinding het die beskuldigde vyf vorige veroordelings erken D waarvan twee regstreeks ter sake was. Hy was naamlik in Junie 1982 en weer in Februarie 1985 skuldig bevind aan aanranding en by iedere geleentheid gevonnis tot 'n boete en by wanbetaling gevangenisstraf. Na die voorsittende landdros sy regte dienaangaande verduidelik het, het die beskuldigde verkies om 'n onbeëdigde verklaring ten opsigte van vonnis af te lê. Al wat hy toe sê is: 'Ek vra opgeskorte vonnis. My E suster is oorlede.' Op navraag van die hof voeg hy by:

'Ek doen tydelike werk te B J Holmes en verdien R35 vir drie dae. Klaagster bly by my en ons het twee kinders.'

Die landdros lê toe die volgende vonnis op:

F 'Beboet R250 of ses maande gevangenisstraf. Verdere vier maande gevangenisstraf opgeskort vir vyf jaar op voorwaarde dat beskuldigde nie weer aan aanranding met die opset om ernstig te beseer skuldig bevind word gepleeg in tydperk van opskorting nie.'

Toe die saak aanvanklik vir outomatiese hersiening deurgestuur is, het G die...

To continue reading

Request your trial
33 practice notes
  • 2011 index
    • South Africa
    • Juta South African Criminal Law Journal No. , September 2019
    • 16 Agosto 2019
    ...146, unreported). 337, 343S v Molimi 2008 (2) SACR 76 (CC) ........................................................... 31-32S v Mosia 1988 (2) SA 730 (T) ..................................................................... 353S v Mpumlo 1986 (3) SA 485 (E) .......................................
  • S v Collins
    • South Africa
    • Invalid date
    ...1979 (2) SA 67 (A) op 69G-H; S v Wentzel 1981 (3) SA 441 (A) op 444; S v Kwetana 1987 (2) SA 500 (K) op 504B-D, 503G; S v Mosia 1988 (2) SA 730 (T); R v Taurayi 1963 (3) SA 109 (SR) op 114A; S v Gough 1980 (3) SA 785 (NK) op 786G; S v Nakasal 1984 (1) SA 392 (SWA). Ten aansien van die gepas......
  • S v Nxumalo
    • South Africa
    • Invalid date
    ...van die landdros C se vonnis, met inagneming van Malherbe R se navraag en die ratio in S v Serumala 1978 (4) SA 811 (NK); S v Mosia 1988 (2) SA 730 (T); S v Kekana 1989 (3) SA 513 2. 'n Ontleding van die algemene trant van die vonnisse vir oortredings van art 2(a) van Wet 41 van 1971 in die......
  • S v Kekana
    • South Africa
    • Invalid date
    ...fine having regard to the gravity of the offence, the provisions of s 297(5)(b) of Act 51 of 1977 are I at his disposal. In S v Mosia 1988 (2) SA 730 (T) I dealt with the particular subsection in some detail and it is unnecessary to do so afresh. However, the magistrate's reasons for senten......
  • Request a trial to view additional results
31 cases
  • S v Collins
    • South Africa
    • Invalid date
    ...1979 (2) SA 67 (A) op 69G-H; S v Wentzel 1981 (3) SA 441 (A) op 444; S v Kwetana 1987 (2) SA 500 (K) op 504B-D, 503G; S v Mosia 1988 (2) SA 730 (T); R v Taurayi 1963 (3) SA 109 (SR) op 114A; S v Gough 1980 (3) SA 785 (NK) op 786G; S v Nakasal 1984 (1) SA 392 (SWA). Ten aansien van die gepas......
  • S v Nxumalo
    • South Africa
    • Invalid date
    ...van die landdros C se vonnis, met inagneming van Malherbe R se navraag en die ratio in S v Serumala 1978 (4) SA 811 (NK); S v Mosia 1988 (2) SA 730 (T); S v Kekana 1989 (3) SA 513 2. 'n Ontleding van die algemene trant van die vonnisse vir oortredings van art 2(a) van Wet 41 van 1971 in die......
  • S v Kekana
    • South Africa
    • Invalid date
    ...fine having regard to the gravity of the offence, the provisions of s 297(5)(b) of Act 51 of 1977 are I at his disposal. In S v Mosia 1988 (2) SA 730 (T) I dealt with the particular subsection in some detail and it is unnecessary to do so afresh. However, the magistrate's reasons for senten......
  • S v Mathonsi
    • South Africa
    • Invalid date
    ...is mee te deel dat hulle geregtig is om aansoek to doen om uitstel van betaling. Kyk bv S v Kwetana 1987 (2) SA 500 (K); S v Mosia 1988 (2) SA 730 (T) en S v Molala; S v Mogora 1988 (2) SA 97 [7] In a bold and laudable attempt to ensure that this problem, which has brought about serious inj......
  • Request a trial to view additional results
2 books & journal articles
  • 2011 index
    • South Africa
    • Juta South African Criminal Law Journal No. , September 2019
    • 16 Agosto 2019
    ...146, unreported). 337, 343S v Molimi 2008 (2) SACR 76 (CC) ........................................................... 31-32S v Mosia 1988 (2) SA 730 (T) ..................................................................... 353S v Mpumlo 1986 (3) SA 485 (E) .......................................
  • Die Boete as Straf in die Duitse Reg
    • South Africa
    • Juta Stellenbosch Law Review No. , May 2019
    • 27 Mayo 2019
    ...per week – Moxon “England Adop ts Unit Fines” in Inter mediate Sancti ons 31. 6 Vgl S v Van Rooyen 1994 2 SASV 823 (A) 825; S v Mosia 1988 2 SA 730 (T) 736ff; S v Sithole 1979 2 SA 67 (A) 69; S v Sibeko 1995 1 SASV 186 (W) 189c, om enkele voor beelde te noem.(2008) 19 Stell LR 347© Juta and......

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT