Die Boete as Straf in die Duitse Reg

JurisdictionSouth Africa
Published date27 May 2019
Date27 May 2019
AuthorS S Terblanche
Citation(2008) 19 Stell LR 347
Pages347-373
347
DIE BOETE AS STRAF IN DIE DUITSE REG
S S Terblanche
BJuris LLD
Professor, Departement Straf- en Prosesreg, Universiteit van Suid-Afrika*
1 Inleiding
Een van die voorstelle vir hervor ming in die Suid-Afr ikaanse Regskommissie
se verslag oor vonnisoplegging wat in 2000 verskyn het,1 behels dat die metode
waarop boetebedrae bereken word, verander word. Al is dit radikaal, was daar
tot dusver min rea ksie op hierdie voorstel. Die praktiese i mplikasies da arvan
is waarskyn lik vir meeste lesers onduidelik of selfs onbekend.
Die Regskommissie se hoofoorweging vir die voorstel is die behoefte om
boetes me er spesiek aan die nansiële vermoë van die oort reder te koppel
as wat tans i n Suid-Afrika die geval is.2 Met die oog daarop is voorgestel dat
oorweging gegee word aan ’n sogena amde day ne of unit-ne system.3 In
hierdie t ipe stelsels word die berekening van die boetebedrag in twee fases
verdeel.4 Tydens die eerste fa se word die erns van d ie misdaad i n ’n be paalde
aantal strafeenhede verreken. Die nansiële vermoë van die oort reder word
tydens hierdie fase basies buite berekening gelaat. Omdat die ern s van die
misdaad die getal strafeenhede bepaal, behoort hierd ie getal min of meer
dieselfde te wees ongeag van die ver moë van die oort reder. Die tweede fase
behels ’n berekening van die nansiële vermoë van die oortreder. Hierdie
vermoë word gewoonlik in ’n tarief per dag uitgedruk , maar ander eenhede is
ook moontlik .5 Wanneer die aa ntal strafeenhede dan met die straftarief ver-
menigvuldig word, gee die antwoord die boete wat betaalbaa r is, uitgedru k in
’n geldbedrag.
In Suid-Afr ika word boetes t ans as ’n enkelsom opgelê. D it is t rouens die
posisie in me este lande van die wêreld. Die boetebedrag berus eenvoudig in
die diskresie van die verhoorhof. Die nansiële vermoë van die oortreder moet
wel in ag geneem word,6 maar presies hoe dit prakties in ’n hofsa ak gedoen
* Hierdie arti kel is gebase er op navorsi ng wat gedoen is vir my proefskrif Die Boete as Strafv orm Unisa
(1991). Dit is bygewerk tydens ’n besoek aan di e Max Planck Ins tituut vir Bu itelandse en I nternasionale
Strafreg, Fr eiburg, Duitslan d. Ek bedank die I nstituut gra ag vir die beski kbaarstelli ng van sy bronne, en
Unisa vi r befondsing van die besoek. Ek dra hie rdie arti kel graag op aan my kollega en vriend, Kallie
Snyman, wat my a an Duitsland en die D uitse reg voorgestel he t.
1 SA Regskommissie Sente ncing (A New Sentencin g Framework) Project 82 Re port (2000).
2 Para 3 3 25.
3 Paras 3 3 25 – 3 3 27.
4 Vgl bv Albrecht in Kindhä user (red) No moskommentar: Strafgesetzb uch 1 2 uitg (2005) §4 0 k 2; St ree
in Schön ke & Sch röder Str afgesetzbuch: Kommentar 27 uitg (20 06) §40 k 5; Hills man “Day fines” i n
Tonry & Hamilton (red s) Intermediate Sanct ions in Overcrowde d Times (1995) 20; Van Kalmhout & Tak
Sanction- systems in the Memb er States of the Cou ncil of Europe II (1992) 442.
5 In die Engelse reg i s daar in 1991 vir ’n kort tydjie gebru ik gemaak va n ’n unit fine s ystem wat gebasee r
was op inkoms te per week – Moxon “England Adop ts Unit Fines” in Inter mediate Sancti ons 31.
6 Vgl S v Van Rooyen 1994 2 SASV 823 (A) 825; S v Mosia 1988 2 SA 730 (T) 736ff; S v Sithole 1979 2 SA
67 (A) 69; S v Sibeko 1995 1 SASV 186 (W) 189c, om enkele voor beelde te noem.
(2008) 19 Stell LR 347
© Juta and Company (Pty) Ltd
word is meesal onduidelik.7 Die totale bedrag word gesien as die straf wat die
erns van die misdaad uitbe eld.8 Ek het al in die verlede aangedu i dat hierdie
uitgangspunt, naamlik ʼn bed rag wat uit die oogpunt van die von nisoplegger
voldoende afskrik king inhou, ʼn groot rede is hoekom boe tes dikwels vir d ie
misdadiger heeltemal onbet aalbaar is.9 Hierdie oorweging maak dit be sonder
moeilik om die boete st reng aan die oortreder se vermoë te koppel.
Hierdie a rtikel het hoofsaakli k ten doel om een van die su ksesvolle dag-
boete- of dagtariefstelsels10 in Eur opa, naamlik d ié in Duitsland, in det ail te
bespreek. Die doelwit is bloot om d ie fy ner detail van d ie praktyk van so ’n
stelsel meer bekend te maak aan lese rs wat wonder hoe dit werk en kan werk.
Daar word nie beoog om oordeel uit te s preek aangaande die vraag of so ’n
stelsel ook in Suid-Afri ka sou kon werk, of selfs om ’n basis vir so ’n oordeel
te lê nie. Dit is ’n vraag vir ’n ander geleentheid.
2 Hoekom die Duitse reg?
Dagboetestelsels is van Skandin awiese oorsprong.11 Dit is in 1921 in
Finland in bed ryf gestel,12 meer a s 50 jaar voordat die D uitse reg in 1975
daarmee begin het. Die aanvaa rding van die dagtar iefstelsel het saamgeval
met die afsluiting van ’n omvangryke her vorming van die D uitse strafreg.13
Die Duitsers het die bogenoemde hervormingstaak met tipiese Duitse deeg-
likheid aangepak.14 ’n Bestuderi ng van die Duitse strafstelsel maak dit dan ook
7 Vgl Terblanche A Gu ide to Sentencing in S outh Africa 2 uitg (20 07) 263.
8 Vgl S v Lekgoale 1983 2 SA 175 (B) 176: “[a] court mig ht wish to keep the offender out of prison by giving
him the o ption of a fin e, but if he ha s to take the accused’s means i nto account, the fine w ill sometimes
have to be so small that it h as no deterr ent value to othe rs and it migh t seem as if t he court rega rded the
offence a s a tr ivial one”. Vgl ook S v Serabo 20 02 1 SASV 391 (OK) 397-400 (dui aan dat boet es van
R4000 tot R600 0 gepas is vir dron kbestuurm isdade); S v Aucamp 2002 1 SA SV 524 (OK) 529.
9 Terblanche Guide to Sente ncing 268-269.
10 Die be ste Afr ikaanse term vi r die s telsel is problematies. In Engels word mee sal daar na verw ys as ’n
day fine system (die Am erikaners gebruik ver al structur ed fine – vgl Bureau of Jus tice Assistan ce How
to Use Struc tured Fi nes (Da y Fines) as a n Interm ediate S anction (1996) 1; H illsman “Day f ines” in
Intermedia te Sanctions 20: “Day-fi ne projects are under way in Or egon, Iowa, and Connectic ut as part of
a national demonstrat ion project on ‘structur ed fines’ s ponsored by the Bureau of Justice As sistance”).
In navolging da arvan het die woord “d agboete” waarsk ynlik ook in A frikaans i n gebruik gekom (vgl die
sg “Viljoen-komm issie” [Verslag van die Kommissie van Onde rsoek na die Strafstels el van die Republiek
van Suid- Afrika (1976) RP 78/76] para 5 1 6 10 56 ev). Die Du itse reg gebr uik Tagessatzsystem, wat op
’n per dag-t arief of dag tarief dui. Op grond da arvan word in hierdie a rtikel mere ndeels van “dag tarief”
gebruik gemaak. Dit is bela ngrik om in gedag te te hou dat mens hier te doen het met ’n stels el vir die
be rekening van die bedrag v an ’n boete. Die straf wat opge lê word bly ’n boete en word nie nou ’n dag-
boete nie.
11 Vgl bv Tröndle & Fischer Str afgesetzbuch und Ne bengesetze 54 uitg (20 07) 229.
12 Tonry & Hamilto n Intermediate Sa nctions 16.
13 Die straf hervormin g was ’n uitgerekte proses . Reeds in 1954, as deel van die opbou proses na die Tweede
Wêreldoorlog, is ’n “Gro ot Strafregkom missie” (die Groβen S trafrechtsk ommission), bestaa nde uit
praktis yns, politici en akademici, in die lewe ger oep om die StGB te hersien. En kele bronne oor hierdie
ontwikke ling: Grebi ng “Die Geld strafe im deutschen Re cht nach Ei nführu ng des Tagessa tzststems” in
Jescheck & Grebing (reds) Die Geldst rafe im Deutschen und Auslän dischen Recht (1978) 29-43; Gillespie
“Fines as an Alternat ive to Incarce ration: The G erman Expe rience” 1980 (44(4)) Federal P robation 20;
Friedman “The West Ger man Day-fin e System” 1983 (50) Univ ersity of C hicago LR 281 286 -287; Eser
“Hundred Years Ge rman Penal Legi slation – Developments an d Trends” 1989 De Jure 1 3.
14 Die Oostenr ykse aanvaard ing van ’n dagboetestelsel (ook in 1975) is sterk de ur die Duitse ontwik kelinge
beïnvloed –Van Kalm hout & Tak Sanction-s ystems II 374.
348 STELL LR 2008 3
© Juta and Company (Pty) Ltd

To continue reading

Request your trial

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT