S v Mbonane

JurisdictionSouth Africa
JudgeMargo R en Spoelstra Wn R
Judgment Date06 April 1979
CourtTransvaal Provincial Division
Hearing Date23 March 1979
Citation1979 (3) SA 182 (T)

C Spoelstra WN R:

Appellant is deur die streekhof te Germiston saam met drie ander persone skuldig bevind aan roof met verswarende omstandighede. Hy is gevonnis tot vyf jaar gevangenisstraf. Appellant kom nou in hoër beroep teen beide die skuldigbevinding en vonnis.

Die enigste getuienis wat appellant aan die pleging van die misdaad D verbind, is 'n bekentenis wat appellant op 3 November 1977, meer as 'n jaar na die pleging van die misdaad, aan 'n landdros gemaak het. Die verdediging het die toelaatbaarheid van daardie bekentenis betwis. Die verhoorhof het dit egter as getuienis toegelaat. Die juistheid van hierdie bevinding van die verhoorhof word nou op appèl aangeveg.

Voordat die onderskeie betoë behandel word, is dit gerieflik om eers die E feite waarop dit gebou word, uiteen te sit. Appellant is op die aand van 2 November 1977, dws die aand voordat hy die bekentenis gemaak het, gearresteer. Daar was verskillende polisiebeamptes by die arrestasie teenwoordig. Appellant het beweer dat hy by hierdie geleentheid aangerand was en deur die polisie aangesê is om 'n verklaring te maak. Verder het die polisie aan hom te kenne gegee dat, nadat hy die verklaring gemaak F het, hulle dit weer sou deurlees en as hulle nie daarmee tevrede is nie, hy weer aangerand sou word. Later is hy, volgens sy bewerings, weer by die polisiestasie aangerand. Hy is die volgende dag na 'n landdros geneem en dit was gemeensaak dat een van die speurderkonstabels wat by sy arrestasie teenwoordig was, hom vergesel het tot by die landdroskantore.

G Volgens sy bewering is die inhoud van die bekentenis onwaar. Die polisiebeamptes het die beweerde aanranding ontken, en die getuienis was dat appellant, net soos die ander, vrywillig verkies het om 'n verklaring voor 'n landdros af te lê.

Die landdros voor wie appellant die bekentenis afgelê het, het van die departementele voorgeskrewe vorm gebruik gemaak. Na die inleidende H gedeelte, waarin uitgewys word dat die verklaarder in teenwoordigheid van 'n landdros is en die waarskuwing wat vooraf aan die verklaarder gegee word, vervat is, vervolg die vorm soos deur die landdros voltooi soos volg:

"Die volgende vrae word aan die verklaarder gestel en sy antwoorde word

Spoelstra WN R

daarop aangeteken:

1.

Begryp u die waarskuwing wat deur my aan u gegee is?

Antwoord: Ja.

2.

A Is u begerig om 'n verklaring te maak?

Antwoord: Ja.

3.

Is enige dwang deur enige persoon op u uitgeoefen om 'n verklaring te kom maak, en indien wel, deur wie en wanneer?

Antwoord: (sic) Nee.

4.

Is u deur enige persoon beïnvloed om 'n verklaring af te lê?

Antwoord: Nee.

5.

B Is u deur enige persoon aangemoedig om 'n verklaring af te lê?

Antwoord: Nee.

6.

Het enige persoon enige beloftes aan u gemaak indien u 'n verklaring sou aflê?

Antwoord: Nee.

7.

Verwag u enige voordele as u 'n verklaring maak en indien wel watter C voordele?

Antwoord: Ja, die waarheid.

7.

Het u vantevore 'n verklaring in verband met hierdie voorval aan enige persoon gemaak, en indien wel, aan wie, wanneer en onder watter omstandighede?

Antwoord: Nee.

9.

Waarom verlang u om die verklaring te herhaal?

10. (a)

D Is jy in hegtenis geneem?

(b)

Wanneer is jy gearresteer?

(c)

Wat is die datum van die voorval in verband waarmee u die verklaring wil aflê?

Antwoord:

(a)

Ja.

(b)

Gister.

(c)

Verlede jaar om en by Desember.

11.

E Is u deur enigiemand aangerand of gedreig nadat die voorval plaasgevind het?

Antwoord: Die polisie wou my slaan toe ek wou uitgaan en ek het gepleit dat hulle my goed behandel. Ek het gevra wat het gebeur, toe het hulle my in die gesig geklap.

12.

Het u beserings van enige aard aan u?

Antwoord: F Nee. Ek het net 'n operasie ondergaan en het nog die operasiemerk sewe duim lank op regterarm. Ek het ook 'n oogoperasie ondergaan."

Die landdros was as 'n Staatsgetuie by die verhoor geroep en het appellant se bekentenis as bew "B" ingehandig. Hy het ook die bekentenisse van die ander beskuldigdes geneem. Sy getuienis onder kruisverhoor was die volgende:

G "Kruis-ondervraging deur mnr Stipp :

Landdros, behalwe vir die gegewens soos aangeteken op bew A tot D, is daar niks verder gesê in u kantoor nie, alles is aangeteken, is dit reg? - Dit is korrek, ja.

Het, daarvan lei ek af, landdros, dat u nie aan enige van die beskuldigdes gesê het dat nadat hy die verklaring afgelê het, indien hy dit verkies hy na 'n plek gestuur kan word waar hy nie deur dieselfde persone bereik kan H word wat hom nou gebring het om die verklarings te maak nie? - Niks in dier voege deur my gesê nie, want ek het niks met hulle te bespreek gehad nie.

O, ek sien. Nou net in soverre bew A aanbetref, sien ek by vraag 7 is die vraag gevra 'verwag jy enige voordele indien jy 'n verklaring maak en indien wel watter voordele'. Die antwoord was 'Ja, om my vry te laat'. U het nie vir die betrokke persoon gevra wat hy daarby bedoel nie? - Dit is nie die plig van die landdros om die beskuldigdes te ondervra nie, ons notuleer net wat hy sê. Dit kan 'n vrylating wees deur die hof, deur die polisie, dit is nie vir my om te vra nie.

Ja, u het hom nie daaroor uitgevra nie? - Nee.

Dan in bew 2, bew B net so. Ja, by bew B in antwoord op vraag drie 'is enige dwang deur enige persoon op u uitgeoefen om 'n verklaring te kom maak en

Spoelstra WN R

indien wel deur wie en wanneer'. Die antwoord is 'ja', en toe is dit deurgehaal en weer vervang met die antwoord 'nee'. Is dit moontlik dat hierdie persoon die woord 'ja' oorspronklik gebruik het en toe van gedagte verander het en toe...

To continue reading

Request your trial
30 practice notes
  • S v Mncube en 'n Ander
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Others 1956 (3) SA 604 (A) op 628; S v Dlamini en Andere 1981 (3) SA 1105 (T); S v Yolelo 1981 (1) SA 1002 (A) op 1011; S v Mbonani 1979 (3) SA 182 (T); R v Gumede and Another 1942 AD 398 op 425; S v Hoosain 1987 (3) SA 1 (A) op 10F; S v Mbonane 1979 (3) SA 182 (T) op 187H - 188B; S v Ismai......
  • S v Khuzwayo
    • South Africa
    • Invalid date
    ...making of a statement, it is to be expected that false answers to the B relevant prefatory questions will be given. (Cf S v Mbonane 1979 (3) SA 182 (T) at 187H-188B.) For this reason the mere fact that such answers contradict an accused's evidence in Court in a 'trial-within-a-trial" should......
  • S v Khoza en Andere
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Strafproses 3de uitg op 468; C Hoffmann South African Law of Evidence op 178; S v Mahlala 1967 (2) SA 401 (W); S v Mbonane 1979 (3) SA 182 (T); S v Mbele 1981 (2) SA 738 (A) op 741G; S v Mofokeng 1968 (4) SA 852 (W); S v Radebe and Another 1968 (4) SA 410 (A); S v Mkwanazi 1966 (1) SA 736 (......
  • S v Hoosain
    • South Africa
    • Invalid date
    ...it was freely and voluntarily made as required by s 219A(1)(b) or for that matter s 217(1)(b)(ii) of Act 51 of 1977. See S v Mbonane 1979 (3) SA 182 (T) at 185H - 187D and S v Mphahlele and Another (supra at 516F - 517A). If it is accepted that the G onus to prove that this statement was vo......
  • Request a trial to view additional results
30 cases
  • S v Mncube en 'n Ander
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Others 1956 (3) SA 604 (A) op 628; S v Dlamini en Andere 1981 (3) SA 1105 (T); S v Yolelo 1981 (1) SA 1002 (A) op 1011; S v Mbonani 1979 (3) SA 182 (T); R v Gumede and Another 1942 AD 398 op 425; S v Hoosain 1987 (3) SA 1 (A) op 10F; S v Mbonane 1979 (3) SA 182 (T) op 187H - 188B; S v Ismai......
  • S v Khuzwayo
    • South Africa
    • Invalid date
    ...making of a statement, it is to be expected that false answers to the B relevant prefatory questions will be given. (Cf S v Mbonane 1979 (3) SA 182 (T) at 187H-188B.) For this reason the mere fact that such answers contradict an accused's evidence in Court in a 'trial-within-a-trial" should......
  • S v Khoza en Andere
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Strafproses 3de uitg op 468; C Hoffmann South African Law of Evidence op 178; S v Mahlala 1967 (2) SA 401 (W); S v Mbonane 1979 (3) SA 182 (T); S v Mbele 1981 (2) SA 738 (A) op 741G; S v Mofokeng 1968 (4) SA 852 (W); S v Radebe and Another 1968 (4) SA 410 (A); S v Mkwanazi 1966 (1) SA 736 (......
  • S v Hoosain
    • South Africa
    • Invalid date
    ...it was freely and voluntarily made as required by s 219A(1)(b) or for that matter s 217(1)(b)(ii) of Act 51 of 1977. See S v Mbonane 1979 (3) SA 182 (T) at 185H - 187D and S v Mphahlele and Another (supra at 516F - 517A). If it is accepted that the G onus to prove that this statement was vo......
  • Request a trial to view additional results

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT