S v Mafaladiso en Andere

JurisdictionSouth Africa
JudgeOlivier AR, Nugent AR en Conradie AR
Judgment Date30 August 2002
Citation2003 (1) SACR 583 (SCA)
Docket Number13/2002
Hearing Date15 August 2002
CounselG J M Wright namens die appellant, in opdrag van die Regshulpraad. L Williams namens die respondent
CourtSupreme Court of Appeal

Olivier AR:

Agtergrond H

Gedurende die vroeë oggendure van 9 Januarie 2000 het vier manspersone by die huis van die klaagster, L, 'n bejaarde dame woonagtig te Kwadwesi, in die distrik van Port Elizabeth, ingebreek. Hulle het die klaagster, wat alleen in die huis was, aangerand en met 'n skerp voorwerp in die arm en hand gesteek. Hulle het 'n aantal artikels in die huis geroof. Daar is geen twyfel dat al vier die beskuldigdes in die Hof a quo tereg as die skuldiges I geïdentifiseer en aan huisbraak met die opset om te steel en roof skuldig bevind is nie. Daar is geen appèl teen hierdie skuldigbevindings nie.

Daar is wel 'n appèl deur die drie appellante (wat onderskeidelik beskuldigdes 1, 2 en 3 in die Hof a quo was) teen die vonnisse op hierdie J

Olivier AR

klag. Appellante 1 en 2 is elkeen op gemelde klag tot 15 jaar gevangenisstraf gevonnis, en appellant 3 tot 20 jaar. A Beskuldigde vier, wat ook op hierdie klag skuldig bevind is, is tot tien jaar gevangenisstraf gevonnis. Hy het nie vir verlof om te appelleer aansoek gedoen nie.

Die gemelde vonnisse moet dus heroorweeg word.

Die hoofprobleem is egter dat al vier die beskuldigdes ook skuldig bevind is dat hulle die klaagster in die loop van die rooftog verkrag het. Appellante 1, 2 en 3 is tot lewenslange gevangenisstraf gevonnis, B en beskuldigde vier, wat nie aansoek gedoen het om verlof om te appelleer nie, tot 15 jaar gevangenisstraf. In sy geval is gelas dat gedeeltes van die twee opgelegde vonnisse samelopend uitgedien moet word, sodat hy effektief 20 jaar gevangenisstraf moet ondergaan. C

Alhoewel die vonnisse ook in hierdie geval (klag 2, die verkragting) heroorweeg moet word, is die hoofprobleem in die skuldigbevindings aan verkragting geleë. Ek behandel dit vervolgens.

Die skuldigbevindings aan verkragting

Die klaagster se getuienis dat daar vier aanvallers in haar kamer D was, is nie betwis nie en is, tereg, deur die Hof a quo as bewese bevind. Insgelyks is tereg bevind dat dit die vier beskuldigdes was wat wel die betrokke aanranders was. Ook is tereg bevind dat die klaagster wel vier keer verkrag was. Die probleem is eenvoudig of sy E deur elkeen van die beskuldigdes verkrag is? Sy kon nie een van die aanvallers identifiseer nie. In die loop van die verhoor het sy getuig dat sy deur vier verskillende mans verkrag is. Sou dit die enigste getuienis gewees het, sou daar geen twyfel aan die korrektheid van die vier skuldigbevindings aan verkragting gewees het nie, want die verontskuldigende getuienis van die vier beskuldigdes is tereg deur die Verhoorhof verwerp. F

Die probleem is egter dat daar 'n oënskynlike weerspreking is tussen die klaagster se viva voce getuienis dat sy deur vier mans verkrag is, en 'n verklaring wat sy twee dae na die voorval aan die ondersoekbeampte gemaak het wat moontlik gelees kan word as sou sy slegs deur drie mans verkrag gewees het.

Haar getuienis lees soos volg: G

'Mnr Hattingh: Mevrou, net 'n laaste aspek, as ek u getuienis reg verstaan was hierdie ervaring daar op u bed in die nag, Sondagnag, toe u aangeval is vir u geweldig traumaties? - Dit is korrek so.

In die proses was u nog erg geskok ook. - Ja, ek was geskok, geskrik, maar in my skok dit het nie by my gekom dat ek moet huil of skree nie, ek kon dit nie doen nie. H

En u het begin duiselig voel ook. - Dit was in die verloop van die gebeure, 'n sekere stadium duiselig gevoel.

Kan u vir die Hof presies sê hoeveel keer is daar met u gemeenskap gehou op die bed? - Ek het reeds voorheen gesê al vier persone het met my gemeenskap gehad, want ek het hulle al vier gesien binne-in die vertrek, en die vierde een is nog die een wat vir my gesê het ek is die laaste een. I

Wat ek probeer vasstel mevrou, kan u sê of vier verskillende persone met u gemeenskap gehad het of is daar vier keer met u gemeenskap gehou? - Dit is verskeie persone.

Maar u kan nie sê of een persoon miskien twee keer met u gemeenskap gehou het nie? - Dit is verskeie persone soos ek alreeds op 'n vorige geleentheid aan jou J

Olivier AR

aangedui het dat die eerste persoon was deur die tweede persoon afgetrek en na hy klaar was het hy afgeklim A en 'n ander persoon het gekom, en die persoon het klaar gemaak en die laaste persoon het gekom.

Is dit nie moontlik, ek spekuleer saam met u, is dit nie moontlik dat nadat die tweede een op u was die eerste een weer op u geklim het nie? - Nee.

Hoekom nie? - Die een - meer as die een het gepraat. B

Hof: Pardon? - Die een het gepraat, die ander een het gepraat (tussenbeide)

Die een het gepraat, ja? - En hy was toe afgehaal van my, en die tweede een het toe opgeklim en ook voortgegaan om my te verkrag, hy het nie gepraat nie, hy het niks gesê nie. Hy het ook afgeklim. Daar is toe die derde persoon, hy het gepraat, en die derde C persoon (tussenbeide)

U sê hy het gepraat? - Hy het gepraat, en die derde persoon is die persoon wat die vraag aan my gestel het hoe maak oupa as hy met my lê, waarmee vee hy my af. Die vierde persoon het ook gepraat, het ook iets gesê, hy is die persoon wat my gevra het waar is die geld en as ek die geld, vir hom sê waar die geld is, gaan hy soebat dat hulle my nie moet dood maak nie.

Mnr Hattingh: Wat sê u toe vir die persoon wat vra wat maak oupa as hy klaar is? Wat het u vir hom gesê - Ek het toe vir hom gesê ek maak my met 'n waslap skoon. D

Maar is dit nie wat u vir die eerste persoon gesê het volgens u getuienis in hoof nie?

Hof: Volgens hoofgetuienis?

Mnr Hattingh: Volgens hoofgetuienis U Edele. - Die derde persoon is die persoon wat vir my gevra het hoe maak oupa, want dit lyk nie of enige persoon aan my raak nie. E

Hof: U sê dit was nie die eerste persoon nie, die derde persoon? Dit is die derde persoon.

Mnr Hattingh: Mevrou, kan ek net iets opklaar met u om die punt mee af te sluit. Is die verklaring wat u aan die polisie gemaak het met u deurgegaan nou die afgelope paar dae? - Dit is korrek so.

Ek lees hierso by para 8 (tussenbeide) F

Hof: Wil u dit inhandig?

Mnr Hattingh: Indien dit nodig is. Ek wil net iets opklaar (tussenbeide)

Hof: Paragraaf 8.

Mnr Hattingh: U moet net vir die Hof sê of u so gesê het of nie, dan sal ek dit verder neem. -

''I was not in my mind and I did not notice whether the fourth one G took his turn in raping me because when the last one was still raping me he told me that he was the last one and he will ask the others not to kill me.''

Hof: ''When the last one was raping me he said he was the last one''? H

Mnr Hattingh:

''When the last one was still raping me he told me that he was the last one and he will ask the others not to kill me if I could tell him where I kept the money. Hence the assumption he was the fourth one.''

- Dit is korrek so.

Kan u net vir die Hof sê is dit hoe u dit vir die polisiebeampte gesê het soos wat ek vir u gelees het? - Maybe. I

Kan u dan vir die Hof verduidelik wat het u bedoel hiermee, veral die eerste deel van die paragraaf: ''I was not in my mind and I did not notice whether the fourth one took his turn in raping me''? - Yes, irrespective of what I have said that for a certain period I was not of sound mind, but I am very much certain about the sequence of events. The first one raped me, after he was finished he was pulled off by the second one (intervention)

The first one raped me (intervention) - And the first one did utter some words. J

Olivier AR

The first one raped me and then you said after he was finished he was pulled off. - He was pulled off, but the first one did A utter some words. The second one raped me but he did not say anything, and then the third one also uttered some words. The fourth one is the one who said I must tell him where the money was so he is going to plead with the others not to kill me. He said to me he is the fourth one, that is what he said to me, and that he is going to plead with the others not to kill me if I tell him where the money was, but he said to me he is the fourth one and the last one. B

Mnr Hattingh: Mevrou, toe die polisie, of eintlik die ondersoekbeampte, dit lyk vir my na vroue SAP lid Jili, u verklaring geneem het, het sy die gedagte aan u oorgedra dat daar vier mense betrokke was die nag? - Sy het nie die gedagte aan my oorgedra nie. Ek het aan haar gesê, sy het by my gehoor, dat daar vier persone betrokke was.'

Billikheidshalwe moet die hele verklaring (bewysstuk G) aangehaal word om die konteks van para 8 daarvan, wat aan die klaagster gestel C is, te verstaan. Dit lees soos volg:

'(1)

I am the complainant in this case and wish to state that on Saturday 2001-01-08 at about 21.00 I was coming from church and I then locked the doors of my house properly and windows all closed, and I went to sleep. D

(2)

On Sunday 2001-01-09 at about +/- 02.30 while I was still sleeping I heard a voice of a man talking next to me and I opened my eyes. When I opened my eyes I saw a man standing next to my bed but I did not recognise him as it was dark. The man asked...

To continue reading

Request your trial
58 practice notes
  • 2018 index
    • South Africa
    • South African Criminal Law Journal No. , August 2019
    • 16 Agosto 2019
    ...284, 288, 292S v Maelangwe 1999 (1) SACR 133 (NC) ............................................. 388S v Mafaladiso 2003 (1) SACR 583 (SCA) ............................................ 275S v Makgatho 2013 (2) SACR 13 (SCA) ............................................... 385S v Mahlaba (42/20......
  • 2016 index
    • South Africa
    • South African Criminal Law Journal No. , August 2019
    • 16 Agosto 2019
    ...355S v Madlala 2015 (2) SACR 247 (GJ) ................................................... 77S v Mafaladiso 2003 (1) SACR 583 (SCA) ............................................ 73-4S v Maka 2016 (1) SACR 623 (FB)..................................................... 188S v Mahomotsa 2002 (2)......
  • 2017 index
    • South Africa
    • South African Criminal Law Journal No. , August 2019
    • 16 Agosto 2019
    ...284, 288, 292S v Maelangwe 1999 (1) SACR 133 (NC) ............................................. 388S v Mafaladiso 2003 (1) SACR 583 (SCA) ............................................ 275S v Makgatho 2013 (2) SACR 13 (SCA) ............................................... 385S v Mahlaba (42/20......
  • S v Masiya (Minister of Justice and Constitutional Development Intervening)
    • South Africa
    • Invalid date
    ...to I S v M (2) 1990 (1) SACR 456 (N): considered S v M 1998 (1) SACR 47 (O): dictum at 51 f - 52 d applied S v Mafaladiso en Andere 2003 (1) SACR 583 (SCA) ([2002] 4 All SA 74): dictum at 593 e - 594 h (SACR) applied S v Manamela and Others 2000 (1) SACR 414 (CC) (2000 (3) SA 1; 2000 (5) BC......
  • Request a trial to view additional results
50 cases
  • S v Masiya (Minister of Justice and Constitutional Development Intervening)
    • South Africa
    • Invalid date
    ...to I S v M (2) 1990 (1) SACR 456 (N): considered S v M 1998 (1) SACR 47 (O): dictum at 51 f - 52 d applied S v Mafaladiso en Andere 2003 (1) SACR 583 (SCA) ([2002] 4 All SA 74): dictum at 593 e - 594 h (SACR) applied S v Manamela and Others 2000 (1) SACR 414 (CC) (2000 (3) SA 1; 2000 (5) BC......
  • S v Rossouw
    • South Africa
    • Invalid date
    ...S v Hadebe and Others 1997 (2) SACR 641 (SCA): referred to S v Jochems 1991 (1) SACR 208 (A): referred to S C v Mafaladiso en Andere 2003 (1) SACR 583 (SCA) ([2002] 4 All SA 74) dictum at 593i – j S v Makwanyane and Another 1995 (2) SACR 1 (CC) (1995 (3) SA 391; 1995 (6) BCLR 665; [1995] ZA......
  • Haarhoff and Another v Director of Public Prosecutions, Eastern Cape
    • South Africa
    • Invalid date
    ...S v Katoo 2005 (1) SACR 522 (SCA) ([2006] 4 All SA 348; [2004] ZASCA 109): dictum in para [13] followed S v Mafaladiso en Andere 2003 (1) SACR 583 (SCA) ([2002] 4 All SA 74; [2002] ZASCA 92): referred to S v Mlambo J 1957 (4) SA 727 (SCA): considered 2019 (1) SACR p373 S v Pillay 1977 (4) S......
  • S v Mabuza
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Others 1998 (1) SACR 422 (SCA): referred to A S v Jochems 1991 (1) SACR 208 (A): dictum at 211g – j applied S v Mafaladiso en Andere 2003 (1) SACR 583 (SCA) ([2002] 4 All SA 74): dictum at 593f – 594h S v Mkohle 1990 (1) SACR 95 (A): dictum at 98f – g applied S v Mlonyeni 1994 (2) SACR 255 ......
  • Request a trial to view additional results
8 books & journal articles
  • 2018 index
    • South Africa
    • South African Criminal Law Journal No. , August 2019
    • 16 Agosto 2019
    ...284, 288, 292S v Maelangwe 1999 (1) SACR 133 (NC) ............................................. 388S v Mafaladiso 2003 (1) SACR 583 (SCA) ............................................ 275S v Makgatho 2013 (2) SACR 13 (SCA) ............................................... 385S v Mahlaba (42/20......
  • 2016 index
    • South Africa
    • South African Criminal Law Journal No. , August 2019
    • 16 Agosto 2019
    ...355S v Madlala 2015 (2) SACR 247 (GJ) ................................................... 77S v Mafaladiso 2003 (1) SACR 583 (SCA) ............................................ 73-4S v Maka 2016 (1) SACR 623 (FB)..................................................... 188S v Mahomotsa 2002 (2)......
  • 2017 index
    • South Africa
    • South African Criminal Law Journal No. , August 2019
    • 16 Agosto 2019
    ...284, 288, 292S v Maelangwe 1999 (1) SACR 133 (NC) ............................................. 388S v Mafaladiso 2003 (1) SACR 583 (SCA) ............................................ 275S v Makgatho 2013 (2) SACR 13 (SCA) ............................................... 385S v Mahlaba (42/20......
  • Recent Case: Law of evidence
    • South Africa
    • South African Criminal Law Journal No. , July 2022
    • 7 Julio 2022
    ...of the matter, which was whether the sexua l intercourse had been consensual or not (at para [19]; in reference to S v Mafaladiso (2003 (1) SACR 583 (SCA) at 593e–594h). It noted that the complainant’s version was consistent with the accused’s s112(2) statement (at para [18]), and that th......
  • Request a trial to view additional results

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT