Rondalia Versekeringskorporasie van Suid-Afrika Bpk v Lemmer

JurisdictionSouth Africa
Citation1966 (2) SA 245 (A)

Rondalia Versekeringskorporasie van Suid-Afrika Bpk v Lemmer
1966 (2) SA 245 (A)

1966 (2) SA p245


Citation

1966 (2) SA 245 (A)

Court

Appèlafdeling

Judge

Beyers Wn HR, van Blerk AR, Ogilvie Thompson AR, Rumpff AR en Holmes AR

Heard

February 14, 1966

Judgment

February 24, 1966

Flynote : Sleutelwoorde

Assuransie — Motorvoertuigassuransiewet, 29 van 1942, soos gewysig, D art. 11bis (1) — Magtiging aan die Minister om te vereis dat die besonderhede van eiser se eis in 'n voorgeskrewe vorm moet verskyn — Omvang van — Wanneer oorgeskry — Al die besonderhede nie ingevul nie — Effek. E

Headnote : Kopnota

Aangesien artikel 11 bis (1) van die Motorvoertuigassuransiewet, 29 van 1942, soos ingevoeg deur Wet 60 van 1964, alleen bepaal dat die besonderhede van eiser se eis verskaf moet word en dat die besonderhede in 'n voorgeskrewe formulier moet verskyn, is daar geen magtiging aan die Minister, ontleen aan hierdie artikel, om by regulasie te vereis dat die eiser iets meer moet doen as om besonderhede te verskaf nie. Die Minister het nie die bevoegdheid om die eiser te verplig om hom medies F te laat ondersoek nie, en om hom te verplig om die geneesheer te oorreed om 'n geneeskundige verslag op te stel nie.

En selfs al eis die Minister dat die voorgeskrewe vorm in al sy besonderhede ingevul moet word, volg daaruit nie dat 'n vorm wat wesenlik alle nodige besonderhede bevat, maar nie volledig ingevul is nie, nietig is.

Die beslissing in die Transvaal Provinsiale Afdeling in Rondalia Assuransie Korporasie van Suid-Afrika Bpk v Lemmer, bevestigd. G

Flynote : Sleutelwoorde

Insurance — Motor Vehicle Insurance Act. 29 of 1942, as amended, sec. 11bis (1) — Power of the Minister to require the particulars of plaintiff's claim to appear in a prescribed form — Scope of — When exceeded — All the particulars not filled in — Effect.

Headnote : Kopnota

As section 11 bis (1) of the Motor Vehicle Insurance Act, 29 of 1942, as inserted by Act 60 of 1964, only provides that the particulars of H plaintiff's claim must be furnished and that the particulars must appear in a prescribed form, the Minister is not authorised, under this section, to oblige the plaintiff to do anything more than furnish particulars. The Minister has no authority to oblige him to have himself medically examined, and to oblige him to get the medical practitioner to draw up a medical report.

And even if the Minister requires that the prescribed form must be completed in all particulars, it does not follow therefrom that a form which substantially contains all the necessary particulars, but is not completely filled in, is null and void.

The decision in the Transvaal Provincial Division in Rondalia Assuransie Korporaste van Suid-Afrike Bpk v Lemmer. confirmed.

1966 (2) SA p246

Case Information

Appèl teen 'n beslissing in die Transvaal Provinsiale Afdeling (LUDORF, R. en THERON, R.). Die feite blyk uit die uitspraak van RUMPFF, A.R. A

A. S. Botha, namens die appellant: Art. 11 bis (1) beoog en magtig wel die uitreiking van 'n regulasie wat die vorm voorskryf waarin besonderhede verstrek moet word, vanweë die volgende oorwegings. As die woord 'vorm', in die uitdrukking 'uiteengesit in 'n by regulasie voorgeskrewe vorm', gebruik word in die abstrakte sin van 'gedaante' of B 'wyse', dan moet die woord 'uiteengesit' noodwendig betrekking he op die handeling van die verstrekker van die besonderhede - hy moet dan die besonderhede uiteensit op die wyse voorgeskryf. Die uitleg van die Hof a quo is dus slegs bestaanbaar as die woord 'vorm' verstaan word in die sin van 'n konkrete, sigbare dokument, en as 'uiteengesit' betrekking het op die handeling van die uitvaardiger van die regulasie. C Maar, volgens die uitleg van die Hof a quo, magtig die artikel slegs 'n regulasie wat die vereiste besonderhede opnoem ('uiteensit') sonder enige verwysing na die wyse waarop 'n eiser die besonderhede moet verstrek. By so 'n bedoeling van die Wetgewer is die woorde 'uiteengesit' en veral die woord 'vorm', in die gemelde sin, dan egter heeltemal onvanpas; 'n mens sou dan eerder 'n uitdrukking verwag het D soos 'die besonderhede voorgeskryf by regulasie', of miskien selfs 'die besonderhede uiteengesit in 'n regulasie.' Dieselfde oorwegings geld vir die Engelse teks, waar die woorde 'set out in a form' indruis teen 'n bedoeling om alleen 'n regulasie te magtig wat bloot voorskryf watter besonderhede verstrek moet word. Die artikel magtig uitdruklik 'n E regulasie wat 'n vorm voorskryf, in watter sin daardie woord ook al gebruik word. Dit dui prima facie op 'n regulasie wat bepaal in watter vorm die besonderhede deur 'n eiser uiteengesit moet word; dit word derhalwe aangevoer dat die uitdrukking 'die besonderhede uiteengesit in 'n by regulasie voorgeskrewe vorm' meer geredelik, volgens die gewone en F natuurlike betekenis van die woorde, vatbaar is vir 'n uitleg in die sin van 'besonderhede wat uiteengesit word in 'n . . . vorm' (d.w.s. uiteengesit deur die verstrekker van die besonderhede), eerder as in die sin van 'sulke besonderhede as wat uiteengesit is in 'n . . . vorm.' Selfs al word 'uiteengesit in 'n . . . vorm' so uitgelê dat dit verwys na 'n handeling van die uitvaardiger van die regulasie, dan word aan die G hand gedoen dat die artikel nogtans 'n voorskrif magtig wat vereis dat die bepaalde voorgeskrewe vorm ingevul en voltooi moet word. Dit is nouliks denkbaar dat die Wetgewer sou verlang dat die vereiste besonderhede deur die gemagtigde in 'n vorm opgenoem moes word, sonder die noodwendige meegaande veronderstelling dat dit vereis sou kon word H dat daardie vorm ingevul moet word deur 'n eiser. 'n Voorskrif ten aansien van die verstrekking van die besonderhede in die voorgeskrewe, uitdruklik, gemagtigde vorm, is dus 'n bevoegdheid wat by noodwendige veronderstelling, of as 'n redelik diensbare hulpbevoegdheid, in die magtigende bepaling ingelees moet word. Vgl. Steyn, Uitleg van Wette, 3de uitg., bl. 193 - 8. As aanvaar word dat 11 bis (1) uitdruklik 'n regulasie magtig wat voorskryf in watter vorm die besonderhede uiteengesit moet word, wat dan die bevoegdheid verleen om te vereis dat 'n bepaalde vorm ingevul moet word, dan volg dit daaruit dat ook die bevoegdheid

1966 (2) SA p247

verleen is om voor te skryf op watter wyse die vorm ingevul moet word, want laasgenoemde bevoegdheid gaan noodwendigerwyse of redelikerwyse gepaard met eersgenoemde bevoegdheid. Vgl. Steyn supra. Die bevoegdheid om voor te skryf op watter wyse die voorgeskrewe vorm ingevul moet word, A sluit in die bevoegdheid om te bepaal, onder meer, hoe presies op elke vraag geantwoord moet word en deur wie bepaalde gedeeltes van die vorm ingevul en onderteken moet word. Uit hoofde van die voorgaande val die bepalings van para. (ii) van die inleidende opmerking tot vorm MVA 13 (insluitende die vereiste van 'n mediese verslag) prima facie binne die B bestek van die bevoegdheid verleen deur art. 11 bis (1) van die Wet. Soos aangedui in die uitspraak van die Hof a quo is die bevoegdheid, wat art. 11 bis (1) verleen ten aansien van die besonderhede wat vereis kan word, wyd gestel. Dit word aan die hand gedoen dat die vereiste van besonderhede wat terselfdertyd beskou sou kon word as 'getuienis', nie om daardie rede uitgesluit is van die C verleende bevoegdheid nie. In ieder geval is 'n skeidslyn tussen waar besonderhede ophou en getuienis begin nie geredelik aan te dui nie. Die blote feit dat die regulasies vereis dat die geneeskundige besonderhede van 'n eiser se beserings deur 'n geneesheer verstrek en onderteken moet word, laat nie daardie deel van die regulasies buitekant D die bestek van die magtiging val nie. Die gemelde vereiste word inderdaad gemagtig deur die verleende bevoegdheid om die vorm waarin die besonderhede verstrek moet word, voor te skryf. Aangesien die voorskrifte oor die vorm, waarin die mediese gegewens uiteengesit moet word, prima facie binne die bestek van die magtigende bepaling val, sou 'n bevinding dat dit ongeldig is, alleen gebaseer kon wees op die E grondslag dat dit 'onredelik' is in die sin waarin daardie uitdrukking in die regspraak gebruik word; vgl. Steyn, op cit. bl. 226 - 32. Sodanige grondslag is egter nie hier aanwesig nie, en is ook nie aangevoer nie. Die oogmerk van art. 11 bis was dat 'n maatskappy in besit gestel moes word van voldoende gegewens oor die identiteit van die eiser, die samestelling van sy eis, die aard en omvang van sy beserings, F en die gevolge daarvan, teneinde hom in staat te stel om te oorweeg of hy die aksie gaan bestry of die bedrag te bepaal wat as basis van 'n skikking kan dien. Met die oog hierop is die besonderhede wat vereis word in para. 6 van die geneeskundige verslag van wesenlike belang, en weens die versuim om daardie vraag enigsins te beantwoord was daar nie 'n wesentlike nakoming van die bepalings van art. 11 bis (1) van die G Wet nie. In ieder geval word aan die hand gedoen dat daar hier geen ruimte is vir die toepassing van die toets of daar 'wesentlike nakoming' was van die vereistes van die artikel nie. Para. (ii) van die inleidende opmerking tot vorm MVA 13 bevat spesifieke voorskrifte oor hoe presies H die vorm ingevul moet word en die bewoording daarvan laat nie twyfel oor die gebiedendheid daarvan nie. Vgl. Sutter v Scheepers, 1932 AD 165 op bl. 173; Pio v Franklin, 1949 (3) SA 442 (C) op bl. 451; Steyn, op cit., bl. 181. Gevolglik, behoudens die toepassing van die reël de minimis non curat lex, is 'n versuim om enige van die voorgeskrewe besonderhede te verstrek noodlottig en dan is daar nie behoorlik aan art. 11 bis (1) voldoen nie. Administrator (Tvl.) v Husband, 1959 (1) SA 392 (AA) te bl. 394 en ander soortgelyke sake soos Osler v Johannesburg City Council, 1948 (1) SA 1027 (W); Baker v Kempton

1966 (2) SA p248

Park Municipality, 1961 (3) SA 484 (T); Dease v Minister of Justice, 1962 (3)...

To continue reading

Request your trial
92 practice notes
  • Constantia Insurance Co Ltd v Nohamba
    • South Africa
    • Invalid date
    ...is also designed to invite, guide and facilitate such investigations (see Rondalia Versekeringskorporasie van Suid-Afrika Bpk v Lemmer 1966 (2) SA 245 (A) at 256A, 257H, 258C - H; Landsberg v New India Assurance Co (Pty) Ltd and Another 1969 (1) SA 110 (D) at 116F - G; Viljoen v AA Onderlin......
  • Santam Insurance Ltd v Williams
    • South Africa
    • Invalid date
    ...also Hladhla v President Insurance Co Ltd 1965 (1) SA 614 (A) at 624A-C; Randalia Versekeringskorporasie van Suid-Afrika Bpk v Lemmer 1966 (2) SA 245 (A) at 255G-H; Ngubetole v Administrator, Cape, and Another 1975 (3) SA 1 (A) at 8A-E.) In Coetzer F and Another v Santam Versekeringsmaatska......
  • National Director of Public Prosecutions v Moolla
    • South Africa
    • Invalid date
    ...need only be substantially com-plied with to have full legal effect (see, for example, Rondalia Verseker-ingskorporasie Bpk v Lemmer 1966 (2) SA 245 (A) at 257H–258H).’[16] Based on the above principles of interpretation of statutory require-ments; the stringent provisions of POCA; and the ......
  • Mutual & Federal Insurance Co Ltd v Ndebele
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Hladhla v President Insurance Co Ltd 1965 (1) SA 614 (A) at 624A-C; Randalia G Versekeringskorporasie van Suid-Afrika Bpk v Lemmer 1966 (2) SA 245 (A) at 255G-H; Ngubetole v Administrator) CapeJ and Another 1975 (3) SA 1 (A) at 8A-E. The intention of the Legislature in enacting motor vehicl......
  • Request a trial to view additional results
92 cases
  • Constantia Insurance Co Ltd v Nohamba
    • South Africa
    • Invalid date
    ...is also designed to invite, guide and facilitate such investigations (see Rondalia Versekeringskorporasie van Suid-Afrika Bpk v Lemmer 1966 (2) SA 245 (A) at 256A, 257H, 258C - H; Landsberg v New India Assurance Co (Pty) Ltd and Another 1969 (1) SA 110 (D) at 116F - G; Viljoen v AA Onderlin......
  • Santam Insurance Ltd v Williams
    • South Africa
    • Invalid date
    ...also Hladhla v President Insurance Co Ltd 1965 (1) SA 614 (A) at 624A-C; Randalia Versekeringskorporasie van Suid-Afrika Bpk v Lemmer 1966 (2) SA 245 (A) at 255G-H; Ngubetole v Administrator, Cape, and Another 1975 (3) SA 1 (A) at 8A-E.) In Coetzer F and Another v Santam Versekeringsmaatska......
  • National Director of Public Prosecutions v Moolla
    • South Africa
    • Invalid date
    ...need only be substantially com-plied with to have full legal effect (see, for example, Rondalia Verseker-ingskorporasie Bpk v Lemmer 1966 (2) SA 245 (A) at 257H–258H).’[16] Based on the above principles of interpretation of statutory require-ments; the stringent provisions of POCA; and the ......
  • Mutual & Federal Insurance Co Ltd v Ndebele
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Hladhla v President Insurance Co Ltd 1965 (1) SA 614 (A) at 624A-C; Randalia G Versekeringskorporasie van Suid-Afrika Bpk v Lemmer 1966 (2) SA 245 (A) at 255G-H; Ngubetole v Administrator) CapeJ and Another 1975 (3) SA 1 (A) at 8A-E. The intention of the Legislature in enacting motor vehicl......
  • Request a trial to view additional results

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT