Rondalia Versekeringskorporasie van Suid-Afrika Bpk v Lemmer

JurisdictionSouth Africa
JudgeBeyers Wn HR, van Blerk AR, Ogilvie Thompson AR, Rumpff AR en Holmes AR
Judgment Date24 February 1966
Citation1966 (2) SA 245 (A)
Hearing Date14 February 1966
CourtAppellate Division

F Rumpff, A.R.:

Wanneer iemand 'n eis om skadevergoeding wil instel onder die Motorvoertuigassuransiewet, Wet 29 van 1942, moet hy, onder andere, die bepalings van art. 11 bis (1) [*] en (2) (ingevoeg deur Wet 60 van 1964) in gedagte hou. Die artikel lui soos volg:

'11 bis (1). 'n Eis om skadevergoeding kragtens art. 11 moet die besonderhede uiteengesit in 'n by regulasie voorgeskrewe vorm bevat en moet per aangetekende pos gestuur of per hand afgelewer word aan die G geregistreerde maatskappy by sy geregistreerde kantoor of plaaslike takkantoor, en die geregistreerde maatskappy moet, in die geval van aflewering per hand, die ontvangs daarvan en die datum van die ontvangs ten tyde van die aflewering skriftelik erken.

(2) So 'n eis kan nie gehandhaaf word deur middel van 'n regsgeding wat ingestel is deur 'n dagvaarding wat voor die verstryking van 'n tydperk van sestig dae vanaf die datum waarop die eis ooreenkomstig sub-art. (1) aan die geregistreerde maatskappy gestuur of afgelewer is, na gelang van die geval, aan die geregistreerde maatskappy bestel is nie'.

H Art. 32 van Wet 29 van 1942 (soos vervang deur Wet 60 van 1964) bepaal in sub-art. (1) (h) dat die betrokke Minister regulasies kan uitvaardig

'wat enige vorm wat ingevolge 'n bepaling van hierdie Wet by regulasic voorgeskryf moet word - voorskryf'.

Die Minister het dus die bevoegdheid om die 'vorm' voor te skryf waarin die besonderhede moet uiteengesit word wat aan die maatskappy

Rumpff AR

verskaf moet word. Op 25 September 1964 het die Minister onder genoemde art. 32 in 'n Buitengewone Staatskoerant 393 'n stel motorvoertuigassuransieregulasies aangekondig, en reg. 12 (a) daarvan lui soos volg:

A '12. (a) 'n Eis om skadevergoeding ingevolge art. 11 van die Wet geskied in die vorm MVA 13 wat in die bylae hiervan uiteengesit word.'

Bo-aan vorm MVA 13 verskyn drie sgn. 'opmerkings' waarvan die tweede soos volg lees:

'(ii)

Sub-art. (1) van art. 11 bis van die Wet 29 van 1942 bepaal onder andere dat 'n eis om skadevergoeding ooreenkomstig art. 11 die B besonderhede moet bevat soos vermeld in 'n vorm wat by regulasie voorgeskryf word. Met die oog op hierdie bepaling van die Wet, moet hierdie vorm (met inbegrip van die geneeskundige verslag wat deel daarvan uitmaak) in al sy besonderhede ingevul word. 'n Duidelike antwoord moet verstrek word op elke vraag, en as 'n vraag nie op die eis van toepassing is nie, moet die woorde 'nie van toepassing nie' ingevoeg word. 'n Vorm wat tikkies, strepe, skrappings en veranderings wat nie deur 'n handtekening bevestig word nie, bevat, word nie geag behoorlik ingevul te wees nie.'

C Na hierdie opmerkings verskyn daar nege vrae, elkeen met 'n aantal onderafdelings. Vraag 9 (a) lui, bv. soos volg:


'9.

Skadevergoeding geëis:

(a)

Noukeurige besonderhede moet verstrek word ten opsigte van elkeen van die volgende items en moet, waar toepaslik, deur bewysstukke gestaaf word. (Indien nodig kan die inligting wat by D hierdie afdeling vereis word, verstrek word in 'n afsonderlike staat wat behoorlik onderteken en aan hierdie vorm geheg is):

Item.

Bedrag.

(i)

Geneeskundige en hospitaalkoste

R

(ii)

Geraamde toekomstige geneeskundige en hospitaalkoste

R

(iii)

Verlies aan verdienste (vanaf datum van ongeluk tot op datum hiervan)

R

(iv)

E Geraamde toekomstige verlies aan verdienste

R

(v)

Algemene skadevergoeding vir pyn en lyding, verlies van lewensgenietinge ens

R

Totaal

R '


F Aan die einde van die vrae verskyn 'n beëdigingsklousule wat deur 'n kommissaris van ede onderteken moet word. Daarna kom 'n stel vrae onder die titel 'Geneeskundige verslag' met die aanduiding:

'Waar blokke vir die antwoord op 'n vraag verskaf word, plaas 'n kruis in die toepaslike blok.'

Hierdie stel vrae moet deur 'n geneeskundige praktisyn beantwoord en onderteken word. Vrae 4, 5 en 6 van hierdie verslag lees soos volg:


'4. Is die beserings:

Gering?

blocks1.png

Taamlik ernstig?

blocks1.png

Ernstig?

blocks1.png



5. Dui die liggaamsdele aan wat beseer is:

Kop

blocks1.png

Borskas

blocks1.png

Nek

blocks1.png

Buik

blocks1.png

Rug

blocks1.png

Boonste ledemate

blocks1.png

Onderste ledemate

blocks1.png

Bekken

blocks1.png.

6. Verstrek volledige besonderhede van die aard van die beserings en H enige komplikasie (bv. gebreekte ribbes met borsbloeding, ope breuk van linker skeenbeen, skending ens.) en behandeling tot op datum . . . '


Die respondent in hierdie saak het, as eiser, in die landdroshof van Pretoria 'n bedrag van R1,000 skadevergoeding geëis van die appellant, as verweerder, weens skade gely as gevolg van 'n motorbotsing. By die verhoor is geen getuienis gelei nie en die verweerder het erken dat

'eiser ligtelike beserings opgedoen het as gevolg van genoemde botsing en dat hy as gevolg van sodanige beserings skade gely het in 'n bedrag van R400'.

Die partye het ooreengekom dat indien die landdros 'n spesiale pleit

Rumpff AR

van die verweerder sou verwerp, eiser geregtig sou wees tot 'n vonnis in sy guns in die bedrag van R400 met koste. Die spesiale pleit, wat as antwoord dien op 'n bewering dat kennisgewing van die eis aan die A verweerder ooreenkomstig art. 11 bis van die Wet gegee is, voer aan dat behoorlike kennisgewing nie gegee is nie omdat die betrokke kennisgewing gebrekkig is

'in die opsig dat dit geen besonderhede hoegenaamd gee van die beserings of enige komplikasie en mediese behandeling tot datum van die voltooiing van die beweerde eisvorm nie',

en dat die eiser se eis verjaar het in die lig van art. 11 (2) van Wet 29 van 1942.

B Uit die betrokke afskrif van vorm MVA 13 blyk dit dat die eiser al die vrae stiptelik beantwoord het, maar dat die geneesheer-spesialis wat die geneeskundige verslag opgestel het, vraag 6 daarvan nie beantwoord het nie. Op hierdie grond is die landdros gevra om die spesiale pleit te C handhaaf. Hy het die pleit verwerp en uitspraak ten gunste van die eiser gegee. Sy bevinding was dat...

To continue reading

Request your trial
92 practice notes
  • Constantia Insurance Co Ltd v Nohamba
    • South Africa
    • Invalid date
    ...is also designed to invite, guide and facilitate such investigations (see Rondalia Versekeringskorporasie van Suid-Afrika Bpk v Lemmer 1966 (2) SA 245 (A) at 256A, 257H, 258C - H; Landsberg v New India Assurance Co (Pty) Ltd and Another 1969 (1) SA 110 (D) at 116F - G; Viljoen v AA Onderlin......
  • Santam Insurance Ltd v Williams
    • South Africa
    • Invalid date
    ...also Hladhla v President Insurance Co Ltd 1965 (1) SA 614 (A) at 624A-C; Randalia Versekeringskorporasie van Suid-Afrika Bpk v Lemmer 1966 (2) SA 245 (A) at 255G-H; Ngubetole v Administrator, Cape, and Another 1975 (3) SA 1 (A) at 8A-E.) In Coetzer F and Another v Santam Versekeringsmaatska......
  • National Director of Public Prosecutions v Moolla
    • South Africa
    • Invalid date
    ...need only be substantially com-plied with to have full legal effect (see, for example, Rondalia Verseker-ingskorporasie Bpk v Lemmer 1966 (2) SA 245 (A) at 257H–258H).’[16] Based on the above principles of interpretation of statutory require-ments; the stringent provisions of POCA; and the ......
  • Mutual & Federal Insurance Co Ltd v Ndebele
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Hladhla v President Insurance Co Ltd 1965 (1) SA 614 (A) at 624A-C; Randalia G Versekeringskorporasie van Suid-Afrika Bpk v Lemmer 1966 (2) SA 245 (A) at 255G-H; Ngubetole v Administrator) CapeJ and Another 1975 (3) SA 1 (A) at 8A-E. The intention of the Legislature in enacting motor vehicl......
  • Request a trial to view additional results
92 cases
  • Constantia Insurance Co Ltd v Nohamba
    • South Africa
    • Invalid date
    ...is also designed to invite, guide and facilitate such investigations (see Rondalia Versekeringskorporasie van Suid-Afrika Bpk v Lemmer 1966 (2) SA 245 (A) at 256A, 257H, 258C - H; Landsberg v New India Assurance Co (Pty) Ltd and Another 1969 (1) SA 110 (D) at 116F - G; Viljoen v AA Onderlin......
  • Santam Insurance Ltd v Williams
    • South Africa
    • Invalid date
    ...also Hladhla v President Insurance Co Ltd 1965 (1) SA 614 (A) at 624A-C; Randalia Versekeringskorporasie van Suid-Afrika Bpk v Lemmer 1966 (2) SA 245 (A) at 255G-H; Ngubetole v Administrator, Cape, and Another 1975 (3) SA 1 (A) at 8A-E.) In Coetzer F and Another v Santam Versekeringsmaatska......
  • National Director of Public Prosecutions v Moolla
    • South Africa
    • Invalid date
    ...need only be substantially com-plied with to have full legal effect (see, for example, Rondalia Verseker-ingskorporasie Bpk v Lemmer 1966 (2) SA 245 (A) at 257H–258H).’[16] Based on the above principles of interpretation of statutory require-ments; the stringent provisions of POCA; and the ......
  • Mutual & Federal Insurance Co Ltd v Ndebele
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Hladhla v President Insurance Co Ltd 1965 (1) SA 614 (A) at 624A-C; Randalia G Versekeringskorporasie van Suid-Afrika Bpk v Lemmer 1966 (2) SA 245 (A) at 255G-H; Ngubetole v Administrator) CapeJ and Another 1975 (3) SA 1 (A) at 8A-E. The intention of the Legislature in enacting motor vehicl......
  • Request a trial to view additional results

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT