Radley en 'n Ander v Stopforth en 'n Ander

JurisdictionSouth Africa
Citation1976 (1) SA 378 (T)

Radley en 'n Ander v Stopforth en 'n Ander
1976 (1) SA 378 (T)

1976 (1) SA p378


Citation

1976 (1) SA 378 (T)

Court

Transvaalse Provinsiale Afdeling

Judge

Van Reenen Wn R

Heard

September 16, 1975

Judgment

October 21, 1975

Flynote : Sleutelwoorde

Testament — Verlyding van — Sertifikaat kragtens art. E 2 (1) (a) (v) van Wet 7 van 1953 — Moet voor testateur se dood aangebring word en in orde wees — Kan nie daarna verander of aangevul word nie — Sertifiseerder moet in sertifikaat aandui in watter amp hy optree.

Headnote : Kopnota

Die sertifikaat vereis deur artikel 2 (1) (a) (v) van die Wet op Testamente, 7 van 1953, moet minstens voor die dood van die F erflater aangebring word en in orde wees en dit kan nie daarna aangebring, verander of aangevul word nie.

Die persoon wat die sertifikaat kragtens artikel 2 (1) (a) (v) gee moet tot een van die besondere ampte in die sub-artikel genoem aangestel wees en hy moet met voorbedagte rade en onder die besef van die verantwoordelikheid wat hy uit hoofde van daardie amp dra optree. Dit moet verder duidelik uit die sertifikaat blyk dat hy wel so opgetree het deur doelbewus en G duidelik homself so te beskryf dat dit vanself spreek dat hy daardie amp beklee het en in daardie amp opgetree het.

Flynote : Sleutelwoorde

Will — Execution of — Certificate in terms of sec. 2 (1) (a) (v) of Act 7 of 1953 — Must be appended and be in order before testator's death — Cannot thereafter be altered or supplemented — Certifier must indicate in certificate in what office he is acting.

Headnote : Kopnota

H The certificate required by section 2 (1) (a) (v) of the Wills Act, 7 of 1953, must at least be appended and be in order before the death of the testator and it cannot be appended, altered or supplemented thereafter.

The person who gives the certificate in terms of section 2 (1) (a) (v) must have been appointed to one of the particular offices mentioned in the sub-section and he must act deliberately and with a realisation of the responsibility which he bears by reason of his office. It must further appear clearly from the certificate that he did so act by deliberately and clearly describing himself in such a way that it is self-evident that he holds that office and that he acted in that office.

1976 (1) SA p379

Case Information

Aansoek om 'n verklarende bevel. Die feite blyk uit die uitspraak.

H. Daniels, namens die applikante.

J.H. Hugo, namens die eerste respondent.

J.C. Prinsloo, as kurator ad litem.

Cur. adv. vult. A

Postea (Oktober 21)

Judgment

Van Reenen, Wn. R.:

Hierdie aansoek gaan oor die regsgeldigheid van 'n sertifikaat op 'n testament aangebring ingevolge die B bepalings van art. 2(1) (a) (v) van die Wet op Testamente, 7 van 1953. Die betrokke testament is op 14 Desember 1973 verly en die bepalings van hierdie paragraaf in sy jongste vorm is dus van toepassing.

Die erflater, ene N.J. C. Pretorius, het 'n testament gedateer 25 Junie 1973 gemaak wat behoorlik deur hom onderteken is in C die teenwoordigheid van twee bevoegde getuies. Na hierdie testament word in die stukke verwys as die 'Junie testament'. Later op 14 Desember 1973 het hy 'n ander testament verly (die sogenaamde 'Desember testament') maar dit is nie deur die erflater met sy handtekening onderteken nie, maar wel met 'n merk. Hy is die volgende dag oorlede. Die Meester het die Desember testament verwerp as ongeldig en die Junie een aanvaar D as die testament van die erflater. Die Meester het die grond van sy verwerping as volg geformuleer:

'Die sertifikaat tot die testament is nie onderteken deur 'n persoon in sy hoedanigheid as kommissaris van ede nie en is dus ongeldig.'

Die eerste applikante, 'n dogter van die erflater, en andere kom nou vir 'n bevel om, onder andere, die Junie testament as E ongeldig te verklaar en die Desember een as die laaste en enigste testament van die oorledene.

Aangesien daar minderjariges by die geskil betrokke is, is mnr. Prinsloo as kurator-ad-litem van die minderjariges aangestel en het hy op 1 Maart 1975 verslag gedoen waarvoor ek my dank en waardering uitspreek. Die kurator-ad-litem het die Meester se verwerping van die Desember testament gesteun terwyl die F Meester weer in sy verslag onder datum 7 Maart 1975 hom vereenselwig het met die sienswyses van die kurator-ad-litem Mnr. Hugo, wat namens die eerste respondente verskyn het, het ook sterk geleun op die kurator-ad-litem se verslag. Alhoewel daar al verskeie kere oor die vertolking van art. 2 (1) (a) (v) van die Wet op Testamente besin moes word, blyk dit dat die G besondere aspek wat in hierdie saak opgeduik het res nova is, maar dit is interessant om op te merk dat mnr. Daniels, aan die eenkant, en mnre. Hugo en Prinsloo aan die ander, op presies dieselfde sake gesteun het vir hulle uiteenlopende menings.

Art. 2 (1) (a) (v) lees, sover dit ter sake is, soos volg:

'2.
(1)

Behoudens die bepalings van arts. 3 en 3 bis.

(a)

is geen testament op of na 1 Januarie 1954 H verly, geldig nie tensy -

............

(v)

indien die testament deur die erflater deur die maak van 'n merk onderteken word, 'n magistraat, vrederegter, kommissaris van ede of notaris aan die end sertifiseer dat hy homself oortuig het van die identiteit van die erflater en dat die aldus ondertekende testament die testament van die erflater is...'

Waar die erflater in hierdie geval glo nie in staat was om sy naam op die gewone wyse te teken nie, moes sy ondertekening by wyse van die maak van 'n merk (sien art 1, s.v 'onderteken') gesertifiseer word deur 'n magistraat,

1976 (1) SA p380

Van Reenen Wn R

vrederegter, kommissaris van ede of notaris. In hierdie geval verskyn daar op elk van die twee bladsye waaruit die testament bestaan 'n afdruk gemaak deur 'n rubberstempel waarop die volgende in druk verskyn:

A TRANSVAALSE PROVINSIALE

ADMINISTRASIE

VEREENIGING

HOSPITAAL

HOSPITAL

14-12-1973

PRIVAATSAK?

PRIVATE BAG?

B TRANSVAAL PROVINCIAL

ADMINISTRATION

Van geen van beide die gevalle is die nommer van die privaatsak leesbaar nie. In die raamwerk is 'n handtekening wat nie te ontsyfer is nie maar wat blyk dié te wees van ene S. H. C Pienaar. Onder die naam verskyn onder op die eerste bladsy die simbool 'A/B' en op die tweede bladsy die afkorting 'Adm. Beampte'. Ek aanvaar dat in albei die gevalle bedoel word dat die ondertekenaar 'n administratiewe beampte was. Onder aan albei bladsye van die testament verskyn 'n sertifikaat in die volgende woorde:

'Ek sertifiseer dat ek myself oortuig het van die identiteit van die persoon wie se merk hierbo verskyn en dat hierdie D testament die testament is van mnr. N.J.C. Pretorius.'

Die Meester se houding is, soos trouens ook dié van die kurator-ad-litem en die eerste respondente, dat hierdie sertifikaat ongeldig is deurdat dit nie voldoen aan die vereistes van sub-para. (v) nie, insoverre dat dit nie blyk of die sertifiseerder 'n 'magistraat, vrederegter, kommissaris van E ede of notaris' is nie. Die applikant gee dit toe maar sê dat feit is dat mnr. S. H. Pienaar inderdaad toe 'n kommissaris van ede was, dat hy per abuis die verkeerde stempel gebruik het en dat getuienis nou ontvanklik is om hierdie bewerings te staaf en dat sodanige getuienis afdoende is om die oënskynlike gebrek aan te suiwer. Ek moet daarop wys dat ter elfder ure die Meester nou ook die standpunt inneem dat die sertifikaat wat op F die testament aangebring is gebrekkig is deurdat dit nie die erflater identifiseer nie. Ek sal later hierop terugkom.

Die eerste respondente het ook laat blyk dat daar volgens haar feitlike gronde bestaan waarop die Desember testament aangeveg kan word, maar hierdie aspek is nie nou deur die partye G behandel nie en is nie aan my vir beslissing voorgelê nie.

Soos reeds aangedui, het die advokate vir die verskillende partye uit dieselfde sake steun vir hulle onderskeie standpunte probeer put. Ek gaan hulle kortliks na om vas te stel tot watter mate hulle ter sake is en watter nut uit hulle gehaal kan word.

Comley v. Comley and Others, 1957(3) SA 401 (O.K.): Hierdie H saak het gegaan oor presies waar die verskillende bladsye van die testament onderteken moes word. Weens latere wysigings van art. 2 is die uitspraak nie meer van toepassing nie, behalwe vir twee dicta wat met nut onthou kan word. Op bl. 402H sê PRICE, R.P.:

'The will, in this case, was made after the Wills Act, 7 of 1953, had come into force and unless the will conforms to the requirements of that Act, it is invalid.'

en op bl. 403A:

'The Act sets out with the greatest particularity how a will is to be signed if it is to be valid and effectual.'

1976 (1) SA p381

Van Reenen Wn R

Stemmet v. Die Meester en Andere, 1957 (3) SA 404 (K): Hier het dit gegaan oor presies waar die sertifikaat verlang deur sub-para. (v) moet wees. In effek is besluit dat dit redelikerwys so na aan die einde van die laaste woorde van die testament moet kom. In die loop van sy uitspraak het VAN A WINSEN, R., homself van die volgende gekwyt op bl. 409E:

'... die oogmerk van die Wetgewer... was om so ver moontlik die geleentheid vir bedrog uit te skakel'.

en op bl. 412B:

'... die plig van die Hof is om die bepalings van die Wet uit te lê en toe te pas'.

(Sien ook op dié aspek Volschenk v. Die Meester en Andere, B 1958 (2) SA 363 (K)).

Soobramoney and Others v. Moothoo and Others, 1957 (3) SA 707 (D): Hier het dit gegaan oor die vertolking van die sinsnede 'that the testator is known to him' soos dit oorspronklik in sub-para. (v) voorgekom het. Die ratio van hierdie saak geld nie meer nie maar sekere opmerkings van BROOME, R.P., is van C groot belang. Op bl. 709C vind ons die volgende:

'Now sec. 2 (1) (a) (v) requires the commissioner or other officer to certify: (1) that the testator is known to him, and (2) that he has satisfied himself that the will is the will of the testator. It is not...

To continue reading

Request your trial
7 practice notes
  • Radley en 'n Ander v Stopforth en 'n Ander
    • South Africa
    • Invalid date
    ...leave to supplement the certificate after the death of the testator . . The decision in Radley en 'n Ander v. Stopf-orth en 'n Ander, 1976 (1) S.A. 378 (T), confirmed. © Juta and Company (Pty) Ltd 518 RADLEY EN 'N ANDER v. STOPFORTH EN 'N ANDER. [1977 (2)] [A.A.] implikasie nie, dat die mik......
  • O' Connor v the Master and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...who did not have to know the nature of the document. (At 619C/D-D/E and F-H.) The dictum in Radley en 'n Ander v Stopforth en 'n Ander 1976 (1) SA 378 (T) at 388D-H applied. B Held, further, on the facts, that the requirements of s 2(l)(a)(v) had not been complied with. The Master had there......
  • Jeffrey v the Master and Others
    • South Africa
    • Natal Provincial Division
    • 16 July 1990
    ...the provisions of s 2(1)(a)(v) of the Wills Act. The leading decision on the point is Radley en 'n Ander v Stopforth en E 'n Ander 1976 (1) SA 378 (T) at 387 - 9, which was confirmed on appeal by the Appellate Division in Radley en 'n Ander v Stopforth en 'n Ander 1977 (2) SA 516 (A). In th......
  • Jeffrey v the Master and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...the provisions of s 2(1)(a)(v) of the Wills Act. The leading decision on the point is Radley en 'n Ander v Stopforth en E 'n Ander 1976 (1) SA 378 (T) at 387 - 9, which was confirmed on appeal by the Appellate Division in Radley en 'n Ander v Stopforth en 'n Ander 1977 (2) SA 516 (A). In th......
  • Request a trial to view additional results
7 cases
  • Radley en 'n Ander v Stopforth en 'n Ander
    • South Africa
    • Invalid date
    ...leave to supplement the certificate after the death of the testator . . The decision in Radley en 'n Ander v. Stopf-orth en 'n Ander, 1976 (1) S.A. 378 (T), confirmed. © Juta and Company (Pty) Ltd 518 RADLEY EN 'N ANDER v. STOPFORTH EN 'N ANDER. [1977 (2)] [A.A.] implikasie nie, dat die mik......
  • O' Connor v the Master and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...who did not have to know the nature of the document. (At 619C/D-D/E and F-H.) The dictum in Radley en 'n Ander v Stopforth en 'n Ander 1976 (1) SA 378 (T) at 388D-H applied. B Held, further, on the facts, that the requirements of s 2(l)(a)(v) had not been complied with. The Master had there......
  • Jeffrey v the Master and Others
    • South Africa
    • Natal Provincial Division
    • 16 July 1990
    ...the provisions of s 2(1)(a)(v) of the Wills Act. The leading decision on the point is Radley en 'n Ander v Stopforth en E 'n Ander 1976 (1) SA 378 (T) at 387 - 9, which was confirmed on appeal by the Appellate Division in Radley en 'n Ander v Stopforth en 'n Ander 1977 (2) SA 516 (A). In th......
  • Jeffrey v the Master and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...the provisions of s 2(1)(a)(v) of the Wills Act. The leading decision on the point is Radley en 'n Ander v Stopforth en E 'n Ander 1976 (1) SA 378 (T) at 387 - 9, which was confirmed on appeal by the Appellate Division in Radley en 'n Ander v Stopforth en 'n Ander 1977 (2) SA 516 (A). In th......
  • Request a trial to view additional results

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT