Stemmet v Die Meester en Andere

JurisdictionSouth Africa
JudgeOgilvie Thompson R en Van Winsen R
Judgment Date29 May 1957
Citation1957 (3) SA 404 (C)
Hearing Date16 April 1957
CourtCape Provincial Division

Van Winsen, R.:

Applikant is 'n boer van die distrik Robertson en was binne gemeenskap van goed getroud met sy oorlede vrou, Marie Elizabeth C Stemmet, wat op 16 Oktober 1956 in die distrik Robertson oorlede is. Dit blyk uit die beëdigde verklaring van mnr. Beneke, 'n prokureur van hierdie Hof, dat op 25 Augustus 1954 applikant na hom gekom het en aan hom meegedeel het dat sy eggenote, Marie Elizabeth Stemmet, 'n aanval van beroerte gekry het en dat sy ernstig siek lê op Montagu. Applikant het aan hom gesê dat hy begerig is dat hy, Beneke, 'n gesamentlike D testament vir hom en sy eggenote moet opstel. Applikant het hom verder meegedeel dat sy eggenote se regterarm as 'n gevolg van die beroerte aanval verlam was, en dat sy gevolgelik nie haar naam kon teken nie. Mnr. Beneke het toe 'n testament opgestel in ooreenstemming met die instruksies wat hy van applikant ontvang het, en het die testament laat E teken. Aangesien daar 'n moontlikheid bestaan het dat die verstandlike vermoë van die testatriese om 'n testament te verly in twyfel getrek kon word, het hy 'n sertifikaat laat opstel vir ondertekening van die testatriese se dokter, ene dr. J. J. S. Retief. Verder, omdat hy bewus was van die feit dat die testatriese nie haar naam kon teken nie, het mnr. Beneke saam met die testament en die doktersertifikaat 'n F sertifikaat opgestel en laat tik vir ondertekening van die magistraat op Montagu kragtens die bepalings van art. 2 (1) (a) (v) van Wet 7 van 1953. Hierdie sertifikaat wat deur die magistraat onderteken moes word, het mnr. Beneke op 'n afsonderlike vel papier laat tik omrede dat daar nie plek onder aan die vel was waarop die testament getik was nie. Nadat hierdie drie dokumente getik was, het laasgenoemde die drie getikte G velle in die volgende orde aanmekaar gelas, naamlik, 'n buiteblad met die name van die partye, die testament, die mediese sertifikaat, en laastens die magistraat se sertifikaat, aaneengebind so dat dit as een dokument beskou kon word. Hierdie ingebinde dokument is toe aan applikant deur mnr. Beneke oorhandig met instruksies om die magistraat H op Montagu na sy vrou in die hospitaal te neem sodat die magistraat die sertifikaat kon voltooi. Uit die beëdigde verklaring van applikant self blyk dit dat hy hierdie ingebinde dokument op dieselfde dag wat hy dit van mnr. Beneke ontvang het, naamlik die 25ste dag van Augustus 1954, na Montagu geneem het en dat in teenwoordigheid van die magistraat van Montagu,

Van Winsen R

mnr. van Greunen, en van dr. Retief, die applikant self, en twee persone wat as getuies op die testament geteken het, applikant se eggenote haar merk op die testament gemaak het, en die magistraat, nadat hy sekere vrae aan laasgenoemde gestel het, het die sertifikaat geteken en voltooi A en het ook op die vel waarop die testament voorkom sy naam en sy ampshoedanigheid aangebring. Dr. Retief het ook sy naam op die mediese sertifikaat geplaas. Daarna het die ingebinde dokument as volg voorgekom:

Die eerste bladsy het gelui:


'Die laaste wil en testament
van
B Coenraad Johannes Albertus Stemmet
en
Maria Elizabeth Stemmet
(gebore Bronn)

Carel Swart & Beneke,
Posbus 78,
C Robertson.'


Bladsy 2 het as volg gelui:


Testament.

Dit is die uiterste wil en testament van

D Coenraad Johannes Albertus Stemmet
en
Maria Elizabeth Stemmet (gebore Bronn)

getroud binne gemeenskap van goedere en woonagtig te Klaasvoogds, Distrik Robertson.

1.

Ons herroep alle vorige testamente, kodisille of ander testamentêre aktes van tevore deur ons gemaak of verly.

E 2.

Ons stel die langslewende van ons aan as enigste en uniwersele erfgenaam of erfgename van ons gehele boedel en bate, vas en roerend en waar ookal geleë en of ons dit nou besit of wel in die toekoms mag besit deur terugvalling, verwagting of toeval.

3.

Ons stel die langslewende van ons aan as eksekuteur of eksekutriese van F dit ons testament en gun aan mekaar wedersyds alle sodanige mag as wat deur die wet toegelaat word, en veral die mag van assumpsie.

Ten bewyse waarvan ons hieraan ons handtekening geheg het te Montagu op hede die 25ste dag van Augustus 1954 in teenwoordigheid van die ondergetekende getuies.

As getuie:

1. M. M. Malherbe.

2. W. Gouws.

C. J. A. Stemmet.

Testateur. G

M. E. Stemmet X haar merk

Testatriese.

J. van Greunen,
Magistraat,
Montagu.'


H Bladsy 3 het gelui:

'Ek, Jacobus Johannes Stander Retief, Mediese Praktisyn praktiserende te Montagu in die Kaapprovinsie sertifiseer hiermee dat bostaande testament in my teenwoordigheid en in die teenwoordigheid van die twee getuies aan Maria Elizabeth Stemmet (gebore Bronn) voorgelees was en dat sy gesê het dat sy die inhoud van die testament begryp en verstaan en dat dit wel haar wil en begeerte is.

Van Winsen R


Ek sertifiseer verder dat die vermelde Maria Elizabeth Stemmet (gebore Bronn) by haar volle verstand was toe sy voormelde verklaring gemaak het.

Gesertifiseer te Montagu op hede die 25ste dag van Augustus 1954.

J. J. S. Retief.'


Bladsy 4 lui as volg:


'Ek sertifiseer dat op hierdie 25ste dag van Augustus 1954 Maria Elizabeth Stemmet (gebore Bronn) wie aan my bekend is, erken het dat die A merk wat op die voorafgaande testament verskyn, haar merk is en dat sy my tevrede gestel het dat die voorafgaande testament, aldus geteken, haar testament is.

H. van Greunen,
Magistraat.
Magistrate/Magistraat.
Montagu.

Magistraat B
Montagu.
25 - 8 - 1954.
Magistrate'


Soos dit in die oorspronklike testament voorkom begin die hierboaangehaalde sertifikaat 4 1/8 duim van die bo-end van die bladsy, en die bladsy bokant die sertifikaat is leeg. Die applikant verklaar C voorts dat die Meester van hierdie agbare Hof weier om die testament as geldig te aanvaar omdat na sy mening die magistraat se sertifikaat nie aan die end van die testament aangebring is nie, soos deur die bepalings van art. 2 (1) (a) (v) van Wet 7 van 1953 vereis nie. Dit blyk dat daar twee meerderjarige kinders is uit 'n vorige huwelik van die oorledene D eggenote van applikant wat nog lewe, en dat daar twee minderjarige kinders is uit sy huwelik met die oorledene. Die Meester, in sy verslag, beaam dat sy houding is dat die testament nie voldoen aan die...

To continue reading

Request your trial
15 practice notes
  • Section 2(3) of the Wills Act 7 of 1953: a retrospective and critical appraisal of some unresolved issues
    • South Africa
    • Acta Juridica No. , August 2019
    • 15 August 2019
    ...also Ex parte Naidu and Another 1958 (1) SA 719(D) 723B–D.15Leprosy Mission v The Master (n 11).16184H. See also Stemmet v Die Meester 1957 (3) SA404 (C) 412A–B.17Kidwell v The Master 1983 (1) SA509 (E).18514F.81SECTION 2(3) OF THE WILLS ACT 7OF 1953© Juta and Company (Pty) The above statem......
  • Hopkinson v Bloemfontein District Creamery
    • South Africa
    • Invalid date
    ...of Justice, 1960 (3) SA 273 (AD) at p. 284; Union Government v Tonkin, 1918 AD 533 at p. 541; Stemmet v Die Meester en Andere, 1957 (3) SA 404 (C) at p. 410. I have already stated the provisions which existed in regard to voting rights prior to the amending Act of 1952. From those provision......
  • Tshabalala v Tshabalala
    • South Africa
    • Invalid date
    ...(W); Van Huyssteen v Die Meester 1975 (4) SA 449 (W). Vgl ook die eerste sin te 411 in die verslag van Stemmet v Die Meester en Andere 1957 (3) SA 404 (K). Wat laasgenoemde betref mag die gedeelte te 410B bedoel gewees het om aan te dui dat, behalwe by art 2 (1) (b) (iv), die sertifikaat ni......
  • Radley en 'n Ander v Stopforth en 'n Ander
    • South Africa
    • Invalid date
    ...how a will is to be signed if it is to be valid and effectual.' 1976 (1) SA p381 Van Reenen Wn R Stemmet v. Die Meester en Andere, 1957 (3) SA 404 (K): Hier het dit gegaan oor presies waar die sertifikaat verlang deur sub-para. (v) moet wees. In effek is besluit dat dit redelikerwys so na a......
  • Request a trial to view additional results
14 cases
  • Hopkinson v Bloemfontein District Creamery
    • South Africa
    • Invalid date
    ...of Justice, 1960 (3) SA 273 (AD) at p. 284; Union Government v Tonkin, 1918 AD 533 at p. 541; Stemmet v Die Meester en Andere, 1957 (3) SA 404 (C) at p. 410. I have already stated the provisions which existed in regard to voting rights prior to the amending Act of 1952. From those provision......
  • Tshabalala v Tshabalala
    • South Africa
    • Invalid date
    ...(W); Van Huyssteen v Die Meester 1975 (4) SA 449 (W). Vgl ook die eerste sin te 411 in die verslag van Stemmet v Die Meester en Andere 1957 (3) SA 404 (K). Wat laasgenoemde betref mag die gedeelte te 410B bedoel gewees het om aan te dui dat, behalwe by art 2 (1) (b) (iv), die sertifikaat ni......
  • Radley en 'n Ander v Stopforth en 'n Ander
    • South Africa
    • Invalid date
    ...how a will is to be signed if it is to be valid and effectual.' 1976 (1) SA p381 Van Reenen Wn R Stemmet v. Die Meester en Andere, 1957 (3) SA 404 (K): Hier het dit gegaan oor presies waar die sertifikaat verlang deur sub-para. (v) moet wees. In effek is besluit dat dit redelikerwys so na a......
  • Methodist Church of SA v the Master and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...pages being substituted. (See Ex parte E Suknan.an and Another, 1959 (2) S.A. 189 (N) at p. 191; Stemmet v. Die Meester en Andere, 1957 (3) S.A. 404 (C) at p. 411; de Lange v. van Niekerk, N.O. and Others, 1951 (4) S.A. 294 (T)). It follows from the above that the Court is prepared to make ......
  • Request a trial to view additional results
1 books & journal articles

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT