Ngqumba en 'n Ander v Staatspresident en Andere; Damons NO en Andere v Staatspresident en Andere; Jooste v Staatspresident en Andere

JurisdictionSouth Africa
Citation1988 (4) SA 224 (A)

Ngqumba en 'n Ander v Staatspresident en Andere;
Damons NO en Andere v Staatspresident en Andere;
Jooste v Staatspresident en Andere
1988 (4) SA 224 (A)

1988 (4) SA p224


Citation

1988 (4) SA 224 (A)

Court

Appèlafdeling

Judge

Rabie Wn HR, Joubert AR, Viljoen AR, Hefer AR en Vivier AR

Heard

November 24, 1987

Judgment

March 25, 1988

Flynote : Sleutelwoorde

Binnelandse veiligheid — Aanhouding kragtens reg 3(1) en (3) van noodregulasies uitgevaardig in terme van art 3 van Wet op Openbare Veiligheid 3 van 1953 en gepromulgeer in Prok R109 van 12 Junie 1986 — I Geldigheid van — Duur van aanhouding — Duidelik dat aanhouding vir 14 dae duur tensy Minister van Wet en Orde tydperk verkort of verleng — Sodanige diskresie berus nie by lid van Mag wat arrestasie uitvoer of laat uitvoer nie — Bepaling bevat geen vaagheid wat tot sy nietigheid kan lei nie — Persone wat aanhouding nodig ag en arrestasies uitvoer nie altyd verplig om te meld dat hulle alternatiewe optredes oorweeg J het, wat dit

1988 (4) SA p225

A was en waarom een daarvan nie gekies is nie — Toets subjektief — Kernvraag is of persoon wat arrestasie uitvoer of laat uitvoer van mening is dat dit nodig is — Minister eweneens ook nie verplig om wanneer hy verdere aanhouding gelas in terme van reg 3(3) telkens te verklaar dat hy alternatiewe optredes oorweeg het, wat dit was en waarom B hy nie een daarvan gekies het nie — Minister se aandagbesteding aan tydperk van aanhouding — Het uit aanhoudingsbevele geblyk dat Minister besluit het dat elke appellant aangehou moes word vir solank as wat regulasies van krag bly en dus nie korter periode bepaal het nie — Kan nie daaruit afgelei word dat hy nie aandag aan tydperk van aanhouding bestee het nie — Mededeling van redes vir appellante se arrestasie — C Wel 'n vereiste in terme van reg 3(1) — Volledigheid van inligting wat verstrek moet word, sal afhang van feite van saak — Mededeling van redes hoef nie gelyktydig met arrestasie plaas te vind nie, maar so gou doenlik (in lig van omstandighede) daarna — Laaste oomblik waarop dit gedoen kan word is tydstip van ondertekening van bevel wat gelas dat gearresteerde in gevangenis aangehou moes word — In onderhawige geval D is appellante almal betyds van redes van arrestasie verwittig — Aanhoudingsbevele nie ongeldig nie — Aansoek om nietigverklaring van aanhoudingsbevele — Bewyslas op respondente om geldigheid van arrestasie en aanhouding in terme van reg 3(1) te bewys — Feitegeskille tussen applikante (appellante) en respondente aangaande arrestasies — Algemene reël dat F wanneer 'n applikant 'n Hof by wyse van kennisgewing van mosie nader, hy 'n finale bevel kan kry indien feite in sy beëdigde verklaring en dié deur respondent erken, tesame met bewerings deur respondent gemaak, so 'n bevel regverdig — Reël geld selfs waar onus om feite in geskil te bewys op respondent rus en nie slegs wanneer onus op applikant rus nie — Hof a quo in onderhawige geval het korrek gehandel toe dit G feitegeskille aangaande arrestasie van appellante behandel het op grondslag dat respondente se bewerings aanvaar moes word (appellante het nooit aansoek gedoen vir aanhoor van mondelingse getuienis nie).

Headnote : Kopnota

H Drie aansoeke vir die vrylating van 'n aantal aangehoudenes (die ses appellante) wat gearresteer en aangehou is in terme van reg 3(1) en (3) van die regulasies wat deur die Staatspresident ingevolge die bepalings van art 3 van die Wet op Openbare Veiligheid 3 van 1953 op 12 Junie 1986 in Prok R109 uitgevaardig is en wat gepubliseer is in Staatskoerant 10280 van 12 Junie 1986, was saam verhoor in 'n Provinsiale Afdeling, I aangesien die geskille vir beslissing in almal van 'n soortgelyke aard was. Die Hof a quo het al die aansoeke afgewys maar, nadat die appellante om verlof gevra het om appèl aan te teken op nege gronde, het die Hof sodanige verlof op drie van daardie gronde verleen. Op appèl is verlof om te appelleer op 'n verdere drie gronde toegestaan. Die appèl het in effek om vyf appèlgronde gewentel, nl daar is aangevoer dat (1) die Hof a quo gefouteer het deur te bevind dat reg 3(1) van die J regulasies intra vires die Staatspresident was, in die

1988 (4) SA p226

A besonder deurdat dit nie bevind het nie dat die regulasie nietig was op grond van vaagheid as gevolg van die versuim om te spesifiseer hoe en deur wie die tydperk van aanhouding, binne die maksimum van 14 dae aangedui in reg 3(2), bepaal moes word; (2) dat die Hof a quo fouteer het deur nie te bevind dat die arrestasie en aanhouding van elk van die appellante ongeldig verklaar moes word nie, omdat die oordeel van die persoon wat hulle gearresteer het, in elke geval, nie voldoen het aan die vereistes van reg 3(1) nie omdat laasgenoemde persone nie getoon het dat hulle voor-die-hand-liggende alternatiewe optredes teen die appellante in plaas van hulle aanhouding oorweeg het nie, en dat die B aanhouding dus nie 'nodig', soos in reg 3(1) bedoel, kon wees nie; (3) dat die Hof a quo fouteer het deur te bevind dat die Minister van Wet en Orde (derde respondent) aan die vereistes van reg 3(3) voldoen het terwyl die Minister nie 'n beëdigde verklaring voor die Hof gelê het waarin hy verklaar waarom, of op welke gronde, hy die verdere aanhouding van die appellante ingevolge reg 3(3) beveel het nie en dat in die afwesigheid van so 'n verklaring dit nie blyk dat die Minister van oordeel was dat die bevele nodig was ter bereiking van een of meer van C die doeleindes in reg 3(1) en art 3(1)(a) van die Wet genoem nie, en ook nie behoorlike aandag aan die hele kwessie van die aanhouding van die appellante gegee het nie, en dat die aanhoudingsbevele derhalwe ongeldig verklaar moes word; (4) en (5) dat die Hof a quo fouteer het deur te bevind dat in omstandighede waar die onus om te bewys dat die arrestasie en aanhouding ingevolge reg 3(1) geldig was, op die respondente gerus het en waar daar feitegeskille tussen die partye in verband met die arrestasie van die appellante was, dat die bewerings deur die respondente gemaak aanvaar moes word vir die beslissing van sulke geskille, en dat die Hof a quo verder fouteer het deur te bevind dat D daar voldoende en tydige mededeling van die redes vir hulle arrestasie aan die appellante gedoen is en dat hulle arrestasie en aanhouding derhalwe ongeldig was.

Beslis, ten opsigte van (1), dat die bepaling geen vaagheid bevat het E wat tot sy nietigheid kon lei nie: dit was duidelik dat die aanhouding van 'n persoon gearresteer in terme van reg 3(1) vir 14 dae duur tensy die Minister die tydperk verkort of verleng en dat die lid van 'n Mag wat die arrestasie laat uitvoer nie die taak of bevoegdheid het om te bepaal vir hoe lank binne die 14-dae tydperk so 'n persoon aangehou moet word nie.

Beslis, verder, ten opsigte van (2), dat alhoewel dit denkbaar was dat F 'n besluit dat iemand aangehou moet word in terme van reg 3(1) in die lig van die feite van 'n saak as so drasties en onnodig kan voorkom dat dit in die afwesigheid van 'n bevredigende verduideliking die afleiding kan regverdig dat die persoon wat die arrestasie gedoen het nie behoorlike aandag aan die aangeleentheid (en die moontlikheid van alternatiewe optrede) gegee het nie, dit nie beteken dat so 'n persoon wat 'n aanhouding nodig geag het altyd verplig sal wees om te sê dat hy G alternatiewe optredes oorweeg het, wat daardie alternatiewe was en waarom hy nie een van hulle gekies het nie.

Beslis, verder, dat die toets subjektief was en die vraag was dus nie of 'n arrestasie en aanhouding nodig was nie, maar of die persoon wat die arrestasie doen van mening was dat dit nodig was.

Beslis, verder, ten opsigte van (3), dat, soos ten opsigte van H appèlgrond (2), alhoewel die Minister se beslissing in terme van reg 3(3) nie onaanvegbaar was nie, die Minister nie verplig was om, telkens wanneer hy 'n aanhoudingsbevel uitgereik het, aan die Hof te verklaar dat hy alternatiewe optredes oorweeg het, wat laasgenoemde was en waarom hy nie een van hulle gekies het eerder as om te beveel dat die betrokke persoon langer aangehou moet word nie: die kernvraag by optrede ingevolge reg 3(3) was weer eens of die Minister van oordeel was dat 'n persoon aangehou ingevolge reg 3(1), verder aangehou moet word ter bereiking van een of meer van die doeleindes vermeld in reg 3(1) en art 3(1)(a) van die Wet.

I Beslis, verder, wat die Minister se aandagbesteding aan die tydperk van aanhouding betref, dat dit uit die Minister se aanhoudingsbevele geblyk het dat hy besluit het dat elke appellant aangehou moes word solank as wat die regulasies van krag bly en dat hy met ander woorde besluit het om nie 'n korter periode te bepaal nie: dit kon dus nie afgelei word dat hy nie sy aandag aan die kwessie van die tydperk van aanhouding bestee het nie.

Beslis, verder, ten opsigte van (4) en (5), dat die algemene reël, dat wanneer 'n applikant 'n Hof by wyse van kennisgewing van mosie nader hy J 'n finale bevel kan kry indien

1988 (4) SA p227

A die feite wat in sy beëdigde verklarings voorkom en wat deur die respondent erken word, tesame met bewerings wat deur respondent gemaak word, so 'n bevel regverdig, gegeld het selfs waar die onus om die feite in geskil te bewys op die respondent rus en nie slegs, soos deur appellante beweer, wanneer dit op die applikant rus nie.

Beslis, verder, dat die Hof a quo korrek gehandel het, in die lig van die feit dat appellante nie aansoek gedoen het vir die aanhoor van B mondelinge getuienis nie, toe dit die feitegeskille aangaande die arrestasie van die appellante behandel het op die grondslag dat die respondente se bewerings aanvaar moes word vir doeleindes van beslissing of die finale bevel verleen moes word.

Beslis, verder, wat betref die mededeling van die redes vir die appellante se arrestasie, dat, alhoewel arrestasie ingevolge reg 3(1) nie ongeldig was vanweë die nie-nakoming van...

To continue reading

Request your trial
146 practice notes
  • National Director of Public Prosecutions v Zuma
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Ngqumba en 'n Ander v Staatspresident en Andere; Damons NO en Andere v I Staatspresident en Andere; Jooste v Staatspresident en Andere 1988 (4) SA 224 (A): referred to North Western Dense Concrete CC and Another v Director of Public Prosecutions, Western Cape 2000 (2) SA 78 (C): referred to......
  • Hirt & Carter (Pty) Ltd v Mansfield and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...en ’n Ander v Staatspresident en Andere; Damons NO en Andere vStaatspresident en Andere; Jooste v Staatspresident en Andere 1988 (4) SA224 (A): dictum at 261F–262B applied514 HIRT & CARTER (PTY) LTD v MANSFIELDAND ANOTHER2008 (3) SA 512 D&CLDABCDEFGHIJ© Juta and Company (Pty) Ltd Plascon-Ev......
  • Minister of Law and Order and Another v Swart
    • South Africa
    • Invalid date
    ...1987 (1) SA 695 (A); Union Government v Union Steel Corporation (SA) Ltd 1928 AD 220; Ngqumba F en Andere v Staatspresident en Andere 1988 (4) SA 224 (A); Omar and Others v Minister of Law and Order and Others; Fani and Others v Minister of Law and Order and Others; State President and Othe......
  • During NO v Boesak and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...should bear the onus of proving that this action was justified in law.' Sien ook Ngqumba en 'n Ander v Staatspresident en Andere 1988 (4) SA 224 (A) op 259C en Minister van Wet en Orde v Matslwba 1990 (1) SA 280 (A) op 284E-I en 295F-296C. Wat ek hier veral wil beklemtoon is die beginselsta......
  • Request a trial to view additional results
146 cases
  • National Director of Public Prosecutions v Zuma
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Ngqumba en 'n Ander v Staatspresident en Andere; Damons NO en Andere v I Staatspresident en Andere; Jooste v Staatspresident en Andere 1988 (4) SA 224 (A): referred to North Western Dense Concrete CC and Another v Director of Public Prosecutions, Western Cape 2000 (2) SA 78 (C): referred to......
  • Hirt & Carter (Pty) Ltd v Mansfield and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...en ’n Ander v Staatspresident en Andere; Damons NO en Andere vStaatspresident en Andere; Jooste v Staatspresident en Andere 1988 (4) SA224 (A): dictum at 261F–262B applied514 HIRT & CARTER (PTY) LTD v MANSFIELDAND ANOTHER2008 (3) SA 512 D&CLDABCDEFGHIJ© Juta and Company (Pty) Ltd Plascon-Ev......
  • Minister of Law and Order and Another v Swart
    • South Africa
    • Invalid date
    ...1987 (1) SA 695 (A); Union Government v Union Steel Corporation (SA) Ltd 1928 AD 220; Ngqumba F en Andere v Staatspresident en Andere 1988 (4) SA 224 (A); Omar and Others v Minister of Law and Order and Others; Fani and Others v Minister of Law and Order and Others; State President and Othe......
  • During NO v Boesak and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...should bear the onus of proving that this action was justified in law.' Sien ook Ngqumba en 'n Ander v Staatspresident en Andere 1988 (4) SA 224 (A) op 259C en Minister van Wet en Orde v Matslwba 1990 (1) SA 280 (A) op 284E-I en 295F-296C. Wat ek hier veral wil beklemtoon is die beginselsta......
  • Request a trial to view additional results

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT