Neethling v Klopper en Andere

JurisdictionSouth Africa
JudgeSteyn HR, Van Blerk AR, Botha AR, Holmes AR en Potgieter AR
Judgment Date11 September 1967
Citation1967 (4) SA 459 (A)
Hearing Date28 August 1967
CourtAppellate Division

Steyn, H.R.:

In die Hof benede het die respondente die appellant met 'n aansoek by wyse van mosie aangespreek vir transport van 'n plaas teen D betaling van die balans van die koopprys. Volgens die koopkontrak, wat op 23 Junie 1962 gesluit is, het die respondente die plaas gesamentlik van die appellant gekoop vir R26,000 plus R1,000 rente. Die appellant het die plaas in 1959 van die Staat gekoop, en het nog R10,000 op die koopprys geskuld. Luidens die onderhawige koopkontrak onderneem die respondente om hierdie bedrag aan die Departement van Lande te betaal 'teen dieselfde voorwaardes as wat daar tans bestaan tussen die Departement en die verkoper'.

Daarbenewens moes hulle R6,000 by ondertekening van die kontrak betaal, en nadat hulle die skuld aan die Staat gedelg het, moes hulle die oorblywende R10,000 in gelyke paaiemente betaal oor 'n tydperk van 'n F verdere vyf jaar, met sewe persent rente op genoemde bedrag gedurende hierdie tydperk van vyf jaar. Die R1,000 rente moes in gelyke paaiemente van R200 per jaar betaal word, 'beginnende vanaf Maart 1963.'

Volgens klousule 9 van die kontrak het die verkoper, vir die geval dat G die kopers 'enige van die voorwaardes van die koop nie nakom nie', die reg om enige geld wat reeds kragtens die koopbrief betaal is, te behou as roukoop, maar is dan nie geregtig op enige ander onbetaalde gelde of enige bedrag vir skade nie.

In 'n skrywe van 13 November 1963 stel die appellant se prokureur die respondente in kennis dat hy die kontrak kanselleer op grond daarvan dat H hulle versuim het om die bedrag van R200 te betaal wat in Maart verval het. Hierop antwoord die respondente se prokureurs dat die kontrak nie bepaal wanneer die jaarlikse rente betaalbaar is nie en dat hul daarom in mora gestel moes gewees het, maar sluit die bedrag in, met die mededeling dat 'n aksie vir kansellasie bestry sal word. Hierdie bedrag, asook latere bedrae van R200 wat die respondente in 1964 en 1965 aangebied het, is aan hulle teruggestuur, maar geen verdere stappe is gedoen nie.

Intussen het die respondente, op 11 Desember 1964, die plaas verkoop

Steyn HR

aan 'n maatskappy wat toe nog opgerig sou word. Die koop was onderhewig daaraan dat die respondente transport van die plaas sou kan verkry. Op 3 April 1965, egter, volg 'n verdere brief van die appellant se prokureur waarin die respondente verwittig word dat geregtelike stappe onverwyld gedoen sal word vir kansellasie van die kontrak en uitsetting van die A respondente, en dat as addisionele grond vir kansellasie aangevoer sou word dat die bedrae wat op 13 en 31 Maart aan die Departement van Lande en aan die appellant, onderskeidelik, betaalbaar was, nie op die vervaldatums vereffen is nie. Dit was nadat die appellant die Sekretaris van Lande op 16 Maart in kennis gestel het dat hy slegs van homself B betalings in ontvangs moes neem. Die paaiement vir 1965 is egter wel deur die respondente op 12 April betaal.

Die appellant se brief van 3 April 1965 het op geen geregtelike stappe uitgeloop nie. Op 6 Januarie 1966 skryf die respondente se prokureurs aan die appellant dat hulle transport van die plaas wil neem en dat C hulle betaling van die volle balans van die koopprys aanbied teen registrasie van transport, met bankwaarborge aan homself en ook aan die Departement van Lande. Die brief eindig met die aanmaning:

'Tensy u u genomineerde in staat stel om transport te passeer voor of op 24 deser en ons verwittig voor of op die gemelde datum dat u u genomineerde aldus in staat gestel het, het ons opdrag om 'n aansoek na die Hof te rig ten einde registrasie van transport af te dwing.'

D Hierdie aanbod is op 7 Februarie 1966 namens die appellant deur sy prokureurs aanvaar, en op 14 Maart stuur die respondente R800 aan die appellant - R600 vir die rente wat hy tevore geweier het om aan te neem en R200 vir 'n verdere paaiement rente. Terselfdertyd deel hulle hom mee dat hul ook R2,000 aan die Landraad (vermoedelik die Departement van Lande) betaal.

E In 'n brief van 5 Augustus 1966 herinner die appellant se prokureurs die respondente aan die kansellasie en die reëling ingevolge hul aanbod daarna, en sê hulle aan om op sy laatste om twaalfuur die middag van 6 September die bankwaarborge te lewer en die oordragkoste te betaal. By versuim sal hy die reëling kanselleer en sal volhard in sy houding dat F die koopkontrak gekanselleer is. Die brief noem die verskillende bedrae waarvoor die bankwaarborge gegee moet word en meld dat die tjek vir R800 teruggestuur is aan die trekker, die prokureursfirma wat vir die respondente opgetree het. Op 2 September word die oordragkoste betaal en die waarborge verstrek, met 'n geldigheidsduur van 90 dae vanaf 2 G September. Op 7 September word die respondente namens die appellant meegedeel dat hul nie voldoen het aan die vereistes wat op 5 Augustus aan hul gestel is nie omdat die waarborge nie onvoorwaardelik is nie, dat die reeds genoemde reëling bygevolg gekanselleer word, dat die appellant 'n ander koper...

To continue reading

Request your trial
97 practice notes
  • Brisley v Drotsky
    • South Africa
    • Invalid date
    ...1950 (1) SA 714 (A) Ndongeni v Administration Board, Western Cape, and Another 1984 (1) SA 768 (K) Neethling v Klopper en Andere 1967 (4) SA 459 (A) op/at Neuhoff v York Timbers Ltd 1981 (4) SA 666 (T) op/at 674 E Oakland Nominees (Pty) Ltd v Gelria Mining & Investment Co (Pty) Ltd 1976 (1)......
  • Lewis v Oneanate (Pty) Ltd and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...v Kohler 1913 AD 135 at 142; Estate Du Toit v Coronation Syndicate Ltd and Others 1929 AD 219 at 224; Neethling v Klopper en Andere 1967 (4) SA 459 (A) at 464; Meyer v D Kirner 1974 (4) SA 90 (N) at 97B; King v Potgieter 1950 (3) SA 7 (T) at 14B-F; Raven Estates v Miller 1984 (1) SA 251 (W)......
  • Morgan and Another v Brittan Boustred Ltd
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Courts have held that such formality G applies to the variation of material terms of the · suretyship. N eethling v Klopper en Andere 1967 ( 4) SA 459 (A) at 464G-465A; Venter v Birchholtz 1972 (1) SA 276 (A) at 282G-H; Oceanair (Natal) (Pty) Ltd v Sizer 1980 (I) SA 317 (D). (6) But the Cou......
  • Hartland Implemente (Edms) Bpk v Enal Eiendomme Bk en Andere
    • South Africa
    • Invalid date
    ...TPD 54: na verwys/referred to E Mckechnie v Augousti Brothers (Edms) Bpk 1986 (3) SA 405 (O): toegepas/ applied Neethling v Klopper 1967 (4) SA 459 (A): Odendaalsrust Municipality v New Nigel Estate Gold Mining Co Ltd 1948 (2) SA 656 (O): dictum op/at 664 - 5 toegepas/applied Patel v Adam 1......
  • Request a trial to view additional results
97 cases

97 provisions

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT