'n Les uit Eden: Onbillike lokvalle en strafregtelike skuld

JurisdictionSouth Africa
Pages3-18
Citation(1997) 10 SACJ 3
AuthorWessel le Roux
Published date28 August 2019
Date28 August 2019
ARTICLES • ARTIKELS
'n Les uit Eden: onbillike
lokvalle en strafregtelike skuld
WESSEL LE ROUX*
Summary
A lesson from Eden: unfair traps and criminal culpability
The qualified acceptance of police traps gives rise to the problem of formulating a
proper sanction for unfair traps. The adoption of a procedural sanction in the form of
an exclusionary rule seems to dominate current legal thought. The procedural
solution is however based on the premise that an offence was committed by the
trapped accused. This premise needs to be critically investigated. In this article the
outlines for such an investigation is sketched and an argument presented in favour of
entrapment as a substantive defence of the criminal law. The article concludes with
the statement that the inability of the psychological approach to culpability to accom-
modate entrapment as an excuse constitutes one of its fundamental weaknesses.
Dit was die slang ;vat my gekul het' antwoord
1 Inleiding
Volgens Bybelse mitologie begin die stone van die mensdom met 'n
versoeking. Eva word op onbillike wyse uitgelok deur die slang om van
die verbode vrugte to eet. So word die eerste sonde gepleeg en skuld in die
levee geroep. Met haar vertrek uit Eden het die mens die les wat sy daar by die
slang geleer het met haar saamgeneem. Vandag vorm die doelbewuste
uitlokking van geselekteerde individue tot die pleeg van misdaad 'n integrale
deel van die polisiering van die samelewing.
In die onlangse uitspraak
Mendes v Kitching
2
is beslis dat die gebruik van
lokvinke
3
nie
per se
op 'n onkonstitusionele skending van billike strafreg-
* BLC LLB (Pretoria),
Lektor in Jurisprudensie, UNISA.
1
Genesis 3:1-13.
2 1995
(2) SASV 634 (OK).
3
'n Lokvink word soos volg in
S
v
Malinga
1963 (1) SA 692 (A) op 693G gedefinieer:
'[A] trap is
a person who, with a view to securing the conviction of another, proposes certain
criminal conduct to him, and himself ostensibly takes part therein. In other words he creates
the occasion for someone else to commit the offence.'
3
(1997) 10 SACJ 3
© Juta and Company (Pty) Ltd
4
SACJ •
(1997) 10 •
SAS
pleging neerkom nie.
4
In 'n tydperk van fundamentele hervormings verseker
Mendes
die voortbestaan van hierdie berugte polisiepraktyk te midde van
hewige kritiek daarteen deur die regsbank.
5
Die gekwalifiseerde aanvaarding van lokvinkbetrapping as 'n noodsaaklike
metode van misdaadbekamping gee aanleiding tot twee probleme. In die
eerste plek moet norme daargestel word om billike en onbillike lokvalle van
mekaar te onderskei.
6
In die tweede plek moet 'n gepaste sanksie gevind
word om op onbillike lokvalle te reageer. In hierdie artikel word die tweede
van hierdie probleme ondersoek.
7
In die eerste deel van die artikel word moontlike sanksies vir die misbruik
van die lokvalstelsel bespreek. Daar word geargumenteer dat 'n substantiewe
verweer van
entrapment
in beginsel verkieslik is bo 'n bewysregtelike
uitsluitingsreel. In die tweede deel van die artikel word aangetoon dat so 'n
verweer van
entrapment
nie binne die beperkinge van die psigologiese
skuldbegrip erkenning kan geniet nie. Die artikel sluit of met 'n aantal
voorstelle vir die rekonstruksie van die skuldbegrip ten einde vir so 'n verweer
voorsiening te maak.
4
Onder ander beslissings tot dieselfde effek tel
S v De Bruyn1992
(2) SASV 574 (Nm) op 579 F—I;
R v Salmonson and another 1960
(4) SA 748 (1) op 752 E;
S v Marais
1002G-1003A;
S v Tsochlas
5
In
S v Nortjé
1997 (1) SA 90 (K) is die hof meer skepties oor die voortbestaan van
lokvalbetrapping. Die kwessie word op 101J-102A uitdruklik in die hande van die Parlement en
Konstitusionele hof gelaat. Die hof verklaar boonop op 1021 dat die lokval in die gegewe geval
indruis teen die waardes waarop die strafreg gegrond is. Vir soortgelyke kritiek op die
lokvalstelsel sien
S v Harding
1996 (1) SASV 503 (K) op 507H-5081;
S v Ohlenschlager 1992
(1)
SASV 695 (1);
S v
Petkar 1988 (3) SA 571 (A) op 576E-577C;
S v Maslangho
op 29511-296B (die gebruik van die lokval beskou as 'veragtelik);
S v Tsochlcis
supra (n 4) op
573G-574G;
S v
Azov1974 (1) SA 808 (1) op 809A—G;
R v Clever, R v Lso
1967 (4) SA 256 (RAD)
op 257F-258E. In
R v Wok
1954 (1) SA 203 (SWA) op 20611-207A gaan die hof so ver om te
verklaar dat lokvinkbetrapping indruis 'teen God en sy Gebod wat ons konstitusie erken'.
6
Daar was selfs in die era voor die menseregtehandves erken dat behoorlike geregtelike kontrole
van lokvalbetrapping noodsaaklik is, en dat die gebruik van lokvinke aan sekere minimum
standaarde moet voldoen:
R v Myers and Misum
1907 TS 760 op 761;
S v Ohlenschlager
supra
(n 5) op 761D—F;
R v Clever, • R v Lso
supra (n 5) op 258. In 'n aantal sake is pogings aangewend
om deur 'n klassifrkasie van lokvalle tussen billike en onbillike lokvalle te onderskei. Die
bekendste hiervan is
R v
Wok supra (n 5) op 20611-206A en
S v
Azov supra (n 5) op 809A—G. In
S v Petkarsupra
(n 5) op 576E-577C,
S v Mcislangho
supra (n 5) op 29511,
S v Pallis 1975
(1) SA
235 (RAD) op 238B—C en
R v Small
1968 (3) SA 561 (RAD) op 562C—E is bevestig dat die
betrapte se ingesteldheid tot die pleeg van misdaad van deurslaggewende belang is. Dit wil dus
voorkom asof die Suid-Afrikaanse reg die Amerikaanse
disposition-toets
vir entrapment
oorgeneem het sonder om dit tot 'n volwaardige verweer te verhef. In
R v Ahmed 1958
(3) SA
313 (1) op 317A—B is die Amerikaanse posisie eksplisiet aanvaar.
Uit die bespreking sal dit duidelik word dat die objektiewe billikheid al dan nie van die lokval,
dw s die eerste probleem waarna verwys is, nie van deurslaggewende belang tot die
aanspreeklikheid van die lokvinkbetrapte behoort te wees nie. Dit gaan in die strafreg nie oor
die abstrakte evaluasie van die polisie se optrede nie maar oor die persoonlike verwytbaarheid
van die beskuldigde. Die billikheid van 'n lokval kan nie bepaal word sonder verwysing na
laasgenoemde nie.
© Juta and Company (Pty) Ltd

To continue reading

Request your trial

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT