S v Maslangho
Jurisdiction | South Africa |
Judge | Van der Walt R en Vermooten R |
Judgment Date | 24 June 1983 |
Court | Transvaal Provincial Division |
Hearing Date | 24 June 1983 |
Citation | 1983 (4) SA 292 (T) |
Vermooten R:
Die beskuldigde, 'n 23-jarige Swart man, is op 31 Maart 1983 in die landdroshof skuldig bevind aan 'n oortreding van art 2 (a) van Wet 41 van 1971 (handel in dagga) en is op 3 Mei 1983 gevonnis tot vier jaar gevangenisstraf. Die beskuldigde het geen vorige veroordelings ingevolge bogenoemde Wet teen sy naam nie. Die saak is nou op outomatiese C hersiening.
'n Ander Regter het hierdie saak direk na die Prokureur-generaal verwys met 'n navraag of die vonnis in die onderhawige geval nie buitengewoon swaar is nie en of die landdros nie misgetas het deur te aanvaar dat die feit dat die beskuldigde deur 'n polisie-lokvink betrap is, beteken dat hy al vantevore met dagga handel gedryf het en dat hierdie D derhalwe nie 'n geïsoleerde voorval was nie.
Die Staat het geen getuienis aangebied nie. Die Hof is derhalwe geheel-en-al aangewese op die beskuldigde se weergawe, wat soos volg lui: Hy is deur 'n Blanke vrou gevra om vir haar te gaan dagga koop, aangesien sy self (volgens haar) moeilik dagga in die hande kon kry. Sy was in die hotel woonagtig waar hy gewerk het. Sy het saam met die beskuldigde gestap, het die verkoper E aan hom uitgewys en het 'n R5-noot aan die beskuldigde oorhandig. Die beskuldigde het vier dagga-sigarette gekoop, aan die Blanke vrou gegee, en sy het een daarvan aan hom as beloning oorhandig. Die verkoper het geen kleingeld gehad nie en die beskuldigde moes kleingeld by 'n winkel kry deur 'n F pakkie sigarette daar te gaan koop. Die polisie het daarop toegeslaan en die beskuldigde sowel as nog 'n persoon is gearresteer. Die ander persoon is gevisenteer en is daarna vrygelaat. Die beskuldigde het slegs 'n enkele dagga-sigaret as vergoeding gekry - volgens hom was die ooreenkoms dat hy al die kleingeld en die pakkie gewone sigarette aan die Blanke vrou moes teruggee.
Sedert die inwerkingtreding van Wet 76 van 1978 bestaan daar G geen minimum vonnis meer vir 'n oortreding van art 2 (a) van Wet 41 van 1971 waar dagga betrokke is nie. Die howe het dus 'n baie wye diskresie en in gepaste gevalle kan die hof dus 'n algeheel opgeskorte vonnis oplê. S v Smile 1978 (4) SA 630 (OK); S v Serumala 1978 (4) SA 811 (NK); S v Batshise 1982 (1) SA 966 (A) H .
Vermooten R
Handel in dagga is en bly egter 'n ernstige misdryf - ook indien die bepalings van bogenoemde Wysigingswet 76 van 1978 in ag geneem word. Die gebruik van dagga is skadelik vir die mens en dit is in die gemeenskap se belang dat dit as sosiale euwel A bekamp moet word. S v Batshise (supra op 973C).
Dit is voor-die-hand-liggend dat die oortreding van art 2 (a) van Wet 41 van 1971 kan wissel van 'n amper onbenulligheid tot 'n misdaad wat in beide sy gevolge en die oortreder se bose opset, deur bykans geen misdryf oortref word...
To continue reading
Request your trial-
S v Ohlenschlager
...R v C 1955 (2) SA 51 (T) op 54B-E, per Ramsbottom R; S v Pallis 1976 (1) SA 235 (RA) op 236G-H, per Beadle Wn HR; S v Maslangho 1983 (4) SA 292 (T) op 296A-B, per Vermooten R; S v H 1986 (4) SA 1095 (T) op 1096A-F, per Roux R. H Motivering van Dit sou naïef wees om te aanvaar dat lokvinke a......
-
S v Solomon
...(A); S v Jonathan 1984 (2) PH H150 (K); S v Kroon 4013/1981 gedateer 24 Mei 1982 (K); S v Majenge 1978 (2) SA 661 (T); S v Maslangho 1983 (4) SA 292 (T); S v Matamela 1977 (1) SA 315 (T); S v Mlambo 1971 (4) SA 172 (N); S v Mngadi 1965 (1) SA 129 (N); S v Mokoena 1974 (4) SA 374 (O); S v Mo......
-
S v Collins
...by die beoordeling van die erns van die betrokke oortreding, sien S v Serumala 1978 (4) SA 811 (NK) op 814, 815H, 816A; S v Maslangho 1983 (4) SA 292 (T) op 294G-H; S v Batshise (supra op G 972B-973B). Ten aansien van die wysiging van die Wet om die howe 'n meer elastiese reeks strafmiddele......

'n Les uit Eden: Onbillike lokvalle en strafregtelike skuld
...(1) SASV 503 (K) op 507H-5081; S v Ohlenschlager 1992 (1) SASV 695 (1); S v Petkar 1988 (3) SA 571 (A) op 576E-577C; S v Maslangho 1983 (4) SA 292 (T) op 29511-296B (die gebruik van die lokval beskou as 'veragtelik); S v Tsochlcis supra (n 4) op 573G-574G; S v Azov1974 (1) SA 808 (1) op 809......