Minister van Veiligheid en Sekuriteit v Phoebus Apollo Aviation Bk

JurisdictionSouth Africa
JudgeOlivier AR, Farlam AR en Brand AR
Judgment Date30 May 2002
Citation2002 (5) SA 475 (SCA)
Hearing Date17 May 2002
Docket NumberSaaknr 113/2001
CounselJ K Wessels namens die appellant. B Pretorius (bygestaan deur P E Jooste) namens die respondent.
CourtSupreme Court of Appeal

Farlam AR:

Inleiding B

[1] Die appellant in hierdie saak, die Minister van Veiligheid en Sekuriteit, appelleer teen 'n uitspraak van Roos R in die Transvaalse Provinsiale Afdeling in 'n aksie waarin die huidige respondent skadevergoeding ten bedrae van R600 000 van die appellant gevorder het. Roos R het die appellant aanspreeklik gehou. Met verlof van die Hof a quo kom die appellant in hoër beroep teen die C uitspraak na hierdie Hof.

Feite

[2] Die relevante feite kan kortliks soos volg opgesom word:

1.

Die respondent, die eiser in die Hof a quo, is 'n beslote korporasie, wat aksie ingestel het teen die appellant vir D betaling van 'n bedrag van R600 000 wat na bewering deel was van 'n groter bedrag wat van die respondent beroof is.

2.

'n Gewapende roof het plaasgevind op 14 November 1998 toe 'n mnr Delport, die enigste lid van die beslote korporasie, en sy gesin deur gewapende rowers oorval en 'n groot hoeveelheid kontant na E bewering R2,4m en ander items gesteel is.

3.

'n Deel van die gesteelde geld is na Tzaneen geneem waar dit in die erf van die vader van twee van die rowers begrawe is. Dit is daar aangebring deur ene Malatji, wat dit van een van die rowers ontvang het. F

4.

Die roof het binne die jurisdiksiegebied van die Midrandse Polisiestasie plaasgevind. Inspekteur Napo, wat aan hierdie polisiestasie verbonde was, was as amptelike ondersoekbeampte vir die saak aangestel.

5.

Ooreenkomstig vasgelegde polisiepraktyk, moes enige ander polisiebeampte wat inligting in verband met 'n aangeleentheid wat G reeds deur 'n ondersoekbeampte ondersoek word, bekom, dit aan laasgenoemde oordra.

6.

Twee speurders verbonde aan die Rosebank polisiestasie, inspekteur Van Jaarsveld en Sersant Muhanelwa, en Sersant Mnyake, 'n speurder verbonde aan die Alexandra polisiestasie, het inligting H gekry in verband met die bogenoemde roof en, meer spesifiek in verband met die geld wat aan die vader van twee van die rowers oorhandig is.

7.

Op 14 Januarie 1999 was die drie hierbo genoemde speurders amptelik aan diens tot 16:00 daardie dag en het van 'n amptelike Suid-Afrikaanse Polisiediensvoertuig gebruik gemaak. Van Jaarsveld en Muhanelwa se taak was om 'n getuiedagvaarding in I Soshanguve wat ongeveer 20 km noord van Pretoria geleë is, te gaan beteken. Mnyake het geen magtiging gehad om hulle te vergesel nie. Nadat hulle blykbaar die dagvaarding beteken het, en in plaas daarvan om na Rosebank terug te keer, het hulle na J

Farlam AR

Tzaneen, waar 'n deel van die geroofde geld begrawe is, afgesit. Hulle het die amptelike A polisievoertuig met brandstof by die polisiestasie te Warmbad, ongeveer 110km noord van Pretoria, hervul.

8.

Die lede het geen toestemming of 'n gemagtigde reisplan gehad om verder as Soshanguve met die SAPD voertuig te reis nie en om by die ondersoek van die roof betrokke te wees nie. B

9.

Op 14 Januarie 1999 het die drie speurders tesame met ene Malatji, wat die geld namens een van die rowers aan laasgenoemdes se vader gegee het, by die vader se woning in Tzaneen opgedaag.

10.

Die drie speurders is as polisiebeamptes aan die rowers se vader voorgestel en het hul aanstellingsertifikate aan hom getoon. C Hulle het gesê dat die geld gesteel is en dat hulle gekom het om daarop beslag te lê. Hulle het ook vir die rowers se vader gesê dat as hy nie saamwerk nie, hulle die man wat die geld gebring het sou arresteer. D

11.

Die geld is toe uitgegrawe en hulle is daarmee weg.

12.

Geen geld is aan die eiser terugbetaal of by enige polisiestasie ingehandig nie. Die drie speurders het dit vir hulself toegeëin. Hulle het wel later R14 950 plus twee $100 note aan die ondersoekbeampte oorhandig - nie as deel van die geld waarop hulle beslaggelê het nie, maar as omkoopgeld om hom te oorreed om 'n saak E van diefstal van die gesteelde geld teen hulle te laat vaar.

13.

Die aktetas waarin die geld versteek was, is later in die Rosebank SAP kantore gevind.

14.

Alhoewel daar geen direkte getuienis was oor die presiese bedrag wat deur die drie oneerlike speurders gesteel is nie, het...

To continue reading

Request your trial
23 practice notes
  • F v Minister of Safety and Security and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...en 'n Ander v Gamble en 'n Ander 1979 (4) SA 759 (A): referred to Minister van Veiligheid en Sekuriteit v Phoebus Apollo Aviation BK 2002 (5) SA 475 (SCA): referred to Mkize v Martens 1914 AD 382: referred to C Mukheiber v Raath and Another 1999 (3) SA 1065 (SCA) ([1999] 3 All SA 490): refe......
  • F v Minister of Safety and Security and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...en 'n Ander v Gamble en 'n Ander 1979 (4) SA 759 (A): referred to Minister van Veiligheid en Sekuriteit v Phoebus Apollo Aviation BK 2002 (5) SA 475 (SCA): referred to H Mkize v Martens 1914 AD 382: referred to Mukheiber v Raath and Another 1999 (3) SA 1065 (SCA) ([1999] 3 All SA 490): refe......
  • Grobler v Naspers Bpk en 'n Ander
    • South Africa
    • Invalid date
    ...BK h/a Status Motors 2002 (5) SA 649 (SCA): na verwys/referred to Minister van Veiligheid en Sekuriteit v Phoebus Apollo Aviation BK 2002 (5) SA 475 (HHA): na H verwys/referred Morris v Martin & Sons Ltd [1966] 1 QB 716 (CA): oorweeg/considered New South Wales v Lepore; Samin v Queensland; ......
  • F v Minister of Safety and Security and Others
    • South Africa
    • Constitutional Court
    • 15 December 2011
    ...NO v Eskom 2003 (3) SA 83 (SCA) ([2003] 1 All SA 411); Minister van Veiligheid en Sekuriteit v Phoebus Apollo Aviation BK 2002 (5) SA 475 (SCA); Govender v Minister of Safety and Security 2001 (2) SACR 197 (SCA) (2001 (4) SA 273; 2001 (11) BCLR 1197); Ess Kay Electronics Pte Ltd and Another......
  • Request a trial to view additional results
22 cases

1 books & journal articles
  • 2020 volume 1 p 164
    • South Africa
    • Juta Tydskrif van Suid Afrikaanse Reg No. , February 2020
    • 3 February 2020
    ...stage of the test was initially regar ded as purely factual (see eg Minister van Veiligheid en Sekuriteit v Phoebus Ap ollo Aviation BK 2002 5 SA 475 (SCA) 482C-F), but a most crucial change was brought about by the ground-bre aking judgment in K v Minister of Safety and Security (2005 6 SA......

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT