Minister van Polisie en 'n Ander v Gamble en 'n Ander

JurisdictionSouth Africa
JudgeWessels AR, Jansen R, Trollip R, Kotzé R en Joubert R
Judgment Date04 September 1979
Citation1979 (4) SA 759 (A)
Hearing Date27 March 1979
CourtAppellate Division

Minister van Polisie en 'n Ander v Gamble en 'n Ander
1979 (4) SA 759 (A)

1979 (4) SA p759


Citation

1979 (4) SA 759 (A)

Court

Appèlafdeling

Judge

Wessels AR, Jansen R, Trollip R, Kotzé R en Joubert R

Heard

March 27, 1979

Judgment

September 4, 1979

Flynote : Sleutelwoorde

Staat — Aanspreeklikheid vir optrede van werknemers — Aanspreeklikheid B van Minister van Polisie — Hy is aanspreeklik vir wederregtelike arrestasie wat 'n polisiebeampte sonder' n lasbrief in die bestek van sy diensverrigting doen.

Polisie — Aanspreeklikheid van Minister vir optrede van polisiebeamptes — Hy is aanspreeklik vir wederregtelike arrestasie wat 'n polisiebeampte C sonder 'n lasbrief in die bestek van sy diensverrigting doen.

Headnote : Kopnota

Die Staat as werkgewer is wel middellik aanspreeklik vir die wederregtelike arrestasie wat 'n polisiebeampte, handelende in sy hoedanigheid as sulks, in die bestek van sy diensverrigting, dws wanneer hy met polisiewerk besig is, doen. 'n Polisiebeampte is immers altyd wanneer hy met polisiewerk besig is onder die bevel, toesig en beheer van sy meerdere en dus onder die beheer van die Staat. Daar kan nie gesê word D dat hy pro hac vice nie 'n werknemer of dienaar van die Staat is waar hy 'n statutêre diskresie in die bestek van sy diensverrigting uitoefen nie. Weens die bepalings van die Wet op Staatsaanspreeklikheid 20 van 1957 is daar in beginsel geen rede waarom die Staat as werkgewer nie middellik aanspreeklik gehou kan word vir die wederregtelike arrestasie verrig deur 'n polisiebeampte as sy werknemer handelende in sy hoedanigheid as sulks in die bestek van sy diensverrigting terwyl hy voorgee om kragtens art 22 E (1) van die Strafproseswet 56 van 1955 of art 40 (1) van die Strafproseswet 51 van 1977 die arrestasie sonder 'n lasbrief te verrig nie.

Die reg betreffende die middellike aanspreeklikheid van die Staat uiteengesit en bespreek.

Die beslissing van die Suidoos-Kaapse Plaaslike Afdeling in Gamble en 'n Ander v Minister van Polisie en 'n Ander gedeeltelik gehandhaaf en F gedeeltelik omvergewerp.

Flynote : Sleutelwoorde

State — Liability for acts of servants — Liability of Minister of Police — He is liable for wrongful arrest made by a police officer without a warrant within the scope of his employment.

Police — Liability of Minsiter for acts of police officers — He is liable G for wrongful arrest made by a police officer without a warrant within the scope of his employment.

Headnote : Kopnota

The State as employer is indeed vicariously liable for a wrongful arrest made by a police officer, acting in his capacity as such, within the scope of his employment, ie when he is about police business. A police officer is indeed always, when he is about police business, under the command, supervision and control of his seniors and thus under the control of the H State. It cannot be said that pro hac vice he is not an employee or servant of the State when he exercises a statutory discretion within the scope of his employment. Because of the provisions of the State Liability Act 20 of 1957 there is in principle no reason why the State as employer cannot be held vicariously liable for the wrongful arrest made by a police officer as its employee acting in his capacity as such within the scope of his employment while he purports to make the arrest without a warrant in terms of s 22 (1) of the Criminal Procedure Act 56 of 1955 or s 40 (1) of the Criminal Procedure Act 51 of 1977.

The law relating to the vicarious liability of the State set out and discussed.

The decision in the South-East Cape Local Division in Gamble en 'n Ander v Minister van Polisie en 'n Ander in part upheld and in part reversed.

1979 (4) SA p760

Case Information

Appèl teen 'n beslissing in die Suidoos-Kaapse Plaaslike Afdeling (SOLOMON A WN R). Feite wat nie van belang is nie is uit die uitspraak van JOUBERT AR weggelaat.

C Cubitt namens die appellante: Constable Badenhorst's powers or rights to enter the premises are not relevant. He was entitled to go onto the premises. See s 49 of Act 56 of 1955. But in any event, even if Constable Badenhorst could not rely on s 49, he did no more than any member of the B public might. The Court a quo should not have preferred the evidence of first respondent to that of second appellant. Cf S v Dladla 1974 (2) SA at 690H - 691B; R v Dhlumayo and Another 1948 (2) SA 677.

Mbt die kruis-appèl: Daar is 'n fatale variasie tussen die pleitstukke en die getuienis aangebied in die Hof a quo ten gunste van tweede eiser in C daardie Hof. Nyandeni v Natal Motor Industries 1974 (2) SA te 227A - 279B; Durbach v Fairway Hotel 1949 (3) SA 1081. Die beginsels in Shill v Milner 1937 AA 101 en Collen v Rietfontein Engineering Works 1948 (1) SA 413 is nie hier van toepassing nie. In iedere geval voldoen die eisbrief nie aan die vereistes van art 32 nie. Die doel en vereistes van sodanige D brief word goed uiteengesit in: Dease v Minister of Justice 1962 (3) SA 215; Labuschagne v Labuschagne; Labuschagne v Minister of Justice 1967 (2) SA te 588A - C; vgl Osler v Johannesburg City Council 1948 (1) SA 1027; Ahmed v City of Cape Town 1936 CPD te 56. Regsaanspreeklikheid (indien enige - wat eerbiediglik betwis word) vir die arrestasie van kruisappellant is nou gesaghebbend neergelê. Sien Mhlongo and Another NO v Minister of Police 1978 (2) SA 551.

J W Edeling namens die respondente: Dit was gemene saak dat eerste respondent deur die tweede appellant arresteer was of dat tweede appellant minstens 'n mededader tot sodanige arrestasie was. Die onus het op die appellante gerus om die Hof te oortuig dat sodanige arrestasie wettig was. Sien Rosseau v Boshoff 1945 CPD te 136 - 137; R v Folkus 1945 (3) SA te F 445 - 446; Brand v Minister of Justice and Another 1959 (4) SA te 714E - H; Ngcobo v Minister of Police 1978 (4) SA te 931D - F. Die onwettige arrestasie van eerste respondent kan ook nie verskoon word uit hoofde van 'n bona fide maar onredelike mening dat 'n misdaad gepleeg is nie. Sien S v Purcell-Gilpin 1971 (3) SA te 553C - E. Indereaad toon die getuienis aan G dat tweede appellant ten tye van al die gebeure op beide die eerste en tweede geleentheid aan diens was as 'n lid van die Suid-Afrikaanse Polisie en as sulks 'n dienaar van die Staat. Hoewel dit moontlik tereg geargumenteer kan word dat die Staat in die betrokke omstandighede geen kontrole kon uitoefen oor sy oorspronklike besluit om die eerste respondent te arresteer nie, het die daaropvolgende arrestasie sonder H lasbrief en met behulp van ander lede van die Polisiemag sowel as sy aanhouding plaasgevind deur bemiddeling van die eerste appellant se werknemers en is dit verrig binne die omvang van hul bevoegdhede as sulks. Sien Mhlongo and Another NO v Minister of Police 1978 (2) SA te 566E - 571F. E

Ad tweede respondent se teenappèl: Dit word toegegee dat daar in die kennisgewing ingevolge art 32 van die Polisiewet 7 van 1958 te kenne gegee is dat tweede respondent ook deur tweede appellant arresteer is. Dit word verder toegegee dat dit gemene saak was dat tweede respondent inderdaad deur konstabel Gerber arresteer is. Die besonderhede van

1979 (4) SA p761

vordering van die respondente het nie te kenne gegee dat tweede respondent deur tweede appellant arresteer is nie maar slegs dat sy arrestasie veroorsaak is deur die onregmatige optrede van tweede appellant. Indien A die tweede respondent se arrestasie inderdaad plaasgevind het as gevolg van die onbesonne en onwettige optrede van tweede appellant deurdat hy die eerste respondent wou arresteer en toe hy probleme ondervind het, dit deurgevoer het nadat hy die hulp van ander lede van die Polisiemag ingeroep het. In die lig van al die omstandighede was dit nie verbasend B dat tweede respondent beswaar aangeteken het nie. Die Hof a quo het fouteer deur te bevind dat die voormelde teenstrydigheid tussen die art 32 kennisgewing en die getuienis fataal was en tot gevolg het dat daar nie 'n behoorlike kennisgewing gegee is nie. In die alternatief is die erkende weerspreking in ieder geval nie fataal vir sover dit die kennisgewing aangaan met betrekking tot eerste appellant nie. Dit word nie verwag dat C die detail van die gebeure in alle opsigte presies korrek moet wees nie en moet daar slegs substansieel voldoen word aan die verpligting om aan verweerder binne die voorgeskrewe tydperk kennis te gee van die voorgenome siviele aksie en die basiese oorsaak daarvan. Sien Dease v Minister of Justice 1962 (3) SA te 219 - 220. Sake waarin die rede vir die betrokke D bepaling aangedui word is Labuschagne v Labuschagne; Labuschagne v Minister of Justice 1967 (2) SA te 587G - 588C. Hierdie is 'n gepaste geval waar die betrokke pleitstuk op appèl gewysig kan word om dit formeel in orde te bring. Sien Shill v Milner 1937 AD 101; Collen v Rietfontein Engineering Works 1948 (1) SA 413. Slegs eerste appellant en nie tweede appellant is aanspreeklik vir enige skade wat tweed respondent gely het as E gevolg van sy arrestasie en aanhouding. Sien Naidoo v Minister van Polisie 1976 (4) SA te 956G - 957H; Areff v Minister van Polisie 1977 (2) SA 900; Mhlongo and Another NO v Minister of Police (supra te 568A - B, 568H - 570A); Shongwe v Minister of Police 1975 (1) SA te 851 - 852.

Cubitt in repliek. F

Cur adv vult.

Postea (September 4).

Judgment

Joubert AR:

G Die appellante kom in hoër beroep na hierdie Hof teen die uitspraak gelewer en bevel verleen deur SOLOMON WN R op 14 April 1978 in die Suidoos-Kaapse Plaaslike Afdeling. In die Hof a quo was die eerste en tweede appellante die eerste en tweede verweerders respektiewelik terwyl die eerste en tweede respondente die eerste en tweede eisers H respektiewelik was. Die bevel van die Hof a quo lui soos volg:

"1.

Judgment in favour of the first plaintiff against the first and the second defendants, jointly and...

To continue reading

Request your trial
70 practice notes
  • F v Minister of Safety and Security and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...referred to Minister van Polisie v Ewels 1975 (3) SA 590 (A): referred to B Minister van Polisie en 'n Ander v Gamble en 'n Ander 1979 (4) SA 759 (A): referred Minister van Veiligheid en Sekuriteit v Phoebus Apollo Aviation BK 2002 (5) SA 475 (SCA): referred to Mkize v Martens 1914 AD 382: ......
  • F v Minister of Safety and Security and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...741): referred to Minister van Polisie v Ewels 1975 (3) SA 590 (A): referred to Minister van Polisie en 'n Ander v Gamble en 'n Ander 1979 (4) SA 759 (A): referred Minister van Veiligheid en Sekuriteit v Phoebus Apollo Aviation BK 2002 (5) SA 475 (SCA): referred to H Mkize v Martens 1914 AD......
  • Van der Berg v Coopers & Lybrand Trust (Pty) Ltd and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...& Construction Services v Transnet Bpk 1998 (3) SA F 17 (SCA): referred to Minister van Polisie en 'n Ander v Gamble en 'n Ander 1979 (4) SA 759 (A): applied Mohamed and Another v Jassiem 1996 (1) SA 673 (A): dictum at 709H-I applied Molepo v Achterberg 1943 AD 85: referred to G National Me......
  • Vicarious liability: not simply a matter of legal policy
    • South Africa
    • Juta Stellenbosch Law Review No. , May 2019
    • 27 May 2019
    ...1931 AD 412; R v Feun 1954 1 SA 58 (T); Smit v Workmen's Compensation Commissioner 1979 1 SA 51 (A); Minister van Polisie v Gamble 1979 4 SA 759 (A); Mtetwa v Minister of Health 1989 3 SA 600 (D). 32 See eg Barlow Vicarious Liability 95 et seq. 33 See eg Smit v Workmen's Compensation Commis......
  • Request a trial to view additional results
68 cases
  • F v Minister of Safety and Security and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...referred to Minister van Polisie v Ewels 1975 (3) SA 590 (A): referred to B Minister van Polisie en 'n Ander v Gamble en 'n Ander 1979 (4) SA 759 (A): referred Minister van Veiligheid en Sekuriteit v Phoebus Apollo Aviation BK 2002 (5) SA 475 (SCA): referred to Mkize v Martens 1914 AD 382: ......
  • F v Minister of Safety and Security and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...741): referred to Minister van Polisie v Ewels 1975 (3) SA 590 (A): referred to Minister van Polisie en 'n Ander v Gamble en 'n Ander 1979 (4) SA 759 (A): referred Minister van Veiligheid en Sekuriteit v Phoebus Apollo Aviation BK 2002 (5) SA 475 (SCA): referred to H Mkize v Martens 1914 AD......
  • Van der Berg v Coopers & Lybrand Trust (Pty) Ltd and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...& Construction Services v Transnet Bpk 1998 (3) SA F 17 (SCA): referred to Minister van Polisie en 'n Ander v Gamble en 'n Ander 1979 (4) SA 759 (A): applied Mohamed and Another v Jassiem 1996 (1) SA 673 (A): dictum at 709H-I applied Molepo v Achterberg 1943 AD 85: referred to G National Me......
  • Minister of Law and Order v Ngobo
    • South Africa
    • Invalid date
    ...(1) SA 202 (A); H K Manufacturing Co (Pty) Ltd v Sodowitz 1965 (3) SA 328 (C); Minister van Polisie en 'n Ander v Gamble en 'n Ander 1979 (4) SA 759 (A) at 767B; G Deatons v Flew (1949) 79 CLR 370; Minister of Police v Rabie 1986 (1) SA 117 (A); Halliwell v Johannesburg Municipal Council 19......
  • Request a trial to view additional results
2 books & journal articles
  • Vicarious liability: not simply a matter of legal policy
    • South Africa
    • Juta Stellenbosch Law Review No. , May 2019
    • 27 May 2019
    ...1931 AD 412; R v Feun 1954 1 SA 58 (T); Smit v Workmen's Compensation Commissioner 1979 1 SA 51 (A); Minister van Polisie v Gamble 1979 4 SA 759 (A); Mtetwa v Minister of Health 1989 3 SA 600 (D). 32 See eg Barlow Vicarious Liability 95 et seq. 33 See eg Smit v Workmen's Compensation Commis......
  • Vicarious liability of the state for the abuse and misuse of firearms by police officers
    • South Africa
    • Sabinet Lesotho Law Journal No. 25-2, May 2017
    • 31 May 2017
    ...then the House of Lords,9 the Privy Council10 and subsequently, the Constitutional Court of South 6 Minister van Polisie v Gamble 1979 (4) SA 759 (A). It was held in this wrongful arrest ca se that a police officer was always under the command, control and supervision of the pol ice authori......

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT