Areff v Minister van Polisie

JurisdictionSouth Africa
JudgeHolmes AR, Trollip AR, Muller AR, Kotzé AR en Galgut Wn AR
Judgment Date29 March 1977
Citation1977 (2) SA 900 (A)
Hearing Date10 March 1977
CourtAppellate Division

Muller, A.R.:

Die appellant, 'n Indiër sakeman van Pretoria, na wie ek geriefshalwe verwys as die eiser, het die Minister van F Polisie (die respondent) in die Transvaalse Provinsiale Afdeling gedagvaar vir skadevergoeding. Sy saak was dat hy gedurende 1974 op twee afsonderlike geleenthede deur lede van die Suid-Afrikaanse Polisie in hegtenis geneem is en dat, by elk van genoemde geleenthede, sy inhegtenisneming wederregtelik G was. Die inhegtenisnemings sou, na bewering van die eiser, plaasgevind het by sy kantoor te Boomstraat, Pretoria. Volgens hom, het die eerste beweerde inhegtenisneming plaasgevind op 15 Februarie 1974 en die tweede beweerde inhegtenisneming op 28 Mei 1974. Geriefshalwe verwys ék na hierdie twee geleenthede as die eerste insident en die tweede insident, respektiewelik.

H Wat die eerste insident betref, het eiser in sy besonderhede van eis beweer dat hy op die betrokke dag (15 Februarie 1974) in hegtenis geneem is deur kaptein Van Vollenhoven en/of twee Bantoe konstabels en, wat die tweede insident betref, dat hy op die betrokke dag (28 Mei 1974) in hegtenis geneem is deur 'n Bantoe konstabel. Daar is verder beweer dat, wat betref elk van genoemde insidente, die persone wat hom in hegtenis geneem het in diens was van die Suid-Afrikaanse Polisie en dat hulle opgetree het in die uitvoering van hulle dienspligte. As skadevergoeding het die eiser, ten opsigte van die eerste insident, R2 000 geëis en, ten opsigte van die tweede

Muller AR

insident, R4 000. In sy pleit het die respondent:

(a)

wat die eerste insident betref:

erken dat die eiser op die betrokke dag in hegtenis geneem is, sonder 'n lasbrief, deur kaptein Van Vollenhoven en twee Bantoe konstabels. Die respondent A het egter ontken dat genoemde inhegtenisneming wederregtelik was. In besonder is ook 'n ontkenning aangeteken dat kaptein Van Vollenhoven en die konstabels "were members of the South African Police and/or that they were at the time acting within the course and scope of their employment..."

B en

(b)

wat die tweede insident betref:

ontken dat eiser op daardie datum hoegenaamd in hegtenis geneem is, en verder is ontken "that the Bantu constable was in the employ of the South African Police and/or that he was acting within the course and C scope of his employment as such..."

Op grond van genoemde ontkennings was die respondent se houding dat hy nie enige bedrag van skadevergoeding aan die eiser verskuldig is nie.

Die saak het gedurende Maart 1975 voor Regter BOTHA gedien en die getuienis van die eiser sowel as die betrokke polisiebeamptes is aangehoor. Wat die getuienis betref, sal dit D gerieflik wees om dit twee insidente apart te behandel.

Voordat ek die eerste insident bespreek moet ek sê dat, wat hierdie insident betref, ek dit nie nodig vind om die getuienis in alle besonderhede weer te gee nie. Ek sê dit vanweë die feit dat dit gemene saak was dat eiser wel op hierdie geleentheid in hegtenis geneem is en die feit dat, wat hierdie insident betref, die verskille tussen die getuienis van die eiser, aan E die een kant, en dié van die getuies vir die respondent, aan die ander kant, nie wesenlik skyn te wees nie, en ook vanweë die besluit waartoe, soos ek later aantoon, ek gekom het oor die regsaspek in die saak. Wat die eerste insident betref, sal ek dus net kortliks die gebeure weergee.

Op 15 Februarie 1974 is twee Bantoe konstabels opdrag gegee om 'n dagvaarding te dien by Boomstraat 490, Pretoria. Die F dagvaarding was gerig aan ene A. Ebrahim en was vir 'n verkeersoortreding. Die nommer van die voertuig waarmee die oortreding gepleeg is, is op die dagvaarding aangeteken as T.P.42786.

Die konstabels is met die dagvaarding na Boomstraat 490, 'n gebou waarin 'n maatskappy, Central Business Services (Edms.) G Bpk., kantore het. Eiser is 'n direkteur van genoemde maatskappy en sy kantoor is in die gebou. Daar is ook ander firmas wat kantore in die gebou het. Dit was ongeveer 2 nm. toe die konstabels die gebou binnegaan en hulle het by eiser se kantoor uitgekom. Hulle het navraag gedoen na die persoon A. Ebrahim,. wie se naam op die dagvaarding was. Eiser het gesê dat hy nie Ebrahim is nie; dat daar nie so 'n persoon in diens H van sy maatskappy is nie en dat, na sy wete, daar nie so 'n persoon in die gebou werk nie. Die twee konstabels het toe geloop.

Buitekant die gebou het die konstabels 'n voertuig sien staan met die registrasienommer T.P.42786, dieselfde as die registrasienommer wat op die dagvaarding aangeteken was. Nadat hulle sekere navrae gedoen het en sekere inligting bekom het, is hulle terug na die eiser. Hulle het aan hom gesê dat hulle verneem dat die voertuig wat buitekant die gebou staan

Muller AR

(T.P.42786) sy voertuig is. Hy het verduidelik dat dit sy maatskappy se voertuig is en dat hy dit gebruik. Die konstabels het toe gevra of enige ander persoon ook die voertuig bestuur en sy antwoord was "nee". Daarop het die konstabels die houding A ingeneem dat eiser die dagvaarding moes neem. Hy het beslis geweier en gesê hy is nie die persoon A. Ebrahim aan wie die dagvaarding gerig is nie. Die konstabels was ewe beslis dat hy wel die dagvaarding moes neem en het 'n afskrif daarvan op sy tafel neergesit. Dit het die eiser opgetel en voor die konstabels stukkend geskeur. Volgens die konstabels het die B eiser, toe hy die afskrif van die dagvaarding stukkend skeur, die volgende gesê:

"Wag, sodat ek vir julle kan wys dat ek ook die wet ken, beter as julle polisiemanne."

Eiser het in sy getuienis dit ontken. Gevra waarom hy die dokument opgeskeur het, was eiser se verduideliking in die Hof:

"I was a bit annoyed then. I tried to explain to them, look, I am not Ebrahim, and as the summons was not intended for me and he insisted that I must accept the summons."

C Wat gebeur het nadat eiser die dokument opgeskeur het, was dat die twee konstabels die gebou verlaat het. Hulle het in verbinding getree, per radio, met 'n polisie-offisier wat op diens was, kaptein Van Vollenhoven, en het aan hom 'n rapport gemaak. Laasgenoemde het dadelik na Boomstraat 490 gegaan en is, saam met die twee Bantoe konstabels, na eiser se kantoor. D Kaptein Van Vollenhoven het soos volg getuig oor wat daar toe in eiser se kantoor plaasgevind het:

"Toe u daar by die eiser aankom, wat het toe gebeur? - Die eiser het aan my gevra wat ek wil hê. Ek het hom die doel van my besoek verduidelik en ek het aan hom gevra om die dagvaarding aan my te toon wat aan hom gegee was.

Het hy dit gedoen? - Eers het hy geweier, waarop ek hom meegedeel het dat ek sal verplig wees om sy kantoor te E deursoek, as hy nie bereidwillig is om die dagvaarding aan my te toon nie.

Ja? - Die eiser het agter sy lessenaar gestaan. Hy het toe afgebuk na links, die heel onderste laai oopgetrek en die dagvaarding tesame met 'n bylae van die dagvaarding, uitgetrek uit die laai uit. Die dagvaarding was in vier stukke geskeur, sowel as die bylae; agt stukke altesaam, en hy het dit toe aan my oorhandig, en aan my gesê dat die dagvaarding is nie vir hom F nie. Ek het hom daarop gewys dat hy geen reg het om die dagvaarding op te skeur nie. Hy het toe aan my iets gesê tot dien effekte dat hy kan maak daarmee wat hy wil en dat hy nie die persoon in die dagvaarding is nie. Ek het hom daarop attent gemaak - ek het hom daarop gewys dat die dagvaarding het betrekking op 'n oortreding met 'n sekere motorkar, en vir hom gevra of die motorkar syne is. Hy het bevestigend geantwoord. Ek het aan hom gevra of dit die voertuig is wat buite voor die deur staan, en hy het weer bevestigend geantwoord. Ek het aan hom gevra wie almal met die voertuig ry. Hy het my meegedeel G dat dit sy voertuig is en alleenlik hy daarmee ry. Ek het die beskuldigde toe daarop attent gemaak dat hy 'n misdaad gepleeg het deur 'n dokument wat deur die hof uitgereik is op te skeur en hom meegedeel dat ek hom arresteer.

Toe u die arrestasie uitgevoer het, kaptein, kragtens watter bevoegdhede het u gehandel? - Dit is kragtens die gemenereg, onder die definisie van minagting van die hof."

H Ek kan net meld dat eiser ontken het dat die opgeskeurde dagvaarding in die laai was. Volgens hom was dit in sy snippermandjie.

Van Vollenhoven is gevra watter reg hy gehad het om die eiser in hegtenis te neem, en sy antwoord was:

"Ek het van die standpunt af uitgegaan dat die eiser het 'n oortreding gepleeg in die teenwoordigheid van 'n polisiebeampte. Die polisiebeampte was nie in staat om sy magte uit te voer deur die beskuldigde te arresteer nie. Daarom het hy om hulp na my toe gekom en ek het van die standpunt af uitgegaan dat ek geregtig is om 'n polisieman - polisie-beampte, wat nie 'n arrestasie kan uitvoer nie, dat ek gemagtig is om hom by te staan en die beskuldigde te arresteer."

Muller AR

Nadat hy in hegtenis geneem is, is eiser per motor vervoer na die polisiestasie. Daar is 'n sake-dossier geopen en is 'n klagte van minagting van die hof teen hom aanhangig gemaak. Hy het navraag gedoen om borgtog en is op borg vrygelaat. Ongeveer 4 nm. het hy die polisiestasie verlaat nadat hy aangesê is om A op 18 Februarie 1974 in die hof te verskyn. Hy was dus vir ongeveer twee uur altesaam aangehou.

Op 18 Februarie 1974 het eiser in die hof verskyn, maar die saak teen hom is toe teruggetrek.

Ek kom nou by die tweede insident.

Op die betrokke datum, 28 Mei 1974, was Bantoe sersant B Tshivhase beveel om ene A. Ebrahim in hegtenis te neem en 'n lasbrief vir die inhegtenisneming is aan hom oorhandig. Weereens was die adres wat daarop aangeteken is Boomstraat 490, Pretoria. Tshivhase was een van die twee Bantoe konstabels wat met die eerste insident by eiser se kantoor was.

Tshivhase is met die lasbrief na eiser se kantoor en, volgens C eiser, het die volgende in sy kantoor plaasgevind:

"How was he (Tshivhase) dressed? - He was in uniform.

Did you recognise him? - I recognised him immediately.

Yes? - And I...

Get this document and AI-powered insights with a free trial of vLex and Vincent AI

Get Started for Free

Unlock full access with a free 7-day trial

Transform your legal research with vLex

  • Complete access to the largest collection of common law case law on one platform

  • Generate AI case summaries that instantly highlight key legal issues

  • Advanced search capabilities with precise filtering and sorting options

  • Comprehensive legal content with documents across 100+ jurisdictions

  • Trusted by 2 million professionals including top global firms

  • Access AI-Powered Research with Vincent AI: Natural language queries with verified citations

vLex

60 practice notes
  • Vicarious liability: not simply a matter of legal policy
    • South Africa
    • Juta Stellenbosch Law Review No. , May 2019
    • May 27, 2019
    ...590 (A); Naidoo v Minister van Polisie 1976 4 SA 954 (T); Minister of Police v Skosana 1977 1 SA 31 (A); Areff v Minister van Polisie 1977 2 SA 900 (A); Mhlongo & Another NO v Minister of Police 1978 2 SA 551 (A). Note also the comments of Forsyth "State Liability for the Delicts of the Pol......
  • Invasion of privacy: Common law v constitutional delict — does it make a difference?
    • South Africa
    • Juta Acta Juridica No. , August 2019
    • May 29, 2019
    ...v Newman 1975 (1) SA 481 (A) at 500; Minister of Law and Order v Hurley 1986 (3) SA 568 (A) at 589. 293 Areff v Minister van Polisie 1977 (2) SA 900 (A) at 914. © Juta and Company (Pty) as equally egregious, particularly the specific categories mentioned in s 14. This seems to be th e appro......
  • Neethling v Du Preez and Others; Neethling v Weekly Mail and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...meet the case.' The judgment of Beyers JA was concurred in by the other four members of the Court. H In Areff v Minister van Polisie 1977 (2) SA 900 (A) a businessman had unsuccessfully sued the Minister of Police for damages arising out of two allegedly unlawful arrests. In regard to the f......
  • Seymour v Minister of Safety and Security
    • South Africa
    • Invalid date
    ...of R500 000 to the plaintiff. (Paragraph [14] at 500G.) C Cases Considered Annotations Reported cases Areff v Minister van Polisie 1977 (2) SA 900 (A): Bentley and Another v McPherson 1999 (3) SA 854 (E): considered D Donono v Minister of Prisons 1973 (4) SA 259 (C): considered Liu Quin Pin......
  • Get Started for Free
57 cases

  • Van Heerden v Minister van Veiligheid en Sekuriteit en 'n Ander
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Cases cited Ardecor (Pty) Ltd v Quality Caterers (Pty) Ltd and Others 1978 (3) SA 1073 (N): referred to Areff v Minister van Polisie 1977 (2) SA 900 (A): referred to E Atlantic Continental Assurance Co of SA v Vermaak 1973 (2) SA 525 (E): referred to Avex Air (Pty) Ltd v Borough of Vryheid ......
  • Minister of Safety and Security v Sibiya
    • South Africa
    • Transvaal Provincial Division
    • June 17, 2004
    ...of the local authority and a known person in the community. 16 The Magistrate referred to the judgments in AREFF v MINISTER OF POLICE 1977 (2) SA 900 (A) where the Plaintiff was awarded R1 000.00 for being detained for two hours, MAY v UNION GOVERNMENT 1954 (3) SA 120 (N) where an amount of......
  • Get Started for Free
3 books & journal articles
  • Vicarious liability: not simply a matter of legal policy
    • South Africa
    • Juta Stellenbosch Law Review No. , May 2019
    • May 27, 2019
    ...590 (A); Naidoo v Minister van Polisie 1976 4 SA 954 (T); Minister of Police v Skosana 1977 1 SA 31 (A); Areff v Minister van Polisie 1977 2 SA 900 (A); Mhlongo & Another NO v Minister of Police 1978 2 SA 551 (A). Note also the comments of Forsyth "State Liability for the Delicts of the Pol......
  • Invasion of privacy: Common law v constitutional delict — does it make a difference?
    • South Africa
    • Juta Acta Juridica No. , August 2019
    • May 29, 2019
    ...v Newman 1975 (1) SA 481 (A) at 500; Minister of Law and Order v Hurley 1986 (3) SA 568 (A) at 589. 293 Areff v Minister van Polisie 1977 (2) SA 900 (A) at 914. © Juta and Company (Pty) as equally egregious, particularly the specific categories mentioned in s 14. This seems to be th e appro......
  • Arrest without a warrant: When is an offence committed in the presence of an arresting officer?
    • South Africa
    • Juta South African Criminal Law Journal No. , August 2019
    • May 24, 2019
    ...sson (2) supra (n39) at paras [3] and [4].41 See e.g. Minister of Justice v Tsose 1950 (3) SA 88 (T ); Areff v Minister v an Polisie 1977 (2) SA 900 (A); Gulyas v Minister of Law and Order 1986 (3) SA 934 (C).42 Gli sson (2) supra (n39) at para [5].264 SACJ . (2015) 3© Juta and Company (Pty......