Lourens NO v Colonial Mutial Life Assurance Society Ltd

JurisdictionSouth Africa
Citation1986 (3) SA 373 (A)

Lourens NO v Colonial Mutial Life Assurance Society Ltd
1986 (3) SA 373 (A)

1986 (3) SA p373


Citation

1986 (3) SA 373 (A)

Court

Appèlafdeling

Judge

Jansen AR, Kotzé AR, Trengove AR, Hefer AR en Boshoff AR

Heard

September 10, 1985

Judgment

February 25, 1986

Flynote : Sleutelwoorde

Versekering — Persoonlike ongevallepolis — Uitleg van — Voorwaarde waarvolgens versekerde se dood nie gedek word B indien dit "veroorsaak" is "... terwyl die versekerde lewe die strafreg oortree" — Woord "terwyl" uitgelê in sy gewone, alledaagse betekenis wat tydsduur aandui — Uitsonderingsvoorwaarde geld dus wanneer strafreg oortree word ongeag tersaaklikheid, aard en omvang van oortreding — Absurde en onbillike gevolge van so 'n uitleg bekamp deur op C bedoeling van partye te let — Redelik om aan te neem dat partye met sluit van onderhawige tipe kontrak en in besonder deur so 'n uitsonderingsvoorwaarde in te voeg, bedoel het dat oortreding van strafreg van so 'n aard en omvang moet wees dat dit die risiko kan affekteer — Verband tussen oortreding van die strafreg en dood of ongeskiktheid moet dus D aanwesig wees om risiko te kan affekteer — Woord "strafreg" moet sy gewone, alledaagse betekenis gegee word — Sluit in alle oortredings van die strafreg — Versekerde in 'n motorbotsing gedood terwylhy roekeloos of nalatig bestuur het en ook ander oortredings van die Padverkeerordonnansie en Padverkeerregulasies gepleeg het — Sy dood deur die E uitsonderingsvoorwaarde gedek — Respondent (versekeraar) nie kragtens die polis aanspreeklik nie.

Headnote : Kopnota

Voor sy dood in 'n motorbotsing is 'n persoonlike ongevallepolis deur die respondent aan die oorledene, V, uitgereik. Nadat aanspreeklikheid ingevolge die polis deur die respondent gerepudieer is, het die eksekuteur in V se boedel in 'n Provinsiale Afdeling aksie ingestel om betaling van die

1986 (3) SA p374

A versekerde bedrag. Die enigste geskilpunt by die verhoor was of die verweerder van aanspreeklikheid onthef is ingevolge klousule 1 (i) (d) van die polisvoorwaardes wat bepaal het dat die voordele van die polis nie beserings of dood omvat of dek nie wat uitsluitlik of gedeeltelik "veroorsaak is... (d) terwyl die versekerde lewe die strafreg oortree...". Uit die getuienis het dit geblyk dat V sekere bepalings van die Padverkeerordonnansie 21 van 1966 (T) en die B Padverkeerregulasies van Transvaal oortree het deur roekeloos of nalatig te bestuur, deur 'n voertuig verby te steek teen 'n bult toe sy uitsig vir aankomende verkeer versper was, deur aan die verkeerde kant van die pad te ry in die aangesig van aankomende verkeer, deur sonder redelike inagneming van ander padverbruikers te bestuur en deur aan die regterkant van 'n sperstreep te ry. Appellant het aangevoer dat klousule 1 (i) (d), en in besonder die woord "strafreg" daarin, C beperkend uitgelê moes word as synde nie oortredings van die Padverkeerordonnansie of kriminele oortredings wat uit die bestuur van 'n motorvoertuig spruit, in te sluit nie. Die Hof het beslis dat gevolg gegee moet word aan die gewone, alledaagse betekenis van die woorde "terwyl" as betekende "gedurende die tyd dat" en "strafreg" as insluitend alle oortredings van die strafreg, en het bevind dat die respondent ingevolge die uitsluitingsvoorwaarde van aanspreeklikheid onthef is. Op appèl,

D Beslis, per BOSHOFF AR; TRENGOVE en HEFER ARR samestemmend (JANSEN en KOTZè ARR afwykend), dat die woord"terwyl" in sy gewone en alledaagse betekenis 'n tydbetekenisinhoud het en dat dit op tydsduur dui, met ander woorde dat die uitsonderingsvoorwaarde geld wanneer die strafreg oortree word ongeag die tersaaklikheid, aard en omvang van die oortreding.

E Beslis, verder, dat in 'n poging om die absurde en teenstrydige gevolge wat so 'n uitleg klaarblyklik tot gevolg kan hê, te bekamp, dit nie veel verskil sal maak om die term "strafreg" beperkend uit te lê om verkeersoortredings of nalatige oortredings uit te sluit of om dit slegs tot gemeenregtelike misdade te beperk nie, maar dat die antwoord in die bedoeling van die partye lê.

Beslis, verder, dat die partye met die aangaan van die polisooreenkoms gekontrakteer het ten opsigte van die gevaar en F die risikoverskuiwing en aangesien hulle in klousule 1 van die uitsonderingsvoorwaarde gehandel het met gevaarsomstandighede of risiko-omstandighede, aangeleenthede wat die risiko kan affekteer, dat dit redelik sou wees om aan te neem dat dit hulle bedoeling was dat oortreding van die strafreg van so 'n aard en omvang moet wees dat dit die risiko kan affekteer.

Beslis, verder, dat om die risiko te affekteer daar gevolglik G 'n verband tussen die oortreding van die strafreg en die dood of ongeskiktheid moet wees - met hierdie vereiste word daar gevolg gegee aan die bedoeling van die partye en die betekenis van die woorde "strafreg oortree" word slegs so beperk dat dit die moontlikheid van die gewraakte gevolg uitskakel.

Beslis, dat dit nie nodig was in die onderhawige saak om te beslis in welke mate die verband 'n besondere graad van oorsaaklikheid hoef te toon nie aangesien, op die feite, daar H nie alleen 'n oorsaaklike verband was tussen die oortreding van die strafreg en die ongeval nie, maar dat die oortreding ook die onmiddellike oorsaak van die ongeval was wat gelei het tot die versekerde se dood. Appèl van die hand gewys.

Die beslissing van die Kaapse Provinsiale Afdeling in Lourens NO v Colonial Mutual Life Assurance Society 1984 (2) SA 80 bevestig. I

Flynote : Sleutelwoorde

Insurance — Personal accident policy — Interpretation of — Exception clause whereby insured's death not covered if it was "... caused while the insured life was contravening the criminal law" — Word "while" given its common, everyday meaning indicating duration of time — Exception clause thus applying whenever criminal law contravened regardless of relevance, nature and extent of contravention — Absurd and unjust consequences of such an interpretation prevented by having regard to intention of the parties — Reasonable to assume that parties intended, in concluding this type of J contract and in particular by inserting the above type of exception clause, that contravention

1986 (3) SA p375

of criminal law should be of such nature and extent as to A affect the risk — Connection between contravention and death or disability thus required in order to affect risk — Words "criminal law" to be given its normal, everyday meaning — Includes all contraventions of the criminal law — Insured killed in a motor vehicle collision whilst driving recklessly or negligently and also whilst contravening other provisions of the Road Traffic Ordinance or Road Traffic Regulations — His death covered by the exception clause — B Insurer (respondent) not liable in terms of the policy.

Headnote : Kopnota

Before his death in a motor vehicle collision, a personal accident policy had been issued by the respondent to the deceased, V. After liability in terms of the policy had been repudiated by the respondent, the executor in V's estate (the appellant) instituted action in a Provincial Division for C payment of the insured amount. The only issue at the trial was whether the respondent had been absolved from liability by the terms of clause 1 (i) (d) of the policy conditions, which provided that the benefits of the policy did not include or cover death which was solely or partially "caused... (d) while the insured life was contravening the criminal law...". From the evidence it appeared that V had contravened certain provisions of the Road Traffic Ordinance 21 of 1966 (T) and the Transvaal Road Traffic Regulations by driving D recklessly or negligently, by overtaking a vehicle on a rise when his view of approaching traffic was restricted, by driving without reasonable consideration for other users of the road and by driving on the right hand side of a barrier line. The appellant contended that clause 1 (i) (d), and in particular the words "criminal law" therein, should be restrictively interpreted as not including contraventions of the Road Traffic Ordinance or criminal offences arising out of the driving of a E motor vehicle. The Court held that the word "while" bore its normal meaning of "during the time that" and that "criminal law" should be interpreted to include all contraventions of the criminal law and absolved the respondent, in terms of the exception clause, of liability on the policy. In an appeal,

Held, per BOSHOFF JA; TRENGOVE and HEFER JJA concurring (JANSEN and KOTZÉ JJA dissenting) that the word "while", in its common F and everyday meaning, signified duration of time, with the result that the exception clause applied whenever the criminal law was contravened irrespective of the relevance, nature and extent of the contravention.

Held, further, that in an attempt to ameliorate the absurd and contradictory results which could obviously follow from such an interpretation, it would not make much difference if the expression "criminal law" were interpreted restrictively to exclude traffic offences or negligent offences or to limit it G to common law offences, but that the answer lay in the intention of the parties.

Held, further, that the parties, in concluding the policy agreement, had contracted in respect of the danger and the shifting of the risk and that, seeing that they had in clause 1 of the exception clause dealt with danger-circumstances and risk-circumstances, matters which could affect the risk, it would be reasonable to assume that their intention was that the contravention of the criminal law should be of such a nature H and extent as to affect the risk.

Held, further, that to affect the risk there had consequently to be a connection between the contravention of the criminal law and the death or disability - this requirement gave effect to the intention of the parties and the meaning of the words...

To continue reading

Request your trial
14 practice notes
  • Dilokong Chrome Mines (Edms) Bpk v Direkteur-Generaal, Departement van Handel en Nywerheid
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Ltd 1934 AD 458 op 465-6; Gravenor v Dunswart Iron Works 1929 AD 299 op 303; Lourens NO v Colonial Mutual Life Assurance Society Ltd 1986 (3) SA 373 (A) op 383F-384A; Sassoon Confirming and Acceptance Co (Pty) Ltd v Barclays F National Bank Ltd 1974 (1) SA 641 (A) op 646B; Christie The Law ......
  • S Z Tooling Services CC v SA Eagle Insurance Co Ltd
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Bpk 1985 (1) SA 332 (O) at 339 J in 1993 (1) SA p276 fine-340C; Lourens NO v Colonial Mutual Life Assurance Society Ltd 1986 (3) SA 373 (A) at 391G-392D. As to the question of the purpose of a time-bar clause, see Hardy Ivamy (op cit at 276); Hartman v Minister van Polisie 1983 (2) SA 489 (......
  • Skilya Property Investments (Pty) Ltd v Lloyds of London Underwriting
    • South Africa
    • Invalid date
    ...v British Merchants Insurance Co Ltd [1961] 1 All ER 705 (QB): referred to Lourens NO v Colonial Mutual Life Assurance Society Ltd 1986 (3) SA 373 (A): M Zhan Investments (Pty) Ltd v General Accident Insurance of South Africa Ltd 1981 (4) SA 143 (SE): dictum at 149F - H applied F Macs Marit......
  • Concord Insurance Co Ltd v Oelofsen NO
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Insurance Co Ltd v Native Recruiting Corporation Ltd 1934 AD 458 at 465-6; Lourens NO v Colonial Mutual Life Assurance Society Ltd 1986 (3) SA 373 (A) at 383F-I; Smith v Cornhill Insurance Co Ltd [1938] 3 All ER 145 at 150; Rabinowitz and Another NNO v H Ned-Equity Insurance Co Ltd and Anot......
  • Request a trial to view additional results
13 cases
  • Dilokong Chrome Mines (Edms) Bpk v Direkteur-Generaal, Departement van Handel en Nywerheid
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Ltd 1934 AD 458 op 465-6; Gravenor v Dunswart Iron Works 1929 AD 299 op 303; Lourens NO v Colonial Mutual Life Assurance Society Ltd 1986 (3) SA 373 (A) op 383F-384A; Sassoon Confirming and Acceptance Co (Pty) Ltd v Barclays F National Bank Ltd 1974 (1) SA 641 (A) op 646B; Christie The Law ......
  • S Z Tooling Services CC v SA Eagle Insurance Co Ltd
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Bpk 1985 (1) SA 332 (O) at 339 J in 1993 (1) SA p276 fine-340C; Lourens NO v Colonial Mutual Life Assurance Society Ltd 1986 (3) SA 373 (A) at 391G-392D. As to the question of the purpose of a time-bar clause, see Hardy Ivamy (op cit at 276); Hartman v Minister van Polisie 1983 (2) SA 489 (......
  • Skilya Property Investments (Pty) Ltd v Lloyds of London Underwriting
    • South Africa
    • Invalid date
    ...v British Merchants Insurance Co Ltd [1961] 1 All ER 705 (QB): referred to Lourens NO v Colonial Mutual Life Assurance Society Ltd 1986 (3) SA 373 (A): M Zhan Investments (Pty) Ltd v General Accident Insurance of South Africa Ltd 1981 (4) SA 143 (SE): dictum at 149F - H applied F Macs Marit......
  • Concord Insurance Co Ltd v Oelofsen NO
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Insurance Co Ltd v Native Recruiting Corporation Ltd 1934 AD 458 at 465-6; Lourens NO v Colonial Mutual Life Assurance Society Ltd 1986 (3) SA 373 (A) at 383F-I; Smith v Cornhill Insurance Co Ltd [1938] 3 All ER 145 at 150; Rabinowitz and Another NNO v H Ned-Equity Insurance Co Ltd and Anot......
  • Request a trial to view additional results
1 books & journal articles
  • Die Aard en Omvang van die ‘Alle Risiko’-polis in die Seeversekeringsreg
    • South Africa
    • South Africa Mercantile Law Journal No. , August 2019
    • 16 Agosto 2019
    ...sal hou met die een of ander vorm van f‌inansiële verlies of vermoënskade.7In Lourens NO v Colonial Mutual Life Assurance Society Ltd 1986 (3) SA373 (A) op 383-4 het diehof die betekenis van die woord ‘ongeval’ (die gevaar of nadelige gebeurtenis in hierdie geval)ondersoek en in die proses ......

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT