Die Aard en Omvang van die ‘Alle Risiko’-polis in die Seeversekeringsreg

JurisdictionSouth Africa
Citation(2010) 22 SA Merc LJ 484
Published date16 August 2019
Pages484-516
Date16 August 2019
Die Aard en Omvang van die ‘Alle Risiko’-polis
in die Seeversekeringsreg
DJ KRUGER*
McClymont Immigration Law
Auckland, Nieu-Seeland
AL STANDER**
Noordwes-Universiteit
Potchefstroom Kampus
Summary
It is well known that ‘all-risk’ policies do not actually cover all perils. The liability of the insurer
in such cases is consequently not absolute. Certain ‘self-evident’ exclusions, in fact, exist in the
case of the liability of the insurer in an ‘all risk’ policy.Despite the fact that the insured procured
an ‘all-risk’ policy, an insurer would not be liable to compensate the insured for damages
resulting from all occurrences. It is crucial that the precise content and meaning of terms and
especially ‘wear and tear’, ‘leakage’, ‘breakage’, ‘inherent vice’, ‘latent defect’ and ‘defective
packaging’ be clear.It appears that the South African law of insurance blindly follows the English
law. As a result, the potentially problematic interpretation incidental to English law is
incorporated into South African insurance law.An example of this problem situation is the current
interpretation of ‘inherent vice’ and ‘defective packaging’. In English law, these terms are
interpreted as being the same. It is submitted, however, that the defective packaging of a product
should not be construed as an inherent vice of that product. The implication of this submission is
not that an insurer should be held liable, but that the combination of these concepts as having the
same meaning is not technically correct in law. In similar vein, the South African courts also
follow the English courts in their superf‌luous distinction between ‘normal’ and ‘abnormal’ wear
and tear, as well as ‘normal’ and ‘abnormal’leakage.
1 Inleiding en Probleemstelling
Alhoewel skeepsvrag in die in- en uitvoerpraktyk gewoonlik teen spesif‌ieke
risiko’s verseker word, is versekering teen ‘alle risiko’s’nie ongewoon nie ten
spyte daarvan dat dit geweldig duur is. Hier spesif‌iek in gedagte is die
welbekende en gewilde Institute Cargo Clauses (A).
Dit is egter alombekend dat ‘alle risiko’s’ nie werklik alle risiko’s behels
nie en dat die aanspreeklikheid van die versekeraar nie in so ’n geval
ongekwalif‌iseerd bestaan nie.
1
Daar bestaan in werklikheid sekere vanself-
sprekende uitsluitings op die aanspreeklikheid van die versekeraar. Hier in
gedagte is gebeurlikhede soos opsetlike handelinge, slytasie, defektiewe
verpakking, inherente gebreke, ensovoorts. Die versekeraar sal, ten spyte van
die feit dat ’n ‘alle risiko’-polis betrokke is, nie aanspreeklik wees om die
* LLB LLM (NWU). Regsnavorser vir McClymont Immigration Law in Auckland, Nieu-Seeland.
** B Iur LLB (PU vir CHO) LLM (Unisa) LLD (PU vir CHO). Professor in die Fakulteit Regte,
Noordwes-Universiteit, Potchefstroom Kampus.
1
Afgesien van die feit dat die versekeraar se aanspreeklikheid nie ongekwalif‌iseerd bestaan nie, sal
dit, soos hieronder in par 3 uiteengesit word, duidelik blyk dat hierdie tipe polis inderdaad die wydste
moontlike dekking in die seeversekeringsreg bied.
484
(2010) 22 SA Merc LJ 484
© Juta and Company (Pty) Ltd
versekerde te vergoed vir skade as gevolg daarvan nie. Dit is so tensy
sodanige gebeurlikhede addisioneel verseker is. Derhalwe is dit uiters
noodsaaklik dat sekerheid bestaan oor die presiese inhoud en betekenis van
elkeen van hierdie begrippe, spesif‌iek die begrippe ‘slytasie’, ‘lekkasie en
brekasie’, ‘inherente gebrek’, ‘verborge gebrek’ en ‘defektiewe verpakking’.
Die effektiewe versekering teen alle vorme van risiko’s wat moontlik
tydens ’n seevaart kan verwesenlik, is noodsaaklik en hou belangrike gevolge
vir die in- of uitvoerder in. Dientengevolge moet vasgestel word hoe die ‘alle
risiko’-polis geïnterpreteer word, met spesif‌ieke verwysing na die gebeur-
likhede wat daarvan uitgesluit is.
Alvorens die gebeurlikhede onder die loep geneem word wat normaalweg
kragtens ’n ‘alle risiko’-polis uitgesluit word, sal volledigheidshalwe maar
slegs baie kortliks na die risikovereiste verwys word, soos dit in die algemene
versekeringsreg en ook in die seeversekeringsreg van toepassing is. Dit sal
gedoen word met vlugtige verwysing na die def‌inisie van risiko, die
kontraktuele omskrywing van die risiko in die polisdokument, die verander-
ing of wysiging van die risiko en kousaliteit.
2 Die Risikovereiste in die Versekeringsreg
2
2.1 Inleiding
Seeversekering is die oudste vorm van versekering. Al die ander vorme van
versekering wat tans bestaan, het uit hierdie tipe versekering ontwikkel.
3
Seeversekering kan tuisgebring word onder die kategorie skadeversekering.
Die risikovereiste is een van die wesenlike en noodsaaklike elemente van ’n
versekeringskontrak en so ook die skadeversekeringskontrak.
4
Daarom word
ook daarna verwys as een van die essentialia van ’n versekeringskontrak.
Reinecke
5
omskryf die begrip ‘risiko’ aan die hand van die verduideliking dat
2
MFB Reinecke, Schalk van der Merwe, JP van Niekerk & Peter Havenga General Principles of
Insurance Law (2002) op 187 (hierna ‘Reinecke Insurance Law’); M Davies & A Dickey Shipping Law
(1990) op 323-4. Sien in die algemeen ook JP Lowry & P Rawlings Insurance Law: Doctrines and
Principles 2 uitg (2005); FD Rose Marine Insurance Law and Practice (2004); HN Bennett The Law of
Marine Insurance (1996).
3
DM Davis Gordon and Getz on The South African Law of Insurance 4 uitg (1993) op 380 (hierna
‘Davis Insurance’).
4
Die risikovereiste vorm die basis van enige versekeringskontrak, siende dat die risiko vanaf die
versekerde na die versekeraar oorgedra word. Indien die risiko wel materialiseer, word die versekeraar
aanspreeklik gestel vir die skade wat deur die materialisering van die risiko veroorsaak is (Reinecke
Insurance Law op cit noot 2 op 17-8; Kent v South African National Life Assurance Company 1997 (2)
SA 808 (D) op 814).
5
Reinecke Insurance Law op cit noot 2 op 187. Volgens F Ewald ‘Risk in Contemporary Society’
(2000) 6 Connecticut Insurance LJ 365 op 366-79 behels die begrip ‘risiko’ die blootstelling van ’n
objek aan ’n gevaar of ’n dreigement van gevaar. Ewald verbind nie die begrip uitsluitlik aan
ekonomiese of f‌inansiële verlies nie (op 373). Die skrywer verskaf (op 379) ’n baie interessante en
onkonvensionele verduideliking van die begrip ‘risiko’:
‘The perception of risk constitutes a def‌ining experience for contemporary society: how far is too
far? While valuing risk, adventure and entrepreneurship, contemporary society seeks to keep in
within measure. Thus, while risk stands as a principle of valuation, motivation and action, it also
constitutes a principle of limitation, restriction, and prohibition. When overvalued or undervalued,
risk quickly turns human experiences into inhuman ones. There is therefore no need to set a
‘ALLE RISIKO’-POLIS IN DIE SEEVERSEKERINGSREG 485
© Juta and Company (Pty) Ltd
elke persoon daagliks blootgestel word aan omstandighede, optredes en
gebeurtenisse wat ’n onwenslike verandering in ’n persoon se status quo,
hetsy f‌inansieel of andersins, kan meebring. Hierdie potensiële verandering
bring onsekerheid mee in die sin dat ’n persoon nie weet of die verandering
wel gaan plaasvind nie en indien wel, wanneer dit gaan plaasvind of wat die
omvang van die onwenslike gevolge sal wees.
Alvorens hierdie gebeurtenisse plaasvind, is dit dus ’n potensiële bron wat
die moontlikheid van nadeel (wat die onsekerheid daarstel) van ‘onwenslike
verandering’ inhou.
6
Hierdie moontlikheid van nadeel word die ‘risiko’
genoem.
7
Uit Reinecke se omskrywing is dit duidelik dat die begrip ‘risiko’ streng
verband hou met ‘onsekerheid’ of ‘toevalligheid’. Die meeste situasies wat
relevant is tot die risikovereiste word as ’n reël aan die hand van die
‘toevalligheidsvereiste’ verduidelik of omskryf.
8
Hierdie uitgangspunt is
korrek. Al die skrywers op hierdie gebied koppel die versekeraar se
verpligtinge aan die een of ander onsekere (gewoonlik toekomstige, maar
soms ook verlede) gebeurtenis wat ’n kontraktueel omskrewe gevolg moet
veroorsaak.
9
In Kent v South African National Life Assurance Company
10
het die hof
bevind dat enige versekeringskontrak voorveronderstel dat die versekeraar die
versekerde sal betaal indien die een of ander gespesif‌iseerde, onsekere
gebeurtenis plaasvind. Volgens die hof is die moontlikheid dat die gebeurtenis
kan plaasvind die risiko: ‘If the happening of the event is a certainty, then
there is not a possibility but a certainty of harm and therefore there is no risk.’
Enkele aspekte van die risikovereiste sal vervolgens van nader beskou word
met spesif‌ieke verwysing na die kontraktuele omskrywing van die risiko,
die wysiging van die risiko en ook die kousaliteitsvereiste wat sterk met die
risikovereiste verband hou. Al hierdie aspekte kan, soos hieronder aangedui
word, ’n groot rol by die ‘alle risiko’-polis en die uitsluitings daarop, speel.
morality of risk against a morality of protection. Indeed, the morality of risk is inextricably
a morality of protection. Risk and safety are not opposite concepts independent from each other.’
6
Dit is egter van belang om kennis te neem dat vir seeversekeringsdoeleindes nie enige onwenslike
verandering relevant is nie. Hoewel die nadeel verwys na vermoënskade sowel as nie-vermoënskade
wat ’n persoon kan ly agv die gewraakte gevaar (sien Reinecke Insurance Law op cit noot 2 op 16 ev,
188 vir ’n volledige bespreking van hierdie aspek), is dit redelik om vir doeleindes van
seevragversekering en bygevolg ook vir doeleindes van hierdie ondersoek te aanvaar dat die risiko altyd
verband sal hou met die een of ander vorm van f‌inansiële verlies of vermoënskade.
7
In Lourens NO v Colonial Mutual Life Assurance Society Ltd 1986 (3) SA373 (A) op 383-4 het die
hof die betekenis van die woord ‘ongeval’ (die gevaar of nadelige gebeurtenis in hierdie geval)
ondersoek en in die proses ook ’n kort en kragtige def‌inisie van die begrip ‘risiko’ verskaf:
‘In die versekeringsreg is die woord ‘‘ongeval’’moeilik om te def‌inieer en word dit in sy gewone en
alledaagse betekenis gebruik om ’n toevallige ongesogte ongeluk of ’n teenspoedige gebeurtenis wat nie
verwag of beoog word nie, aan te dui.... ’n Ongeval in hierdie sin is die gevaar (‘‘peril’’) wat
prognosties gesien die moontlikheid van nadeel wat algemeen bekend staan as risiko inhou.’
8
’n Gebeurtenis sal per toeval geskied indien dit onverwags geskied en nie agv beheerde of ge‘wil’de
optrede meegebring word nie. So is dit ’n sekerheid dat ’n persoon wel in die een of ander stadium van
sy lewe te sterwe sal kom, maar dit is toevallig dat die persoon op ’n spesif‌ieke ouderdom of wyse te
sterwe kom.
9
Sien bv Davis Insurance op cit noot 3 op 174-90.
10
Supra noot 4 op 813.
(2010) 22 SA Merc LJ486
© Juta and Company (Pty) Ltd

To continue reading

Request your trial

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT