Lourens NO v Colonial Mutial Life Assurance Society Ltd

JurisdictionSouth Africa
JudgeJansen AR, Kotzé AR, Trengove AR, Hefer AR en Boshoff AR
Judgment Date25 February 1986
Citation1986 (3) SA 373 (A)
Hearing Date10 September 1985
CourtAppellate Division

Boshoff AR:

Hierdie appèl gaan oor die vertolking en toepassing van 'n uitsonderingsvoorwaarde ten opsigte van bykomende ongevallevoordele in 'n lewensversekeringspolis.

F Johannes J Vorster het op 1 Junie 1980 die polis uitgeneem by die respondentmaatskappy en is op 16 Junie 1981, terwyl die polis nog van krag was, oorlede in 'n motorbotsing op die openbare pad tussen Heidelberg en Nigel, Transvaal. Nadat die respondent aanspreeklikheid ingevolge die polis gerepudieer het, het die eksekuteur in Vorster se boedel, nou die G appellant, 'n aksie in die Kaap die Goeie Hoop Provinsiale Afdeling ingestel vir die versekerde bedrag van R30 000. Die Verhoorhof het die respondent se verweer wat gebaseer was op die voornoemde uitsonderingsvoorwaarde gehandhaaf en die appellant se eis van die hand gewys met koste.

Die soort ongeval waarby 'n ongevallevoordeel onder die polis H betaalbaar is, word as volg omskryf:

"Liggaamlike besering van die versekerde lewe veroorsaak alleenlik en regstreeks deur 'n geweldadige, uitwendige en sigbare ongeluk wat plaasvind na die aanvang van hierdie voordele welke besering regstreeks en los van alle ander oorsake binne 90 dae na die datum waarop die liggaamlike besering opgedoen is, lei tot 1. dood of 2.... of 7...."

I Die gevolge genoem in 2 tot en met 7 verwys na verskillende soorte ongeskiktheid wat nie nou ter sake is nie.

Dit is gemene saak tussen die partye dat ons in hierdie saak te doen het met 'n ongeval wat aan hierdie omskrywing voldoen.

Die uitsonderingsvoorwaarde wat ter sake is verskyn as volg in die polis:

"Voorwaardes

J 1. Uitsonderings en beperking van risiko

Boshoff AR

(i)

Hierdie voordele omvat of dek nie besering of dood nie A wat uitsluitlik of gedeeltelik, regstreeks of onregstreeks veroorsaak is:

(a)

............

(b)

............

(c)

............

(d)

terwyl die versekerde lewe die strafreg oortree behoudens en behalwe enige optrede wat 'n oortreding is slegs omdat dit 'n B skending uitmaak van die reëls met betrekking tot die diensvoorwaardes van die versekerde lewe.

(e)

............

(f)

............

(g)

............"

Hierdie klousule 1 (i) (d) in die uitsonderingsvoorwaarde is C deur die Verhoorhof toegepas op die volgende stel feite.

Die voornoemde Vorster, die versekerde lewe onder die polis, het op die betrokke dag met sy Cortina-bakkie van oos na wes gery op die Nigel na Heidelberg-pad. Die pad gaan deur 'n duik en in die duik gaan dit onder 'n brug deur. In die duik is die D totale breedte van die teeroppervlakte van die pad ongeveer agt meter. Die pad dra verkeer in beide rigtings en daar is 'n sperstreep wat die twee rybane in die middel verdeel. 'n Sekere Setshanga het 'n meganiese perd en sleepwa bestuur vanaf Heidelberg na Nigel, dit wil sê in die rigting van wes na oos. Sy sleepwa was swaar gelaai met 'n vrag van 25 ton. Hy het op sy korrekte kant van die pad gery en toe hy die duikweg E onderdeur die brug nader het 'n Mercedes-Benz meganiese perd en sleepwa van voor af aangekom, dit wil sê vanaf Nigel in 'n rigting van oos na wes. Die Cortina-bakkie het ook van voor af aangekom en langs die Mercedes-voertuig gery. Die Cortinabakkie was op sy verkeerde kant van die pad. Setshanga het die remme van sy voertuig aangeslaan en effens links geswenk maar voordat F hy kon stilhou het die Cortina-bakkie kop-aan-kop met sy voertuig gebots in die middel van Setshanga se korrekte kant van die pad. Hy kon nie met sy voertuig skerp swaai nie aangesien dit die gevolg kon hê dat die perd en die sleepwa opvou. Die bestuurder van die Mercedes-voertuig het nie na die botsing stilgehou nie. Vanaf die punt van botsing strek die G sperstreep vir vyf km oos en vir een km wes. Die botsing het teen 'n hoogte uit die duik uit plaasgevind waar Vorster se uitsig vir aankomende verkeer versper was.

Die Verhoorhof het bevind, en dit word nie bestry nie, dat Vorster die strafreg oortree het in die volgende opsigte. Hy H het (a) art 109 (4) van die Padverkeerordonnansie 21 van 1966 (T) oortree deur op 'n openbare pad die Mercedes-voertuig wat in dieselfde rigting gegaan het verby te steek toe hy die kruin van 'n bult genader het waar sy uitsig vir aankomende verkeer so beperk was dat sy verbysteek 'n gevaar vir sulke aankomende verkeer was; (b) art 109 (6) oortree deur op 'n openbare pad I toe hy op die punt gestaan het om die naderende voertuig van Setshanga verby te steek aan sy verkeerde kant van die pad te ry en sodanige aankomende voertuig in gevaar te stel; (c) art 138 (1) oortree deur die Cortina-bakkie op 'n openbare pad roekeloos of nalatig te bestuur. (Die woord roekeloos sluit hier ook in opsetlike en moedswillige verontagsaming van die veiligheid van persone of eiendom; kyk art 138 (2)); (d) art 139 oortree deur op 'n openbare pad 'n voertuig te bestuur J sonder redelike inagneming van

Boshoff AR

A ander padgebruikers; (e) reg 166 gelees met reg 182 van die Padverkeersregulasies oortree deur aan die regterkant van die sperstreep te ry terwyl dit onveilig was om dit te doen.

Namens die appellant is in die Verhoorhof betoog dat die polis beperkend uitgelê moet word om nie oortredings van die B Padverkeerordonnansie of kriminele oortredings wat spruit uit die bestuur van 'n motorvoertuig in te sluit nie, en alternatiewelik, om alleenlik opsetlike oortredings onder die begrip "strafreg" in te sluit.

Die Verhoorhof het hierdie betoog verwerp en beslis dat die woorde "strafreg oortree" hulle gewone alledaagse betekenis C gegee moet word en dat daar onvoldoende rede bestaan om die woorde te beperk tot sekere kriminele oortredings soos byvoorbeeld opsetlike oortredings. Die Verhoorhof het gevolglik tot die slotsom gekom dat Vorster se optrede neergekom het op oortreding van die strafreg in die sin waarin die woorde in klousule 1 (i) (d) gebruik word en dat die appellant nie 'n verhaal onder die polis het nie.

D Die appellant kom nou in hoër beroep teen hierdie vertolking van klousule 1 (i) (d) en die toepassing daarvan op die feite van hierdie geval.

Mnr Doctor, namens die appellant, betoog in hoofsaak dat die woorde "strafreg oortree" in die verband waarin hulle gebruik word, nie hulle gewone en alledaagse betekenis kan hê nie want E dit gee aan klousule 1 (i) (d) 'n gevolg wat so absurd en onbestaanbaar is dat dit die hele doel van die versekering onder die polis verydel.

Volgens hom bring so 'n betekenis van die woorde mee dat waar 'n versekerde in 'n ongeluk omkom of ongeskik raak terwyl hy die strafreg oortree, hy sy dekking onder die polis verbeur F ongeag die tersaaklikheid, aard of omvang van die oortreding. Hy lig sy betoog toe met die volgende voorbeelde: waar 'n versekerde sterf of ongeskiktheid opdoen as gevolg van beserings veroorsaak in 'n ongeluk wat gebeur het terwyl die versekerde in stryd met die strafreg in gebreke gebly het om sy televisielisensie te betaal of verkeerd geparkeer het of deelgeneem het aan 'n onwettige staking, verloor hy sy voordele G onder sy polis; waar 'n versekerde in stryd met die strafreg 'n ongeoorloofde aantal krewe agter in sy motorkar se bak vervoer of vleis vanuit een beheerde gebied na 'n ander beheerde gebied in sy motorkar vervoer en hy raak betrokke in 'n botsing met 'n dronk bestuurder, word hy nie gedek onder sy polis nie.

Volgens mnr Doctor moet hierdie absurde gevolg vermy word deur H 'n beperkende vertolking op die woorde "strafreg oortree" te plaas. Wat die vertolking moet wees, kan volgens hom vasgestel word deur na die rede waarom so 'n polis uitgeneem word, te kyk. Hy gee in oorweging dat hierdie soort polis by die gewone man wat dit uitneem die indruk skep dat hy gedek sal wees, I afgesien van enige ander soort dekking wat deur die polis verskaf word, indien hy in 'n motorbotsing betrokke sou raak. Om hierdie oogmerk nie deur onsinnighede te laat verydel nie moet die woorde "strafreg oortree" dus vertolk word dat die woord "strafreg" nie verkeersoortredings en die woord "oortree" nie nalatige oortredings insluit nie. Dit word ook aan die hand gedoen dat die woorde beperk moet word om slegs na gemeenregtelike misdade te verwys.

Inderdaad steun hierdie betoog geheel en al op die J teenwoordigheid en die gebruik van die voegwoord "terwyl" in klousule 1 (i) (d). Volgens

Boshoff AR

mnr Doctor dui dit op 'n tydsduur. Hy verwys na klousule 1 (i) A (g) waar die woord "terwyl" ook gebruik word en onteenseglik dui op 'n tydsduur. Die uitsonderingsvoorwaarde geld daar "terwyl die versekerde lewe buite die grens is van die Republiek van Suid-Afrika". Hy verwys ook na die ander klousules, naamlik 1 (i) (a), (b), (c), (e) en (f) waar die uitsonderingsvoorwaarde geld wanneer die dood of ongeskiktheid B "deur" die omstandighede daarin genoem veroorsaak word. Die woord "deur" word daar gebruik om 'n oorsaaklike verband tussen die beserings en die omstandighede wat in die klousules genoem word aan te toon. Mnr Griessel, namens die respondent, daarenteen argumenteer dat die woorde "terwyl die versekerde C lewe die strafreg oortree" duidelik en ondubbelsinnig is en dat aan hulle hulle gewone, alledaagse en letterlike betekenis gegee moet word. Hy gee toe dat die woord "terwyl" 'n tyd en nie 'n oorsaaklike betekenisinhoud het nie maar volgens hom maak dit nie saak dat so 'n uitleg in sekere omstandighede tot 'n absurditeit mag lei nie want gevolg moet gegee word aan die duidelike en ondubbelsinnige bepalings van die kontrak wat D deur die partye aangegaan is. Dit is nie die funksie van die Hof om met die uitleg van 'n kontrak, die kontrak te herskrywe of te verander slegs omdat dit billik sou wees om dit te doen nie. Die ongevallevoordele is ten opsigte van ongevalle wat nie tot motorongelukke beperk is nie, en volgens mnr Griessel kan dit dus nie betoog word nie dat die vertolking van die betrokke E woorde volgens hulle gewone en alledaagse betekenis sal...

To continue reading

Request your trial
14 practice notes
  • Dilokong Chrome Mines (Edms) Bpk v Direkteur-Generaal, Departement van Handel en Nywerheid
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Ltd 1934 AD 458 op 465-6; Gravenor v Dunswart Iron Works 1929 AD 299 op 303; Lourens NO v Colonial Mutual Life Assurance Society Ltd 1986 (3) SA 373 (A) op 383F-384A; Sassoon Confirming and Acceptance Co (Pty) Ltd v Barclays F National Bank Ltd 1974 (1) SA 641 (A) op 646B; Christie The Law ......
  • S Z Tooling Services CC v SA Eagle Insurance Co Ltd
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Bpk 1985 (1) SA 332 (O) at 339 J in 1993 (1) SA p276 fine-340C; Lourens NO v Colonial Mutual Life Assurance Society Ltd 1986 (3) SA 373 (A) at 391G-392D. As to the question of the purpose of a time-bar clause, see Hardy Ivamy (op cit at 276); Hartman v Minister van Polisie 1983 (2) SA 489 (......
  • Skilya Property Investments (Pty) Ltd v Lloyds of London Underwriting
    • South Africa
    • Invalid date
    ...v British Merchants Insurance Co Ltd [1961] 1 All ER 705 (QB): referred to Lourens NO v Colonial Mutual Life Assurance Society Ltd 1986 (3) SA 373 (A): M Zhan Investments (Pty) Ltd v General Accident Insurance of South Africa Ltd 1981 (4) SA 143 (SE): dictum at 149F - H applied F Macs Marit......
  • Concord Insurance Co Ltd v Oelofsen NO
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Insurance Co Ltd v Native Recruiting Corporation Ltd 1934 AD 458 at 465-6; Lourens NO v Colonial Mutual Life Assurance Society Ltd 1986 (3) SA 373 (A) at 383F-I; Smith v Cornhill Insurance Co Ltd [1938] 3 All ER 145 at 150; Rabinowitz and Another NNO v H Ned-Equity Insurance Co Ltd and Anot......
  • Request a trial to view additional results
13 cases
  • Dilokong Chrome Mines (Edms) Bpk v Direkteur-Generaal, Departement van Handel en Nywerheid
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Ltd 1934 AD 458 op 465-6; Gravenor v Dunswart Iron Works 1929 AD 299 op 303; Lourens NO v Colonial Mutual Life Assurance Society Ltd 1986 (3) SA 373 (A) op 383F-384A; Sassoon Confirming and Acceptance Co (Pty) Ltd v Barclays F National Bank Ltd 1974 (1) SA 641 (A) op 646B; Christie The Law ......
  • S Z Tooling Services CC v SA Eagle Insurance Co Ltd
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Bpk 1985 (1) SA 332 (O) at 339 J in 1993 (1) SA p276 fine-340C; Lourens NO v Colonial Mutual Life Assurance Society Ltd 1986 (3) SA 373 (A) at 391G-392D. As to the question of the purpose of a time-bar clause, see Hardy Ivamy (op cit at 276); Hartman v Minister van Polisie 1983 (2) SA 489 (......
  • Skilya Property Investments (Pty) Ltd v Lloyds of London Underwriting
    • South Africa
    • Invalid date
    ...v British Merchants Insurance Co Ltd [1961] 1 All ER 705 (QB): referred to Lourens NO v Colonial Mutual Life Assurance Society Ltd 1986 (3) SA 373 (A): M Zhan Investments (Pty) Ltd v General Accident Insurance of South Africa Ltd 1981 (4) SA 143 (SE): dictum at 149F - H applied F Macs Marit......
  • Concord Insurance Co Ltd v Oelofsen NO
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Insurance Co Ltd v Native Recruiting Corporation Ltd 1934 AD 458 at 465-6; Lourens NO v Colonial Mutual Life Assurance Society Ltd 1986 (3) SA 373 (A) at 383F-I; Smith v Cornhill Insurance Co Ltd [1938] 3 All ER 145 at 150; Rabinowitz and Another NNO v H Ned-Equity Insurance Co Ltd and Anot......
  • Request a trial to view additional results
1 books & journal articles
  • Die Aard en Omvang van die ‘Alle Risiko’-polis in die Seeversekeringsreg
    • South Africa
    • South Africa Mercantile Law Journal No. , August 2019
    • 16 August 2019
    ...sal hou met die een of ander vorm van f‌inansiële verlies of vermoënskade.7In Lourens NO v Colonial Mutual Life Assurance Society Ltd 1986 (3) SA373 (A) op 383-4 het diehof die betekenis van die woord ‘ongeval’ (die gevaar of nadelige gebeurtenis in hierdie geval)ondersoek en in die proses ......

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT