Dilokong Chrome Mines (Edms) Bpk v Direkteur-Generaal, Departement van Handel en Nywerheid

JurisdictionSouth Africa
Citation1992 (4) SA 1 (A)

Dilokong Chrome Mines (Edms) Bpk v Direkteur-Generaal, Departement van Handel en Nywerheid
1992 (4) SA 1 (A)

1992 (4) SA p1


Citation

1992 (4) SA 1 (A)

Court

Appèlafdeling

Judge

Botha AR, Smalberger AR, Milne AR, Van den Heever AR, Nicholas Wn AR

Heard

March 5, 1992

Judgment

May 21, 1992

Flynote : Sleutelwoorde

C Myne en minerale — Minerale — Uitvoer van — Chroomerts wat aan proses van veredeling by veredelingsaanleg by myn onderwerp is — Nie 'onverwerkte grondstowwe' soos bedoel in Uitvoeraansporingstelsel aangekondig in Goewermentskennisgewing R2219 van 31 Oktober 1980 nie — As sulks kwalifiseer veredelde chroomerts vir kompensasie ingevolge voormelde uitvoeraansporingstelsel.

D Handel en handelsmerk — Handel — Uitvoeraansporingstelsel — Uitvoer- aansporingskema in Goewermentskennisgewing sonder statutêre magtiging uitgevaardig — Status in regte van skema — Skema het geen verpligtinge vir onderdane geskep nie en ook nie op regte inbreuk gemaak nie — Geen kontrak gevorm tussen uitvoerder en Staat wanneer uitvoerder hom ingevolge E skema registreer en 'n eis vir kompensasie indien nie — Animus contrahendi by beide partye afwesig — Statutêre magtiging vir skema ook nie verleen deur wysiging van art 11bis van Inkomstebelastingwet 58 van 1962 deur art 10 van Inkomstebelastingwet 96 van 1981 nie — Skema het uitsluitlik voordele verleen en was 'n suiwer begunstigende beskikking — F Uitvaardiging en inwerkingstelling van skema bevoegde handelinge van uitvoerende owerheid kragtens Staatsprerogatief.

Handel en handelsmerk — Handel — Uitvoeraansporingstelsel — Uitvoer- aansporingskema in Goewermentskennisgewing kragtens Staatsprerogatief G uitgevaardig — Beslissing van Direkteur-generaal van

1992 (4) SA p2

A Departement of uitvoerder geregtig is op bystand kragtens skema — Sodanige beslissing 'n administratiefregtelike beslissing — Beslissing deur Hof hersienbaar.

Handel en handelsmerk — Handel — Uitvoeraansporingstelsel — Uitvoer- aansporingskema in Goewermentskennisgewing kragtens Staatsprerogatief B uitgevaardig — Beslissing van Direkteur-generaal van Departement of uitvoerder geregtig is op bystand kragtens skema — Bepaling van skema dat 'onverwerkte grondstowwe en produkte van mynbousektor . . .' nie vir kompensasie kragtens skema sou kwalifiseer nie — Bepaling postuleer bloot 'n feitelike norm — Direkteur-generaal nie met diskresie beklee om te C beslis of eise vir kompensasie binne of buite bestek van skema geval het nie.

Getuienis — Voorlegging en toelating van — Getuienis van lid van vaste komitee wat bewoording van Staatsuitvoeraansporingskema opgestel het oor oogmerk van skema — Getuienis aangebied as hulpmiddel by uitleg van skema D — Beginsels waarvolgens inhoud van verslag van regterlike kommissie deur Hof in ag geneem kan word by uitleg van Wet wat as gevolg daarvan aangeneem is nie van toepassing nie waar vaste komitee geen amptelike verslag uitgebring het nie — Getuienis van lid van vaste komitee bloot sy E subjektiewe siening van betekenis van bewoording van skema — Sy blote ipse dixit dat vaste komitee bedoel het dat skema 'n sekere betekenis moet dra nie toelaatbaar nie.

Headnote : Kopnota

Op 31 Oktober 1980 is Goewermentskennisgewing R2219 in die Staatskoerant gepubliseer waarvolgens die implementering van 'n nuwe uitvoeraansporingstelsel ('die skema') deur die Departement van Handel en F Verbruikersake aangekondig is. Die skema het voorsiening gemaak vir twee nuwe kategorieë waaronder uitvoerders kompensasie kon verkry, welke kategorieë bekend gestaan het as 'kategorieë A en B'. Kompensasie aan uitvoerders was in die vorm van inkomstebelastingvoordele, maar die skema is later gewysig om voorsiening te maak vir die uitbetaling van kompensasie by wyse van promesses, aflosbaar na twee jaar, met rente. In G drie bylaes tot die kennisgewing is besonderhede van die inhoud van die uitvoeraansporingstelsel uiteengesit. Die kennisgewing het verwys na 'n verklaring wat die betrokke Minister vroeër in die Parlement gemaak het waarin hy die Regering se aanvaarding van 'n nuwe uitvoeraansporingstelsel gegrond op voorstelle van die 'Van Huyssteen-studiegroep', soos aangepas deur die 'Reynders Tegniese Komitee' aangekondig het en het gemeld dat 'n 'Vaste Komitee insake Uitvoeraansporings' aangestel is om met die implementering van die stelsel behulpsaam te wees. Die skema soos H uiteengesit in die bylaes tot die kennisgewing is dié wat deur die Vaste Komitee aanbeveel is. In verband met kategorie B uitvoere, het die volgende paragraaf in deel III van die skema verskyn: 'Voorlopig en totdat die Vaste Komitee insake Uitvoeraansporings 'n geskikte grondslag gelê het vir die behandeling van eise ten opsigte van onverwerkte grondstowwe en produkte van die mynbou-, vis-, landbou-, bosbou-, en dienstesektor, sal hierdie produkte nie vir kompensasie kragtens hierdie skema kwalifiseer I nie.' Deel VI van die skema het gehandel met die indiening en afhandeling van uitvoerders se eise en het in paras 1.2 en 1.3 die volgende bepalings bevat: '1.2 Die Departement . . . kontroleer en neem beslissings oor alle eise . . .' en '1.3 'n Beslissing van die Direkteur-generaal . . . by die vasstelling van die bedrae aan kompensasie is finaal en afdoende. . . .' Die appellant het 'n myn bedryf waarin chroomerts ontgin is en na verwydering van die erts uit die myn aan 'n proses van veredeling onderwerp is. Gedurende 1987 het appellant eise vir kompensasie volgens J kategorieë A en B aan die Departement van Handel en Nywerheid

1992 (4) SA p3

A voorgelê. Die eise volgens kategorie A is aanvaar en uitbetaal maar nie die eise volgens kategorie B nie. Die appellant het daarna 'n aansoek in 'n Provinsiale Afdeling aanhangig gemaak vir 'n bevel waarin verklaar word dat die myn se produkte, naamlik veredelde chroomkonsentraat, chemiese graad chroomerts, metallurgiese fyngraad chroomerts en metallurgiese klonterts, produkte was wat vir kompensasie onder kategorie B gekwalifiseer het en dat die respondent verplig was om die appellant se kategorie B-eise te oorweeg en bedrae van kompensasie vas te stel. Die B aansoek is deur die respondent bestry. Uit die beëdigde verklarings het dit geblyk dat die respondent se afwysing van die eise op die voormelde paragraaf in deel III van die skema berus het. Die vraag of die appellant se produkte 'onverwerkte grondstowwe of onverwerkte produkte van die mynbousektor' was, is deur die Hof vir die aanhoor van mondelingse getuienis verwys. Na die aanhoor van getuienis is bevind dat appellant nie bewys het 'dat sy konsentrate lei tot iets anders as 'n onverwerkte C grondstof soos bedoel in die kennisgewing en deur die verskillende betrokke komitees' nie en is die aansoek afgewys. In hoër beroep het die Appèlafdeling die volgende vrae beoordeel: (1) Na aanleiding van die feit dat daar geen wetgewing was wat die Minister statutêr gemagtig het om die skema uit te vaardig nie, wat die status in regte was van die kennisgewing en skema wat daarin afgekondig is - die betoog van die appellant was dat daar 'n kontrak tussen die appellant en die Staat tot stand gekom het D deurdat die bekendmaking van die skema 'n aanbod deur die Staat aan uitvoerders behels het wat deur 'n uitvoerder tot 'n kontrak omskep kon word deur aanname daarvan, alternatiewelik dat die skema ex post facto statutêre magtiging verkry het deur middel van die wysiging van art 11bis van die Inkomstebelastingwet 58 van 1962 wat aangebring is deur art 10 van die Inkomstebelastingwet 96 van 1981; namens die respondent is aangevoer dat die skema uitgevaardig is kragtens die uitoefening van die E Staatsprerogatief. (2) Of, soos deur die respondent aangevoer, die verhouding tussen 'n uitvoerder en die Departement op 'n administratiefregtelike vlak gelê het, uit hoofde waarvan, en op grond van sekere bepalings van die skema, die Direkteur-generaal met 'n diskresie beklee was om te beslis of eise binne of buite die bestek van die skema geval het en dat daar geen gronde was waarop die Hof geregverdig sou wees om die uitoefening van die diskresie tersyde te stel nie. (3) Hoe die bepalings van die skema uitgelê moes word en of die getuienis van ene prof F B, 'n lid van die Vaste Komitee wat namens die respondent getuig het oor die oogmerke van die skema, toelaatbaar was of nie - die appellant het betoog dat aan die woorde van die skema hulle gewone betekenis geheg moes word en dat prof B se getuienis ontoelaatbaar as 'n hulpmiddel by die uitleg van die skema was; die respondent het betoog dat prof B se getuienis toelaatbaar was op grond van die beginsels in Westinghouse Brake G & Equipment (Pty) Ltd v Bilger Engineering (Pty) Ltd 1986 (2) SA 555 (A). (4) Of die produkte wat die appellant uitgevoer het 'onverwerkte grondstowwe of produkte van die mynbousektor' was al dan nie.

Beslis (per Botha AR; Smalberger AR, Milne AR en Nicholas Wn AR samestemmend), ten aansien van vraag (1), dat die vorm en inhoud, trouens die hele voorkoms en strekking, van die kennisgewing nie van so 'n aard was as waaraan 'n mens gewoond was en wat verwag sou word met betrekking tot 'n aanbod wat bestem was om tot kontraktuele aanspreeklikheid H aanleiding te gee nie.

Beslis, verder, dat wat gebeur het was dat die Minister, verteenwoordigend van die uitvoerende gesag van die Staat, bekend gemaak het dat sekere geldelike voordele beskikbaar gemaak is vir sekere uitvoerders wat aan bepaalde vereistes voldoen het en wat eise ingedien het volgens die 'riglyne' wat daarvoor voorgeskryf is: hierdie oorwegings het gedui op wat van fundamentele belang was in die huidige saak, naamlik die aard van die I onderliggende verhouding tussen die partye, wat dié van owerheid teenoor onderdaan was en wat op die gebied van die administratiefreg gelê het.

Beslis, verder, dat die beskikbaarstelling aan onderdane van geldelike bystand uit die Staatskas deur...

To continue reading

Request your trial
28 practice notes
27 cases
1 books & journal articles
28 provisions

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT