Lourens NO v Colonial Mutual Life Assurance Society

JurisdictionSouth Africa
Citation1984 (2) SA 80 (C)

Lourens NO v Colonial Mutual Life Assurance Society
1984 (2) SA 80 (C)

1984 (2) SA p80


Citation

1984 (2) SA 80 (C)

Court

Kaapse Provinsiale Afdeling

Judge

Vivier R

Heard

June 1, 1983; June 2, 1983

Judgment

November 22, 1983

Flynote : Sleutelwoorde C

Versekering — Persoonlike ongevallepolis — Uitleg van — Uitsonderings — klousule waarvolgens versekerde se dood nie gedek word indien dit "veroorsaak" is "... terwyl die versekerde lewe die strafreg oortree" — Woord "terwyl" uitgelê om te beteken "gedurende die tyd dat" en nie deur die woord "veroorsaak" gekwalifiseer nie — Woord "strafreg" moet sy gewone, alledaages betekenis gegee word — Sluit in alle oorterdings van die strafreg — Versekerde in 'n motorbotsing gedood terwyl hy roekeloos of nalatig bestuur het en ook ander oortredings van die Padverkeerordonnansie en Padverkeerregulasies oortree het — Sy dood deur die uitsonderingsklousule gedek — Versekeraar nie kragtens die polis aanspreeklik nie.

Headnote : Kopnota

Voor sy dood in 'n motorbotsing is 'n peroonlike ongevallepolis deur die verweerder aan die oorledene, V, uitgereik. Nadat aanspreeklikheid ingevolge die polis deur die verweerder gerepudieer is, het die eksekuteur in V se boedel aksie ingestel om betaling van die versekerde bedrag. Die enigste geskilpunt by die verhoor was of die verweerder van aanspreeklikheid onthef is ingevolge klousule 1 (i) (d) van die polivsvoorwaardes wat bepaal het dat die voordele van die polis nie beserings of dood omvat of dek nie wat uitsluitlik of gedeeltelik "veroorsaak is... (d) terwyl die versekerde lewe die strafreg oortree...". Uit die getuienis het dit geblyk dat V sekere bepalings van die Padverkeerordonnansie 21 van 1966 (T) en die Padverkeerregulasies van Transvaal oortree het deur roekeloos of nalatig te bestuur, deur 'n voertuig verby te steek teen 'n bult toe sy uitsig vir aankomende verkeer versper was, deur aan die verkeerde kant van die pad te ry in die aangesig van aankomende verkeer, deur sonder redelike inagneming van ander padverbruikers te bestuur en deur aan die regterkant van 'n sperstreep te ry. Eiser het aangevoer dat klousule 1 (i) (d), en in besonder die woord "strafreg" daarin, beperkend uitgelê moes word as synde nie oortredings van die Padverkeerordonnansie of kriminele oortredings wat uit die bestuur van 'n motorvoertuig spruit, in te sluit nie.

Beslis, dat die woord "terwyl" in die klousule sy gewone betekenis van "gedurende die tyd dat" gedra het en nie gekwalifiseer was deur die woord "veroorsaak" in die eerste deel van die klousule om 'n kousale verband daar te stel nie.

Beslis, verder, dat die woorde van die klousule hulle gewone, alledaagse betekenis gegee moes word: die partye het uitdruklik ooreengekom om die versekeraar se aanspreeklikheid uit te sluit in gevalle waar die versekerde se dood veroorsaak is terwyl hy die strafreg oortree, en as aan die woord "strafreg" sy gewone, alledaagse betekenis gegee word, het dit alle oortredings van die strafreg ingesluit, en nie net sommige oortredings nie.

Beslis, verder, dat daar geen aanduiding in die klousule gevind kon word wat 'n beperking op die gewone betekenis van die woord "strafreg" geregverdig het nie.

Beslis, derhalwe, dat die verweerder ingevolge die klousule van aanspreeklikheid onthef is en dat die eis van die hand gewys moes word.

Flynote : Sleutelwoorde

Insurance — Personal accident policy — Interpretation of — Exception clause whereby insured's death not covered if it was "... caused while the insured life was contravening the criminal law" — The word "while" interpreted to mean "during the time that" and not qualified by the word "caused" — Words "criminal law" to be given their normal, everyday meaning — Includes all contraventions of the criminal law — Insured killed in a motor vehicle collision while he was driving recklessly or negligently and also contravening other provisions of the Road Traffic Ordinance or Road Traffic Regulations — His death covered by the exception clause — Insurer not liable in terms of the policy.

Headnote : Kopnota

Before his death in a motor vehicle collision, a personal accident policy had been issued by the defendant to the deceased, V. After liability in terms of the policy had been repudiated by the defendant, the executor in V's estate instituted action for payment of the insured amount. The only issue at the trial was whether the defendant had been absolved from liability by the terms of clause 1 (i) (d) of the policy conditions, which provided that the benefits of the policy did not include or cover death which was

1984 (2) SA p81

solely or partially "caused... (d) while the insured life was contravening the criminal law...". From the evidence it appeared that V had contravened certain provisions of the Road Traffic Ordinance 21 of 1966 (T) and the Transvaal Road Traffic Regulations by driving recklessly or negligently, by overtaking a vehicle on a rise when his view of approaching traffic was restricted, by driving on the wrong side of the road in the face of approaching traffic, by driving without reasonable consideration for other users of the road and by driving on the right hand side of a barrier line. The plaintiff contended that clause 1 (i) (d), and in particular the words "criminal law" therein, should be restrictively interpreted as not including contraventions of the Road Traffic Ordinance or criminal offences arising out of the driving of a motor vehicle.

Held, that the word "while" in the clause bore its normal meaning of "during the time that" and was not qualified by the word "caused" in the first part of the clause in order to create a causal link.

Held, further, that the words in the clause had to be given their normal, everyday meaning: the parties had expressly agreed to exclude the insurer's liability in the case where the insured's death was caused while he was contravening the criminal law, and, if the normal, everyday meaning was given to the words "criminal law", it included all contraventions of the criminal law, and not only some contraventions.

Held, further, that no indications could be found in the clause justifying a limitation of the normal meaning of the words "criminal law".

Held, accordingly, that the defendant was absolved from liability in terms of the clause and that the claim had to be dismissed.

Case Information

Aksie om betaling van 'n bedrag ingevolge 'n versekeringspolis. E Die feite blyk uit die uitspraak.

B Doctor namens die eiser.

1984 (2) SA p82

J van der Berg (bygestaan deur M J Fitzgerald) namens die verweerder.

Cur adv vult. A

Postea (November 22).

Judgment

Vivier R:

Op 16 Junie 1981 is Johannes Jacobus Vorster gedood in 'n motorbotsing op die openbare pad tussen Heidelberg en B Nigel, Transvaal.

Voor sy dood is 'n persoonlike ongevallepolis deur verweerder aan Vorster uitgereik in die bedrag van R30 000, en, nadat aanspreeklikheid ingevolge die polis deur verweerder gerepudieer is, eis die eksekuteur in Vorster se boedel nou hierdie bedrag van verweerder.

Die...

To continue reading

Request your trial
2 practice notes
  • Lourens NO v Colonial Mutial Life Assurance Society Ltd
    • South Africa
    • Invalid date
    ...insured's death. Appeal dismissed. The decision of the Cape Provincial Division in Lourens NO v Colonial Mutual Life Assurance Society 1984 (2) SA 80 confirmed. J 1986 (3) SA p376 Case Information Appèl teen 'n beslissing van die Kaapse Provinsiale Afdeling (VIVIER R) in Lourens NO v Coloni......
  • Lourens NO v Colonial Mutial Life Assurance Society Ltd
    • South Africa
    • Appellate Division
    • 25 Febrero 1986
    ...derhalwe die respondent van aanspreeklikheid onthef. Met betrekking tot die uitspraak van VIVIER R in die Hof a quo D - gerapporteer te 1984 (2) SA 80 - is ek dit eens met die mening en met die redes daarvoor (op 84D - G) dat die woord "terwyl" in die uitsondering nie 'n kousale verband ver......
2 cases
  • Lourens NO v Colonial Mutial Life Assurance Society Ltd
    • South Africa
    • Invalid date
    ...insured's death. Appeal dismissed. The decision of the Cape Provincial Division in Lourens NO v Colonial Mutual Life Assurance Society 1984 (2) SA 80 confirmed. J 1986 (3) SA p376 Case Information Appèl teen 'n beslissing van die Kaapse Provinsiale Afdeling (VIVIER R) in Lourens NO v Coloni......
  • Lourens NO v Colonial Mutial Life Assurance Society Ltd
    • South Africa
    • Appellate Division
    • 25 Febrero 1986
    ...derhalwe die respondent van aanspreeklikheid onthef. Met betrekking tot die uitspraak van VIVIER R in die Hof a quo D - gerapporteer te 1984 (2) SA 80 - is ek dit eens met die mening en met die redes daarvoor (op 84D - G) dat die woord "terwyl" in die uitsondering nie 'n kousale verband ver......

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT