Lourens NO v Colonial Mutual Life Assurance Society

JurisdictionSouth Africa
JudgeVivier R
Judgment Date22 November 1983
CourtCape Provincial Division

Vivier R:

Op 16 Junie 1981 is Johannes Jacobus Vorster gedood in 'n motorbotsing op die openbare pad tussen Heidelberg en B Nigel, Transvaal.

Voor sy dood is 'n persoonlike ongevallepolis deur verweerder aan Vorster uitgereik in die bedrag van R30 000, en, nadat aanspreeklikheid ingevolge die polis deur verweerder gerepudieer is, eis die eksekuteur in Vorster se boedel nou hierdie bedrag van verweerder.

Die partye was dit eens by die verhoor dat Vorster in die C gemelde botsing 'n liggaamlike besering opgedoen het "veroorsaak alleenlik en regstreeks deur 'n gewelddadige, uitwendige en sigbare ongeluk wat plaasvind na die aanvang van hierdie voordele", welke besering regstreeks en onafhanklik van alle ander oorsake binne 90 dae tot Vorster se dood gelei het.

D Die enkele geskilpunt by die verhoor was of verweerder onthef is van aanspreeklikheid ingevolge klousule 1 (i) (d) van die voorwaardes in die polis wat die risiko beperk. Klousule 1 (i) (d) lui soos volg:

"1 (i)

Hierdie voordele omvat of dek nie beserings of dood nie wat uitsluitlik of gedeeltelik, regstreeks of onregstreeks veroorsaak is -

(d)

terwyl die versekerde lewe die strafreg E oortree behoudens en behoudens en behalwe enige optrede wat 'n oortreding is slegs omdat dit 'n skending uitmaak van die reëls met betrekking tot die diensvoorwaardes van die versekerde lewe."

(Die onderstreping is deur my aangebring.)

Verweerder se saak was dat Vorster teen 'n bult, wat sy uitsig van aankomende verkeer versper het, 'n ander voertuig wat in F dieselfde rigting as hy beweeg het, probeer verbysteek het. Sodoende het hy aan sy verkeerde kant van 'n sperstreep beland waar hy kop-aan-kop met 'n aankomende voertuig gebots het. Verweerder se saak was dat Vorster, op die wyse wat hy sy voertuig bestuur het, art 109 (4) en (6), gelees met arts 134, 138 (1) en 139 van die Padverkeerorodonnansie 21 van 1966 (T), G sowel as reg 166, gelees met reg 182, van die Transvaalse Padverkeersregulasies oortree en gevolglik die strafreg oortree het binne die betekenis van hierdie woorde in klousule 1 (i) (d) van die uitsonderingsklousules in die polis. Namens verweerder is by die verhoor aanvaar dat die bewyslas hiervan op verweerder rus.

Ek behandel vervolgens die getuienis wat aangevoer is ten H opsigte van bogemelde geskilpunt. Namens verweerder het sersant A H J du Toit van die Heidelbergse polisie, wat kort ma die botsing op die toneel aangekom het, en die bestuurder van die voertuig waarteen Vorster gebots het, Lucas Setshanga, getuig.

Laasgenoemde het getuig dat hy op die betrokke oggend 'n meganiese perd en sleepwa bestuur het vanaf Heidelberg na Nigel, in 'n rigting wes na oos, Sy sleepwa was swaar gelaai met 'n vrag van 25 ton. Hy het op sy korrekte kant van die pad gery. Toe hy die duikweg en

Vivier R

brug wat op sommige van die foto's voor die Hof sigbaar is, nader, het 'n Mercedes Benz meganiese perd en sleepwa van voor af (dit wil sê vanaf Nigel in 'n rigting van oos na wes) aangekom. 'n Cortina-bakkie het ook van voor af aangekom en het langs die Mercedes-voertuig aan sy (die Cortina se) verkeerde A kant van die pad gery.

Setshanga het verder getuig dat hy die remme van sy voertuig aangeslaan en effens links geswenk het, maar voordat hy kon stop het die Cortina kop-aan-kop met sy voertuig gebots in die middel van sy, Setshanga, se korrekte kant van die pad. Hy het getuig dat hy nie met sy voertuig skerp kan swaai nie aangesien B dit tot gevolg kan hê dat die perd en sleepwa opvou ("jack-knife"). Die bestuurder van die Mercedes-voertuig het nie na die botsing stilgehou nie. Setshanga het getuig dat daar aan weerskante van die punt van botsing 'n sperstreep in die middel van die pad is.

Setshanga se getuienis is in 'n groot mate gestaaf deur die getuienis van sersant Du Toit. Hy het getuig dat hy die punt C van botsing vasgestel het deur middel van glasstukke en ander gebreekte items van die voertuie op die pad. Dit het ooreengekom met die punt van botsing wat deur Setshanga aan hom uitgwys is. Die punt van botsing soos deur hom bepaal, is aan Setshanga se korrekte kant van die pad. Die totale breedte van D die teeroppervlakte van die pad in die omgewing is agt meter. Die pad dra verkeer in beide rigtings. Daar is 'n sperstreep wat die twee rybane in die middel verdeel. Oos vanaf die punt van botsing strek die sperstreep vir 0,5 km en wes vanaf die punt van botsing strek dit vir een km.

Du Toit het getuig dat die Cortina-bakkie reg van voor beskadig E is. Setshanga se voertuig is aan die regter-voorkant beskadig.

Dit was gemene saak dat Vorster die bestuurder van die Cortinabakkie was.

Geen getuienis is deur eiser oor die botsing self aangebied nie. Beide Setshanga en Du Toit het my beïndruk as betroubare getuies en daar bestaan geen rede om nie hul getuienis te F aanvaar nie. Daarvolgens het Vorster oor 'n sperstreep gery om 'n ander voertuig verby te steek en het hy sodoende aan sy verkeerde kant van die pad beland waar hy met 'n...

To continue reading

Request your trial
2 practice notes
  • Lourens NO v Colonial Mutial Life Assurance Society Ltd
    • South Africa
    • Invalid date
    ...insured's death. Appeal dismissed. The decision of the Cape Provincial Division in Lourens NO v Colonial Mutual Life Assurance Society 1984 (2) SA 80 confirmed. J 1986 (3) SA p376 Case Information Appèl teen 'n beslissing van die Kaapse Provinsiale Afdeling (VIVIER R) in Lourens NO v Coloni......
  • Lourens NO v Colonial Mutial Life Assurance Society Ltd
    • South Africa
    • Appellate Division
    • 25 February 1986
    ...derhalwe die respondent van aanspreeklikheid onthef. Met betrekking tot die uitspraak van VIVIER R in die Hof a quo D - gerapporteer te 1984 (2) SA 80 - is ek dit eens met die mening en met die redes daarvoor (op 84D - G) dat die woord "terwyl" in die uitsondering nie 'n kousale verband ver......
2 cases
  • Lourens NO v Colonial Mutial Life Assurance Society Ltd
    • South Africa
    • Invalid date
    ...insured's death. Appeal dismissed. The decision of the Cape Provincial Division in Lourens NO v Colonial Mutual Life Assurance Society 1984 (2) SA 80 confirmed. J 1986 (3) SA p376 Case Information Appèl teen 'n beslissing van die Kaapse Provinsiale Afdeling (VIVIER R) in Lourens NO v Coloni......
  • Lourens NO v Colonial Mutial Life Assurance Society Ltd
    • South Africa
    • Appellate Division
    • 25 February 1986
    ...derhalwe die respondent van aanspreeklikheid onthef. Met betrekking tot die uitspraak van VIVIER R in die Hof a quo D - gerapporteer te 1984 (2) SA 80 - is ek dit eens met die mening en met die redes daarvoor (op 84D - G) dat die woord "terwyl" in die uitsondering nie 'n kousale verband ver......

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT