Kritzinger v Perskorporasie van Suid-Afrika (Edms) Bpk en 'n Ander

JurisdictionSouth Africa

Kritzinger v Perskorporasie van Suid-Afrika (Edms) Bpk en 'n Ander
1981 (2) SA 373 (O)

1981 (2) SA p373


Citation

1981 (2) SA 373 (O)

Court

Oranje-Vrystaatse Provinsiale Afdeling

Judge

Flemming R

Heard

November 18, 1980

Judgment

December 18, 1980

Flynote : Sleutelwoorde

Laster — Skadevergoeding — Omvang van kan nie bepaal word sonder om vas te stel in welke opsig eiser belaster is nie — Eiser, 'n bekende rugbyspeler, in koerantopskrif belaster — Sy bekendheid sou meebring dat lesers aandag sou skenk aan wat hulle lees en dit sou onthou — Derhalwe verkeerd om te veel klem te lê op die feit dat relatief min eksemplare van koerant in die Oranje-Vrystaat versprei is.

Laster — Wat uitmaak — Bewering dat eiser "bankrot is" kan lasterlik wees al is hy nie 'n "sakeman" nie — Wanneer refleksie op 'n persoon se finansies lasterlik is — Eindvraag bly of eiser se fama geskend is.

Headnote : Kopnota

Die omvang van genoegdoening in 'n lasteraksie kan nie bepaal word sonder om vas te stel in welke opsig eiser presies belaster is nie.

'n Bewering dat eiser "bankrot is" kan lasterlik wees selfs al is die eiser nie 'n "sakeman" nie. Of 'n refleksie op 'n persoon se finansies inderdaad andere se agting verminder, bly egter 'n feitlike vraag. Dit kan aanvaar word dat die regdenkende mens nie sy agting vir 'n ander gradeer volgens die omvang van die ander se aardse besittings nie en dat iets byverstaan moet word, in regstaal 'n lasterlike innuendo van een of ander aard, voordat laster aanwesig is. Die eindvraag bly of eiser se fama geskend is al dan nie.

Die Hof het, by die bepaling van die bedrag genoegdoening wat die verweerders aan eiser moes betaal vir 'n lasterlike koerantopskrif dat eiser "bankrot verklaar" is, in ag geneem dat die feit dat eiser die kaptein van die Vrystaatse rugbyspan en 'n Springbok rugbyspeler was nie net wye bekendheid meegebring het nie maar die soort bekendheid meegebring het dat lesers van die koerant aandag sou gee aan wat hulle gelees het en dit sou onthou het. Die Hof het derhalwe van die standpunt uitgegaan dat dit verkeerd sou wees om te veel klem te lê daarop dat 'n relatief klein hoeveelheid eksemplare van die koerant in die Vrystaat versprei was.

Flynote : Sleutelwoorde

Defamation — Damages — Measure of cannot be determined without establishing in exactly which respect plaintiff has been defamed — Plaintiff, a wellknown rugby player, defamed in newspaper headline — A consequence of his fame would be that readers would pay attention to and would remember what they had read — Therefore incorrect to place too much reliance on the fact that relatively few copies of the newspaper had been distributed in the Orange Free State.

Defamation — What constitutes — Allegation that plaintiff "is bankrupt" can be defamatory even if he is not a "businessman" — When reflection on a person's financial position is defamatory — Final question remains whether plaintiff's fama had been sullied.

Headnote : Kopnota

The measure of damages in a defamation action cannot be determined without establishing in exactly which respect plaintiff has been defamed.

An allegation that plaintiff "is bankrupt" can be defamatory even if he is not a "businessman". Whether a reflection on a person's financial position does in fact adversely affect others' estimation of him remains a question of fact. It may be accepted that a right thinking person would not graduate his opinion of another according to the extent of such person's earthly possessions and that something else should be taken into account, in legalese a defamatory innuendo of some or other kind, before defamation can be said to be present. The final question remains whether plaintiff's fama has been sullied or not.

The Court, in determining the amount of damages payable by the defendants to plaintiff for a defamatory newspaper headline stating that plaintiff was

1981 (2) SA p374

"declared bankrupt", took cognizance of the fact that plaintiff had been captain of the Free State rugby team and had been a Springbok rugby player, which not only brought him fame, but also had as a consequence that readers of the newspaper would pay attention to and would remember what they had read. The Court therefore took the view that it would be incorrect to place too much reliance on the fact that relatively few copies of the newspaper had been distributed in the Free State.

Case Information

Aksie om skadevergoeding. Die feite blyk uit die uitspraak.

H P Viljoen SC (bygestaan deur G A Hattingh) namens die eiser.

P J van R Henning namens die verweerders. B

Cur adv vult.

Postea (Desember 18). C

Judgment

Flemming, R.:

Eiser vorder R20 000 genoegdoening weens 'n berig wat op die derde bladsy van Die Transvaler van 17 Februarie 1979 verskyn het. By die verhoor is die standpunt wat uit die pleitstukke blyk dat geen vermoënskade gevorder word nie, bevestig. Eerste verweerder is die D eienaar en uitgewer van genoemde koerant en tweede verweerder is die verspreider. Die gewraakte berig beslaan twee kolomme direk onder twee foto's wat die byskrifte "Nelie Smith" en "Klippies Kritzinger" dra. Die berig kan geriefshalwe soos volg ingedeel word:

1.

'n Opskrif in prominente lettertipe oor twee kolomme wat lees:

"Nelie en Klippies bankrot verklaar".

2.

E 'n Inleidende gedeelte waarvan die eerste sin ook oor twee kolomme gesprei is in 'n swaarder lettertipe as die res van die berig en wat lees:

"Twee bekende oud Springbok rugbyspelers - die een 'n huidige Nasionale keurder - se boedel en maatskappy is die week F onderskeidelik in die Vrystaatse Hooggeregshof finaal gesekwestreer en gelikwideer. Hulle is Nelie Smith en Klippies Kritzinger wat albei ook gewese kapteins van die Vrystaatse Rugbyspan was."

3.

'n Derde gedeelte wat uitsluitlik verwys na die sekwestrasie van Nelie Smith met vermelding van die identiteit van die applikant; die bedrag aan hom verskuldig; Smith se onvermoë om die skuld te G betaal; en Smith se vertrek uit die Vrystaat en ontwyking van amptenare van die applikant.

4.

Vierdens, 'n slotparagraaf wat lees:

"'n Maatskappy, Sandveld Trekkers en Motors (Edms) Bpk, van Hoopstad, waarvan die oud-Springbok Klippies Kritzinger 'n direkteur was, is ook die week deur Regter Klopper finaal gelikwideer."

H Die derde element van die berig belaster eiser nie terwyl die vierde gedeelte in sigself 'n nie-lasterlike feite-mededeling was wat respondente geregtig was om te publiseer sonder gevolglike aanspreeklikheid.

1981 (2) SA p375

Flemming R

In die dagvaarding, waartoe 'n fotokopie van die berig aangeheg is, is beweer dat die berig per se lasterlik was. Verweerder het erken dat die opskrif lasterlik van eiser was en dat eiser vanweë die opskrif op A genoegdoening geregtig is. Die verweerskrif het aangevoer dat die skade hoogstens R500 bedra en dat eiser geregtig is op koste, wat advokaatskoste betref egter net die koste van een advokaat, tot op datum van die onvoorwaardelike geregtelike inbetaling by die Hof van genoemde bedrag. B Dit is nie gepleit dat die res van die berig meebring dat die opskrif nie lasterlik is nie. Dit is ontken dat enige deel van die berig benewens die opskrif lasterlik is. Ten aansien van die vierde gedeelte is gepleit dat dit wesenlik waar is en in die openbare belang gepubliseer kon word.

Die omvang van genoegdoening kan egter nie bepaal word sonder om vas te C stel in welke opsig eiser presies belaster is nie. Dieselfde ondersoek is gevolglik nodig as wat nodig sou wees indien verweerders geen erkennings gemaak het nie. Die enigste gedeelte van daardie ondersoek waarby probleme nie ontstaan nie, is die bevinding dat eiser nie tydens publikasie van die berig in insolvente omstandighede was en dat sy boedel nie gesekwestreer was nie.

D Voordat die lasterlikheid daarvan ter sprake kom, is dit nodig om eers te bepaal watter boodskap die berig oordra. Reeds hierby begin die probleme.

My interprtasie van die tweede gedeelte was dat (hoewel regverdiging van die opskrif verwag word) daarvolgens een persoon se boedel gesekwestreer E en 'n ander persoon se maatskappy gelikwideer is. Die res van die berig het laat blyk wie by die sekwestrasie en wie by die likwidasie betrokke is. 'n Alternatiewe uitleg vir hierdie gedeelte het my eers opgeval nadat heelwat getuienis reeds gelei was. Die berig as geheel het oorgedra dat, alhoewel die opskrif aankondig dat eiser "bankrot" is, (i) die verdere F deel van die berig bedoel is om te toon waarop die opskrif gegrond is en (ii), as na die gehele berig gekyk word, dit blyk dat eiser se boedel inderdaad nie gesekwestreer is nie. Die eindindruk was dat eiser nie "bankrot" is nie en slegs betrokke was as 'n gewese direkteur van 'n maatskappy wat finaal gelikwideer is.

G Indien niks anders dit sou nodig maak nie, verg verweerder se erkenning van aanspreeklikheid dat versigtigheid aan die dag gelê word om die redelike man se interpretasie aan my eie siening te meet. (Vgl Demmers v Wyllie and Others 1978 (4) SA 619 (D) te 629.) Dit is eweneens moeilik om 'n siening wat sonder analitiese studie van die berig bereik is, te H verklaar sonder om oor te gaan tot rasionalisasie. 'n Faktor daarby kon wees dat koerantopskrifte van berigte soms onakkuraat is; of minstens dat 'n berig gelees moet word voordat aanvaar word dat 'n opskrif letterlik verstaan moet word. Miskien verteenwoordig my uitleg die meer natuurlike sin van die woordvloei. Miskien is 'n analitiese of kritiese lees van die berig tog aanwesig gewees sodat daar onbewustelik beïnvloeding was deur die gebruik van die enkelvoud waar verwys word na "boedel en maatskappy" of deur vir 'n onderskeiding te soek na aanleiding van die woord "onderskeidelik". Dit is egter besonder moeilik by so 'n subjektiewe proses om uit

1981 (2) SA p376

Flemming R

te skakel dat die indruk gevorm is (miskien te vinnig) waarvoor...

To continue reading

Request your trial
12 practice notes
  • Le Roux and Others v Dey (Freedom of Expression Institute and Restorative Justice Centre as Amici Curiae)
    • South Africa
    • Invalid date
    ...applied Kimpton v Rhodesian Newspapers Ltd 1924 AD 755: considered Kritzinger v Perskorporasie van Suid-Afrika (Edms) Bpk en 'n Ander 1981 (2) SA 373 (O): referred to C Laugh It Off Promotions CC v SAB International (Finance) BV t/a Sabmark International (Freedom of Expression Institute as ......
  • Van der Berg v Coopers & Lybrand Trust (Pty) Ltd and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...D Kleynhans v Van der ~sthuizen NO 1970 (1) SA 565 (0) at 568E-569D Kritzinger v Perskorporasie van Suid-Afrika (Edms) Bpk en 'n Ander 1981 (2) SA 373 (0) Kyriacou v Minister of Safety and Security and Another 1999 (3) SA 278 E (0) Meintjies v HD Combrinck (Edms) Bpk 1961 (1) SA262 (A) at 2......
  • Johnson v Beckett and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...about whom it is made is tarnished as a result. Flemming J puts it thus in Kritzinger v Perskorporasie van Suid-Afrika en 'n Ander 1981 (2) SA 373 (0) at 384H: 'Die uitgangspunt by laster is dat dit gaan om 'n skending van die benadeelde se F Jama; sy aansien of agting in die oe van andere.......
  • Media 24 Ltd and Others v SA Taxi Securitisation (Pty) Ltd (Avusa Media Ltd and Others as Amici Curiae)
    • South Africa
    • Invalid date
    ...v Holomisa 2002 (5) SA 401 (CC) (2002 (8) BCLR 771): referred to G Kritzinger v Perskorporasie van Suid-Afrika (Edms) Bpk en 'n Ander 1981 (2) SA 373 (O): referred Le Roux and Others v Dey (Freedom of Expression Institute and Restorative Justice Centre as Amici Curiae) 2011 (3) SA 274 (CC):......
  • Request a trial to view additional results
11 cases
  • Le Roux and Others v Dey (Freedom of Expression Institute and Restorative Justice Centre as Amici Curiae)
    • South Africa
    • Invalid date
    ...applied Kimpton v Rhodesian Newspapers Ltd 1924 AD 755: considered Kritzinger v Perskorporasie van Suid-Afrika (Edms) Bpk en 'n Ander 1981 (2) SA 373 (O): referred to C Laugh It Off Promotions CC v SAB International (Finance) BV t/a Sabmark International (Freedom of Expression Institute as ......
  • Van der Berg v Coopers & Lybrand Trust (Pty) Ltd and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...D Kleynhans v Van der ~sthuizen NO 1970 (1) SA 565 (0) at 568E-569D Kritzinger v Perskorporasie van Suid-Afrika (Edms) Bpk en 'n Ander 1981 (2) SA 373 (0) Kyriacou v Minister of Safety and Security and Another 1999 (3) SA 278 E (0) Meintjies v HD Combrinck (Edms) Bpk 1961 (1) SA262 (A) at 2......
  • Johnson v Beckett and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...about whom it is made is tarnished as a result. Flemming J puts it thus in Kritzinger v Perskorporasie van Suid-Afrika en 'n Ander 1981 (2) SA 373 (0) at 384H: 'Die uitgangspunt by laster is dat dit gaan om 'n skending van die benadeelde se F Jama; sy aansien of agting in die oe van andere.......
  • Media 24 Ltd and Others v SA Taxi Securitisation (Pty) Ltd (Avusa Media Ltd and Others as Amici Curiae)
    • South Africa
    • Invalid date
    ...v Holomisa 2002 (5) SA 401 (CC) (2002 (8) BCLR 771): referred to G Kritzinger v Perskorporasie van Suid-Afrika (Edms) Bpk en 'n Ander 1981 (2) SA 373 (O): referred Le Roux and Others v Dey (Freedom of Expression Institute and Restorative Justice Centre as Amici Curiae) 2011 (3) SA 274 (CC):......
  • Request a trial to view additional results
1 books & journal articles
  • Invasion of privacy: Common law v constitutional delict — does it make a difference?
    • South Africa
    • Juta Acta Juridica No. , August 2019
    • 29 May 2019
    ...Ltd (n 105) at 400. 109 Ward-Jackson v Cape Times Ltd 1910 WLD 257 at 263; cf Kritzinger v Perskorporasie van SuidAfrika (Edms) Bpk 1981 (2) SA 373 (O) at 389. 110 Cf Norton v Ginsberg 1953 (4) 537 (A) at 540. 111 Afrika v Metzler (n 92) at 539. 112 See generally Midgley (n 88) 295 et seq. ......

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT