Kritzinger v Perskorporasie van Suid-Afrika (Edms) Bpk en 'n Ander

JurisdictionSouth Africa
JudgeFlemming R
Judgment Date18 December 1980
Citation1981 (2) SA 373 (O)
Hearing Date18 November 1980
CourtOrange Free State Provincial Division

Flemming, R.:

Eiser vorder R20 000 genoegdoening weens 'n berig wat op die derde bladsy van Die Transvaler van 17 Februarie 1979 verskyn het. By die verhoor is die standpunt wat uit die pleitstukke blyk dat geen vermoënskade gevorder word nie, bevestig. Eerste verweerder is die D eienaar en uitgewer van genoemde koerant en tweede verweerder is die verspreider. Die gewraakte berig beslaan twee kolomme direk onder twee foto's wat die byskrifte "Nelie Smith" en "Klippies Kritzinger" dra. Die berig kan geriefshalwe soos volg ingedeel word:

1.

'n Opskrif in prominente lettertipe oor twee kolomme wat lees:

"Nelie en Klippies bankrot verklaar".

2.

E 'n Inleidende gedeelte waarvan die eerste sin ook oor twee kolomme gesprei is in 'n swaarder lettertipe as die res van die berig en wat lees:

"Twee bekende oud Springbok rugbyspelers - die een 'n huidige Nasionale keurder - se boedel en maatskappy is die week F onderskeidelik in die Vrystaatse Hooggeregshof finaal gesekwestreer en gelikwideer. Hulle is Nelie Smith en Klippies Kritzinger wat albei ook gewese kapteins van die Vrystaatse Rugbyspan was."

3.

'n Derde gedeelte wat uitsluitlik verwys na die sekwestrasie van Nelie Smith met vermelding van die identiteit van die applikant; die bedrag aan hom verskuldig; Smith se onvermoë om die skuld te G betaal; en Smith se vertrek uit die Vrystaat en ontwyking van amptenare van die applikant.

4.

Vierdens, 'n slotparagraaf wat lees:

"'n Maatskappy, Sandveld Trekkers en Motors (Edms) Bpk, van Hoopstad, waarvan die oud-Springbok Klippies Kritzinger 'n direkteur was, is ook die week deur Regter Klopper finaal gelikwideer."

H Die derde element van die berig belaster eiser nie terwyl die vierde gedeelte in sigself 'n nie-lasterlike feite-mededeling was wat respondente geregtig was om te publiseer sonder gevolglike aanspreeklikheid.

Flemming R

In die dagvaarding, waartoe 'n fotokopie van die berig aangeheg is, is beweer dat die berig per se lasterlik was. Verweerder het erken dat die opskrif lasterlik van eiser was en dat eiser vanweë die opskrif op A genoegdoening geregtig is. Die verweerskrif het aangevoer dat die skade hoogstens R500 bedra en dat eiser geregtig is op koste, wat advokaatskoste betref egter net die koste van een advokaat, tot op datum van die onvoorwaardelike geregtelike inbetaling by die Hof van genoemde bedrag. B Dit is nie gepleit dat die res van die berig meebring dat die opskrif nie lasterlik is nie. Dit is ontken dat enige deel van die berig benewens die opskrif lasterlik is. Ten aansien van die vierde gedeelte is gepleit dat dit wesenlik waar is en in die openbare belang gepubliseer kon word.

Die omvang van genoegdoening kan egter nie bepaal word sonder om vas te C stel in welke opsig eiser presies belaster is nie. Dieselfde ondersoek is gevolglik nodig as wat nodig sou wees indien verweerders geen erkennings gemaak het nie. Die enigste gedeelte van daardie ondersoek waarby probleme nie ontstaan nie, is die bevinding dat eiser nie tydens publikasie van die berig in insolvente omstandighede was en dat sy boedel nie gesekwestreer was nie.

D Voordat die lasterlikheid daarvan ter sprake kom, is dit nodig om eers te bepaal watter boodskap die berig oordra. Reeds hierby begin die probleme.

My interprtasie van die tweede gedeelte was dat (hoewel regverdiging van die opskrif verwag word) daarvolgens een persoon se boedel gesekwestreer E en 'n ander persoon se maatskappy gelikwideer is. Die res van die berig het laat blyk wie by die sekwestrasie en wie by die likwidasie betrokke is. 'n Alternatiewe uitleg vir hierdie gedeelte het my eers opgeval nadat heelwat getuienis reeds gelei was. Die berig as geheel het oorgedra dat, alhoewel die opskrif aankondig dat eiser "bankrot" is, (i) die verdere F deel van die berig bedoel is om te toon waarop die opskrif gegrond is en (ii), as na die gehele berig gekyk word, dit blyk dat eiser se boedel inderdaad nie gesekwestreer is nie. Die eindindruk was dat eiser nie "bankrot" is nie en slegs betrokke was as 'n gewese direkteur van 'n maatskappy wat finaal gelikwideer is.

G Indien niks anders dit sou nodig maak nie, verg verweerder se erkenning van aanspreeklikheid dat versigtigheid aan die dag gelê word om die redelike man se interpretasie aan my eie siening te meet. (Vgl Demmers v Wyllie and Others 1978 (4) SA 619 (D) te 629.) Dit is eweneens moeilik om 'n siening wat sonder analitiese studie van die berig bereik is, te H verklaar sonder om oor te gaan tot rasionalisasie. 'n Faktor daarby kon wees dat koerantopskrifte van berigte soms onakkuraat is; of minstens dat 'n berig gelees moet word voordat aanvaar word dat 'n opskrif letterlik verstaan moet word. Miskien verteenwoordig my uitleg die meer natuurlike sin van die woordvloei. Miskien is 'n analitiese of kritiese lees van die berig tog aanwesig gewees sodat daar onbewustelik beïnvloeding was deur die gebruik van die enkelvoud waar verwys word na "boedel en maatskappy" of deur vir 'n onderskeiding te soek na aanleiding van die woord "onderskeidelik". Dit is egter besonder moeilik by so 'n subjektiewe proses om uit

Flemming R

te skakel dat die indruk gevorm is (miskien te vinnig) waarvoor bevestiging toe uit die res van die berig geblyk het, naamlik dat slegs A die sekwestrasie van Nelie Smith se boedel en die likwidasie van 'n maatskappy waarby eiser betrokke was, die feite-bewerings wat werklik gemaak word, daarstel.

Die situasie word vererger omdat eiser se een getuie, Brummer, sonder beswaar gekruisverhoor is in die rigting van my interpretasie. Hoewel B Brummer nie afgewyk het van sy getuienis omtrent hoe hy die berig in 1979 verstaan het nie, het hy in die proses bevestig dat die geheelindruk wat die berig oordra, is dat die opskrif verkeerd is en dat "Klippies Kritzinger nie bankrot is nie, die probleem lê by sy maatskappy". Hy het bevestig dat as die berig as geheel gelees word, enige ander indruk reggestel word tot die mate dat daar geen misverstand meer kan wees nie. C 'n Latere aanspraak dat die agterdog wat deur die opskrif gewek is blywend is, is in die daaropvolgende antwoord op die oog af weerspreek deur sy instemming met die stelling dat dit die geheelindruk van die berig is wat blywend is.

'n Derde potensiële haakplek omtrent 'n bevinding dat die berig lasterlik D is, kan ontstaan uit die klem wat namens verweerder daarop gelê is dat elke gedeelte van die berig in sy konteks gelees moet word. As die kopstuk dan in sy konteks met die berig gelees moet word, sou dit kon volg dat 'n redelike leser uit die res van die berig sou verstaan dat die koerant nie werklik beweer dat eiser bankrot is nie ondanks die opskrif wat so sê en dat inteendeel die werklike feite is dat eiser bloot direkteur was van 'n maatskappy wat gelikwideer is.

E Ondanks die voorgaande sou 'n bevinding dat die berig lasterlik is onvermydelik wees in die lig van die uitdruklike erkenning van lasterlikheid wat aanspreeklikheid geskep het. Hierdie standpunt het aanspreeklikheid dermate buite geskil geplaas dat dit vir eiser onnodig F sou wees om oorweging te skenk aan die pleit van 'n innuendo, die lei van getuienis omtrent omringende omstandighede, ensovoorts. 'n Bevinding wat alleenlik op hierdie basis berus, sou egter, indien die voorgaande beskouings die korrekte is, nie 'n noemenswaardige toekenning van skade regverdig nie. Dit is daarom nodig om eiser se aansprake verder te oorweeg.

G Eerstens moet verwys word na die mate waartoe die getuienis enige effek ten gunste van eiser het. Naas genoemde Brummer het eiser die getuienis van ene Venter aangebied. Beide getuies het sonder beswaar getuig oor die betekenis wat hulle aan die berig geheg het. Aangesien eiser nie 'n sekondêre betekenis vir die berig beweer het nie maar sy saak daarop fundeer het dat die berig per se lasterlik is, sou hierdie getuienis H irrelevant wees omdat die Hof volgens die berig self moet bepaal of die berig lasterlik is. (Sien Sutter v Brown 1926 AD 155 te 164, 165 en die gesag saamgevat te 624C in die genoemde Demmers saak.) Miskien was hulle getuienis wel toelaatbaar op die grondslag dat die tweede gedeelte van die berig en derhalwe die gehele berig dubbelsinnig was.

In elk geval, hoewel daar nie gronde is om te sê dat die twee getuies leuens vertel het nie, het beide getuies nie 'n gunstige indruk gemaak nie minstens in die sin dat ek nie aanvaar dat hulle eksemplare is van daardie soort redelike man wat by die beoordeling van lasterlikheid

Flemming R

veronderstel word nie. Hierby is veral die indruk omtrent hul temperament A en persoonlikheid wat hul wyse van getuienisaflegging gewek het, van belang. Aspekte wat ook van belang is by die aanvaarbaarheid van hulle oordeel, blyk boonop uit sekere onindrukwekkende antwoorde. Brummer het met 'n vlugtige deurlees van die berig in die getuiebank die oortuiging B bereik dat die kopstuk definitief verkeerd is en dat eiser nie bankrot is nie. Hoe hy so kan getuig maar tog oordra dat hy in Februarie 1979 'n ander indruk gevorm het, is onduidelik. Daarna het hy op hierdie getuienis probeer terugkrabbel. Ek vind dit moeilik om te aanvaar dat, wanneer die konklusie eenmaal bereik is dat die kopstuk "definitief verkeerd" is, daar nog 'n "agterdog" redelikerwys kan rondhang. In sy C hoofgetuienis het hy getuig dat by die aanvanklike lees van die hele berig hy nog nie self besef het of eiser self bankrot is en of die maatskappy alleen gelikwideer is nie. 'n Geneigdheid om ander aannames en spronge in logika te mag maak blyk uit sy getuienis dat sy onmiddellike reaksie was dat die publiek wat aankope gedoen het en wat by die maatskappy betrokke was, onderdeurgespring was. Vanweë die enkele feit dat eiser se naam D gebruik is, het hy aangeneem dat eiser "in werklikheid die maatskappy" was of die senior aandeelhouer of die grootste aandeelhouer in die maatskappy was. Hy het skynbaar gemeen dat eiser hom "in...

To continue reading

Request your trial
12 practice notes
  • Le Roux and Others v Dey (Freedom of Expression Institute and Restorative Justice Centre as Amici Curiae)
    • South Africa
    • Invalid date
    ...applied Kimpton v Rhodesian Newspapers Ltd 1924 AD 755: considered Kritzinger v Perskorporasie van Suid-Afrika (Edms) Bpk en 'n Ander 1981 (2) SA 373 (O): referred to C Laugh It Off Promotions CC v SAB International (Finance) BV t/a Sabmark International (Freedom of Expression Institute as ......
  • Van der Berg v Coopers & Lybrand Trust (Pty) Ltd and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...D Kleynhans v Van der ~sthuizen NO 1970 (1) SA 565 (0) at 568E-569D Kritzinger v Perskorporasie van Suid-Afrika (Edms) Bpk en 'n Ander 1981 (2) SA 373 (0) Kyriacou v Minister of Safety and Security and Another 1999 (3) SA 278 E (0) Meintjies v HD Combrinck (Edms) Bpk 1961 (1) SA262 (A) at 2......
  • Johnson v Beckett and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...about whom it is made is tarnished as a result. Flemming J puts it thus in Kritzinger v Perskorporasie van Suid-Afrika en 'n Ander 1981 (2) SA 373 (0) at 384H: 'Die uitgangspunt by laster is dat dit gaan om 'n skending van die benadeelde se F Jama; sy aansien of agting in die oe van andere.......
  • Media 24 Ltd and Others v SA Taxi Securitisation (Pty) Ltd (Avusa Media Ltd and Others as Amici Curiae)
    • South Africa
    • Invalid date
    ...v Holomisa 2002 (5) SA 401 (CC) (2002 (8) BCLR 771): referred to G Kritzinger v Perskorporasie van Suid-Afrika (Edms) Bpk en 'n Ander 1981 (2) SA 373 (O): referred Le Roux and Others v Dey (Freedom of Expression Institute and Restorative Justice Centre as Amici Curiae) 2011 (3) SA 274 (CC):......
  • Request a trial to view additional results
11 cases
  • Le Roux and Others v Dey (Freedom of Expression Institute and Restorative Justice Centre as Amici Curiae)
    • South Africa
    • Invalid date
    ...applied Kimpton v Rhodesian Newspapers Ltd 1924 AD 755: considered Kritzinger v Perskorporasie van Suid-Afrika (Edms) Bpk en 'n Ander 1981 (2) SA 373 (O): referred to C Laugh It Off Promotions CC v SAB International (Finance) BV t/a Sabmark International (Freedom of Expression Institute as ......
  • Van der Berg v Coopers & Lybrand Trust (Pty) Ltd and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...D Kleynhans v Van der ~sthuizen NO 1970 (1) SA 565 (0) at 568E-569D Kritzinger v Perskorporasie van Suid-Afrika (Edms) Bpk en 'n Ander 1981 (2) SA 373 (0) Kyriacou v Minister of Safety and Security and Another 1999 (3) SA 278 E (0) Meintjies v HD Combrinck (Edms) Bpk 1961 (1) SA262 (A) at 2......
  • Johnson v Beckett and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...about whom it is made is tarnished as a result. Flemming J puts it thus in Kritzinger v Perskorporasie van Suid-Afrika en 'n Ander 1981 (2) SA 373 (0) at 384H: 'Die uitgangspunt by laster is dat dit gaan om 'n skending van die benadeelde se F Jama; sy aansien of agting in die oe van andere.......
  • Media 24 Ltd and Others v SA Taxi Securitisation (Pty) Ltd (Avusa Media Ltd and Others as Amici Curiae)
    • South Africa
    • Invalid date
    ...v Holomisa 2002 (5) SA 401 (CC) (2002 (8) BCLR 771): referred to G Kritzinger v Perskorporasie van Suid-Afrika (Edms) Bpk en 'n Ander 1981 (2) SA 373 (O): referred Le Roux and Others v Dey (Freedom of Expression Institute and Restorative Justice Centre as Amici Curiae) 2011 (3) SA 274 (CC):......
  • Request a trial to view additional results
1 books & journal articles
  • Invasion of privacy: Common law v constitutional delict — does it make a difference?
    • South Africa
    • Acta Juridica No. , August 2019
    • 29 Mayo 2019
    ...Ltd (n 105) at 400. 109 Ward-Jackson v Cape Times Ltd 1910 WLD 257 at 263; cf Kritzinger v Perskorporasie van SuidAfrika (Edms) Bpk 1981 (2) SA 373 (O) at 389. 110 Cf Norton v Ginsberg 1953 (4) 537 (A) at 540. 111 Afrika v Metzler (n 92) at 539. 112 See generally Midgley (n 88) 295 et seq. ......

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT