Kommissaris van Binnelandse Inkomste en 'n Ander v Willers en Andere

JurisdictionSouth Africa
Citation1994 (3) SA 283 (A)

Kommissaris van Binnelandse Inkomste en 'n Ander v Willers en Andere
1994 (3) SA 283 (A)

1994 (3) SA p283

Citation

1994 (3) SA 283 (A)

Case No

322/93

Court

Appèlafdeling

Judge

Botha AR, Kumleben AR, F H Grosskopf AR, Nienaber AR, Kannemeyer Wn AR

Heard

February 21, 1994

Judgment

March 22, 1994

Flynote : Sleutelwoorde B

Insolvensie — Krediteure — Skadevergoedingsaksie teen kurator op grond van kurator se bedrog — Kurator kan nie aanspreeklikheid vir gevolge van sy bedrog vermy bloot deur hom te beroep op skuldeiser se versuim om beswaar C te maak teen likwidasie- en distribusierekening nie — Aksie vir skadevergoeding deur skuld-eiser teen kurator op grond van kurator se bedrieglike weglating van skuldeiser se eis uit rekening nie uitgesluit deur skuldeiser se versuim om teen rekening beswaar te maak nie.

Insolvensie — Krediteure — Skadevergoedingsaksie teen kurator op grond van D kurator se bedrog — Finaliteit van bekragting van likwidasie- en distribusierekening kragtens art 112 van Insolvensiewet 24 van 1936 beperk tot bereddering van boedel — Skakel nie skadevergoedings-aksie weens bedrog deur skuldeiser teen kurator uit nie.

Verryking — Verrykingsaksie — Hof kan nie daarvan weerhou word om in 'n E bepaalde geval verrykingsaanspreeklikheid te aanvaar bloot omdat dit nog nie vantevore in dieselfde, of soortgelyke, omstandighede erkenning gevind het nie — In so 'n geval sal Hof moet oorweeg of uitbreiding of nuwe ontwikkeling nodig of wenslik is — Hof sal na bestaande presedente, oud en jonk, en na bydraes van akademiese skrywers kyk by sodanige beoordeling — F Handhawing van eksepsie teen verrykingsaksie deur onbetaalde krediteur van 'n maatskappy teen aandeelhouers wat meer uit ontbin-ding van maatskappy ontvang het as wat hulle sou ontvang het as krediteur behoorlik betaal was, op appèl omvergewerp.

Maatskappy — Aandele en aandeelhouers — Aandeelhouers — Aksies deur en G teen — Maatskappy vrywilliglik ontbind — Verrykingsaksie

1994 (3) SA p284

A deur onbetaalde krediteur van maatskappy teen aandeelhouers wat meer uit ontbinding van maatskappy ontvang het as wat hulle sou ontvang het as krediteur behoorlik betaal was — Eksepsie teen eis gehandhaaf waar bevind was dat aksie nie tuisgebring kon word onder enige van reeds bestaande en erkende verrykingsaksies nie — Beslissing op appèl omvergewerp waar bevind B is dat Hof nie daarvan weerhou kon word om in 'n bepaalde geval verrykingsaanspreeklikheid te aanvaar bloot omdat dit nog nie vantevore in dieselfde, of soortgelyke, omstandighede erkenning gevind het nie — Eis in beginsel ontvanklik. C

Headnote : Kopnota

In die dictum in Callinicos v Burman 1963 (1) SA 489 (A) op 500F-501A word die bedoeling van die Wetgewer ten aansien van die gevolge van nie-nakoming deur 'n kurator van 'n insolvente boedel van sy statutêre plig kragtens art 95(1) van die Insolvensiewet 24 van 1936 en by die opstel van die likwidasie- en distribusiere-kening in die insolvente boedel, voorop gestel: die skuldeiser is nie geregtig om skadevergoeding van die kurator te verhaal nie, omdat die Wetgewer bedoel het dat sy D regsmiddel beperk moet wees tot die voorgeskrewe prosedure van beswaar te maak teen die rekening. Dit is die samehang waarin die opmerking gemaak is dat daar spesiale omstandighede kan wees wat maak dat die algemene reël nie geld in 'n besondere geval nie. Of daar sulke spesiale omstandighede aanwesig is, moet dus beoordeel word aan die hand van die waarskynlike bedoeling van die Wetgewer. Op hierdie grondslag kan daar nie twyfel wees nie dat 'n skuldoorsaak wat op bedrog gebaseer is 'n uitsonderingsgeval E moet wees soos beoog in gemelde dictum in die Callinicos-saak. (Op 323G-I, gelees met 323C/D-G.) Om die skuldeiser wat 'n skadevergoe-dingsaksie teen die kurator ingestel het op grond van laasgenoemde se bedrieglike weglating van eersgenoemde se eis uit die likwidasie- en distribusierekening, van sy eis te ontsê op grond van art 112 van die Insolvensiewet, sou daarop neerkom dat die kurator aanspreeklikheid vir die gevolge van sy bedrog kan vermy bloot deur hom te beroep op die eiser se versuim om beswaar te maak teen die rekening. Die Wetgewer kon nie F beoog het om so 'n resultaat te gedoog nie. Die Wetgewer kon nie bedoel het dat die prosedure om beswaar te maak teen die rekening moet geld ten uitsluiting van 'n eis om skadevergoeding weens die bedrog van die kurator nie. (Op 324B/C-D.)

Die administratiewe bepalings van die Insolvensiewet met betrekking tot besware teen 'n likwidasie- en distribusierekening, die bekragtiging daarvan en die bereddering van die boedel, skakel nie 'n eis om G skadevergoeding weens bedrog teen die kurator in sy persoonlike hoedanigheid uit nie. Die finaliteit van die proses (soos bepaal in art 112 van die Insolvensiewet) is beperk tot die bereddering van die boedel, wat nie heropen kan word nie. Wat vir art 112 van die Insolvensiewet geld, moet ook geld vir art 408 van die Maatskappywet 61 van 1973. (Op 325J-326B.)

Die woorde van Innes HR in Blower v Van Noorden 1909 TS 890, soos aangehaal in Willis Faber Enthoven (Pty) Ltd v Receiver of Revenue and Another 1992 (4) SA 202 (A) op 220E-G, gee aanleiding tot die gedagte dat H die meerderheid van die Hof in Nortje en 'n Ander v Pool NO 1966 (3) SA 96 (A) moontlik gekant was teen die erkenning van 'n algemene verrykingsaksie omdat die vasstelling en neerlegging van algemene en universeel-geldende norme om aanspreeklikheid te vestig en te begrens, beskou is as 'n onderneming van wetgewende eerder as regsprekende aard. So 'n beskouing kan egter nie beteken dat die Hof daarvan weerhou word om in 'n bepaalde geval verrykingsaanspreeklikheid te aanvaar bloot omdat dit nog nie I vantevore in dieselfde, of selfs soortgelyke, omstandighede erkenning gevind het nie. In so 'n geval sal daar natuurlik aandag geskenk moet word aan die vraag of uitbreiding of nuwe ontwikkeling nodig of wenslik is, en daarby sal daar gekyk moet word na die bestaande presedente, sowel oud as jonk, en vanselfsprekend ook na die bydraes van akademiese skrywers wat voorstelle uitgewerk het van algemene maatstawwe om aanspreeklikheid te vestig en te begrens. (Op 333B/C-E/F, gelees met 333A-B/C.)

Rapp and Maister Holdings Ltd v Ruflex Holdings (Pty) Ltd 1972 (3) SA 835 (T) J omvergewerp.

1994 (3) SA p285

A In die huidige geval het die appellante (eisers) in hul tweede alternatiewe eis teen die respondente beweer dat die vyfde respondent (vyfde verweerder), in sy hoedanigheid as likwidateur van die B maatskappy (wat in vrywillige likwidasie was) sekere oorbetalings aan die eerste tot vierde respondente (aandeelhouers in die B maatskappy) gemaak het in die bona fide en redelike, maar foutiewe, geloof dat die eerste tot vierde respondente geregtig was om die volle bedrag van die oorbetalings te ontvang; dat die oorbetalings inderdaad die bedrag wat die B maatskappy aan die eerste appellant vir onbetaalde inkomstebelasting verskuldig was, B ingesluit het en dat die eerste tot vierde respondente nie geregtig was om die gedeelte van laasgenoemde wat by die oorbetalings aan hulle ingesluit was, te ontvang nie; en dat die eerste tot vierde respondente tot daardie mate ongeregverdig teenoor eerste appellant verryk is. Die respondente het eksepsie teen hierdie eis geneem op grond daarvan dat die eis op die condictio indebiti, alternatiewelik verryking, gebaseer was en dat geen C gemeenregtelike aksie beskikbaar was vir 'n onbetaalde krediteur van 'n maatskappy teen 'n aandeelhouer of aandeelhouers wat meer uit die ontbinding van die maatskappy ontvang het as wat hy sou ontvang het as die krediteur behoorlik betaal was nie. In hoër beroep teen die handhawing deur 'n Provinsiale Afdeling van hierdie eksepsie, het die Hof bevind dat die eksepsie geskoei was op die ratio in die Rapp and Maister Holdings-saak, naamlik dat waar 'n verrykings-aksie nie tuisgebring kon word onder enige van die reeds bestaande en erkende verrykingsaksies nie, D die eis nie ontvanklik was nie. (Op 333G.) Die Hof het verder bevind, na aanleiding van sy bevinding dat die Hof nie 'daarvan weerhou (kon) word om in 'n bepaalde geval verrykingsaanspreeklikheid te aanvaar bloot omdat dit nog nie vantevore in dieselfde, of selfs soortgelyke, omstandighede erkenning gevind het nie', dat die eksepsie geen geldige beswaar teen die eis ge-opper het nie en dat die eisers in beginsel wel daarop aanspraak kon maak. (Op 333D en 333G en H.) Die appèl teen die handhawing van die eksepsie is gehandhaaf.

Die beslissing van die Transvaalse Provinsiale Afdeling in Kommissaris van E Binnelandse Inkomste en 'n Ander v Willers en Andere ten dele bevestig en ten dele omvergewerp.

Flynote : Sleutelwoorde

F Insolvency — Creditors — Action for damages against trustee on grounds of trustee's fraud — Trustee cannot avoid liability for consequences of his fraud merely by relying on creditor's failure to object to liquidation and distribution account — Action for damages by creditor against trustee on ground of trustee's fraudulent omission of creditor's claim from account not excluded by creditor's failure to object to account.

Insolvency — Creditors — Action for damages against trustee on grounds of trustee's fraud — Finality of confirmation of liquidation and distribution G account in terms of s 112 of Insolvency Act 24 of 1936 limited to administration of estate — Does not exclude action for damages by creditor against trustee for fraud.

Enrichment — Enrichment action — Court cannot be precluded from accepting liability for enrichment in a particular case merely because liability has not previously been recognised in the same, or similar, circumstances — In such a case Court will have to consider whether extension or new development necessary or desirable — Court will in such adjudication have H to have regard to existing...

To continue reading

Request your trial
33 practice notes
  • Mineworkers Investment Co (Pty) Ltd v Modibane
    • South Africa
    • Invalid date
    ...to H Joubert and Others v Venter 1985 (1) SA 654 (A): referred to Kommissaris van Binnelandse Inkomste en 'n Ander v Willers en Andere 1994 (3) SA 283 (A): referred Lewis v Daily Telegraph Ltd 1964 AC 234: referred to Lumley v Owen 3 NLR NS 13: referred to Marais v Richard en 'n Ander 1981 ......
  • Wellington Court Shareblock v Johannesburg City Council; Agar Properties (Pty) Ltd v Johannesburg City Council
    • South Africa
    • Invalid date
    ...44 NLR 317 at 326-7 Hudson v Hudson and Another 1926 AD 105 C Kommissaris van Binnelandse Inkomste en 'n Ander v Willers en Andere 1994 (3) SA 283 (A) at 333C-E Land- en Landboubank van Suid-Afrika v Die Meester en Andere 1991 (2) SA 761 (A) at 767E-F Langheim v Frankfort Village Management......
  • Brink v Kitshoff NO
    • South Africa
    • Invalid date
    ...v Powell NO and Others 1996 (1) SA 984 (CC) (1996 (1) BCLR 1) Kommissaris van Binnelandse Inkomste en 'n Ander v Willers en Andere 1994 (3) SA 283 (A) G Luitingh v Minister of Defence 1996 (2) SA 909 (CC) (1996 (4) BCLR 581) Miller NO v Smit 1986 (1) SA 320 (C) Nel v Le Roux and Others 1996......
  • Tsung v Industrial Development Corporation of SA Ltd
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Kasimov and Another v Kurland 1987 (4) SA 76 (C): followed Kommissaris van Binnelandse Inkomste en 'n Ander v Willers en Andere 1994 (3) SA 283 (A): referred to Naylor v Jansen; Jansen v Naylor [2005] 4 All SA 26 (SCA): confirmed I Owners of SS Humber v Owners of SS Answald 1912 AD 546: ref......
  • Request a trial to view additional results
30 cases

3 books & journal articles
  • Case Notes: The use of stolen funds to discharge a debt and enrichment: Absa Bank Ltd v Lombard Insurance Co Ltd
    • South Africa
    • South Africa Mercantile Law Journal No. , May 2019
    • 25 May 2019
    ...(Pty) Ltd vReceiver of Revenue and Another 1992 (4) SA 202 (A); Kommissaris vanBinnelandse Inkomste en ’n Ander v Willers en Andere 1994 (3) SA 283(A)), but one does wonder whether it is productive to stretch the scopeof one action beyond its more traditional parameters at the expense ofano......
  • Unjustified enrichment’s evolution in mixed legal systems: Confronting McCarthy Retail Ltd
    • South Africa
    • Acta Juridica No. , December 2019
    • 24 December 2019
    ...(n 19) 1–10.55 Visser (n 19) 49–53; Du Plessis (n 19) 4–5.56 Visser (n 19) 53.57 Visser (n 19) eg at 113.58 Du Plessis (n 19) 6–10.59 1994 (3) SA 283.© Juta and Company (Pty) UNJUSTIFIED ENRICHMENT’S EVOLUTION 417the existing claims.60 By contrast, Schutz JA’s discussion in McCarthy elides ......
  • Book Review: Unjustified enrichment — A casebook
    • South Africa
    • Stellenbosch Law Review No. , May 2019
    • 30 May 2019
    ...H Engineering v First National Bank of South Africa Ltd 1995 2 SA 279 (A), Kommis saris van Binnelandse Inkomste en ’n ander v Willers 1994 3 SA 283 (A), Buzzard Electrical (Pty) Ltd v 158 Jan Smuts Avenue Investm ents (Pty) Ltd 1996 4 19 (A) and ABSA Bank Ltd t/a Bankfin v Stander t/a CAW ......
33 provisions
  • Mineworkers Investment Co (Pty) Ltd v Modibane
    • South Africa
    • Invalid date
    ...to H Joubert and Others v Venter 1985 (1) SA 654 (A): referred to Kommissaris van Binnelandse Inkomste en 'n Ander v Willers en Andere 1994 (3) SA 283 (A): referred Lewis v Daily Telegraph Ltd 1964 AC 234: referred to Lumley v Owen 3 NLR NS 13: referred to Marais v Richard en 'n Ander 1981 ......
  • Wellington Court Shareblock v Johannesburg City Council; Agar Properties (Pty) Ltd v Johannesburg City Council
    • South Africa
    • Invalid date
    ...44 NLR 317 at 326-7 Hudson v Hudson and Another 1926 AD 105 C Kommissaris van Binnelandse Inkomste en 'n Ander v Willers en Andere 1994 (3) SA 283 (A) at 333C-E Land- en Landboubank van Suid-Afrika v Die Meester en Andere 1991 (2) SA 761 (A) at 767E-F Langheim v Frankfort Village Management......
  • Brink v Kitshoff NO
    • South Africa
    • Invalid date
    ...v Powell NO and Others 1996 (1) SA 984 (CC) (1996 (1) BCLR 1) Kommissaris van Binnelandse Inkomste en 'n Ander v Willers en Andere 1994 (3) SA 283 (A) G Luitingh v Minister of Defence 1996 (2) SA 909 (CC) (1996 (4) BCLR 581) Miller NO v Smit 1986 (1) SA 320 (C) Nel v Le Roux and Others 1996......
  • Tsung v Industrial Development Corporation of SA Ltd
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Kasimov and Another v Kurland 1987 (4) SA 76 (C): followed Kommissaris van Binnelandse Inkomste en 'n Ander v Willers en Andere 1994 (3) SA 283 (A): referred to Naylor v Jansen; Jansen v Naylor [2005] 4 All SA 26 (SCA): confirmed I Owners of SS Humber v Owners of SS Answald 1912 AD 546: ref......
  • Request a trial to view additional results

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT