Kommissaris van Binnelandse Inkomste en 'n Ander v Willers en Andere

JurisdictionSouth Africa
JudgeBotha AR, Kumleben AR, F H Grosskopf AR, Nienaber AR, Kannemeyer Wn AR
Judgment Date22 March 1994
Docket Number322/93
CourtAppellate Division
Hearing Date21 February 1994
Citation1994 (3) SA 283 (A)

A Botha AR:

Die twee appellante is die eisers in 'n aksie wat hulle in die Transvaalse Provinsiale Afdeling ingestel het teen die vier respondente, as die eerste vier verweerders, tesame met nog twee ander verweerders. Ek verwys voortaan na die partye tot die aksie volgens die benamings wat hulle op die pleitstukke dra.

B Die eerste eiser is die Kommissaris van Binnelandse Inkomste. Die tweede eiser is die huidige likwidateur van die maatskappy Bergbries (Edms) Bpk ('Bergbries'), in sy hoedanigheid as sodanig. Die eerste vier verweerders is voormalige aandeelhouers en/of direkteure van Bergbries. Die vyfde verweerder is 'n voormalige likwidateur van Bergbries. Die sesde verweerder is die Meester van die Hooggeregshof.

C Die eisers se besonderhede van vordering wemel van alternatiewe eise. Daar is nie minder nie as sewe. Vier van hulle is van die eerste eiser en drie van die tweede eiser. Laasgenoemde eise word as 'n groep ingeklee in die alternatief tot die eerstes, vir die geval dat die eerstes almal sou misluk. Voorts word die eise in die twee groepe almal onderling teenoor mekaar in die alternatief geformuleer. Sommige van die eise is teen die D eerste vyf verweerders, ander teen die eerste vier verweerders, en nog ander teen die vyfde verweerder alleen. In sommige van die eise word die betaling gevorder van 'n bedrag van R3 264 234; in ander is die bedrag van die eis R2 984 410.

Teen vier van die eise het die eerste vier verweerders eksepsies E aangeteken, op grond daarvan dat hulle geen skuldoorsaak openbaar nie. Die Hof a quo (Roux R) het die eerste eksepsie van die hand gewys en die ander drie gehandhaaf, met 'n kostebevel teen die eisers. Met die verlof van die Hof a quo is daar nou voor hierdie Hof 'n appèl van die eisers teen die handhawing van die eksepsies wat geslaag het, en 'n teenappèl van die F eerste vier verweerders teen die afwysing van die eksepsie wat misluk het.

Die vyfde verweerder het 'n verweerskrif ingedien en is gevolglik nie by die huidige verrigtinge betrek nie. Die sesde verweerder speel geen aktiewe rol in die saak nie.

Die besonderhede van vordering bevat in paras 9-22 'n uiteensetting van die feite wat die eisers aanvoer as die agtergrond van al die alternatiewe G eise wat daarna uiteengesit word. Dit is nodig om dit ten volle aan te haal:

'9.1

Op 19 September 1984 is die maatskappy Bergbries (Edms) Bpk (hierna "Bergbries" genoem) vrywillig gelikwideer.

9.2

Na die likwidasie van Bergbries en wel op 18 Oktober 1984 is vyfde verweerder deur sesde verweerder as likwidateur van H Bergbries aangestel.

10.

Ten tyde van die likwidasie van Bergbries en te alle wesenlike tye daarna:

10.1

was Bergbries 'n kapitale bedrag van R1 632 117 ten opsigte van inkomstebelasting aan eerste eiser verskuldig;

10.2

was eerste verweerder, tweede verweerder, derde verweerder, I vierde verweerder, W A Willers Holdings (Edms) en Wilteres Holdings (Edms) Bpk direkteure en/of aandeelhouers van Bergbries.

11.1

Vyfde verweerder was na sy aanstelling as likwidateur van Bergbries en te alle wesenlike tye daarna ingevolge die J bepalings van art 101(2) van die Inkomstebelastingwet 58

Botha AR

A van 1962, soos gewysig ("die Inkomstebelastingwet") verplig om al die werksaamhede te verrig en al die verantwoordelikhede te aanvaar wat op 'n openbare amptenaar kragtens die bepalings van die Inkomstebelastingwet rus. In besonder was vyfde verweerder kragtens die bepalings van art 101(10) van die B Inkomstebelastingwet verantwoordelik om al die handelinge, aangeleenthede of sake te verrig wat ingevolge die bepalings van die Inkomstebelastingwet deur 'n belastingpligtige verrig moet word.

11.2

Eerste eiser het op of ongeveer 6 Maart 1986 'n beëdigde verklaring by vyfde verweerder ingedien waarin besonderhede C verskaf is van die bedrag wat Bergbries ten opsigte van inkomstebelasting aan hom verskuldig is en waarin vyfde verweerder daarop gewys is dat die eis kragtens die bepalings van art 339 van die Maatskappywet 61 van 1973, gelees met art 99 en/of art 101 van die Insolvensiewet 24 van 1936, voorkeur geniet. D

12.1

Op 1 April 1986 het eerste eiser 'n belastingaanslag aan Bergbries ten opsigte van die jaar van aanslag geëindig op 30 Junie 1984 uitgereik.

12.2

Op 8 April 1986 het Bergbries beswaar teen gemelde belastingaanslag aangeteken en die gronde van sy beswaar uiteengesit in 'n skrywe gedateer 29 Mei 1986 wat sy prokureurs E aan eerste eiser gerig het.

12.3

Op 19 September 1986 het eerste eiser Bergbries se bogemelde beswaar teen gemelde belastingaanslag verwerp en daarna het Bergbries op 8 Oktober 1986 appèl na die Spesiale Hof teen die verwerping van sy beswaar teen gemelde belastingaanslag F aangeteken.

12.4

Op 22 Augustus 1988 is Bergbries se appèl teen gemelde belastingaanslag deur die Spesiale Hof van die hand gewys.

12.5

Op 20 September 1988 het Bergbries appèl na die Appèlhof aangeteken teen die uitspraak van die Spesiale Hof ingevolge G waarvan sy beswaar teen gemelde belastingsaanslag van die hand gewys is, welke appèl op of ongeveer 20 Februarie 1990 deur Bergbries teruggetrek is.

13.1

Op 13 Mei 1991 het sesde verweerder 'n eerste en finale likwidasie- en distribusierekening wat deur vyfde ver-weerder as likwidateur van Bergbries voorberei is, bekragtig.

13.2

H Ingevolge gemelde finale likwidasie- en distribusierekening soos deur vyfde verweerder voorberei:

13.2.1

was eerste eiser nie as 'n skuldeiser van Bergbries aangetoon nie en was geen bedrag aan eerste eiser as skuldeiser van Bergbries betaalbaar nie;

13.2.2

I was die volgende bedrae aan die volgende aandeelhouers van Bergbries toegeken:

13.2.2.1

aan aandeelhouer W A Willers Holdings (Edms) Bpk is toegeken 'n bedrag van R2305377,94;

13.2.2.2

J aan aandeelhouer Wilteres Holdings

Botha AR

A (Edms) Bpk is toegeken 'n bedrag van R329339,70;

13.2.2.3

aan tweede verweerder as aandeelhouer van Bergbries is toegeken 'n bedrag van R329339,70;

13.2.2.4

B aan derde verweerder as aandeelhouer van Bergbries is toegeken 'n bedrag van R164669,85;

13.2.2.5

aan vierde verweerder as aandeelhouer van Bergbries is toegeken 'n bedrag van R164669,86.

14.1

C Op 20 November 1989 het eerste, tweede en derde ver-weerders in hul hoedanigheid as direkteure van W A Willers Holdings (Edms) Bpk skriftelik gesertifiseer dat die betrokke maatskappy opgehou het om besigheid te doen en geen bates of laste het nie en het hulle ingevolge die bepalings van art 73(5) van die D Maatskappywet 61 van 1973, by die Registrateur van Maatskappye aansoek gedoen dat die betrokke maatskappy gederegistreer word.

14.2

Op 27 September 1991 is die maatskappy WA Willers Holdings (Edms) Bpk ingevolge gemelde aansoek deur die Registrateur van Maatskappye gederegistreer.

15.

E Die bedrag van R2 305 377,94 wat ingevolge bogemelde finale likwidasie- en distribusierekening aan W A Willers Holdings (Edms) Bpk toegeken is soos hierbo uiteengesit, is deur vyfde verweerder in sy hoedanigheid as likwidateur van Bergbries aan eerste, tweede en derde verweerders oorbetaal.

16.1

F Op 9 April 1990 het eerste verweerder in sy hoedanigheid as direkteur van Wilteres Holdings (Edms) Bpk skriftelik gesertifiseer dat die betrokke maatskappy opgehou het om besigheid te doen en geen bates of laste behalwe aandeelhouerslenings het nie en het hy ingevolge die bepalings G van art 73(5) van die Maatskappywet 61 van 1973 by die Registrateur van Maatskappye aansoek gedoen dat die betrokke maatskappy gederegistreer word.

16.2

Op 30 November 1990 is Wilteres Holdings (Edms) Bpk ingevolge gemelde aansoek deur die Registrateur van Maatskappye gederegistreer.

17.

H Die bedrag van R329 339,70 wat ingevolge bogemelde finale likwidasie- en distribusierekening aan Wilteres Holdings (Edms) Bpk toegeken is, is deur vyfde verweerder in sy hoedanigheid as likwidateur van Bergbries aan eerste verweerder oorbetaal.

18.

Die bedrae van R329 339,70, R164 669,85 en R164 669,86 wat ingevolge bogemelde finale likwidasie- en distribusierekening aan I respektiewelik tweede verweerder, derde verweerder en vierde verweerder toegeken is, is nadat sesde verweerder die betrokke rekening bekragtig het, soos hierbo uiteengesit deur vyfde ver-weerder in sy hoedanigheid as likwidateur van Bergbries aan elk van die betrokke verweerders oorbetaal.

19.

J Na die oorbetalings gedoen is soos in paras 15, 17 en 18 hierbo

Botha AR

A uiteengesit, het Bergbries oor geen verdere fondse of ander bates beskik waaruit die bedrag wat hy aan eerste eiser ten opsigte van inkomstebelasting verskuldig is, betaal kon word nie.

20.

Op 30 September 1991 is vyfde verweerder deur sesde verweerder as likwidateur van Bergbries onthef en is tweede eiser deur sesde verweerder in sy plek as likwidateur van Bergbries aangestel.

21.1

B Op 21 Julie 1992:

21.1.1

het die kapitale bedrag wat Bergbries ten opsigte van inkomstebelasting aan eerste eiser verskuldig is, 'n bedrag van R1 632 117 beloop;

21.1.2

het die rente wat deur Bergbries op gemelde kapitale C bedrag aan eerste eiser betaalbaar was opgeloop tot 'n bedrag van R1 702 415,70.

21.2

In die lig daarvan dat die rente wat op gemelde kapitale bedrag opgeloop het die verskuldigde kapitale bedrag oorskry, beperk eisers in hul eise hieronder uiteengesit die vordering ten D opsigte van rente deur Bergbries aan eerste eiser verskuldig tot 'n bedrag gelykstaande aan die kapitale bedrag wat Bergbries ten opsigte van inkomstebelasting aan eerste eiser verskuldig is.

21.3

Die bedrag wat eerste eiser van Bergbries sou kon verhaal het ten opsigte van die inkomstebelasting wat Bergbries aan hom E verskuldig is indien die oorbetalings in paras...

To continue reading

Request your trial
33 practice notes
  • Mineworkers Investment Co (Pty) Ltd v Modibane
    • South Africa
    • Invalid date
    ...to H Joubert and Others v Venter 1985 (1) SA 654 (A): referred to Kommissaris van Binnelandse Inkomste en 'n Ander v Willers en Andere 1994 (3) SA 283 (A): referred Lewis v Daily Telegraph Ltd 1964 AC 234: referred to Lumley v Owen 3 NLR NS 13: referred to Marais v Richard en 'n Ander 1981 ......
  • Wellington Court Shareblock v Johannesburg City Council; Agar Properties (Pty) Ltd v Johannesburg City Council
    • South Africa
    • Invalid date
    ...44 NLR 317 at 326-7 Hudson v Hudson and Another 1926 AD 105 C Kommissaris van Binnelandse Inkomste en 'n Ander v Willers en Andere 1994 (3) SA 283 (A) at 333C-E Land- en Landboubank van Suid-Afrika v Die Meester en Andere 1991 (2) SA 761 (A) at 767E-F Langheim v Frankfort Village Management......
  • Brink v Kitshoff NO
    • South Africa
    • Invalid date
    ...v Powell NO and Others 1996 (1) SA 984 (CC) (1996 (1) BCLR 1) Kommissaris van Binnelandse Inkomste en 'n Ander v Willers en Andere 1994 (3) SA 283 (A) G Luitingh v Minister of Defence 1996 (2) SA 909 (CC) (1996 (4) BCLR 581) Miller NO v Smit 1986 (1) SA 320 (C) Nel v Le Roux and Others 1996......
  • Tsung v Industrial Development Corporation of SA Ltd
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Kasimov and Another v Kurland 1987 (4) SA 76 (C): followed Kommissaris van Binnelandse Inkomste en 'n Ander v Willers en Andere 1994 (3) SA 283 (A): referred to Naylor v Jansen; Jansen v Naylor [2005] 4 All SA 26 (SCA): confirmed I Owners of SS Humber v Owners of SS Answald 1912 AD 546: ref......
  • Request a trial to view additional results
30 cases
  • Mineworkers Investment Co (Pty) Ltd v Modibane
    • South Africa
    • Invalid date
    ...to H Joubert and Others v Venter 1985 (1) SA 654 (A): referred to Kommissaris van Binnelandse Inkomste en 'n Ander v Willers en Andere 1994 (3) SA 283 (A): referred Lewis v Daily Telegraph Ltd 1964 AC 234: referred to Lumley v Owen 3 NLR NS 13: referred to Marais v Richard en 'n Ander 1981 ......
  • Wellington Court Shareblock v Johannesburg City Council; Agar Properties (Pty) Ltd v Johannesburg City Council
    • South Africa
    • Invalid date
    ...44 NLR 317 at 326-7 Hudson v Hudson and Another 1926 AD 105 C Kommissaris van Binnelandse Inkomste en 'n Ander v Willers en Andere 1994 (3) SA 283 (A) at 333C-E Land- en Landboubank van Suid-Afrika v Die Meester en Andere 1991 (2) SA 761 (A) at 767E-F Langheim v Frankfort Village Management......
  • Brink v Kitshoff NO
    • South Africa
    • Invalid date
    ...v Powell NO and Others 1996 (1) SA 984 (CC) (1996 (1) BCLR 1) Kommissaris van Binnelandse Inkomste en 'n Ander v Willers en Andere 1994 (3) SA 283 (A) G Luitingh v Minister of Defence 1996 (2) SA 909 (CC) (1996 (4) BCLR 581) Miller NO v Smit 1986 (1) SA 320 (C) Nel v Le Roux and Others 1996......
  • Tsung v Industrial Development Corporation of SA Ltd
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Kasimov and Another v Kurland 1987 (4) SA 76 (C): followed Kommissaris van Binnelandse Inkomste en 'n Ander v Willers en Andere 1994 (3) SA 283 (A): referred to Naylor v Jansen; Jansen v Naylor [2005] 4 All SA 26 (SCA): confirmed I Owners of SS Humber v Owners of SS Answald 1912 AD 546: ref......
  • Request a trial to view additional results
3 books & journal articles
  • Case Notes: The use of stolen funds to discharge a debt and enrichment: Absa Bank Ltd v Lombard Insurance Co Ltd
    • South Africa
    • Juta South Africa Mercantile Law Journal No. , May 2019
    • 25 May 2019
    ...(Pty) Ltd vReceiver of Revenue and Another 1992 (4) SA 202 (A); Kommissaris vanBinnelandse Inkomste en ’n Ander v Willers en Andere 1994 (3) SA 283(A)), but one does wonder whether it is productive to stretch the scopeof one action beyond its more traditional parameters at the expense ofano......
  • Unjustified enrichment’s evolution in mixed legal systems: Confronting McCarthy Retail Ltd
    • South Africa
    • Juta Acta Juridica No. , December 2019
    • 24 December 2019
    ...(n 19) 1–10.55 Visser (n 19) 49–53; Du Plessis (n 19) 4–5.56 Visser (n 19) 53.57 Visser (n 19) eg at 113.58 Du Plessis (n 19) 6–10.59 1994 (3) SA 283.© Juta and Company (Pty) UNJUSTIFIED ENRICHMENT’S EVOLUTION 417the existing claims.60 By contrast, Schutz JA’s discussion in McCarthy elides ......
  • Book Review: Unjustified enrichment — A casebook
    • South Africa
    • Juta Stellenbosch Law Review No. , May 2019
    • 30 May 2019
    ...H Engineering v First National Bank of South Africa Ltd 1995 2 SA 279 (A), Kommis saris van Binnelandse Inkomste en ’n ander v Willers 1994 3 SA 283 (A), Buzzard Electrical (Pty) Ltd v 158 Jan Smuts Avenue Investm ents (Pty) Ltd 1996 4 19 (A) and ABSA Bank Ltd t/a Bankfin v Stander t/a CAW ......

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT