Impala Distributors v Taunus Chemical Manufacturing Co (Pty) Ltd

JurisdictionSouth Africa
JudgeHiemstra R en IWB De Villiers Wn R
Judgment Date10 April 1975
CourtTransvaal Provincial Division
Hearing Date06 March 1975

Hiemstra, R.:

Dit is 'n appèl waarin 'n ou omstrede vraag opnuut na vore kom, nl. in hoeverre partye gebonde is aan voorskrifte in 'n kontrak wat vereis dat ontbinding of wysiging skriftelik moet wees.

Die betrokke kontrak is aangegaan deur twee private maatskappye, waarna ek sal verwys as eiser en verweerder. Die eiser is fabrikant van sekere G chemiese produkte en hy roep die hulp van die verweerder in om die

Hiemstra R

produkte aan die man te bring. Dit word ook deeglik gedoen deur die verweerder te verplig om onverwyld ("forthwith") goedere te koop vir drie duisend rand, welke goedere die verweerder dan aan A die publiek moet probeer verkoop. Die eiser onderneem om verkoopsagente van die verweerder op te lei in die kuns om teen 'n prys van die goed ontslae te raak.

Die verweerder het die drie duisend rand se goedere geneem en daarvoor twee tjeks gegee, van R1 000 elk. Wat van die oorblywende R1 000 geword het is nie duidelik nie en hoef geen verdere aandag te geniet nie.

Die verweerder was nie alleen ontevrede met die gehalte van die B goed nie, maar kla ook dat die eiser nooit die beloofde opleidingskursus in die verkoopkuns verskaf het nie. Daarom het die verweerder uitbetaling van die twee tjeks by die bank gekeer.

Die eiser het in die landdroshof aksie ingestel vir vonnis op die twee tjeks. Omdat die partye onmiddellike partye was, was C alle kontraktuele verwere nog beskikbaar. Die verweerder het 'n pleit ingelewer wat ek gerieflikheidshalwe en duidelikheidshalwe soos volg saamvat, met latere wysiginge inbegrepe:

1.

Ek weier om te betaal omdat eiser nie sy voorafgaande verpligting om my agente op te lei, nagekom het nie.

2.

Bowendien was die eiser se produkte nie van D die gehalte wat in die reklamedokumente voorgespieël is nie.

3.

Derhalwe het ek die ooreenkoms gekanselleer soos ek ingevolge die kontrak geregtig was om te doen en die eiser het sodanige kansellasie aanvaar. Die kansellasie en die aanvaarding daarvan was mondeling.

By die verhoor het die regsverteenwoordigers van die partye E ooreengekom dat die geskilpunte saamgetrek sou word in een regsvraag wat in limine beredeneer sou word, nl. of die kansellasie by wilsooreenstemming wat in para. 3 genoem word, bindend is. Dié regsvraag ontstaan uit die feit dat die kontrak twee klousules bevat van die bekende soort, nl. "geen herroeping sonder skrif" en"geen wysiging sonder skrif".

Die twee klousules is die volgende:

9.

This agreement shall commence F on 17 January 1972 and shall continue until terminated in accordance with the provisions hereinafter appearing.

(a)

This agreement may be terminated by the mutual consent in writing of the company and the distributor, and under the terms of such written agreement as may be reached between them at the time.

18. (a)

No variations of this agreement shall be of G any force or effect unless evidenced in writing and dated and signed by a duly authorised director of the parties.

Die inleidende woorde van klousule 9 maak dit duidelik dat die partye die wyse van ontbinding wou beperk tot die metodes wat in dié klousule vermeld word. Dit is nie nodig om paras. (b) en (c) van klousule 9 in extenso aan te haal nie. Hulle bepaal wat H die partye moet doen wanneer hulle op grond van kontrakbreuk wil ontbind. Die verweerder het, soos supra gesien kan word, eers kontrakbreuk gepleit, maar by die verhoor het hy deur middel van 'n wysiging van sy pleit sy hele verweer saamgetrek op 'n beweerde ontbinding by wilsooreenstemming. Hy sou dan tot restitutio in integrum geregtig wees en derhalwevrygestel wees van betaling. Sy verwere van kontrakbreuk aan die kant van die eiser is geabandonneer. In sy appèlgronde baseer die verweerder ook sy hele saak op die stelling dat die kontrak geldig beëindig is by wilsooreenstemming, ondanks die voorskrifte van die twee klousules.

Hiemstra R

Op dié manier was die toneel voorberei vir 'n hernude debat oor die vraag of mondelinge ontbinding moontlik is in weerwil van 'n skriftelike bepaling wat dit belet. Die landdros het beslis dat ontbinding alleen geldig kon wees as dit skriftelik plaasgevind het. Hy het gevolglik vonnis gegee ten opsigte van die twee tjeks.

A Die landdros het so bevind hoofsaaklik op grond van die beslissing in S.A. Sentrale Koöp. Graanmaatskappy Bpk. v Shifren en Andere, 1964 (4) SA 760 (AA). Shifren se saak is 'n allerbelangrikste baken op die weg van die regsfiguur wat hier ter sprake is. Daar het die Appèlhof beslis dat partye effektief in 'n skriftelike kontrak kan stipuleer dat geen B wysiging geldig sal wees nie tensy dit op skrif gestel is. Die beslissing dek egter nie uitdruklik die hele front nie. Die saak handel uitsluitend oor wysiging, en die vraag of ontbinding mondeling moontlik is, hoewel daarteen gestipuleer is, word nie behandel nie. Ook word die vraag of 'n party gebonde is aan mondelinge afstanddoening van sy reg om aan te dring op skrif, nie in Shifren beslis nie. Dié twee vrae sal dus hier beantwoord moet word.

C Ek behandel eers die vraag of ontbinding op dieselfde voet as wysiging geplaas kan word in the samehang van hierdie probleem. Eers moet ondersoek word of Shifren, sy dit dan onregstreeks, uitsluitsel daaroor gee. Daar moet op gelet word dat Shifren 'n uitspraak is wat vir die Suid-Afrikaanse reg 'n knoop deurhak D ten einde te ontsnap aan 'n sirkelredenasie. Daar was voor Shifren twee kampe wat...

To continue reading

Request your trial
31 practice notes
  • Total South Africa (Pty) Ltd v Bekker NO
    • South Africa
    • Appellate Division
    • 28 November 1991
    ...SC (with him A Subel)): Schneider NO v Raikin 1955 (1) SA 19 (W); Impala Distributors v Taunus Chemical Manufacturing Co (Pty) Ltd 1975 (3) SA 273 (T); Optima Fertilisers (Pty) Ltd v Turner 1968 (4) SA 29 (D); Woolfsons Credit (Pty) Ltd v Holdt 1977 (3) SA 720 (N); Seaborn v Smith B 1955 (4......
  • Total South Africa (Pty) Ltd v Bekker NO
    • South Africa
    • Invalid date

  • Botha (Now Griessel) and Another v Finanscredit (Pty) Ltd
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Ko-op Graanmaatskappy Bpk v Shifren en Andere 1964 (4) SA 760 (A); Impala Distributors v Taunus Chemical Manufacturing Co (Pty) Ltd 1975 (3) SA 273 (T); Clemans v Russon Bros (Pty) Ltd 1970 (3) SA 686 (E); Hepner v Roodepoort-Maraisburg Town Council 1962 (4) SA 772 (A); Borstlap C v Spangen......
  • Brisley v Drotsky
    • South Africa
    • Invalid date
    ...428 (A): oorweeg/considered Human v Rieseberg 1922 TPD 157: oorweeg/considered Impala Distributors v Taunus Chemical Manufacturing Co 1975 (3) SA 273 (T): na verwys/referred to H Janse van Rensburg v Grieve Trust 2000 (1) SA 315 (K): John Bell & Co Ltd v Esselen 1954 (1) SA 147 (A): na verw......
  • Request a trial to view additional results
29 cases

2 books & journal articles
  • Die Integrasiereël in die Suid-Afrikaanse Kontraktereg
    • South Africa
    • Juta Stellenbosch Law Review No. , September 2019
    • 16 August 2019
    ...v Sher 1980 1 SA 317 (D) 324; Brisley v Drotsky 2002 4 SA 1 (HHA); Impala Di stributors v Taunus C hemical Manufact uring Co (Pty) Ltd 1975 3 SA 273 (T); Bar nett v Van der Merwe 1980 3 SA 606 (T ); Van As v Du Preez 1981 3 SA 760 (T)29 Sien byvoor beeld Stiglingh v Theron 1907 TS 998; Phil......
  • Analyses: The Turquand Rule, Irregular appointments and Bypassing the disciplinary process
    • South Africa
    • Juta South Africa Mercantile Law Journal No. , August 2019
    • 20 August 2019
    ...application of the entrenchment clausecan be gleaned from the case of Impala Distributors v Taurus ChemicalManufacturing Co Ltd 1975 (3) SA 273 (T). In this matter the court heldthat where the parties stipulate in a written contract that the contract canonly be terminated in writing, and th......

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT