Du Plessis Diamante v De Bruyn Broers

JurisdictionSouth Africa
JudgeHofmeyr R
Judgment Date28 December 1966
Citation1967 (3) SA 255 (GW)
Hearing Date17 November 1966
CourtGriqualand-West Local Division

Du Plessis Diamante v De Bruyn Broers
1967 (3) SA 255 (GW)

1967 (3) SA p255

Citation

1967 (3) SA 255 (GW)

Court

Griekwaland-Wes Plaaslike Afdeling

Judge

Hofmeyr R

Heard

November 17, 1966

Judgment

December 28, 1966

Flynote : Sleutelwoorde

Praktyk — Pleitstukke — Verdere besonderhede — In 'n aksie om skadevergoeding — Wanneer eiser dit moet verskaf — Hoofreëls 18 (10) en 21 (1), (4) — Verduideliking van.

Headnote : Kopnota

Met inagneming van Hofreël 21 (1) en (4), en aangesien die verdere besonderhede vir doeleindes van pleit verstrek, tesame met die versoek, deel uitmaak van die pleitstukke, volg dit dat 'n litigant nie normaalweg verplig kan word om besonderhede wat nie geskik is om deel van die pleitstukke uit te maak, te verstrek nie. Normaalweg is die basis van enige pleitstuk die bewering van feite en nie van gissings, skattings of opinies nie, nog minder beramings waarop opinies of skattings gebaseer is. 'n Duidelike uitsondering hierop is waar 'n party in Hofreël 18 (10) (c) (i) uitdruklik verplig word om sy beraamde toekomstige verlies van verdienste as gevolg van persoonlike beserings te pleit. Selfs in hierdie geval word nie van hom verwag om die gronde waarop hy 'n sekere skatting maak, te beweer nie. Die beginsels wat geformuleer is in verband met verskaffing van besonderhede, is nog steeds van toepassing op ander eise vir skadevergoeding as dié waarin vergoeding vir persoonlike beserings geëis word. Die vereistes van Reël 18 (10) is slegs dat die eiser sy skade so uiteensit dat die verweerder redelik in staat is om die quantum daarvan te skat. Die Reël lê blykbaar op die verweerder die plig om self 'n skatting te maak, veral waar die verweerder meer kennis van die relevante feite het.

Flynote : Sleutelwoorde

Practice — Pleadings — Further particulars — In an action for damages — When plaintiff must furnish same — Rules of Court 18 (10) and 21 (1), (4) — Clarification of.

Headnote : Kopnota

Regard being had to Rule of Court 21 (1) and (4), and seeing that the further particulars supplied for the purposes of pleading, together with the request, form part of the pleadings, it follows that a litigant cannot normally be obliged to furnish particulars which are not suitable to form part of the pleadings. Normally the basis of any pleading is the allegation of facts and not of guesses, estimates or opinions, still less calculations on which opinions or estimates are based. A clear exception thereto it where a party in Rule of Court 18 (10) (c) (i) is expressly obliged to plead his estimated future loss of earnings as a result of personal injuries. Even in that case he is not expected to aver the grounds on which he made a certain estimate. The principles formulated in respect of the furnishing of particulars are still applicable to claims for damages other than those in which damages are claimed for personal injury. The requirements of Rule 18 (10) are only that the plaintiff sets out his damage in such a way that the defendant is reasonably in a position to estimate the quantum thereof. The Rule apparently places a duty on the defendant to make an estimate himself, especially where the defendant has more knowledge of the relevant facts

Case Information

Aansoek deur verweerders om 'n bevel dat die eisers verplig word om E verdere besonderhede te verskaf. Die aard van die aansoek blyk uit die uitspraak.

J. J. Trengove, S.C., namens die applikante.

G. A. Coetzee, S.C., namens die respondente.

Cur adv vult.

Postea (Desember 28). F

1967 (3) SA p256

Judgment

Hofmeyr, R.:

Die applikante (hierna gerieflikheidshalwe verweerders genoem) doen aansoek om 'n bevel dat die respondente (eisers in die hoofsaak) verplig word om sekere addisionele en beter besonderhede van hulle vordering te lewer.

A Ten einde die agtergrond van die aansoek te skets, verwys ek kortliks na die pleitstukke.

Die eisers beweer dat die verweerders gedurende die tydperk 31 Desember 1958 tot 30 Junie 1963, beginnende vanaf punte ongeveer 500 en 600 voet onder die oppervlakte en werkende vanaf hulle eie aanliggende kleims, B wederregtelik op kleims van die eisers oortree, daaronder gemyn en diamante verwyder het en sodanige grond en diamante vir hulle toegeëien het, waardeur hulle aan die eisers skade ten bedrae van R350,000 berokken het.

Vermoedelik as gevolg van die moeilikhede wat vir die eisers na aanleiding van 'n reeks versoeke om besonderhede van hulle gemelde C vordering duideliker moes geword het, het die eisers hulle deklarasie op die 9de Mei 1966 gewysig deur die oorspronklike hoofeis (om skadevergoeding) te degradeer tot 'n alternatiewe vordering en die volgende bewerings en eis in sy plek te stel.

Die eisers beweer ter stawing van hulle hoofeis uitdruklik dat hulle nie D bewus is van die hoeveelheid diamantdraende grond en die hoeveelheid of kwaliteit van die diamante wat die grond opgelewer het en wat die verweerders vir hulself toegeëien het nie.

Hulle beweer dat die verweerders te alle ter sake dienende tye onder 'n verpligting teenoor die eisers gestaan het om aan hulle verslag te lewer van

(i)

E die hoeveelhede grond van eisers se kleims verwyder;

(ii)

die hoeveelhede diamantdraende grond aldus verwyder waaruit diamante herwin is;

(iii)

die hoeveelhede en kwaliteit van die diamante so herwin, die persone aan wie hulle verkoop is en die pryse daarvoor ontvang; en

(iv)

F die hoeveelheid en kwaliteit van sodanige diamante wat die verweerders nie verkoop het nie.

Hoewel die uitdruklike bewering dat hulle geen kennis dra van die hoeveelheid gewone grond, diamantdraende grond of diamante wat G verweerders eis of van die diamante se kwaliteit of waarde nie, in die eisers se huidige hoofeis voorkom, is dit duidelik dat hulle ook nie in staat is om hierdie items vir die doeleindes van die alternatiewe vordering te beweer nie. Die verweerders hoef dus nie op hierdie stadium in afwagting op sodanige bewyslewering, te pleit nie.

Die eisers het, in antwoord op die verweerders se versoeke om nadere H besonderhede, wel belangrike inligting aangaande die vordering aan die verweerders verstrek. Hulle het twee planne gemerk 'B' en 'C' verskaf waarop na beweer word die nommers en die posisie van die verskillende kleims en die mate van die oortreding aangegee word. Die vroeëre aantyging dat sekere kleims deur die onregmatige toedoen van die verweerders gevaarlik geword het dat hulle bewerking onmoontlik geword het en dat hulle nutteloos geword het, is ingetrek en die eisers het ook verklaar dat hulle niks op grond van contumelia eis nie.

Op die...

To continue reading

Request your trial
4 practice notes
  • Bell, Van Niekerk & Van Niekerk v Oudebaaskraal (Edms) Bpk en 'n Ander
    • South Africa
    • Invalid date
    ...R 1985 (1) 127 KPA of verkry nie. (Kyk Van Biljoen v Botha 1952 (3) SA 494 (0) op A 497-498; Du Plessis Diamante v De Bruyn Broers 1967 (3) SA 255 (GW) op 259A; en Snyman v Monument Assurance Cor-poration Ltd (supra op 378G).) Dit het respondente eers nie gedoen nie; hulle het dit nou wel g......
  • Rondalia Versekeringskorporasie van Suidafrika Beperk v Mavundla
    • South Africa
    • Invalid date
    ...verwys word na die sub-reël as geheel of alleenlik na die voorbehoudsbepaling daarvan nie. Vgl. Du Plessis Diamante v De Bruyn Broers, 1967 (3) SA 255 (GW), H waarin op bl. 260 die mening uitgespreek word dat net ten opsigte van vorderings van vergoeding vir persoonlike beserings nou meer o......
  • Bell, Van Niekerk & Van Niekerk v Oudebaaskraal (Edms) Bpk en 'n Ander
    • South Africa
    • Cape Provincial Division
    • 21 September 1984
    ...kan bekom Tebbutt R of verkry nie. (Kyk Van Biljoen v Botha 1952 (3) SA 494 (O) A op 497 - 498; Du Plessis Diamante v De Bruyn Broers 1967 (3) SA 255 (GW) op 259A; en Snyman v Monument Assurance Corporation Ltd (supra op 378G).) Dit het respondente eers nie gedoen nie; hulle het dit nou wel......
  • Durban Picture Frame Co (Pty) Ltd v Jeena and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...party in the circumstances of defendant is obliged to make his own assessment of the damages (Du Plessis Diamante v. De Bruyn Broers, 1967 (3) SA 255 (GW); Cete v. F Standard and General Insurance Co. Ltd., 1973 (4) SA 349 (W)), but that could hardly mean that the opponent is not to be give......
4 cases

4 provisions

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT