Bell, Van Niekerk & Van Niekerk v Oudebaaskraal (Edms) Bpk en 'n Ander

JurisdictionSouth Africa
JudgeTebbutt R
Judgment Date21 September 1984
Hearing Date18 September 1984
CourtCape Provincial Division

Tebbutt R:

Dit gaan hier oor sekere antwoorde wat respondente op applikant se versoek om nadere besonderhede in 'n eis deur applikant teen respondent verskaf het. Applikant bekla hom dat D die antwoorde gebrekkig is, getoets aan Hofreël 21 (1), en doen nou aansoek om 'n bevel wat respondente gelas om die versoek "volledig en behoorlik te beantwoord" en by gebreke aan voldoening daaraan om verlof om op dieselfde stukke aansoek te doen vir afwysing van respondent se eis.

Respondente is die eisers in 'n aksie wat voortspruit uit die beweerde kansellasie van 'n skriftelike huurkontrak tussen E hulle en die applikant, 'n vennootskap wat dan ook die verweerder in die genoemde aksie is, van twee plase in die distrik van Ceres waarop, onder meer, lusern verbou word.

Respondente beweer dat applikant nie sekere van sy verpligtinge onder die kontrak nagekom het nie, as gevolg waarvan hulle die F ooreenkoms gekanselleer het en hulle eis 'n bevel wat verklaar dat die ooreenkoms regmatiglik gekanselleer is.

Hulle eis ook skadevergoeding van applikant as gevolg van die beweerde kontrakbreuk.

Respondente beweer dat dit uitdruklik deur die applikant onderneem was:

(a)

G om die masjinerie en toerusting op die plaas, insluitende die windpompe, te onderhou;

(b)

dat applikant geregtig sou wees op een-derde van die vermeerdering van die beeskudde op die plaas en een-derde van alle verkopings en respondente op die H oorblywende twee-derdes maar dat die kudde die eiendom van respondente sou bly;

(c)

op sy koste die bestaande lusern te produseer en alles te doen wat nodig was, insluitende die grond gelyk te maak, voor te berei en van die nodige sluise en/of pype te voorsien ten einde lusernhooi en/of lusernsaad behoorlik te produseer;

(d)

op sy koste aan die einde van 1978 ten minste 80 I hektaar onder lusern behoorlik gevestig te hê.

Tebbutt R

Dit is deur respondente beweer dat applikant nie sy A verpligtinge in verband met hierdie ondernemings in verskillende opsigte, waarna ek later meer breedvoerig sal verwys, nagekom het nie en dat respondente as gevolg daarvan skade gely het wat hulle van die applikant eis.

Dit was in verband met hierdie skadevergoedingseise dat applikant nadere besonderhede tot die besonderhede van B vordering gevra het. Antwoorde is deur die respondente verskaf maar applikant was, wat heelwat van hierdie antwoorde betref, nie daarmee tevrede nie en het nadere en beter besonderhede gevra waarop daar ook deur die respondente geantwoord is. Dit is oor respondente se antwoorde wat applikant nou kla en sy aansoek bring om respondente te las om C sy versoeke volledig en behoorlik te beantwoord.

Om te besluit of applikant op 'n bevel geregtig is, sal daar na die tersaaklike pleitstukke en die afsonderlike versoeke en antwoorde daarop breedvoerig gekyk moet word om te oordeel of die antwoorde genoegsaam is, al dan nie. Dit verg ook 'n verwysing na die betrokke Hofreëls wat hier relevant is en 'n D oorweging van die regsbeginsels wat by 'n aansoek soos hierdie van toepassing is. Ek sal eers na sodanige Hofreëls en wat, myns insiens, die beginsels is wat hier toegepas moet word, verwys voordat ek die versoeke en antwoorde ontleed en oorweeg.

Die Hofreëls wat hier ter sprake is, is Hofreël 18 (10) en E Hofreël 21 (1).

Hofreël 18 (10) bepaal dat waar 'n eiser vir skadevergoeding dagvaar, hy die skade so moet uiteensit

"dat die verweerder redelik in staat is om die quantum daarvan te skat".

Die Reël gaan dan verder aan om neer te lê dat in eise vir persoonlike beserings moet 'n eiser die aard en omvang van die ongeskiktheid wat na bewering die skade veroorsaak aangee en F sover doenlik afsonderlik moet meld hoeveel, indien iets, vir mediese koste en hospitaalen soortgelyke uitgawes, pyn en lyding en ongeskiktheid ten opsigte van verdienste en lewensgenietinge geëis word.

Hofreël 21 (1) lees soos volg:

"(1) 'n Party wat 'n pleitstuk ontvang het kan, binne 14 G dae na ontvangs daarvan of nadat hy 'n kennisgewing van voorneme om te verdedig afgelewer het, na gelang van die geval, 'n kennisgewing aflewer waarin hy alleen sodanige verdere besonderhede aanvra as wat streng gesproke nodig mag wees om hom in staat te stel om daarop te pleit of om 'n bedrag tot skikking aan te bied."

Voordat die Eenvormige Hofreëls in 1965 in werking getree het, was dit die standpunt van ons Howe dat besonderhede verskaf H moet word wat "redelik noodsaaklik" was om 'n pleitstuk aan te vul (kyk bv Hamilton's Hardware (Pty) Ltd v Liebenberg 1961 (3) SA 884 (O) en sake daar aangehaal op 885G - 886D).

Omdat dit dikwels moeilik was om te bepaal wat "redelik noodsaaklik" was, het versoeke vir nadere besonderhede tot I pleitstukke in 'n stadium amper 'n roetine geword en het dit heel dikwels tot 'n misbruik van die prosedure om daarvoor te vra gelei. Die bewoording van Hofreël 21 (1) het hierdie tendens tot groot mate aan bande gelê en die partye wat daarvoor moet vra kan nou alleen sodanige verdere besonderhede aanvra as wat "streng gesproke" nodig mag wees en is

Tebbutt R

A beperk tot die "absolute noodsaaklikhede" om hom te laat pleit of 'n bedrag tot skikking aan te bied. (Kyk Van Tonder v Western Credit Ltd 1966 (1) SA 189 (K) op 195; Moaki v Reckitt and Colman (Africa) Ltd and Another 1968 (3) SA 98 (A); Cete v Standard and General Insurance Ltd 1973 (4) SA 349 (W); South African Railways and Harbours v Deal Enterprises (Pty) Ltd 1975 (3) SA 944 (W) B op 947; Simmonds v White and Another 1980 (1) SA 755 (K).)

Soos dit deur FRIEDMAN R in Simmonds v White and Another (supra op 758D - E) gesê word:

"The object of these Rules was not to extend the occasion for a request for further particulars, but on the contrary to provide a restriction. Whereas formerly such particulars as were C reasonably necessary for either of these purposes could be requested, the requirement now is that they must be 'strictly necessary', ie the request must be confined to the 'absolute essentials' necessary to enable the pleader to plead or to tender. (See Van Tonder v Western Credit Ltd 1966 (1) SA 189 (C) at 195; South African Railways and Harbours v Deal Enterprises (Pty) Ltd 1975 (3) SA 944 (W) at 947.)"

As Hofreël 21 (1) dan ook saamgelees word met Hofreël 18 (10) D is dit duidelik dat wat eise vir skadevergoeding betref, kan alleen daardie besonderhede aangevra word wat "streng gesproke" of "absoluut noodsaaklik" is om die verweerder redelik in staat te stel om die quantum van sodanige skade te skat. In hulle kommentaar oor Hofreël 18 (10) sê Nathan, Barnett en Brink E Eenvormige Hofreëls 3de uitg op 129:

"Deurdat die subreël presies omskryf wat in eise vir skadevergoeding beweer moet word, sal dit waarskynlik die uitwerking hê om die buitensporige lang versoeke om verdere besonderhede wat dikwels in hierdie sake opgestel word, in te kort. Die omvang van besonderhede wat in eise vir skadevergoeding vereis word, word in Coop v Motor Union Insurance Co 1959 (4) SA 273 (W) bespreek; en daar word betoog F dat versoeke om verdere besonderhede wat verder strek as die aangeleenthede in die subreël beskryf, nie toegestaan sal word nie."

Afgesien dus van wat aangegee moet word met skadevergoedingseise vir persoonlike beserings, word dit slegs van 'n eiser verlang om sy skade so uiteen te sit dat die verweerder in 'n redelike posisie is om die quantum daarvan te G skat. Dit kom my ook voor dat hierdie stelling geldig is hetsy die skade waarvoor daar geëis word van 'n algemene of spesiale aard is en dat die verskil wat voorheen getrek was tussen algemene skadevergoeding - waarvan 'n party voorheen nie verplig was om besonderhede te verskaf nie (kyk Durban Picture Frame Co (Pty) Ltd v Jeena and Another 1976 (1) SA 329 (D) op H 335G en sake daar aangehaal) - en spesiale skadevergoeding ('n verskil wat as gekunsteld en van beperkte nut beskryf is deur BOOYSEN WN R in die Durban Picture Frame Co- saak op 335H - 337B) - nie langer bestaan nie.

Om die verweerder in sodanige posisie te stel is dit nie nodig dat 'n eiser elke detail van hoe hy sy skade beraam moet verskaf en 'n geldwaarde op elke element daarvan plaas nie. Die I verweerder is slegs daarop geregtig om in kennis gestel te word van "die waarde en aard van die eis teen hom" ("the true nature of the claim which is made against him"). Kyk Margau v King 1948 (1) SA 124 (W). Soos dit deur STEWART WN R (soos hy toe was) in SA Mutual Fire and General Insurance Co Ltd v Alberts 1976 (3) SA 612 (SOK) op 614A gestel is:

"As appears from the case of Cete v Standard and General Insurance Co Ltd

Tebbutt R

1973 (4) SA 349 (T), a defendant cannot expect in all cases to A be placed in the position where it will be enabled to assess the plaintiff's damages with meticulous accuracy nor is it entitled to a preview of the evidence which the plaintiff intends to lead."

Dit is ook so dat dit van 'n verweerder verwag word om sy eie beraming van die skadevergoeding te maak. (Kyk Durban Picture Frame Co v Jeena and Another (supra op 337F) en sake daar B aangehaal.) Soos dit in Cete v Standard and General Insurance Co Ltd (supra op 354D - E) gestel is:

"Although these Rules require the plaintiff to plead the details of his claim and to supply the further particulars if necessary, that does not mean that a defendant is entitled to sit back and say to a plaintiff, 'I want to assess your damage, therefore you must supply me with all the information I need. I C am not going to make any enquiries, everything must be supplied by you.' That is not the intention of the Rules. A defendant himself has to prepare his case and undertake his own investigation."

Maar dit beteken nie dat 'n verweerder nie geregtig is om van genoegsame data van die eiser se eis voorsien te word nie om 'n realistiese skatting van die quantum te maak of van wat hy tot D skikking kan aanbied nie. (Kyk Rondalia Versekeringskorporasie van...

To continue reading

Request your trial
1 practice notes
  • Inquiries as to damages in South African intellectual property law
    • South Africa
    • South Africa Mercantile Law Journal No. , May 2019
    • 25 May 2019
    ...337. 113 Ibid. 114 Simmonds v White supra note 109 at 758. 115 At 759. 116 Bell, Van Niekerk & Van Niekerk v Oudebaaskraal (Edms) Bpk 1985 (1) SA 127 (C) at 131; Sasol Industries (Pty) Ltd v Electrical Repair Engineering (Pty) Ltd supra note 108 at 472. 117 Uniform Rule 28(10). 118 Uniform ......
1 books & journal articles
  • Inquiries as to damages in South African intellectual property law
    • South Africa
    • South Africa Mercantile Law Journal No. , May 2019
    • 25 May 2019
    ...337. 113 Ibid. 114 Simmonds v White supra note 109 at 758. 115 At 759. 116 Bell, Van Niekerk & Van Niekerk v Oudebaaskraal (Edms) Bpk 1985 (1) SA 127 (C) at 131; Sasol Industries (Pty) Ltd v Electrical Repair Engineering (Pty) Ltd supra note 108 at 472. 117 Uniform Rule 28(10). 118 Uniform ......

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT