Rondalia Versekeringskorporasie van Suidafrika Beperk v Mavundla

JurisdictionSouth Africa
Citation1969 (2) SA 23 (N)

Rondalia Versekeringskorporasie van Suidafrika Beperk v Mavundla
1969 (2) SA 23 (N)

1969 (2) SA p23


Citation

1969 (2) SA 23 (N)

Court

Natalse Provinsiale Afdeling

Judge

van Heerden R

Heard

December 13, 1968; December 17, 1968

Judgment

January 6, 1969

Flynote : Sleutelwoorde F

Nalatigheid — Aksie om skadevergoeding vir persoonlike beserings — Pleitstukke — Aansoek om verdere besonderhede van eis — Hofreëls 18 (10) en 21.

Headnote : Kopnota

Waar vergoeding vir persoonlike beserings geëis word en die verweerder ingevolge Hofreël 21 verdere besonderhede aanvra, moet die vereiste van Hofreël 18 (10) en die voorskrifte in die voorbehoudsbepaling daarvan toegepas word by oorweging van applikant se aansoek. Die vereiste, of dit nou meer omvattende besonderhede as voorheen vereis al dan nie, bly slegs dat 'n eiser sy skade so moet uiteensit dat die verweerder redelik in staat is om die quantum daarvan te skat en nie dat die verweerder redelik in staat is om te kan nagaan of eiser se skatting van die quantum korrek is nie, terwyl die voorskrifte bepaal wat uiteengesit moet word ten opsigte van persoonlike beserings: eerstens, moet die aard en gevolge van die ongeskiktheid wat na bewering die skade veroorsaak aangegee word en, tweedens, moet gemeld word hoeveel, indien iets, onder sekere hoofde geëis word.

Flynote : Sleutelwoorde

Negligence — Action for damages for personal injuries — Pleadings — Application for further particulars of claim — Rules of Court 18 (10) and 21.

Headnote : Kopnota

Where damages for personal injuries are claimed and the defendant requests further particulars under Rule of Court 21, the requirement of Rule 18 (10) and the directions in the proviso thereto must be applied in considering the applicant's application. The requirement, whether or not it calls for more comprehensive particulars than before, remains only that the a plaintiff must set out his damage in such a way that the defendant is reasonably in a

1969 (2) SA p24

position to assess the quantum thereof and not that the defendant is reasonably in a position to be able to ascertain whether plaintiff's assessment of the quantum is correct, while the directions state what must be set out in regard to personal injuries: firstly, the nature and consequences of the disability which it is alleged that the damage caused must be given and, secondly, it must be stated how much, if anything, is claimed under certain heads. A

Case Information

Aansoek deur 'n verweerder om verdere besonderhede. Die feite blyk uit die uitspraak.

W. H. Booysen, namens die applikant.

G. I. Raftesath, namens die respondent.

Cur adv vult. B

Postea (Januarie 6).

Judgment

C Van Heerden, R.:

Applikant is die verweerder in 'n aksie wat deur die respondent ingestel is en waarin skadevergoeding ten bedrae van R3,221.54 van applikant geëis word ten opsigte van beserings wat respondent sou opgedoen het in 'n botsing met 'n motorvoertuig waarvan applikant die versekeraar kragtens Wet 29 van 1942 was.

D Applikant het ingevolge die bepalings van Reël 21 van die Eenvormige Hofreëls verdere besonderhede aangevra van die besonderhede van eis in respondent se dagvaarding. Sekere van die aangevraagde besonderhede is verskaf maar wat 'n aansienlike gedeelte daarvan betref, was respondent se houding òf dat genoegsame gegewens vervat is in die besonderhede van E eis òf dat die aangevraagde besonderhede streng gesproke nie nodig is om applikant in staat te stel om te kan pleit nie. Applikant doen derhalwe nou aansoek ingevolge die bepalings van Reël 21 (6) om 'n bevel teen respondent tot verskaffing van sekere van die aangevraagde besonderhede wat nog nie verskaf is nie.

Die besonderhede van eis in die dagvaarding bevat die volgende paragrawe:


"7.

F As a result of the said collision the plaintiff received certain injuries, to wit:

(a)

a comminuted fracture of the left tibia and fibula;

(b)

laceration of the left leg.

8.

As a result of the said injuries the plaintiff -

(a)

was detained in hospital from 27th August, 1966, to 3rd September, 1966;

(b)

G for several months after his discharge from hospital received treatment as an outpatient;

(c)

incurred medical and hospital expenses in the sum of R106.04;

(d)

was unable to work from 27th August, 1966, to 12th April, 1967, and thereby suffered a loss of earnings in the sum of R115.50;

(e)

has suffered and will continue to suffer loss of amenities as a result of his impaired facility for walking;

(f)

has suffered pain and shock, and will continue to suffer pain H from his left leg.

9.

By reason of the aforegoing the plaintiff has suffered the damages particularised below:


1969 (2) SA p25

Van Heerden R


(a)

Medical and hospital expenses

R106.04

(b)

Loss of earnings

115.50

(c)

Pain and suffering and loss of the amenities of life

3,000.00

R3,221.54."


A Die verdere besonderhede wat in hierdie aansoek aangevra word, met verwysing na die paragrawe in die besonderhede van eis, is soos volg:

'1. Ad para. 1:

Die datum van geboorte en beroep van die eiser word verlang.

3. Ad para. 7:

B Met betrekking tot die beserings wat die eiser sou opgedoen het, word 'n volledige beskrywing met volle besonderhede verlang van alle beserings wat die eiser sou opgedoen het, aantonende:

(a)

Tot watter mate die eiser van hierdie beserings herstel het.

(b)

Welke van die beserings permanente gevolge sal hê, en wat die aard of omvang daarvan is.

(c)

Welke van die beserings tydelike gevolge sal hê en wat die aard en omvang daarvan is.

(d)

C Of enige van die beserings enige ander organe of liggaamsdele van die eiser direk of indirek nadelig aangetas of beïnvloed het.

4. Ad para. 9:

(a)

.....

(b)

Met betrekking tot die eis vir verlies aan inkomste word die volgende besonderhede verlang:

(i)

.....

(ii)

Die aard van die eiser se werk ten tye van die botsing en die D naam van sy werkgewer ten tye van die botsing.

(iii)

.....

(c)

Met betrekking tot die eiser se eis vir pyn en lyding word die volgende besonderhede verlang:

(i)

Die bedrag wat geëis word en hoe dit saamgestel word.

(ii)

Die aard, hewigheid en duurte van sodanige pyn en lyding.

(iii)

Die besonderhede van die beserings waaraan sodanige pyn en E lyding te wyte was of nog is.

(iv)

Watter mediese behandling het die eiser vir die pyn en lyding ontvang.

(v)

Of die eiser tans nog enige pyn verduur en indien wel watter beserings daarvoor verantwoordelik is.

(vi)

.....

(d)

Met betrekking tot die eiser se eis vir verlies aan F lewensgenietinge word die volgende besonderhede verlang:

(i)

Die bedrag wat geëis word en hoe dit saamgestel word.

(ii)

Watter lewensgenietinge het verlore gegaan.

(iii)

Is die verlies tydelik of permanent.

(iv)

.....'

Voordat die Eenvormige Hofreëls van krag geword het, het die Hof vanweë G sy inherente regsmag aansoeke om verdere besonderhede oorweeg en, waar 'n eis so geformuleer is dat 'n verweerder nie na behore daarop kon pleit nie of na behore 'n aanbod tot skikking kon maak nie, beveel dat verdere besonderhede van so 'n eis verstrek word - Osman v Jhavary and Others, 1938 NPD 443. Die beginsels wat toegepas is by die benadering van so 'n aansoek waar skadevergoeding geëis is, word H gerieflik opgesom in die volgende aanhaling deur WILLIAMSON, R., in Coop and Another v Motor Union Insurance Co., Ltd., 1959 (4) SA 273 (W) op bl. 276, uit die uitspraak van ROPER, R., in Reid, N.O v Royal Insurance Co., Ltd., 1951 (1) SA 713 (T) op bl. 717:

'Now there are decisions, some of which were referred to by counsel, in which the Courts have ruled that a plaintiff must, either in his declaration or in particulars subsequently furnished, give the defendant sufficient information to enable him to decide whether he ought to make a tender . . . Counsel's contention seems however to be based upon a misconception as to the effect of such rulings. They do not mean that when the plaintiff comes to his damages he must set

1969 (2) SA p26

Van Heerden R

them out precisely under different headings so that the defendant may be able to ascertain exactly what sum he must tender in order to escape his liability for costs. What is required is that there shall be sufficient particularity to convey to the defendant the ground, or...

To continue reading

Request your trial
19 practice notes
  • Custom Credit Corporation (Pty) Ltd v Shembe
    • South Africa
    • Invalid date
    ...to enable the defendant to reasonably assess the damages claimed by him. Rondalia Versekeringskorporasie van Suid-Afrika v Mavundla, 1969 (2) SA 23. Similarly, it is necessary to plead sufficient facts to set out the damages sufficiently clearly so that the defendant is in no doubt as to th......
  • Bell, Van Niekerk & Van Niekerk v Oudebaaskraal (Edms) Bpk en 'n Ander
    • South Africa
    • Invalid date
    ...die quantum te maak of van wat hy tot skikking kan D aanbied nie. (Kyk Randalia Versekeringskorporasie van Suid-Afrika Bpk v Mavundla 1969 (2) SA 23 (N) op 28-29; SA Mutual Fire and General Insurance v Alberts (supra op 613-614).) Dit is in twee sake gese dat waar 'n verweerder 'n aanbod (t......
  • South African Railways and Harbours v Deal Enterprises (Pty) Ltd
    • South Africa
    • Invalid date
    ...to "absolute essentials". (Rule 21 (1); Van Tonder, supra at p. 195B - C; Rondalia Versekeringskorporasie van SA Bpk. v Mavundla, 1969 (2) SA 23 (N) at pp. 26 in fin - 27 top; Cete v Standard & General Insurance D Co. Ltd., 1973 (4) SA 349 (W) at p. 353A - 3. No hard and fast rules can be l......
  • Potgieter v Rondalia Assurance Corporation of SA Ltd
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Others v Rademeyer and Others, 1967 (2) SA 702 (C) at pp. 705-6, and Rondalia Versekeringskorporasie van Suid-Afrika Beperk v Mavundla, 1969 (2) SA 23 (N) at pp. 26-7, and C the authorities cited therein). In all the circumstances I direct that, in regard to the application to compel furthe......
  • Request a trial to view additional results
19 cases
  • Custom Credit Corporation (Pty) Ltd v Shembe
    • South Africa
    • Invalid date
    ...to enable the defendant to reasonably assess the damages claimed by him. Rondalia Versekeringskorporasie van Suid-Afrika v Mavundla, 1969 (2) SA 23. Similarly, it is necessary to plead sufficient facts to set out the damages sufficiently clearly so that the defendant is in no doubt as to th......
  • Bell, Van Niekerk & Van Niekerk v Oudebaaskraal (Edms) Bpk en 'n Ander
    • South Africa
    • Invalid date
    ...die quantum te maak of van wat hy tot skikking kan D aanbied nie. (Kyk Randalia Versekeringskorporasie van Suid-Afrika Bpk v Mavundla 1969 (2) SA 23 (N) op 28-29; SA Mutual Fire and General Insurance v Alberts (supra op 613-614).) Dit is in twee sake gese dat waar 'n verweerder 'n aanbod (t......
  • South African Railways and Harbours v Deal Enterprises (Pty) Ltd
    • South Africa
    • Invalid date
    ...to "absolute essentials". (Rule 21 (1); Van Tonder, supra at p. 195B - C; Rondalia Versekeringskorporasie van SA Bpk. v Mavundla, 1969 (2) SA 23 (N) at pp. 26 in fin - 27 top; Cete v Standard & General Insurance D Co. Ltd., 1973 (4) SA 349 (W) at p. 353A - 3. No hard and fast rules can be l......
  • Potgieter v Rondalia Assurance Corporation of SA Ltd
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Others v Rademeyer and Others, 1967 (2) SA 702 (C) at pp. 705-6, and Rondalia Versekeringskorporasie van Suid-Afrika Beperk v Mavundla, 1969 (2) SA 23 (N) at pp. 26-7, and C the authorities cited therein). In all the circumstances I direct that, in regard to the application to compel furthe......
  • Request a trial to view additional results

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT