Die proses

DOI10.10520/EJC133218
Pages58-108
Date01 January 2012
AuthorL.M. Jacobs
Published date01 January 2012
58
5 DIE PROSES
5.1 Doelstelling en werkswyse
5.1.1 Doelstellings
Hierdie hoofstuk het ’n uiteensetting en ontleding van die
reddingsproses ten doel. Die ondernemingsreddingsproses
verskil wesenlik van sy geregtelike bestuur voorganger en
derhalwe sal daar gepoog word om vas te stel in welke mate die
prosedures ooreenstem en in welke mate dit van mekaar verskil.
Daar sal ook gepoog word om die wesenlike veranderinge te
identifiseer en te evalueer.
5.1.2 Werkswyse
Ten einde die prosedurele aspekte van die onderskeie reddings-
modelle as ’n geheel te ondersoek, sal hierdie hoofstuk die
geregtelike bestuursproses eers volledig bespreek waarna die
ondernemingsreddingsproses bespreek en met eersgenoemde
proses vergelyk sal word. Die besprekings handel onder andere
oor die partye geregtig om besigheidsreddingsverrigtinge te
inisieer, hoe dit geskied en die verloop van die proses tot en met
die beëindiging daarvan.
5.2 Geregtelike bestuur – Maatskappywet 61 van 1973
5.2.1 Die aanvang van die reddingsproses
Die geregtelike bestuursproses is veral gekenmerk deur ’n groot
mate van hofbetrokkenheid. Volgens Kloppers en Burdette
is dit juis die oorweldigende hofbetrokkenheid wat een van
die deurslaggewende faktore was vir die lae sukseskoers van
geregtelike bestuur.1 Die grootste rede hiervoor was die kostes
wat gepaard gegaan het met die aansoeke by die hof.2
Die aanvang van hierdie prosedure is gedoen by wyse van ’n
hofaansoek. Ingevolge artikel 427(2) kon sodanige aansoek
gebring word deur enige persoon wie ingevolge artikel 346 van die
Wet daarop geregtig was om vir die likwidasie van die maatskappy
aansoek te doen.3 Hierdie persone sluit in die maatskappy self,4
een of meer van die maatskappy se skuldeisers5 sowel as een of
1 Kloppers 2001:370; Burdette 2004:249.
2 Burdette 2004:249. “...the cost of running a judicial management is
hardly a financially sound one.”
3 Maatskappywet 63 van 1973: art 427; art 346.
4 63 van 1973: art 346(1)(a). Loubser 2004:151. Die direksie is by magte
om in die geval van finansiële nood sonder enige bystand op te tree en
die nodige stappe namens die maatskappy te neem.
5 63 van 1973: art 346(1)(b).
59
meer van die maatskappy se lede.6 Alhoewel die Wet nie uitdruklik
melding van die direkteure van die maatskappy maak nie, word
hulle by wyse van regspraak ook by hierdie groep ingesluit en
kan die direksie van die maatskappy dus ook aansoek doen vir
om ’n geregtelike bestuursbevel.7 Die prosedure ten aansien van
die aansoek was vir al die partye dieselfde. Tydens ’n aansoek vir
die likwidasie van ’n maatskappy kon die hof ook uit eie beweging
geregtelike bestuur gelas indien die omstandighede dit regverdig
het.8 Dit is belangrik om daarop te let dat die werknemers van
die maatskappy ingevolge die 1973 Wet geen regte in hierdie
verband gehad het nie.9
Die bepalings aangaande die aansoek vir die likwidasie van ’n
maatskappy is mutatis mutandis van toepassing op ’n aansoek
vir ’n geregtelike bestuursbevel.10 Artikel 346 van die 1973 Wet sit
die prosedure vir die aansoek om likwidasie van die maatskappy
uiteen.11 Ingevolge laasgenoemde artikel moet daar voordat die
aansoek voor die hof dien, ’n afskrif van die aansoek en elke
beëdigde verklaring ter bevestiging van die feite in die aansoek
vervat by die Meester ingedien word.12 Die Meester moet op sy
beurt, nadat hy bogenoemde dokumente ontvang het, verslag
doen aan die hof oor die feit of die hof geregverdig sou wees om
die aansoek toe te staan al dan nie.13
Die partye wat aansoek gedoen het vir die geregtelike bestuur
moes die volgende bewys ten einde ’n voorlopige geregtelike
bestuursbevel te verkry:14 dat die maatskappy weens wanbestuur
of op grond van enige ander rede, (i) nie in staat is om sy skulde te
6 63 van 1973: art 346(1)(c).
7 Ex parte Tangent Sheeting (Pty) Ltd 1993 (3) SA 488 (W). “There are
trenchant reasons why a board of directors should be empowered
to apply for a winding-up without having to wait for a decision by the
members, which in companies of any size takes a considerable time.
Indeed, there are cases in which it is the duty of directors to bring an
end to the activities of a company as soon as possible. Also, they may
have a proper interest in doing so, in that if they do not, they may be
guilty of carrying on the business of an insolvent company.” Sien ook Ex
parte Graaff-Reinet Rollermeule (Edms) Bpk 2000 (4) SA 670 (E).
8 63 van 1973: art 427(3); Sharrock ea 1996:264.
9 Blackman 1993:543. “As such, the employee is given no say in the
matter.” Volgens Blackman verander laasgenoemde indien die
werknemer ook ’n skuldeiser van die maatskappy is.
10 61 van 1973: art 427(2).
11 61 van 1973: art 346(4).
12 61 van 1973: art 346(4)(a).
13 61 van 1973: art 346(4)(b).
14 Vir ’n volledige bespreking aangaande die vereistes vir ’n geregtelike
bestuursbevel sien hoofstuk 4 hierbo.
60
betaal of sy verpligtinge na te kom nie en (ii) die maatskappy nie ’n
suksesvolle onderneming is nie of verhinder is om ’n suksesvolle
onderneming te word.15 Verder vereis die Wet dat daar bewys
moet word dat daar (iii) ’n redelike waarskynlikheid bestaan, dat
indien die maatskappy onder geregtelike bestuur geplaas word,
die maatskappy in staat sal wees om sy skulde te betaal en weer
’n suksesvolle onderneming te word.16 Sodanige bevel sal slegs
deur ’n hof toegestaan word indien dit blyk dat dit reg en billik is
om die maatskappy onder geregtelike bestuur te plaas.17
Die hof sal na oorweging van alle tersaaklike feite eerstens ’n
voorlopige geregtelike bestuursbevel toestaan en sal ook ’n
keerdatum vasstel vir die oorweging van die finale bevel.18 Die
keerdatum moet nie later as sestig dae na die datum van die
voorlopige bevel wees nie, alhoewel die hof dit om ’n grondige
rede mag verleng.19
Artikel 434(3) van die Wet bepaal dat die koste van die geregtelike
bestuuraansoek hanteer word asof daardie koste die koste van
die sekwestrasie van ’n boedel is.20 Dit beteken dat die applikant
dus die kostes wat deur hom aangegaan is in die bring van die
aansoek, verhaal.
Ingevolge artikel 428(3) kan die hof te enige tyd op aansoek van ’n
skuldeiser, ’n lid van die maatskappy, die voorlopige geregtelike
bestuurder of selfs die Meester die bepalings van die geregtelike
bestuursbevel wysig of dit ophef.21
Volledigheidshalwe behoort daar weereens melding gemaak
te word van die argument dat die hofbetrokkenheid grootliks
bygedra het tot die onbekostigbaarheid van geregtelike bestuur
as besigheidsreddingsmodel.22
15 61 van 1973: art 427(1).
16 61 van 1973: art 427(1).
17 61 van 1973: art 427(1).
18 61 van 1973: art 428(1). Ingevolge hierdie artikel is die hof ook by magte
om die aansoek van die hand te wys of ’n ander bevel te gee wat dit
regverdig ag. Sharrock ea 1996:264.
19 61 van 1973: art 428; Sharrock ea 1996:264.
20 61 van 1973: art 434(3).
21 61 van 1973: art 428(3).
22 Loubser 2004:151. “The fact that an application to court is required,
has also given rise to crititcism as some commentators believe that this
renders the procedure too costly and onerous for smaller businesses in
particular.”

To continue reading

Request your trial

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT