Administrateur, Natal v Trust Bank van Afrika Bpk

JurisdictionSouth Africa
JudgeRumpff HR, Jansen AR, Trollip AR, Joubert AR en Trengove AR
Judgment Date25 May 1979
Citation1979 (3) SA 824 (A)
Hearing Date05 March 1979
CourtAppellate Division

Rumpff HR:

In die onderhawige saak sou die respondent in die Hof a quo en in hierdie Hof kon betoog het dat in ons reg nalatige wanvoorstelling nie D as deliktuele eisgrond bestaan nie. Dit het die eksipiënt gedoen in Suid-Afrikaanse Bantoetrust v Ross en Jacobz 1977 (3) SA 184 (T). Klaarblyklik onder invloed van oa akademiese aanvoorwerk ná die gewysdes in Perlman v Zoutendyk 1934 CPD 151 en Herschel v Mrupe 1954 (3) SA 464 (A) E , het die Hof in die Bantoetrust- saak in 'n eksepsiestadium pertinent beslis dat so 'n eisgrond wel bestaan. Die Hof sê dan ook:

"Ek twyfel of daar 'n enkele akademiese kommentator is wat gekant is teen so 'n aksie".

Die uitdrukking "nalatige wanvoorstelling", wat 'n vertaling van "negligent misrepresentation" is, gee nie wesenlik die probleem in ons reg F behoorlik weer nie en skep die indruk van 'n voorstelling in kontraktuele verband. In kontraktuele verband het "wanvoorstelling" 'n ietwat regstegniese betekenis. Dit moet bv 'n voorstelling van 'n bestaande feit wees en behels dus gewoonlik nie die uitspreek van 'n mening of die gee van advies nie. Hierdie vereiste is nie noodwendig van toepassing op 'n G "nalatige wanvoorstelling" nie. Miskien moet die uitdrukking "nalatige wanbewering" (negligent misstatement) liewer gebesig word, maar, indien die uitdrukking "nalatige wanvoorstelling" behoue bly, moet bogenoemde caveat in gedagte gehou word.

Die respondent in die onderhawige saak aanvaar nie alleen die bevinding in die Bantoetrust- saak nie maar betoog uitdruklik dat so 'n eisgrond wel in H ons reg bestaan en verwys oa na 'n beslissing van die Natalse Hof in Greenfield Engineering Works (Pty) Ltd v NKR Construction (Pty) Ltd 1978 (4) SA 901 (N), waarin die bevinding van die Bantoetrust- saak gevolg is. In die Greenfield Engineering- saak word oa verwys na 'n artikel van prof McKerron te 1 van die 1973 South African Law Journal ("Liability for Mere Pecuniary Loss in an Action under the lex Aquilia") en 'n artikel van prof Boberg in die 1972 Annual Survey of South African Law te 131 - 136, waarin sekere gewysdes bespreek word. In die uitspraak word ook na die volgende verwys te 916:

Rumpff HR

"See further Pieter Pauw, 'Aanspreeklikheid vir "suiwer vermoënskade" in die Suid-Afrikaanse Reg' De Jure April 1975 at 2 31; Fleming James Jr "Limitations on Liability for Economic Loss caused by Negligence: a A pragmatic appraisal' Vanderbilt Law Review vol 25 (1972) at 43 - 58; reprinted in The Journal of the Society of Public Teachers of Law New Series vol XIII No 2 (July 1972) at 105 - 118; Lawson Negligence in the Civil Law (1955) at 29 - 36.

The question whether pure economic loss is historically compatibble with the notion of damnum in Roman-Dutch law has been much debated - see, eg, Susan Scott 'Nalatige Wanvoorstelling in die Suid-Afrikaanse Reg' THRHR 1976 at 347; THRHR 1977 at 58, 165; Pieter Pauw 'Weer eens Nalatige Wanvoorstellings' THRHR 1978 at 53".

B Soos in die Bantoetrust- saak, gaan dit in die onderhawige geval, wat die feite betref, nie oor die begrip van aanspreeklikheid in die algemeen vir suiwer vermoënskade weens nalatigheid nie, maar oor die spesifieke probleem van vermoënskade veroorsaak deur nalatige wanbewering.

C In die onderhawige saak is daar aan die Hof a quo voorgelê 'n aantal feite by wyse van 'n gestelde saak en in die gestelde saak word dit nie ontken nie dat nalatige wanbewering (buite kontraktuele verband) tot verhaalbare vermoënskade aanleiding kan gee. In die uitspraak van die Hof a quo waarteen appellant in hoër beroep kom, is dan ook bevind dat daar wel 'n eisgrond weens nalatige wanbewering bestaan, maar daar is bevind, D wat die feite betref, dat die eiser nie kon slaag nie. Die eiser in die saak is nou appellant en daar was wesenlik net een verweerder, die huidige respondent. Die uitspraak van die Hof a quo is te vinde onder Administrator, Natal v Bijo and Another 1978 (2) SA 256 (N). Bijo was die E eerste verweerder maar omdat vonnis by verstek reeds teen Bijo gegee was, het die Hof a quo na respondent verwys as die verweerder. Vanselfsprekend beroep appellant hom op die stelling dat daar in ons reg vergoeding van vermoënskade weens nalatige wanbewering geëis kan word. Wat die reg betref, is hierdie Hof dus in 'n ietwat eienaardige posisie geplaas. Wesenlik versoek beide partye hierdie Hof om die seël te druk op wat in die Bantoetrust- saak met weinig woorde en geen motivering nie, gesê is.

F Ek dink dat dit aanvaar kan word, uit wat verskillende skrywers oor die onderwerp geskryf het, dat die reg op vergoeding van suiwer vermoënskade in sekere beperkte gevalle in die Romeinse reg erken is maar dat dié reg G tog verband gehad het met 'n saak of 'n corpus. Dit kan ook aanvaar word dat in die Romeins-Hollandse reg in sekere gevalle vergoeding van suiwer vermoënskade toegeken is wat daarop dui dat Aquiliese aanspreeklikheid oor die Romeinsregtelike grens van saakbeskadiging uitgebrei is. In hierdie verband kan genoem word die uitspraak in Cape of Good Hope Bank v Fischer 4 SC 368, waarin na Voet 20.1.11 en Matthaeus De Auctionibus 1.19.86 H verwys word; Van Bynkershoek Obs Tumult 11, 195; Pieter Pauw "Aanspreeklikheid vir Suiwer Vermoënskade in die Suid-Afrikaanse Reg" in De Jure band 1 te 23; J C van der Walt Risiko Aanspreeklikheid uit Onregmatige Daad te 309 (ongepubliseerde proefskrif); prof Price "Patrimonial Loss and Aquilian Liability" 1950 THRHR 87. Hoe ook al die uitsprake van die verskillende Regters in hierdie Hof in Herschel v Mrupe (supra) vertolk word, skyn dit duidelik te wees dat die bestaan van so 'n reg in die Suid-Afrikaanse reg nie deur hierdie Hof verwerp is nie. Die reg is eerder erken. Die onbevredigende toestand wat in ons reg bestaan ná die Herschel- saak, die

Rumpff HR

verskillende uitsprake van Provinsiale Afdelings sedertdien en die houding van sowel appellant as respondent in hierdie Hof is gegronde redes waarom A daar tans 'n uitspraak gegee moet word wat die bestaan van so 'n reg in ons gemeenreg erken of verwerp. Ek is bewus van die volgende aanhaling wat verskyn in die 1974 SALJ te 408:

"Nor is it desirable for a lower court to embrace the exhilarating opportunity of anticipating a doctrine which may be in the womb of time, but whose birth is distant (per LEARNED HAND J in Spectator Motor Service Inc v Walsh 139 F 2d 809 at 823 (1944))".

B In die onderhawige geval duur die geboortepyne reeds so lank dat die tyd aangebreek het om selfs miskien met 'n keisersnee die kind in die wêreld te laat kom. Ek dink dat mens dadelik moet byvoeg dat dit voorspelbaar is dat hierdie kind 'n probleemkind gaan word. Met die nodige liefde, en veral dissipline, kan dit egter 'n nuttige rol in die regslewe speel.

C By die ondersoek van hierdie probleem sou mens uitvoerig na die Anglo-Amerikaanse regstelsels kon verwys. Trouens, Susan Scott meld juis in haar artikel oor "Nalatige Wanvoorstelling as Aksiegrond in die Suid-Afrikaanse Reg" THRHR 1977 te 176:

"Die posisie is duidelik baie onbevredigend en dit is jammer dat die Howe nie meer op die...

To continue reading

Request your trial
248 practice notes
  • Steenkamp NO v Provincial Tender Board, Eastern Cape
    • South Africa
    • Invalid date
    ...dismissed. C Cases Considered Annotations Reported cases Southern African cases Administrateur, Natal v Trust Bank van Afrika Bpk 1979 (3) SA 824 (A): referred to D Affordable Medicines Trust and Others v Minister of Health and Others 2006 (3) SA 247 (CC) (2005 (6) BCLR 529): referred Bato ......
  • Bhe and Others v Magistrate, Khayelitsha, and Others (Commission for Gender Equality as Amicus Curiae); Shibi v Sithole and Others; South African Human Rights Commission and Another v President of the Republic of South Africa and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Rights. (Paragraph [139] at 636A/B.) Cases Considered Annotations Reported cases G Administrateur, Natal v Trust Bank van Afrika Bpk 1979 (3) SA 824 (A): referred to Akrofi v Akrofi 1965 GLR 13: referred to Alexkor Ltd and Another v The Richtersveld Community and Others 2004 (5) SA 460 (CC)......
  • S v Rudman and Another; S v Mthwana
    • South Africa
    • Invalid date
    ...pure economic loss, which crystallised in the decision of the Appellate Division in Administrator of Natal v Trust Bank of Africa Ltd 1979 (3) SA 824 (A); the extension of the right to claim damages for unfair competition, in Schultz v Butt 1986 (3) SA 667 (A); the holding that there is str......
  • Black v Joffe
    • South Africa
    • Invalid date
    ...CPDGHIJ© Juta and Company (Pty) Ltd Annotations:Reported casesSouthern African casesAdministrateur, Natal v Trust Bank van Afrika Bpk 1979 (3) SA 824 (A):dictum at 833–834 appliedAdministrateur, Transvaal v Van der Merwe 1994 (4) SA 347 (A): dictum at364 appliedBoswell v Minister of Police ......
  • Request a trial to view additional results
232 cases
  • International Shipping Co (Pty) Ltd v Bentley
    • South Africa
    • Invalid date
    ...SC (with him N N Lazarus) for the appellant referred to the following authorities: Administrateur, Natal v Trust Bank van Afrika Bpk 1979 (3) SA 824 (A); Siman & Co (Pty) Ltd v Barclays National Bank Ltd 1984 (2) SA 888 (A); Standard Bank of South Africa Ltd v Coetsee 1981 (1) SA 1131 (A); ......
  • S v Rudman and Another; S v Mthwana
    • South Africa
    • Invalid date
    ...pure economic loss, which crystallised in the decision of the Appellate Division in Administrator of Natal v Trust Bank of Africa Ltd 1979 (3) SA 824 (A); the extension of the right to claim damages for unfair competition, in Schultz v Butt 1986 (3) SA 667 (A); the holding that there is str......
  • F v Minister of Safety and Security and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Bank Ltd v Bond Equipment (Pretoria) (Pty) Ltd 2001 (1) SA 372 (SCA): referred to Administrateur, Natal v Trust Bank van Afrika Bpk 1979 (3) SA 824 (A): referred to African Guarantee & Indemnity Co Ltd v Minister of Justice 1959 (2) SA 437 (A): I referred to Bank of Lisbon and South Africa ......
  • Black v Joffe
    • South Africa
    • Invalid date
    ...CPDGHIJ© Juta and Company (Pty) Ltd Annotations:Reported casesSouthern African casesAdministrateur, Natal v Trust Bank van Afrika Bpk 1979 (3) SA 824 (A):dictum at 833–834 appliedAdministrateur, Transvaal v Van der Merwe 1994 (4) SA 347 (A): dictum at364 appliedBoswell v Minister of Police ......
  • Request a trial to view additional results
16 books & journal articles
  • The Law of Bureaucratic Negligence in South Africa: A Comparative Commonwealth Perspective
    • South Africa
    • Juta Acta Juridica No. , August 2019
    • 15 August 2019
    ...514; 2005 (4)All SA 175 (SCA).1672002 (6) SA 180 (CPD).1682002 (6) SA 431 (SCA).169Administrateur, Natal v Trust Bank van Afrika Bpk 1979 (3) SA 824 (A); Bayer South Africa(Pty) Ltd v Frost 1991 (4) SA559 (A) at 568B–C; Knop v Johannesburg City Council 1995 (2) SA 1(A) at 24D–F; Sea Harvest......
  • Aspects of Wrongfulness: A Series of Lectures
    • South Africa
    • Juta Stellenbosch Law Review No. , August 2019
    • 16 August 2019
    ...901 (N) 91614 See for example P Pauw “Aanspree klikheid vir ‘suiwer vermoënsk ade’ i n die Suid-Af rikaanse reg” (1975) 1 De Jure 23 15 1979 3 SA 824 (A) 16 833A (translation by Bu rchell Delict 49) 454 STELL LR 2014 3 © Juta and Company (Pty) Apart from the fact t hat Rumpff CJ re-introduc......
  • The constitutional principle of accountability : a study of contemporary South African case law
    • South Africa
    • Sabinet Southern African Public Law No. 33-1, October 2018
    • 1 October 2018
    ...Duivenboden (n 83) para 22; Van Eeden (n 88) para 21; Hamilton (n 88) para 35. 135 Administrateur, Natal v Trust Bank van Afrika Bpk 1979 (3) SA 824 (A) at 833H–834A; Van Duivenboden (n 83) para 13; Hamilton (n 88) para 17. 136 Van Eeden (n 88) para 19; Van Eeden (n 88) para 22; Fourways Ha......
  • Bureaucratic bungling, deliberate misconduct and claims for pure economic loss in the tender process
    • South Africa
    • Juta South Africa Mercantile Law Journal No. , September 2019
    • 25 May 2019
    ...Neethling, Potgieter & Knobel op cit note 9 at 33–121, 175–250.29See, for example, Administrateur, Natal v Trust Bank van Afrika Bpk 1979 (3) SA 824 (A);Cape Town Municipality v Bakkerud 2000 (3) SA 1049 (SCA); BOE Bank Ltd v Ries 2002 (2) SA39 (SCA).30Fourway Haulage SA (Pty) Ltd v SA Nati......
  • Request a trial to view additional results
248 provisions
  • Steenkamp NO v Provincial Tender Board, Eastern Cape
    • South Africa
    • Invalid date
    ...dismissed. C Cases Considered Annotations Reported cases Southern African cases Administrateur, Natal v Trust Bank van Afrika Bpk 1979 (3) SA 824 (A): referred to D Affordable Medicines Trust and Others v Minister of Health and Others 2006 (3) SA 247 (CC) (2005 (6) BCLR 529): referred Bato ......
  • Bhe and Others v Magistrate, Khayelitsha, and Others (Commission for Gender Equality as Amicus Curiae); Shibi v Sithole and Others; South African Human Rights Commission and Another v President of the Republic of South Africa and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Rights. (Paragraph [139] at 636A/B.) Cases Considered Annotations Reported cases G Administrateur, Natal v Trust Bank van Afrika Bpk 1979 (3) SA 824 (A): referred to Akrofi v Akrofi 1965 GLR 13: referred to Alexkor Ltd and Another v The Richtersveld Community and Others 2004 (5) SA 460 (CC)......
  • S v Rudman and Another; S v Mthwana
    • South Africa
    • Invalid date
    ...pure economic loss, which crystallised in the decision of the Appellate Division in Administrator of Natal v Trust Bank of Africa Ltd 1979 (3) SA 824 (A); the extension of the right to claim damages for unfair competition, in Schultz v Butt 1986 (3) SA 667 (A); the holding that there is str......
  • Black v Joffe
    • South Africa
    • Invalid date
    ...CPDGHIJ© Juta and Company (Pty) Ltd Annotations:Reported casesSouthern African casesAdministrateur, Natal v Trust Bank van Afrika Bpk 1979 (3) SA 824 (A):dictum at 833–834 appliedAdministrateur, Transvaal v Van der Merwe 1994 (4) SA 347 (A): dictum at364 appliedBoswell v Minister of Police ......
  • Request a trial to view additional results

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT