Suid-Afrikaanse Bantoetrust v Ross en Jacobz

JurisdictionSouth Africa
JudgeCoetzee R
Judgment Date09 December 1976
CourtTransvaal Provincial Division
Hearing Date26 November 1976
Citation1977 (3) SA 184 (T)

Coetzee, R.:

Die eiser spreek die verweerder aan vir skadevergoeding deur hom gely as gevolg van beweerde nalatige wanvoorstellings aan hom gemaak deur die verweerder. Verweerder het nou eksepsie aangeteken teen die eiser se besonderhede van vordering soos aangevul op grond daarvan dat dit geen skuldoorsaak openbaar nie.

F Hierdie saak is eintlik 'n nadraai van Barclays Nasionale Bank Bpk. v Registrateur van Aktes, Transvaal en 'n Ander, 1975 (4) SA 936 (T), waarin beslis is dat die verbandhouer nie sy regte onder 'n verband, nadat die grond aan die huidige eiser oorgedra is, verloor het nie, aangesien die verband tydens oordrag sonder die verbandhouer se toestemming gerojeer is. Die verweerder was die transportbesorger. Die eiser was toe G verplig om die vorige eienaar se verbandskuld aan die verbandhouer te betaal ten einde te verhoed dat die grond in eksekusie verkoop word. Dit is hierdie bedrag wat nou as skadevergoeding gevorder word.

In sy besonderhede van vordering word hierdie voorgeskiedenis uiteen-gesit. Hy beweer in para. 9: H

Coetzee R

"Na die registrasie van die eiendom in sy naam het die eiser die volle koopsom aan gemelde Reyneke in sy voormelde hoedanigheid betaal in opdrag van die verweerder."

In para. 14 lê die kern van die skuldoorsaak waarop die eiser A steun. Dit lui as volg:

"14.

Gemelde skade is veroorsaak deur die nalatigheid van die verweerder, wat nalatigheid was in een of meer van die volgende opsigte:

(a)

Hulle het nagelaat om die transportdokumente wat hulle aan die Registrateur van Aktes B voorgelê het met redelike sorg en ywer op te stel, na te gaan en te ondersoek.

(b)

Hulle het nagelaat om te vereis dat die skriftelike skikkingsakte aan hulle voorgelê word.

(c)

Hulle het nagelaat om te bepaal en/of vas te stel of Reyneke in sy voormelde hoedanigheid gemagtig was om as transportgewer op te tree C en/of 'n volmag om transport te gee.

(d)

Hulle het versuim om vas te stel dat Reyneke nie bevoeg was om die eiendom te transporteer asof dit kragtens die bepalings van die Insolvensiewet, 24 van 1936, geskied het nie.

(e)

Hulle het verklaar dat Reyneke in sy voormelde hoedanigheid waarlik en wettiglik aan die eiser verkoop het, onder D omstandighede waar hulle redelikerwys kon en moes bepaal het dat hy nie daartoe bevoeg was nie en dit inderdaad nie gedoen het nie.

(f)

Hulle het hulle nie aan die verordeninge van die Akteswet, 47 van 1937, en die regulasies E ingevolge die Wet uitgevaardig, gehou nie.

(g)

Hulle het 'n volmag, verleen deur gesegde Reyneke, opgestel en verkry en aan die Registrateur van Aktes voorgelê wat voorgegee het dat Reyneke bevoeg was om alleen volmag te verleen tot die transportering van die eiendom terwyl hy nie F so 'n bevoegdheid gehad het nie.

(h)

Hulle het voorgegee om die verkoping en transport te behandel asof dit ingevolge die Insolvensiewet, 24 van 1936, soos gewysig, sorteer het terwyl dit nie die geval was nie.

(i)

Hulle het versuim om Barclays Nasionale Bank G te verwittig van die voorgestelde transport.

(j)

Hulle het versuim om Barclays Nasionale Bank se toestemming tot kansellasie van die gesegde verband te bekom soos regtens...

To continue reading

Request your trial
23 practice notes
  • Aucamp and Others v University of Stellenbosch
    • South Africa
    • Invalid date
    ...B Standard Chartered Bank of Canada v Nedperm Bank Ltd 1994 (4) SA 747 (A) applied Suid-Afrikaanse Bantoetrust v Ross en Jacobz 1977 (3) SA 184 (T): applied Sutherland v Public Trustee [1980] NZLR 536: distinguished The Oil Rig South Seas Driller: Sheriff of Cape Town v Pride Foramer SA and......
  • AB Ventures Ltd v Siemens Ltd
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Tender Board, Eastern Cape 2006 (3) SA 151(SCA) ([2006] 1 All SA 478): referred toSuid-Afrikaanse Bantoetrust v Ross en Jacobz 1977 (3) SA 184 (T): referredtoTelematrix (Pty) Ltd t/a Matrix Vehicle Tracking v Advertising StandardsAuthority SA 2006 (1) SA 461 (SCA) ([2006] 1 All SA 6): consi......
  • Knop v Johannesburg City Council
    • South Africa
    • Invalid date
    ...of claim. See also Herschel v Mrupe 1954 (3) SA 464 (A) at 480A-E (per Schreiner JA); Suid-Afrikaanse Bantoetrust v Ross en Jacobz 1977 (3) SA 184 (T); Greenfield Engineering Works (Pty) Ltd v NKR Construction (Pty) Ltd 1978 (4) SA 901 (N); EG H Electric Co (Pty) Ltd v Franklin 1979 (2) SA ......
  • Aucamp and Others v University of Stellenbosch
    • South Africa
    • Cape Provincial Division
    • 15 Marzo 2002
    ...conduct. South African law has long since recognised an action of this nature. See Suid-Afrikaanse Bantoetrust v Ross en Jacobsz 1977 (3) SA 184 (T); Greenfield Engineering Works (Pty) Ltd v NKR D Construction (Pty) Ltd 1978 (4) SA 901 (N); Administrateur, Natal v Trust Bank van Afrika Bpk ......
  • Request a trial to view additional results
23 cases

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT