Cresto Machines (Edms) Bpk v Die Afdeling Speur-Offisier, SA Polisie, Noord-Transvaal

JurisdictionSouth Africa
JudgeRumpff AR, Wessels AR, Potgieter AR, Jansen AR en Trollip AR
Judgment Date01 October 1971
Citation1972 (1) SA 376 (A)
Hearing Date03 September 1971
CourtAppellate Division

Rumpff, A.R.:

In hierdie saak het die appellant oorspronklik 'n dringende aansoek gedoen met kennisgewing van mosie in die Transvaalse C Provinsiale Afdeling om 'n bevel met koste waardeur die respondent verbied word om 'goedere van die appellant waarna verwys word in die aansoek' te verwyder. Hierdie goedere was 36 sg. vermaaklikheidsapparate waarvan die appellant die eienaar is maar wat hy verhuur aan 'n aantal kafeehouers. 'n Bevel nisi is op 1 Julie 1969 toegestaan waarin die D respondent aangesê is om redes aan te voer waarom 'n finale bevel nie toegestaan sou word nie. Die respondent het die aansoek teengestaan en na aanhoor van die partye is die bevel nisi opgehef met koste. 'n Appèl van die appellant na 'n Volle Hof van die Transvaalse Provinsiale Afdeling het nie geslaag nie en 'n aansoek by daardie Hof om verlof om te appelleer is afgewys. Hierdie Hof het na aansoek verlof tot appèl E toegestaan. Byna al die relevante feite en wetsbepalings wat in hierdie saak ter sprake is, verskyn in die volledig-gemotiveerde uitspraak van die Transvaalse Volle Hof soos gerapporteer in Cresto Machines (Edms.) Bpk. v Die Afdeling Speuroffisier, SA Polisie, Noord-Transvaal, 1970 (4) SA 350 (T), en dit is m.i. onnodig om daardie feite en wetbepalings in hierdie uitspraak te herhaal.

F Dit is nodig om kortliks te verwys na die standpunte ingeneem deur die applikant en die respondent in die twee Howe a quo en in hierdie Hof aangaande die lasbrief waarna respondent verwys het. In para. 14 van die beantwoordende verklaring van respondent, onderteken deur Luitenant-Kolonel Stander, verbonde aan die staf van die Hoof Speuroffisier, Noord-Transvaal, meld hy dat daar voldoende feite is om G die appellant en die huurders te vervolg, dat hy 'n dossier aangelê het, dat hy op die punt was om ingevolge die bepalings van Wet 56 van 1955 en in besonder art. 50 daarvan op te tree en dat hy 'in besonder' in besit was van die nodige beslagleggingsbevel vir die masjiene, wat hy van 'n landdros gekry het. Namens appellant is in die repliserende H verklaring die volgende gestel:

'Ek dra geen kennis van die beslagleggingsbevel waarna deur die respondent verwys word nie en ontken dit.'

Verder word aangevoer in die verklaring dat, indien die lasbrief vóór of op 30 Junie 1969 verkry is, dit ongeldig sou wees omdat Wet 51 van 1965 toe nog nie in werking getree het nie. Ook word aangevoer dat, indien 'n lasbrief verkry is vóór die voorlopige interdik toegestaan is, die lasbrief ongeldig sou wees omdat daar geen redelike gronde was om te vermoed dat 'n misdaad gepleeg is ten aansien van die gemelde

Rumpff AR

masjiene nie, die landdros nie in staat was om sy oordeel te laat geld oor die feite nie, respondent die landdros moes ingelig het dat die respondent die beslaglegging sou bestry, en weens sekere ander feite wat die landdros sou verhinder het om 'n regsgeldige oordeel te vel. Die respondent het nie probeer om die beweerde lasbrief of 'n afskrif A daarvan voor die Hof te lê nie en die appellant het nie aansoek gedoen vir blootlegging daarvan onder Reël 35 van die Hofreëls nie, en die Hof self het nie gelas onder Reël 35 (11) dat die lasbrief voorgelê word nie. In hierdie Hof het die appellant se advokaat aangevoer dat die Volle Hof gefouteer het deur hom uit te laat oor die kwessie van die B betrokke lasbrief omdat Regter HUMAN hom nie daaroor uitgespreek het nie en die kwessie nie in die Volle Hof beredeneer is nie. Hy voer aan dat die respondent die lasbrief moes bewys het en dit nie gedoen het nie en dat die enigste twee punte voor die Volle Hof was die versuim van Regter HUMAN om viva voce- getuienis te gelas en die regsgeldigheid van C Kennisgewing R.571. In sy skriftelike betoogpunte het die advokaat van die respondent hom nie uitdruklik beroep op die bestaan van 'n geldige lasbrief nie maar alleen die bewerings van die appellant omtrent die bewyslas ontken. By navraag deur hierdie Hof het die advokaat mondelings verklaar dat hy hom 'in die alternatief' op die lasbrief verlaat. Die D Volle Hof het, soos uit sy uitspraak blyk, die kwessie van die betrokke lasbrief behandel en op bl. 366 gesê:

'Hoe dit ook al sy, die Hof a quo het geen bevinding oor die bestaan al dan nie van die beweerde lasbrief gemaak nie, en dit word ook nie nou gedoen nie. Al wat ek wil aandui met wat ek in verband met die lasbrief gesê het, is dat, vir solank as wat daar onsekerheid heers oor die vraag of dit bestaan of nie, die verlening van 'n permanente interdik klaarblyklik buite die kwessie is.'

E Uit die uitspraak van Regter HUMAN, en uit wat aan ons in hierdie Hof meegedeel is, wil dit voorkom dat by die aanvang van die verhoor van die aansoek die appellant se advokaat die geldigheid van Kennisgewing R.571 aangeveg het en ook aanvaar het dat daar 'n feitegeskil was, en dat die advokate hulle toegespits het op die geskil wat ontstaan het in verband F met die vraag of die apparate as 'n gelukspel beskou kan word en of daar op verwed word. Die houding van die advokaat van die respondent was dat die Hof die aansoek moes afwys vanweë die feit dat 'n feitegeskil ontstaan het van so 'n aard dat dit deur 'n verhoor beslis moes word. Dit skyn asof nòg die advokaat van appellant nòg die advokaat van respondent die lasbrief as afsonderlike geskilpunt beredeneer het. G Regter HUMAN het in sy uitspraak ook nie daarna verwys nie. Vir doeleindes van hierdie uitspraak is dit m.i. onnodig om te spekuleer oor wat in verband met hierdie geskilpunt sou kon gebeur het, indien die Hof sou beslis het onder Reël 6 (5) (g) dat mondelinge getuienis oor bepaalde geskilpunte aangehoor word. In verband met die vraag op wie die H bewyslas ten opsigte van die lasbrief gerus het, het ek die uitspraak van my Kollega TROLLIP gelees, maar ek is nie oortuig dat in die omstandighede van hierdie saak daar 'n afstanddoening deur die appellant was van die vereiste dat die lasbrief of 'n afskrif daarvan, deur die respondent voor die Hof gelê moes gewees het nie, en dat weens 'n afstanddoening die bewyslas op appellant gerus het om te bewys dat die lasbrief nie bestaan het nie. Dit is egter onnodig om verder op hierdie probleem in te gaan omdat ek van mening is, soos ek later

Rumpff AR

sal aantoon, dat, afgesien van die lasbrief, die appellant nie kan slaag nie.

Voordat die betoogpunte wat in hierdie Hof aangevoer is, behandel word, A is dit nodig om te meld dat namens respondent aangevoer is dat daar by 'n aansoek om 'n interdik geen bewyslas op 'n respondent berus nie. In die twee Howe a quo is hierdie vraagstuk nie aangeroer nie. In sy betoogpunte omtrent die bewyslas beroep die respondent hom op wat deur Regter WILLIAMSON in Free State Gold Areas Ltd. v Merriespruit (Orange Free State) Gold Mining Co., Ltd. and Another, 1961 (2) SA 505 (W) op bl. 524, gesê het, nl.: B

'Whatever the position may be in Scotland and may have been in Holland, it must be accepted on the authorities in this case that to succeed in its application in the present proceedings for an interdict the applicant must show on the papers that on a balance of probabilities it has a clear right, that its apprehension of damage to that right being caused by the respondents' acts is a reasonable apprehension in the circumstances and that no other adequate remedy is available. No C onus rests on the respondents to establish any fact or facts in order to negative the applicant's right to an interdict.'

Ek dink nie dat hierdie woorde sonder meer van toepassing gemaak kan word op die geskilpunte in die onderhawige saak nie. 'n Aansoekdoener wat sou beweer dat hy eienaar is van 'n saak, dat die respondent dreig om sonder sy toestemming die saak weg te neem, sou 'n interdik kon bekom D tensy die respondent sou bewys dat hy geregtig is om die saak weg te neem. Dieselfde bewyslas rus op 'n party teen wie beweer word dat hy 'n wederregtelike arrestasie wil pleeg. Aan die ander kant is die onderhawige geval m.i. nie so eenvoudig soos die hierbogenoemde voorbeelde nie. Daar is geen bewering dat die applikant verwag het dat E die Polisie sonder lasbrief sou poog om beslag te lê op die masjiene nie, sodat die appellant moes verwag het dat voordat beslaglegging sou plaasvind, 'n lasbrief onder art. 42 van Wet 56 van 1955 verkry sou gewees het. Op 'n stadium voordat beslaglegging plaasvind gaan appellant na die Hof en beweer dat geen geldige beslaglegging kan plaasvind nie omdat daar geen redelike gronde bestaan vir die vereiste vermoede nie.

F Dis gemene saak dat wanneer 'n lasbrief uitgereik is, beslaglegging alleen gestuit kan word deur 'n tersydestelling van die lasbrief en dat die bewyslas op die persoon rus wat beweer dat die lasbrief om een of ander rede ongeldig is. Wanneer die appellant in die onderhawige geval G beweer dat daar geen redelike gronde vir die vereiste vermoede bestaan nie, beweer hy by voorbaat dat 'n geldige lasbrief nie uitgereik kon word nie. Trouens, 'n finale bevel op die bestaande feite sou die Polisie belet om 'n lasbrief te verkry. Dis egter onnodig om te beslis of die bewyslas op die appellant gerus het of op die respondent, omdat ek, van mening is, soos later sal blyk, dat, al sou die bewyslas op die H respondent gerus het, die feite volgens die stukke aantoon dat daar prima facie wel redelike gronde vir die vereiste vermoede bestaan het.

Wat die eerste vermoede in art. 42 (1) betref, nl. die vermoede dat daar op 'n sekere perseel iets is, is daar geen probleem nie. Die bestaan van die masjiene is gemene saak. Wat die tweede vermoede betref, is dit 'n vermoede wat ontstaan uit redelike gronde dat die masjiene tot bewys van die pleeg van 'n misdryf sou strek of bestem is om gebruik te word om 'n misdaad te pleeg. Art. 42 dien klaarblyklik om willekeurige optrede van polisiebeamptes in verband met beslaglegging uit te

Rumpff AR

skakel. Wat vereis word is die mening van o.a. 'n...

To continue reading

Request your trial
32 practice notes
31 cases
1 books & journal articles

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT