Blue Grass Estates (Pty) Ltd en Andere v Minister van Landbou en Andere

JurisdictionSouth Africa

Blue Grass Estates (Pty) Ltd en Andere v Minister van Landbou en Andere
1992 (4) SA 406 (A)

1992 (4) SA p406


Citation

1992 (4) SA 406 (A)

Court

Appèlafdeling

Judge

E M Grosskopf AR, Smalberger AR, Milne AR, F H Grosskopf AR, Van Coller Wn AR

Heard

August 27, 1991

Judgment

September 24, 1991

Flynote : Sleutelwoorde F

Landbou — Suiwelprodukte — Bemarkingswet 59 van 1968 — Skema kragtens Wet vir reëling van bemarking van suiwelprodukte — Heffings op vars melk kragtens skema — Geldigheid van — Skema gewysig om heffings op 'n nuwe basis te magtig — Heffings kragtens ongewysigde skema opgelê ten opsigte G van vars melk wat deur produsente 'verkoop' word en kragtens gewysigde skema ten opsigte van vars melk wat 'verkry' is — 'Verkry' soos gebruik in gewysigde skema wyer in betekenis as 'deur koop bekom' — Heffing in gewysigde skema geplaas op klas melk wat nie in ongewysigde skema bestaan H het nie — Alhoewel magtiging om nuwe heffings op te lê in gewysigde skema vervat is, is besluit om gewysigde heffings op te lê geneem voordat magtiging deur wysiging van skema verleen is — Sodanige besluit derhalwe ongemagtig en nietig — Gewysigde heffings derhalwe ongeldig. I

Headnote : Kopnota

Kragtens 'n skema vir die reëling van die bemarking van suiwelprodukte, welke skema in 1979 ooreenkomstig die bepalings van die Bemarkingswet 59 van 1968 tot stand gekom het, het die Suiwelraad sekere heffings op onder andere vars melk opgelê. 'n Gewone heffing is kragtens art 21(1)(a) van die skema opgelê 'in die geval van vars melk' wat '(i) deur produsente of vrygestelde produsente deur bemiddeling van die Raad verkoop word; (ii) deur produsente of vrygestelde produsente, anders as deur bemiddeling van J die Raad verkoop word', en hierdie heffing was kragtens art

1992 (4) SA p407

A 21(2)(a) en (b) 'betaalbaar deur die produsent of produsent-distribueerder' ten behoewe van wie, of deur wie, die melk verkoop is. Kragtens art 22(1)(a) van die skema is 'n spesiale heffing opgelê 'in die geval van vars melk' wat '(i) deur produsente of produsent-distribueerders deur bemiddeling van die Raad verkoop word; (ii) deur produsente of vrygestelde produsente, anders as deur bemiddeling van die Raad verkoop word, of deur sodanige produsente of vrygestelde produsente gebruik word by die vervaardiging van varsmelkprodukte'. Hierdie spesiale heffings was primêr deur produsente betaalbaar. Kragtens B Goewermentskennisgewing R297 van 13 Februarie 1987 (wat op 16 Februarie 1987 in werking getree het) is die skema gewysig om voorsiening te maak vir 'n veranderde basis vir die oplegging van spesiale heffings en op dieselfde datum het Goewermentskennisgewing R300 verskyn wat heffings bekend gemaak het kragtens die veranderde basis in kennisgewing R297 uitgevaardig. Kragtens art 22(2)(b) van die gewysigde skema, kon 'n spesiale heffing 'in die geval van vars melk wat (i) deur bemiddeling van C die Raad verkry is deur iemand anders as 'n kaasvervaardiger, kondensmelkvervaardiger of iemand wat met nywerheidsmelk as 'n besigheid handel; of (ii) deur 'n distribueerder, melkprosesseerder of vry- gestelde produsent in 'n beheerde gebied verkry is van 'n produsent of vrygestelde produsent, betaalbaar deur die distribueerder, melkprosesseerder, vrygestelde produsent of ander persoon deur wie daardie vars melk aldus verkry word; . . .' opgelê word. Die spesiale heffing kon ook opgelê word, D kragtens art 22(2)(d) van die gewysigde skema, 'in die geval van vars melk wat in losmaat of in kanne buite 'n beheerde gebied anders as deur bemiddeling van die Raad van 'n produsent verkry word deur iemand wat beoog om daardie vars melk in voorafverpakte huishoudelike groottes of in kanne te herverkoop, of om daardie vars melk by die vervaardiging van varsmelkprodukte te gebruik', en was 'betaalbaar deur die persoon deur wie daardie vars melk aldus verkry word; . . .'. Voormelde twee bepalings het E voorsiening daarvoor gemaak dat distribueerders ook in bepaalde omstandighede aanspreeklik kon wees vir betaling van 'n spesiale heffing. Kennisgewing R300 het, in items 2 en 4(a) van die tabel van heffings daarin, voorsiening gemaak vir spesiale heffings wat onderskeidelik ooreengestem het met art 22(2)(b) en art 22(2)(d) van die gewysigde skema en hierdie heffings moes, kragtens voormelde bepalings, betaal word deur die persone 'deur wie daardie vars melk aldus verkry word'. Kragtens F Goewermentskennisgewing R808 van 10 April 1987 is die skema weer gewysig deur in art 21 daarvan (wat met gewone heffings te doen het) die volgende subpara (1)(a)(iii) in te voeg: '(iii) deur 'n distribueerder, melkprosesseerder of vrygestelde produsent in 'n beheerde gebied van enige persoon verkry word'. Artikel 21(2) van die skema is gewysig om te bepaal dat 'n heffing kragtens die nuwe bepaling betaalbaar sou wees 'deur die distribueerder, melkprosesseerder of vrygestelde produsent wat die vars melk aldus verkry'. In Goewermentskennisgewing R810, ook van 10 April G 1987, is in item 2 van die tabel van heffings 'n gewone heffing opgelê wat met art 21(1)(a)(iii) ooreengestem het. Ook in hierdie geval was die heffing betaalbaar deur die persoon wat die melk verkry het, wat in gepaste gevalle die distribueerders sou wees. Die appellante was van mening dat voormelde spesiale en gewone heffings ongeldig was en het in 'n Provinsiale Afdeling aksie ingestel vir die tersydestelling van die heffings maar die aksie het nie geslaag nie. In hoër beroep is namens die appellante aangevoer dat 'n heffing alleen opgelê kon word tot die mate H wat dit deur die skema gemagtig was; dat die bevoegdhede verleen deur die wysiging van die skema wat in kennisgewing R297 van 13 Februarie 1987 verskyn het nie voor die datum van inwerkingtreding (16 Februarie 1987) daarvan uitgeoefen kon word nie; dat die heffings in kennisgewing R300 tesame met die wysigings gepubliseer is; dat die stappe wat kragtens die Wet die wysiging moes voorafgaan, plaasgevind het voordat die wysiging van krag was, dws in 'n stadium toe dit ongemagtig was; en dat die heffings I derhalwe ongeldig was. Dieselfde betoog is mutatis mutandis met betrekking tot kennisgewing R810 van 10 April 1987 voorgedra. Namens die respondente is betoog dat die ongewysigde skema wyd genoeg was om die heffings te magtig; dat 'n heffing op 'n produk of klas van produk opgelê word en nie op 'n persoon nie; dat die persoon wat die heffing moes betaal deur die skema bepaal word maar dat hierdie bepaling los van die oplegging van die heffing gestaan het; dat daar nie 'n wesentlike verskil was in die klas J melk geskep deur die

1992 (4) SA p408

A ongewysigde art 22(1)(a) van die skema teenoor die klas melk waarop die heffing geplaas is luidens items 2 en 4(a) van kennisgewing R300 nie - die ongewysigde art 22(1)(a) het betrekking gehad op vars melk wat deur produsente 'verkoop' word terwyl die heffings in items 2 en 4(a) van kennisgewing R300 te doen het met vars melk wat 'verkry' is; dat 'verkoop' en 'verkry' ooreenstemmende begrippe is in die sin dat 'n distribueerder alleen melk kan 'verkry' as dit aan hom 'verkoop' word - die een begrip B is die keersy van die ander. Dit is ook namens die respondente aangevoer dat die oplegging van die heffings eers geskied het toe kennisgewing R300 van krag geword het en dat die feit dat kennisgewings R300 en R297 terselfdertyd van krag geword het, beteken het dat toe die heffings opgelê is, die magtiging reeds bestaan het.

Beslis, met verwysing na woordeboekbetekenisse van die woorde 'verkry', die Engelse 'acquired' en 'verkoop', dat as items 2 en 4(a) van C kennisgewing R300 in hul gewone betekenis in albei landstale gelees word, dit duidelik was dat 'verkry' of 'acquired' 'n wyer betekenis het as 'deur koop bekom': dit het enige vorm van eiendomsverkryging of besitverkryging ingesluit.

Beslis, derhalwe, dat deur die gebruik van die woord 'verkry' in items 2 en 4(a) in kennisgewing R300 daar heffings op 'n klas melk geplaas is wat nie in die ongewysigde art 22 van die skema bestaan het nie en dat die betrokke heffings dus nie deur die ongewysigde art 22 gemagtig kon gewees het nie.

D Beslis, verder, dat hierdie heffings alleenlik geldig kon wees indien hulle deur die wysiging van die skema uiteengesit in kennisgewing R297 gemagtig was.

Beslis, verder, dat dit gemene saak was dat die wysiging in kennisgewing R297 wel sodanige magtiging bevat het.

Beslis, verder, dat die Suiwelraad (die tweede respondent) nie 'n heffing kon oplê wat nie deur die skema gemagtig was nie, en dat sy besluit om die heffing op te lê geneem was voordat die magtiging deur die wysiging van E die skema deur kennisgewing R297 verleen was.

Beslis, verder, dat hierdie besluit dus 'n nietigheid was en dat die Minister (die eerste respondent) se goedkeuring daarvan dit nie kon red nie: as aanvaar sou word dat gelyktydige publikasie van kennisgewings R297 en R300 beteken het dat magtiging reeds bestaan het toe die heffings gepromulgeer is, kon sodanige publikasie egter ook nie geldigheid aan die voorafgaande nietige handelinge verleen nie.

F Beslis, verder, dat 'n bevoegdheidsuitoefening wat ultra vires is wanneer dit aangegaan is, nie later intra vires kan word omdat die betrokke owerheid veronderstel het dat magtigende bepalings later uitgevaardig sou word, en sodanige veronderstelling inderdaad later bewaarheid word nie.

R v Williams 1914 CPD 277; R v Whiteside 1914 EDL 173 en R v Sher 1914 TPD 270 goedgekeur en toegepas.

Beslis, derhalwe, dat die heffings uiteengesit in items 2 en 4(a) van die G tabel in kennisgewing R300 ultra vires was, en dat dieselfde beginsels gegeld het ten opsigte van die gewone heffing in para 1 van die tabel in kennisgewing R810 van 10 April 1987.

Beslis, derhalwe, dat 'n bevel uitgereik moes word wat verklaar dat voormelde heffings nietig was. Appèl gehandhaaf.

Die beslissing in die...

To continue reading

Request your trial
9 practice notes
  • Natal Rugby Union v Gould
    • South Africa
    • Invalid date
    ...1996 (4) SA 331 (CC) Blou v Lambert and Chipkin NNO and Others 1970 (2) SA 185 (T) Blue Grass Estates (Pty) Ltd v Minister van Landbou 1992 (4) SA 406 (A) Bredenkamp v Van der Westhuizen 1968 ( 4) SA 358 (GW) Campbell v Maund (1836) 5 Ad & El 865 Cape United Sick Fund Society and Others v F......
  • Independent Food Processors (Pty) Ltd v Minister of Agriculture and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...the costs of two counsel. D Plaintiff's Attorneys: Bornman & Hayward. Defendants' Attorney: State Attorney. [*] Now reported at 1992 (4) SA 406 (A) [*1] Editorial Note: Section 9 of the Marketing Act 59 of 1968 reads as follows: '9 Investigation, and rejection or acceptance by the Minister,......
  • Southern Witwatersrand Exploration Co Ltd v Bisichi Mining plc and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...van Banke en Andere 1996 (1) SA 330 (A): considered E Blue Grass Estates (Pty) Ltd en Andere v Minister van Landbou en Andere 1992 (4) SA 406 (A): Botha (now Griessel) and Another v Finanscredit (Pty) Ltd 1989 (3) SA 773 (A): distinguished Dublin v Diner 1964 (1) SA 799 (D): dictum at 802A ......
  • Southern Witwatersrand Exploration Co Ltd v Bisichi Mining plc and Others
    • South Africa
    • Witwatersrand Local Division
    • 30 June 1997
    ...the remarks of E M Grosskopf JA, in a comparable context, in Blue Grass Estates (Pty) Ltd en Andere v Minister van Landbou en Andere 1992 (4) SA 406 (A) at The Shorter Oxford English Dictionary gives the applicable sense of 'round robin' as 'a document, especially B one embodying a complain......
  • Request a trial to view additional results
9 cases
  • Natal Rugby Union v Gould
    • South Africa
    • Invalid date
    ...1996 (4) SA 331 (CC) Blou v Lambert and Chipkin NNO and Others 1970 (2) SA 185 (T) Blue Grass Estates (Pty) Ltd v Minister van Landbou 1992 (4) SA 406 (A) Bredenkamp v Van der Westhuizen 1968 ( 4) SA 358 (GW) Campbell v Maund (1836) 5 Ad & El 865 Cape United Sick Fund Society and Others v F......
  • Independent Food Processors (Pty) Ltd v Minister of Agriculture and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...the costs of two counsel. D Plaintiff's Attorneys: Bornman & Hayward. Defendants' Attorney: State Attorney. [*] Now reported at 1992 (4) SA 406 (A) [*1] Editorial Note: Section 9 of the Marketing Act 59 of 1968 reads as follows: '9 Investigation, and rejection or acceptance by the Minister,......
  • Southern Witwatersrand Exploration Co Ltd v Bisichi Mining plc and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...van Banke en Andere 1996 (1) SA 330 (A): considered E Blue Grass Estates (Pty) Ltd en Andere v Minister van Landbou en Andere 1992 (4) SA 406 (A): Botha (now Griessel) and Another v Finanscredit (Pty) Ltd 1989 (3) SA 773 (A): distinguished Dublin v Diner 1964 (1) SA 799 (D): dictum at 802A ......
  • Southern Witwatersrand Exploration Co Ltd v Bisichi Mining plc and Others
    • South Africa
    • Witwatersrand Local Division
    • 30 June 1997
    ...the remarks of E M Grosskopf JA, in a comparable context, in Blue Grass Estates (Pty) Ltd en Andere v Minister van Landbou en Andere 1992 (4) SA 406 (A) at The Shorter Oxford English Dictionary gives the applicable sense of 'round robin' as 'a document, especially B one embodying a complain......
  • Request a trial to view additional results

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT