Blue Grass Estates (Pty) Ltd en Andere v Minister van Landbou en Andere

JurisdictionSouth Africa
JudgeE M Grosskopf AR, Smalberger AR, Milne AR, F H Grosskopf AR, Van Coller Wn AR
Judgment Date24 September 1991
Citation1992 (4) SA 406 (A)
Hearing Date27 August 1991
CourtAppellate Division

H E M Grosskopf AR:

Die Bemarkingswet 59 van 1968 ('die Wet') maak voorsiening vir die daarstelling van skemas. 'n Skema, kragtens die omskrywing in art 1 van die Wet, is 'n stel reëls met betrekking tot, onder andere, die reëling van die bemarking van 'n produk in die Republiek en aangeleenthede wat daarmee in verband staan. Ooreenkomstig die I bepalings van die Wet het daar in 1979 'n skema vir die reëling van suiwelprodukte en aangeleenthede in verband daarmee tot stand gekom ('die skema'). Kragtens art 6 van die skema is daar 'n beheerraad ingestel wat die Suiwelraad heet, en wat die skema moet uitvoer. So 'n instelling word gemagtig (en, trouens, gebied) deur art 25 van die Wet, wat ook bepaal dat 'n beheerraad met regspersoonlikheid beklee is en al die handelinge kan J verrig wat nodig is vir of verbonde is aan die bereiking van

E M Grosskopf AR

A sy doelstellings en die uitoefening van sy bevoegdhede ingevolge die skema wat hy uitvoer. Die Suiwelraad is die tweede respondent in hierdie appèl.

Die skema is, kragtens art 5 daarvan, van toepassing op die persone wat suiwelprodukte produseer of as 'n besigheid daarmee handel. Dit sluit die appellante in, wat almal distribueerders van vars melk is.

Die dispuut tussen die partye ontstaan uit die oplegging deur die B Suiwelraad van sekere heffings wat, volgens die Suiwelraad, betaalbaar is deur distribueerders van vars melk. In 1988 het die Suiwelraad in die Transvaalse Provinsiale Afdeling 'n aansoek teen die appellante gerig ten einde hierdie heffings af te dwing. Weens die aard van die appellante se verweer is die aansoek sine die uitgestel ten einde die appellante 'n C geleentheid te gee om 'n aksie in te stel vir die tersydestelling van die heffings of ander regshulp. So 'n aksie is ingestel, maar nadat pleitstukke geliasseer was het die partye 'n gestelde saak voorgelê wat die tersaaklike feite tesame met die geskilpunte en die partye se submissies bevat het. Die gestelde saak opper vier geskilpunte. Die Hof a quo (Eloff ARP) het al vier hierdie punte teen die appellante beslis. Met D die nodige verlof kom hulle nou in hoër beroep. Om redes wat later sal blyk is die Minister van Landbou en die Nasionale Bemarkingsraad ook partye tot die geding as eerste en derde respondente onderskeidelik.

Op appèl voor ons het die appellante net drie uit die vier oorspronklike E geskilpunte beredeneer. Ek behandel eerstens die een fundamentele aspek, te wete of die oplegging van die heffings intra vires was. Die beantwoording van hierdie vraag vereis 'n ontleding van die wetsbepalings met betrekking tot heffings, en ek gaan nou hiertoe oor.

Artikel 41(1) van die Wet bepaal dat 'n skema voorsiening moet maak vir die oplegging, met die Minister van Landbou ('die Minister') se F goedkeuring, deur die betrokke beheerraad van 'n heffing op 'n produk waarop die skema betrekking het of op so 'n produk van 'n bepaalde klas, graad of kwaliteitstandaard. So 'n heffing is, ooreenkomstig art 42(1) van die Wet, betaalbaar deur persone wat behoort tot die klas of klasse van persone wat in die betrokke skema voorgeskryf word. In die onderhawige geval het ons te doen (soos ek later sal aandui) met 'n heffing op G bepaalde klasse vars melk.

Afgesien van die heffing waarvoor art 41(1) voorsiening maak (waarna algemeen verwys word as 'n gewone heffing) maak die Wet voorsiening vir spesiale heffings. In hierdie verband bepaal art 44 onder meer dat 'n skema sy beheerraad kan magtig om met die Minister se goedkeuring 'n H spesiale heffing op te lê op 'n produk waarop die skema betrekking het of op so 'n produk van 'n bepaalde klas. Die artikels wat op 'n gewone heffing betrekking het, en in besonder art 42, is ook mutatis mutandis op 'n spesiale heffing van toepassing (art 44(2)). Dus ook in die geval van 'n spesiale heffing voorsien die Wet dat daar magtiging in die skema kan wees vir die oplegging van so 'n heffing op 'n bepaalde klas produk wat I dan betaalbaar sal wees deur persone wat behoort tot die klas of klasse van persone wat in die betrokke skema voorgeskryf word.

Die begrip 'klas' met betrekking tot 'n produk word baie wyd omskryf in die Wet. Kragtens art 1 sluit dit onder andere in

'. . . 'n kategorie van daardie produk bepaal volgens -

J . . .

E M Grosskopf AR

A die persoon of klas van persone deur, aan of deur middel van wie . . . daardie produk geproduseer, versend, vervoer, gelewer, ontvang, gehou, behandel, verwerk, vervaardig, verpak, verkoop, verkry, gebruik of op 'n ander wyse mee gehandel word of is of 'n ander handeling in verband daarmee verrig word of is'.

Voor Februarie 1987 het die skema 'n aantal bepalings met betrekking tot heffings op vars melk bevat. In die skema word uitdrukkings gebruik wat in B art 1 van die skema omskryf word, soos 'produsent', 'beheerde gebied', ens. Behalwe waar dit nodig is om die bepalings te verstaan haal ek nie hierdie omskrywings aan nie. Hulle is gewoonlik selfverduidelikend.

Wat gewone heffings betref, het art 21(1)(a) van die skema voor C Februarie 1987 bepaal dat die Raad, met die goedkeuring van die Minister, 'n heffing kon oplê op 'n produk wat

'(a)

in die geval van vars melk -

(i)

deur produsente of vrygestelde produsente deur bemiddeling van D die Raad verkoop word;

(ii)

deur produsente of vrygestelde produsente, anders as deur bemiddeling van die Raad verkoop word'.

Die klasse vars melk waarop 'n heffing opgelê kon word, was dus omskryf met betrekking tot die wyse waarop produsente die melk verkoop. Artikel 21(2) het bepaal deur wie die heffing betaalbaar was. In albei klasse (i) en (ii) hierbo aangehaal was dit betaalbaar deur die 'produsent of E produsent-distribueerder' ten behoewe van wie, of deur wie, dit verkoop is (art 21(2)(a) en (b)).

Wat spesiale heffings betref, was daar destyds magtiging in art 22(1) om 'n heffing op vars melk op te lê waar die melk

'(i)

deur produsente of produsent-distribueerders deur bemiddeling F van die Raad verkoop word;

(ii)

deur produsente of vrygestelde produsente, anders as deur bemiddeling van die Raad verkoop word, of deur sodanige produsente of vrygestelde produsente gebruik word by die vervaardiging van varsmelkprodukte'.

Hierdie heffing was weer eens primêr deur die produsent betaalbaar. In een geval was dit egter betaalbaar 'deur die persoon wat sodanige vars G melk aankoop', te wete:

'In die geval van 'n spesiale heffing op vars melk wat deur produsente anders as deur bemiddeling van die Raad in 'n gebied anders as 'n beheerde gebied in losmaat of in kanne aan die persoon verkoop word wat sodanige vars melk koop met die oog op herverkope in voorafverpakte huishoudelike groottes of in kanne vir die gebruik by die vervaardiging van H varsmelkprodukte . . .'

(art 22(2)(c) van die skema).

Die posisie voor 1987 was dus dat die gewone heffings wat opgelê kon word, deur produsente betaalbaar was. Met een uitsondering was dit ook die geval met spesiale heffings. Die uitsondering, wat hierbo aangehaal is, het gegeld vir sekere verkopings buite beheerde gebiede ('n begrip wat nie I vir doeleindes van hierdie uitspraak belangrik is nie).

Op 13 Februarie 1987 het daar 'n Goewermentskennisgewing verskyn waarkragtens die skema gewysig is om voorsiening te maak vir 'n veranderde basis vir die oplegging van spesiale heffings. Terselfdertyd is, in 'n verdere Goewermentskennisgewing, heffings bekend gemaak wat ooreenstem met J die veranderde basis. Die eersgenoemde kennisgewing

E M Grosskopf AR

A was R297. Dit het op 16 Februarie 1987 in werking getree. Daarkragtens is art 22 van die skema deur die volgende vervang:

'22(1) Die Raad kan met die Minister se goedkeuring 'n spesiale heffing op die grondslag wat die Raad bepaal, oplê op 'n suiwelproduk of op 'n suiwelproduk van 'n bepaalde klas, graad of kwaliteitstandaard.

(2) Die spesiale heffing in subart (1) beoog, is - B

(a)

in die geval van vars melk wat deur 'n produsent of vrygestelde produsent -

(i)

deur bemiddeling van die Raad verkoop word; of

(ii)

aan 'n distribueerder, melkprosesseerder of vrygestelde produsent in 'n beheerde gebied verkoop word,

betaalbaar deur die produsent of vrygestelde produsent deur wie daardie vars melk aldus verkoop word; C

(b)

in die geval van vars melk wat -

(i)

deur bemiddeling van die Raad verkry is deur iemand anders as 'n kaasvervaardiger, kondensmelkvervaardiger of iemand wat met nywerheidsmelk as 'n besigheid handel; of

(ii)

deur 'n distribueerder, melkprosesseerder of vrygestelde produsent in 'n beheerde gebied verkry is van 'n produsent of vrygestelde produsent, D

betaalbaar deur die distribueerder, melkprosesseerder, vrygestelde produsent of ander persoon deur wie daardie vars melk aldus verkry word;

. . .

(d)

in die geval van vars melk wat in losmaat of in kanne buite 'n beheerde gebied anders as deur bemiddeling van die Raad van 'n E produsent verkry word deur iemand wat beoog om daardie vars melk in voorafverpakte huishoudelike groottes of in kanne te herverkoop, of om daardie vars melk by die vervaardiging van varsmelkprodukte te gebruik, betaalbaar deur die persoon deur wie daardie vars melk aldus verkry word;

(e)

in die geval van vars melk wat deur 'n produsent buite 'n beheerde gebied direk aan verbruikers (insluitende hotelle, hospitale, F koshuise of soortgelyke inrigtings), of in voorafverpakte huishoudelike groottes vir herverkoping verkoop word, of deur 'n produsent gebruik word by die vervaardiging van varsmelkprodukte, betaalbaar deur die produsent deur wie daardie vars melk aldus verkoop of gebruik word.

. . . .'

Daar sal opgelet word dat daar ingevolge die gewysigde art 22(1) geen G beperking is op die klas suiwelprodukte ten opsigte waarvan 'n spesiale heffing opgelê kan word nie. Daar is egter spesifieke bepalings met betrekking tot die omstandighede...

To continue reading

Request your trial
9 practice notes
  • Natal Rugby Union v Gould
    • South Africa
    • Invalid date
    ...1996 (4) SA 331 (CC) Blou v Lambert and Chipkin NNO and Others 1970 (2) SA 185 (T) Blue Grass Estates (Pty) Ltd v Minister van Landbou 1992 (4) SA 406 (A) Bredenkamp v Van der Westhuizen 1968 ( 4) SA 358 (GW) Campbell v Maund (1836) 5 Ad & El 865 Cape United Sick Fund Society and Others v F......
  • Independent Food Processors (Pty) Ltd v Minister of Agriculture and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...the costs of two counsel. D Plaintiff's Attorneys: Bornman & Hayward. Defendants' Attorney: State Attorney. [*] Now reported at 1992 (4) SA 406 (A) [*1] Editorial Note: Section 9 of the Marketing Act 59 of 1968 reads as follows: '9 Investigation, and rejection or acceptance by the Minister,......
  • Southern Witwatersrand Exploration Co Ltd v Bisichi Mining plc and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...van Banke en Andere 1996 (1) SA 330 (A): considered E Blue Grass Estates (Pty) Ltd en Andere v Minister van Landbou en Andere 1992 (4) SA 406 (A): Botha (now Griessel) and Another v Finanscredit (Pty) Ltd 1989 (3) SA 773 (A): distinguished Dublin v Diner 1964 (1) SA 799 (D): dictum at 802A ......
  • Southern Witwatersrand Exploration Co Ltd v Bisichi Mining plc and Others
    • South Africa
    • Witwatersrand Local Division
    • 30 June 1997
    ...the remarks of E M Grosskopf JA, in a comparable context, in Blue Grass Estates (Pty) Ltd en Andere v Minister van Landbou en Andere 1992 (4) SA 406 (A) at The Shorter Oxford English Dictionary gives the applicable sense of 'round robin' as 'a document, especially B one embodying a complain......
  • Request a trial to view additional results
9 cases
  • Natal Rugby Union v Gould
    • South Africa
    • Invalid date
    ...1996 (4) SA 331 (CC) Blou v Lambert and Chipkin NNO and Others 1970 (2) SA 185 (T) Blue Grass Estates (Pty) Ltd v Minister van Landbou 1992 (4) SA 406 (A) Bredenkamp v Van der Westhuizen 1968 ( 4) SA 358 (GW) Campbell v Maund (1836) 5 Ad & El 865 Cape United Sick Fund Society and Others v F......
  • Independent Food Processors (Pty) Ltd v Minister of Agriculture and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...the costs of two counsel. D Plaintiff's Attorneys: Bornman & Hayward. Defendants' Attorney: State Attorney. [*] Now reported at 1992 (4) SA 406 (A) [*1] Editorial Note: Section 9 of the Marketing Act 59 of 1968 reads as follows: '9 Investigation, and rejection or acceptance by the Minister,......
  • Southern Witwatersrand Exploration Co Ltd v Bisichi Mining plc and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...van Banke en Andere 1996 (1) SA 330 (A): considered E Blue Grass Estates (Pty) Ltd en Andere v Minister van Landbou en Andere 1992 (4) SA 406 (A): Botha (now Griessel) and Another v Finanscredit (Pty) Ltd 1989 (3) SA 773 (A): distinguished Dublin v Diner 1964 (1) SA 799 (D): dictum at 802A ......
  • Southern Witwatersrand Exploration Co Ltd v Bisichi Mining plc and Others
    • South Africa
    • Witwatersrand Local Division
    • 30 June 1997
    ...the remarks of E M Grosskopf JA, in a comparable context, in Blue Grass Estates (Pty) Ltd en Andere v Minister van Landbou en Andere 1992 (4) SA 406 (A) at The Shorter Oxford English Dictionary gives the applicable sense of 'round robin' as 'a document, especially B one embodying a complain......
  • Request a trial to view additional results

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT