Voorwoord

PagesV-VI
DOI10.10520/EJC74076
Published date01 January 2007
Date01 January 2007
AuthorJ.J. Henning
VOORWOORD
Regtens kan ’n moratorium omskryf word as ’n regsweldaad in die
vorm van ’n vertraging oftewel ’n uitstel van verpligtinge van ower-
heidsweë verleen aan diegene wat vanweë besondere omstandig-
hede nie in staat is om daardie finansiële en ander verpligtinge
reëlmatig na te kom nie.
Die gebruik om ’n moratorium te verleen, is dikwels ietwat onbe-
stemd nagespeur tot die vroegste geskrewe geskiedenis van die
Westerse beskawing. Dit is duidelik dat vir talle eeue, moontlik selfs vir
bykans twee millenia, deur Westerse en ander regstelsels van
buitengewone deviese of billikheidsremedies gebruik gemaak is
om diegene tegemoet te kom wat as gevolg van omstandighede
buite hul beheer nie in staat is om hul verpligtinge reëlmatig na te
kom nie. Hierdie deviese staan generies bekend as moratoria, hoewel
almal nie noodwendig streng regstegnies as sodanig te tipeer is nie.
Verskeie voorbeelde van moratoria is in die Suid-Afrikaanse reg en
gemene reg na te speur. Dit wil egter voorkom asof die lang ont-
wikkelingsgang en talryke verskyningsvorms van die regsfiguur hier te
lande merendeels oor die hoof gesien word. Trouens, daar is al te
kenne gegee dat die regsterm moratorium ’n heel resente oorsprong
en boonop ’n suiwer Engelsregtelike herkoms het. Gebrekkige insigte
soos dié kan die negering van waardevolle gemeenregtelike aan-
knopingspunte tot gevolg hê.
Die verlening van ’n moratorium is en word hier te lande veral aan-
gewend om onderstand te verleen aan weerpligtiges (weermagslede
met verpligte opleiding of op aktiewe diens). Op die keper beskou,
vind deur hierdie regsweldaad ’n ingreep van owerheidsweë plaas
op die regsverhouding tussen kontraks- en prosespartye, en dit van-
weë dwingende oorwegings van billikheid en militêre doelmatigheid.1
Die kernelemente van die huidige bedeling is die begunstiging van
die weermagslede op aktiewe diens, spesifiek deur die verlening van
’n betalings- en prosesrespyt. Dit volg dat nie net op die geskied-
kundige agtergrond en herkoms van die privilegia militum gelet kan
word nie, maar dat veral aandag geskenk moet word aan die her-
koms en ontwikkeling van moratorium en analoë regsfigure. In
hierdie studie word juis getrag om die regshistoriese trefpunt te
identifiseer waar die privilegia militum die eerste keer blywend die
vorm aangeneem het van ’n moratorium in regstegniese sin.
1In die woorde van 2 Tim 2:4:“’n Soldaat in aktiewe diens wat sy bevelvoerder
tevrede wil stel, bemoei hom nie met die dinge van die gewone lewe nie.

To continue reading

Request your trial

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT