Voorwoord

DOI10.10520/EJC74109
AuthorJ.J. Henning
Published date01 January 2008
Date01 January 2008
PagesXI-
xi
VOORWOORD
Die toestand waarin die Suid-Afrikaanse maatskappyereg verkeer
as gevolg van verouderde wetgewing en dogma, is deur die Vaste
Advieskomitee oor Maatskappyereg erken in omvattende beleids-
verklarings. In hierdie beleidsverklarings het die verteenwoordigings-
reg in maatskappyverband prominent gef‌igureer. Die aspek het met
verloop van tyd des te meer in die kalklig beland veral as gevolg van
toenemende globalisering van die ondernemingsreg.
Dit spreek derhalwe vanself dat die onderwerp van hierdie werk uiters
aktueel is en dan ook dat Dr Rabie die unieke geleentheid aan gegryp
het om tydig ’n deurslaggewende bydrae tot wetenskaplik gefundeerde
hersiening van hierdie deel van die maatskappyereg te maak.
Deur op konteksmatige wyse ondersoek in te stel na die belangrikste
regsreëls rakende die maatkappyregtelike verteenwoordiging in die
Suid-Afrikaanse, Engelse en Amerikaanse reg en aan die hand hier-
van toepaslike statutêre wysigings aan te beveel, lewer Dr Rabie ’n
unieke en tydige bydrae tot die oplossing van hierdie maatskappye-
regtelike problematiek.
Prof J J Henning
Bloemfontein
2008

To continue reading

Request your trial

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT