Voorwoord

PagesVII-
Date01 January 2002
DOI10.10520/EJC74012
AuthorAdelheid Janse van Rensburg
Published date01 January 2002
VOORWOORD
Die onderwerp van hierdie navorsing het hoofsaaklik betrekking op die
regsposisie van vergelykende reklame nie alleen in Suid-Afrika nie maar
ook in ander lande, terwyl selfregulering (vir sover dit voorkom) ook
aandag geniet.
'n Groot aantal en verskeidenheid lande word betrek op die basis van,
byvoorbeel, ekonomiese - en/of regsontwikkeling, kultuur en standaarde
van onderwys en wêreldwysheid.
Met verwysing na die posisie in Suid-Afrika, word nie alleen die gemene
reg nie (en veral die sivielregtelike aard daarvan) in oënskou geneem met
betrekking tot vergelykende reklame, maar ook statutêre bepalings met die
oog op die beperkte omvang van sodanige reklame in die lig van betrokke
regsaanspreeklikheid wat mag ontstaan. Relevante statutêre bepalings
waaraan aandag gegee word, het betrekking op byvoorbeeld - die Wet op
Handelsmerke, Wet op Outeursreg, Wet op Modelle, Wet op
Besigheidsname, Wet op Handelswaremerke, Wet op Statutêre
Sakepraktyke, en die Grondwet.
Tot die slotsom word, onder andere, geraak dat onregmatige
vergelykende reklame meer omvattend in Suid-Afrika as in die VSA of the
VK is maar moontlik vergelykbaar met die posisie in Duitsland. Die
gemene reg, met ibegrip van onregmatige mededinging, tesame met
relevante statutêre bepalings blyk dermate omvattend te wees dat
vergelykende reklame moontlik 'n gevaarvolle aktiwiteit vir onversigtige
daders in Suid-Afrika kan wees.
Met verwying na 'n effektiewe sintese gegrond op 'n analities-kritiese
beskouing van die studie onder bespreking, word ter oorweging gegee dat,
ten spyte van die moontlike misbruik van vergelykende reklame, daar
voldoende regs-voorskrifte in Suid-Afrika voorkom met die oog op die
bekamping van enige betrokke misbruik nieteenstaande die feit dat
implementering oor die algemeen kan verbeter. Die selfregulerende
stelsel kan ook met sukses benut word veral in die lig van die betrokke
posisie in die Verenigde Koninkryk. Ook in die lig van die Handves van
Mensregte, en die reg op die vryheid van spraak, behoort vergelykende
reklame toelaatbaar te wees onderworpe aan beperkings soos uiteengesit
in artikel 36 van die Grondwet. Gevolglik en ook gedagtig aan die voordele
wat vergelykende reklame mag meebring, word dit laastens ter oorweging
gegee dat die ASA se Kode gewysig moet word met die oog op 'n meer
positiewe houding jeens vergelykende reklame.
vii

To continue reading

Request your trial

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT