Viljoen v Smith

JurisdictionSouth Africa
JudgeHefer AR, Corbett HR, F H Grosskopf AR, Howie AR, Plewman AR
Judgment Date25 September 1996
Docket Number47/95
Hearing Date06 September 1996
CounselA J Smit SC (bygestaan deur P de B Vivier) namens die appellant H M Carstens SC (bygestaan deur S T Ryke) namens die respondent
CourtAppellate Division

Viljoen v Smith
1997 (1) SA 309 (A)

1997 (1) SA p309


Citation

1997 (1) SA 309 (A)

Case No

47/95

Court

Appèlafdeling

Judge

Hefer AR, Corbett HR, F H Grosskopf AR, Howie AR, Plewman AR

Heard

September 6, 1996

Judgment

September 25, 1996

Counsel

A J Smit SC (bygestaan deur P de B Vivier) namens die appellant
H M Carstens SC (bygestaan deur S T Ryke) namens die respondent

Flynote : Sleutelwoorde B

Delik — Aanspreeklikheid vir — Middellike aanspreeklikheid — Middellike aanspreeklikheid van werkgewer vir onregmatige dade van werknemer — Werknemer klim deur draad en ontlas in bosse op naburige plaas strydig met werkgewer se verbod — Terwyl op naburige plaas probeer hy sigaret aansteek maar vuurhoutjie veroorsaak brand op plaas — Of werknemer C binne bestek van diens opgetree het — Elke handeling van werknemer in dienstyd verrig ter bevordering van persoonlike belange of bereiking van eie oogmerke val nie noodwendig buite bestek van diens nie — Of werknemer diens laat vaar het, is feitevraag wat in bepaalde geval op waarskynlikhede beslis moet word hoofsaaklik, indien nie uitsluitlik nie, aan hand van graad van afwyking — By bepaling van graad van afwyking moet in D aanmerking geneem word dat dit nie gaan om feit dat werknemer sy werk gelos het om te ontlas en dat hy gerook het nie, maar om feit dat hy dit op naburige plaas gedoen het — Feit dat plek waar werknemer ontlas het en gepoog het om sigaret aan te steek ongeveer 300 meter vanaf plek in wingerd was waar hy gewerk het nie so wesenlike afwyking dat dit met reg E gesê kan word dat hy diens tydelik laat vaar het of dat hy tydens ekskursie nie in bestek van diens opgetree het nie — Werknemer in bestek van diens opgetree — Werkgewer middellik aanspreeklik.

Headnote : Kopnota

Die respondent het aksie in 'n Provinsiale Afdeling ingestel teen die appellant vir F die verhaal van skade wat hy na bewering gelei het as gevolg van 'n veldbrand op sy plaas. Die appellant het op 'n plaas aangrensend tot die van die respondent geboer. Die respondent het beweer dat L, 'n werknemer van die appellant, die brand nalatig, in die loop van sy diens en binne sy diensbestek veroorsaak het en dat die appellant gevolglik middellik aanspreeklik was. L het blykbaar, terwyl hy besig was met sy werk in die wingerd, weggestap om hom te gaan ontlas. Daar was nie toiletgeriewe G anders as tuis beskikbaar nie en daar was van werkers verwag om daardie geriewe, voordat hulle in die oggend inval of tydens etenstye te gebruik. Sou hulle intussen 'n behoefte kry, kon hulle die nodige in die veld of desnoods in die wingerd doen. Draadkruipery en oortreding op bure se grond vir daardie, of enige ander, doel was streng verbode en strafbaar met boetes. Strydig met die verbod van sy werkgewer het L deur die draad geklim en H ongeveer 70 meter verder gestap tot by 'n plek in die bosse op die respondent se plaas waar hy hom ontlas het en gepoog het om 'n sigaret aan te steek. Die kop van die vuurhoutjie het afgebreek en weggespat en die brand veroorsaak. Daardie punt was ongeveer 300 meter vanaf die plek waar hy gewerk het. Die Provinsiale Afdeling het ten gunste van die respondent beslis. In hoër beroep, I

Beslis, dat daar nie saamgestem kon word nie met die appellant se betoog dat L hom vir 'n persoonlike doel (naamlik om hom te gaan ontlas) na die respondent se plaas begewe het: die toepassing van die algemene beginsel (dws dat 'n werkgewer verantwoordelik was vir die onregmatige dade gepleeg deur sy werknemer tydens sy diensbestek maar dat 'n handeling J

1997 (1) SA p310

verrig deur 'n werknemer vir sy eie belange en oogmerke, en buite sy A bevoegdheid, nie binne die bestek van sy diens verrig nie was nie, al was dit verrig gedurende sy diens) het nie meegebring dat elke handeling van 'n werknemer in dienstyd verrig ter bevordering van sy persoonlike belange of die bereiking van sy eie oogmerke noodwendig buite die bestek van sy diens val nie. (Op 315E/F-F/G), geparafraseer.)

Beslis, verder, dat die vraag of 'n werknemer sy diens inderdaad laat vaar het, 'n B feitevraag was wat in enige bepaalde geval op die waarskynlikhede beslis moes word hoofsaaklik, indien nie uitsluitlik nie, aan die hand van die graad van die afwyking. (Op 316J-317A/B.)

Beslis, verder, dat by die bepaling van die graad van afwyking, moet in aanmerking geneem word dat dit inderwaarheid nie gaan om die feit dat L sy werk gelos het om hom te gaan ontlas en dat hy gerook het as sodanig nie, maar om die feit C dat hy dit op die respondent se plaas gedoen het. (Op 317G.)

Beslis, verder, dat daar nie met die appellant se betoog saamgestem kon word nie dat die punt waar L hom ontlas het en gepoog het om 'n sigaret aan te steek, ongeveer 300 meter vanaf die plek in die wingerd waar hy gewerk het, so 'n wesenlike afwyking was dat dit met reg gesê kon word dat hy sy diens tydelik laat vaar het of, anders gestel, dat hy tydens sy ekskursie nie in die bestek D van sy diens opgetree het nie. (Op 317G/H-I.)

Beslis, verder, dat 'n subjektiewe beoordeling van L se gedrag niks meer aan die lig gebring het as dat hy bedoel het om hom te gaan ontlas nie. (Op 317I-I/J.)

Beslis, verder, dat wat die objektiewe beoordeling van L se optrede betref, was die appellant se betoog dat L nie in die bestek van sy diens opgetree het nie hoofsaaklik gebaseer op die afstand wat L gestap het en die tyd wat die heen en E terugtog van ongeveer 600 meter in beslag sou geneem het. Gedagtig daaraan dat L toegelaat was om hom op die appellant se plaas te ontlas was dit die bykomende tyd wat van belang was: indien L die naaste beskikbare plek op die appellant se plaas gebruik het sou hy in alle waarskynlikheid nie veel meer as 200 meter heen en terug geloop het nie. Wat afstand betref was L se afwyking dus ongeveer 400 meter en wat tyd betref, kon dit nie langer F as 'n paar minute gewees het nie. Word dit verder in aanmerking geneem dat L niks op die respondent se plaas gedoen het wat hy nie toegelaat was om op die appellant se plaas te doen nie, het die afwyking nie as wesenlik voorgekom nie. (Op 318A/B-E/F), geparafraseer.)

Beslis derhalwe, dat die Hof a quo se bevinding dat L steeds in die bestek van sy diens opgetree het, korrek was. (Op 318E/F.) Appèl afgewys.

Die beslissing in die Kaapse Provinsiale Afdeling in Smith v Viljoen bevestig. G

Flynote : Sleutelwoorde

Delict — Liability for — Vicarious liability — Vicarious liability of employer for delictual acts of employee — Employee climbing through fence and relieving himself in H bushes on neighbouring farm contrary to prohibition of employer — Whilst on neighbouring farm attempting to light cigarette but match causing fire on farm — Whether employee acting within course and scope of employment — Every act of employee committed during time of employment in advancement of personal interests or achievement of own goals not necessarily falling outside course and scope of employment — Whether employee abandoning employment a factual I question to be decided in any particular case on probabilities mainly, if not exclusively, on basis of degree of digression — In determining degree of digression, to be taken into account that issue not about fact that employee left employment to relieve himself and that he smoked but that he had done so on neighbouring farm — Fact that place where employee relieved himself and attempted to light cigarette approximately 300 metres from place in vineyard where he worked not J

1997 (1) SA p311

such material digression that it can be said that he temporarily abandoned his A employment or that he did not act in course and scope of his employment during excursion — Employee acting within course and scope of employment — Employer vicariously liable.

Headnote : Kopnota

The respondent had instituted an action in a Provincial Division against the appellant for damages allegedly suffered as a result of a veld fire on his farm. B The appellant had been farming on a farm adjoining that of the respondent. The respondent alleged that L, an employee of the appellant, had caused the fire negligently, in the course and scope of his employment and that the appellant was consequently vicariously liable. L had apparently, while busy with his work in the vineyard, walked away to relieve himself. There had been no toilet facilities available other than at home and it was expected of C workers to use those facilities before they started work in the morning or during lunch times. Should they in the mean time develop a need they could perform the necessary in the veld or if need be in the vineyard. Climbing through fences and trespassing on neighbours' property for that, or any other purpose, was strictly prohibited and punishable with fines. Contrary to the prohibition of his employer, L had climbed through the D fence and walked approximately 70 metres further to a place in the bushes on the respondent's farm where he relieved himself and attempted to light a cigarette. The head of the match broke off and caused the fire. That point was approximately 300 metres from the place where he had worked. The Provincial Division had found in favour of the respondent. In an appeal,

Held, that the appellant's contention that L had gone to the respondent's farm for E a personal purpose (namely to relieve himself) could not be accepted: the application of the general principal (ie that an employer was responsible for the delicts of his employee committed in the course of his employment but that an act performed by an...

To continue reading

Request your trial
33 practice notes
  • K v Minister of Safety and Security
    • South Africa
    • Invalid date
    ...(3) SA 21 (A): referred to Venter v Bophuthatswana Transport Holdings (Edms) Bpk 1997 (3) SA 374 (SCA): referred to Viljoen v Smith 1997 (1) SA 309 (A): referred to. Statutes The Constitution of the Republic of South Africa, 1996, s 39(2): see Juta's Statutes of South Africa 200415 vol 5 at......
  • Vicarious liability: not simply a matter of legal policy
    • South Africa
    • Stellenbosch Law Review No. , May 2019
    • 27 Mayo 2019
    ...H v Marais 1950 4 SA 610 (A). 48 Davis AJA in Feldman (Pty) Ltd v Mall 1945 AD 733 785 et seq: incorrect, with respect; Viljoen v Smith 1997 1 SA 309 (A) 316 et seq; Romansrivier Kooperatiewe Wynkelder Bpk v Chemserve Manufacturing (Pty) Ltd 1993 2 SA 358 (C) 366D. 49 See eg Squire v Sasol ......
  • Grobler v Naspers Bpk en 'n Ander
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Berg v Coopers & Lybrand Trust (Pty) Ltd and Others 2001 (2) SA 242 (HHA): na verwys/referred to J 2004 (4) SA p227 Viljoen v Smith 1997 (1) SA 309 (A): na A verwys/referred Statutes Considered Wette/Statutes Die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika 108 van 1996/The Constitution of th......
  • Grobler v Naspers Bpk en 'n Ander
    • South Africa
    • Cape Provincial Division
    • 19 Marzo 2004
    ...2001 (3) SA 868 (HHA)). Hy het voorts met verwysing na beslissings soos Feldman (Pty) Ltd v Mall 1945 AD 733; Viljoen v Smith 1997 (1) SA 309 (A); ABSA Bank Ltd v Bond Equipment (Pretoria) (Pty) Ltd 2001 (1) SA 372 (HHA); Minister of Safety and Security v Jordaan t/a Andre Jordaan Transport......
  • Request a trial to view additional results
28 cases
  • K v Minister of Safety and Security
    • South Africa
    • Invalid date
    ...(3) SA 21 (A): referred to Venter v Bophuthatswana Transport Holdings (Edms) Bpk 1997 (3) SA 374 (SCA): referred to Viljoen v Smith 1997 (1) SA 309 (A): referred to. Statutes The Constitution of the Republic of South Africa, 1996, s 39(2): see Juta's Statutes of South Africa 200415 vol 5 at......
  • Grobler v Naspers Bpk en 'n Ander
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Berg v Coopers & Lybrand Trust (Pty) Ltd and Others 2001 (2) SA 242 (HHA): na verwys/referred to J 2004 (4) SA p227 Viljoen v Smith 1997 (1) SA 309 (A): na A verwys/referred Statutes Considered Wette/Statutes Die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika 108 van 1996/The Constitution of th......
  • Grobler v Naspers Bpk en 'n Ander
    • South Africa
    • Cape Provincial Division
    • 19 Marzo 2004
    ...2001 (3) SA 868 (HHA)). Hy het voorts met verwysing na beslissings soos Feldman (Pty) Ltd v Mall 1945 AD 733; Viljoen v Smith 1997 (1) SA 309 (A); ABSA Bank Ltd v Bond Equipment (Pretoria) (Pty) Ltd 2001 (1) SA 372 (HHA); Minister of Safety and Security v Jordaan t/a Andre Jordaan Transport......
  • Bond Equipment (Pretoria) (Pty) Ltd v Absa Bank Ltd
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Mynbou (Edms) Bpk en Andere 1993 (3) SA 298 (T): considered Estate Van der Bijl v Swanepoel 1927 AD 141: considered F Viljoen v Smith 1997 (1) SA 309 (A): Volkskas Bank Bpk v Bonitas Medical Aid Fund 1993 (3) SA 779 (A): considered. Case Information Civil trial in an action for damages agai......
  • Request a trial to view additional results
5 books & journal articles
  • Vicarious liability: not simply a matter of legal policy
    • South Africa
    • Juta Stellenbosch Law Review No. , May 2019
    • 27 Mayo 2019
    ...H v Marais 1950 4 SA 610 (A). 48 Davis AJA in Feldman (Pty) Ltd v Mall 1945 AD 733 785 et seq: incorrect, with respect; Viljoen v Smith 1997 1 SA 309 (A) 316 et seq; Romansrivier Kooperatiewe Wynkelder Bpk v Chemserve Manufacturing (Pty) Ltd 1993 2 SA 358 (C) 366D. 49 See eg Squire v Sasol ......
  • Vicarious liability of the state for the abuse and misuse of firearms by police officers
    • South Africa
    • Sabinet Lesotho Law Journal No. 25-2, May 2017
    • 31 Mayo 2017
    ...SA 21 (SCA). See also Minister van Veiligheid en Sekuriteit v Japmoco Bk h/a Status Motors 2002 (5) SA 649 (SCA). 35 Viljeon v Smith 1997 (1) SA 309 (A), 315 paras [F]-[G]. 14 LLJ Vol. 25 No. 2 THE CLOSE CONNECTION TEST AND CONSTITUTIONAL IMPERATIVE Against the backdrop of the confusion sur......
  • Principles and policy in unlawful competition: An Aquilian mask?
    • South Africa
    • Juta Acta Juridica No. , August 2019
    • 29 Mayo 2019
    ...Ltd v South African Raisins (Pty) Ltd (n 123) at 334-5 . 174 See SA Metal & Machinery Co Ltd v Cape Town Iron & Steel Works (Pty) Ltd 1997 (1) SA 309 (A); Silver Crystal Trading (Pty) Ltd v Namibia Diamond Corporation (Pty) Ltd (n 11). 175 Section 65(2). © Juta and Company (Pty) Lip service......
  • Some reflections on vicarious liability and dishonest employees
    • South Africa
    • Juta Acta Juridica No. , August 2019
    • 29 Mayo 2019
    ...of Police v Rabie (n 17) 134D-E; Minister of Law and Order v Ngobo (n 9) 827B. In addition, he merely refers to Viljoen v Smith 1997 (1) SA 309 (A) 317I-18B and Smit v Minister van Polisie 1997 (4) SA 893 (T) 905D-H. 41 The judge's decision that the defendant was, in addition, not liable on......
  • Request a trial to view additional results

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT