Venter v Bophuthatswana Transport Holdings (Edms) Bpk

JurisdictionSouth Africa
JudgeOlivier AR, Hefer AR, F H Grosskopf AR, Nienaber AR, Zulman AR
Judgment Date18 March 1997
Citation1997 (3) SA 374 (SCA)
Docket Number432/95
Hearing Date03 March 1997
CounselJ H F Pistor namens die appellant B P Geach namens die respondent.
CourtSupreme Court of Appeal

Olivier AR:

Op 8 Junie 1988 om ongeveer 19:30 het daar in die kruising van Carrington- en Hatchadstrate, Mafikeng, 'n botsing tussen 'n bus, die eiendom van die G respondent, en 'n vragmotor, die eiendom van die appellant, plaasgevind. Beide voertuie het aansienlike skade opgedoen.

Die respondent het as eiser in die destydse Hooggeregshof van Bophuthatswana aksie teen die appellant vir die verhaal van die beweerde skade aan sy bus ten bedrae van R58 400 ingestel. Na 'n verhoor het die Verhoorregter, Smith R, vonnis teen die H appellant vir die gemelde bedrag en gedingskoste verleen. Die huidige appèl dien voor ons met verlof van hierdie Hof. Gerieflikheidshalwe word na die partye as eiser en verweerder verwys.

Tydens die verhoor was dit nie deur die verweerder betwis dat hy die eienaar van die betrokke vragmotor was nie en dat die eiser se bus in die botsing beskadig is nie. Op I appèl het die verweerder twee belangrike bevindinge van die Verhoorhof, nl dat die bestuurder van die verweerder se vragmotor sy werknemer was en dat die botsing uitsluitlik deur gemelde werknemer se nalatigheid veroorsaak is, nie aangeveg nie. Gevolglik is slegs twee geskilpunte aan hierdie Hof vir beregting voorgelê: J

Olivier AR

(1)

Of die gemelde werknemer van die verweerder ten tyde van die botsing A binne sy diensbestek opgetree het; en

(2)

Of die eiser wel die omvang van sy skade bewys het.

Beide hierdie vrae was deur die Verhoorhof ten gunste van die eiser beslis. B

1. Het die bestuurder van die verweerder se vragmotor ten tyde van die botsing binne sy diensbestek opgetree?

Die relevante agtergrondsfeite is dat die verweerder 'n voltydse betrekking as motorverkoopsman in Mafikeng beklee het. Daarbenewens het hy 'n vervoerbesigheid vanaf die hoewe waarop hy net buite Mafikeng gewoon het, bedryf. Vir daardie doel C het hy twee vragmotors gebruik, een waarvan in die botsing tans ter sprake betrokke was. Die vervoerbesigheid is bestuur deur 'n werknemer van die verweerder, ene Coetzee. Die gewone vervoersake wat bedryf was, was om sand vanaf Modimola na boukontrakteurs in Mafikeng te vervoer. Elke voertuig was beman deur 'n bestuurder D en vier arbeiders, almal werknemers van die verweerder.

Volgens die getuienis van die verweerder het die vragmotors gewoonlik om ongeveer 07:00 die hoewe verlaat en teen ongeveer 17:00 teruggekeer. Die arbeiders en bestuurders is dan deur Coetzee met 'n voertuig naby hul wonings afgelaai. Snags was E die vragmotors op die hoewe. Volgens die verweerder was dit sy opdrag aan Coetzee om nie die hoewe te verlaat voordat al die vragmotors teruggekeer het nie.

Die verweerder se getuienis was voorts dat hy op die dag van die botsing om ongeveer 17:30 vanaf sy werk by die hoewe opgedaag het. Coetzee was nie meer daar nie. Hy het egter nie self gaan kyk of die vragmotors terug is nie. Eers later die aand, nadat hy F berig van die botsing ontvang het, het hy vasgestel dat een van die vragmotors nie op die hoewe was nie. Hy is toe na die botsingstoneel. As gevolg van navrae is hy na die lykhuis waar hy die lyk van een van sy werknemers, 'n werktuigkundige, aangetref het. In die hospitaal het hy 'n ander werknemer van hom, ook 'n werktuigkundige, wat erg G beseer was, gesien. Laasgenoemde werknemer was nie in staat om met die verweerder te praat nie en is inderdaad kort daarna oorlede.

Die bestuurder van die verweerder se vragmotor wat in die botsing betrokke was, het hom onmiddellik na die voorval uit die voete gemaak.

Die volgende oggend het die verweerder volgens sy getuienis 'n gesprek met Coetzee H gevoer - laasgenoemde moes immers aan die verweerder verslag doen oor die besigheid en het dit normaalweg feitlik elke dag gedoen. Volgens die verweerder sou Coetzee aan hom gesê het dat die betrokke vragmotor wel die vorige dag om 17:00 op die hoewe terug was. Die verweerder het derhalwe aangevoer dat die vragmotor I op ongemagtigde wyse deur die vragmotorbestuurder en buite die omvang en bestek van sy dienspligte van die hoewe verwyder en gebruik is.

Coetzee is voor die verhoor oorlede en kon dus nie deur die verweerder as getuie geroep word om te sê wat hy die vorige middag gesien het of om die verweerder se getuienis oor Coetzee se verslag aan hom te staaf en daaroor onder kruisverhoor geneem te word nie. J

Olivier AR

Die eiser se advokaat het derhalwe beswaar gemaak teen die toelaatbaarheid van die A verweerder se getuienis oor wat Coetzee aan hom sou gesê het op die basis dat dit...

To continue reading

Request your trial
12 practice notes
  • F v Minister of Safety and Security and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...as Amicus Curiae) 2003 (1) SA 389 (SCA) ([2002] 4 All SA 346): referred to Venter v Bophuthatswana Transport Holdings (Edms) Bpk 1997 (3) SA 374 (SCA): I referred to. Canada Bazley v Curry (1999) 174 DLR (4th) 45 (SCC) ([1999] 2 SCR 534): referred to Jacobi v Griffiths (1999) 174 DLR (4th) ......
  • K v Minister of Safety and Security
    • South Africa
    • Invalid date
    ...distinguished Tshabalala v Lekoa City Council 1992 (3) SA 21 (A): referred to Venter v Bophuthatswana Transport Holdings (Edms) Bpk 1997 (3) SA 374 (SCA): referred to Viljoen v Smith 1997 (1) SA 309 (A): referred to. Statutes The Constitution of the Republic of South Africa, 1996, s 39(2): ......
  • F v Minister of Safety and Security and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...as Amicus Curiae) 2003 (1) SA 389 (SCA) ([2002] 4 All SA 346): referred to D Venter v Bophuthatswana Transport Holdings (Edms) Bpk 1997 (3) SA 374 (SCA): referred Canada Bazley v Curry (1999) 174 DLR (4th) 45 (SCC) ([1999] 2 SCR 534): E referred to Jacobi v Griffiths (1999) 174 DLR (4th) 71......
  • F v Minister of Safety and Security and Others
    • South Africa
    • Constitutional Court
    • 15 December 2011
    ...Cold Storage (Pty) Ltd and Another 2000 (1) SA 827 (SCA) ([2000] 1 All SA 128); Venter v Bophuthatswana Transport Holdings (Edms) Bpk 1997 (3) SA 374 (SCA); Minister of Law and Order v Ngobo 1992 (4) SA 822 (A); Tshabalala v Lekoa City Council 1992 (3) SA 21 (A); Minister of Police v Rabie ......
  • Request a trial to view additional results
12 cases

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT