Van der Vyver v Netherlands Insurance Co of SA Ltd

JurisdictionSouth Africa
JudgeBoshoff R
Judgment Date16 March 1967
CourtTransvaal Provincial Division
Hearing Date27 February 1967

Boshoff, R.:

Die eiser vorder skadevergoeding vir liggaamlike beserings deur hom opgedoen toe hy van die enjinkap van 'n motorkar, wat deur die verweerdermaatskappy onder die Motorvoertuigassuransiewet,

Boshoff R

29 van 1942, soos gewysig, verseker is, afgeval het as gevolg van die bestuurder, ene Nathan Ozen, se beweerde opsetlike of, alternatiewelik, nalatige wyse van bestuur.

A Dit is gemenesaak dat die eiser, as gevolg van sy liggaamlike beserings, skade gely het in die bedrag van R2,185 en die enigste vraag wat vir die beslissing van die Hof oorgelaat is, is een van aanspreeklikheid. Verskeie verwere word opgewerp, maar dit sou miskien geriefliker wees om eers, nadat die feite bepaal is, daarna te verwys.

Die verweerder het geen getuienis geroep nie en die enigste getuienis B voor die Hof is dié van die eiser self, wat die hele gebeure dek, en 'n familielid, 'n sekere van der Merwe, wat alleen kon getuig oor die omstandighede waaronder die eiser hom op die enjinkap van die motorkar bevind het.

C 'n Polisiekaptein, ene Lerm, het getuig oor verklarings wat Ozen aan hom sou gemaak het toe Ozen 'n klagte van roof gelê het. Sy getuienis was aangebied en toegelaat op die basis dat hy sou getuig oor die geestestoestand van Ozen ten tye toe die eiser van die motorkar afgeval het. Hy het die verklarings van Ozen nie neergeskryf nie en moes hom dus geheel en al op sy geheue beroep oor dinge wat 18 maande gelede gebeur D het. Hy was nie 'n bevredigende getuie nie omdat dit nie duidelik was wat aan hom gesê is en wat hy afgelei het nie.

Mnr. van Dijkhorst, namens die eiser, was nie in staat, met die beredenering van sy saak, om die Hof enige aanduiding te gee wat se waarde aan sy getuienis geheg moes word nie. Op die hoogste gestel, het E sy getuienis alleen getoon dat Ozen daarvan bewus was dat die eiser 'n privaatspeurder was. Die tersaaklikheid hiervan sal uit die verwere blyk.

Die eiser en van der Merwe het hulle getuienis op 'n bevredigende wyse afgelê en, afgesien van die verbysterende vermetelheid van hulle F optrede, is daar niks inherent onwaarskynlik in hulle getuienis nie en word dit dus aanvaar in die afwesigheid van getuienis wat daarmee in stryd is.

Die getuienis kom kortliks op die volgende neer. Die eiser is 'n privaatspeurder en was deur mev. Ozen gevra om haar man se bewegings dop te hou. Op die betrokke dag is Ozen omstreeks 5.30 nm. van sy winkel af G in Mitchellstraat met sy Austinstasiewa en het in die rigting van die middestad gery. By die tweede bushalte vanaf die winkel af in Mitchellstraat, het hy 'n dame opgelaai en met haar na die noordelike deel van Pretoria gery waar hy op die Warmbadpad by 'n padkafee stilgehou het. Daarna is hy met die Warmbadpad uit Pretoria uit en H anderkant die Hi-Way Hotel het hy van die Warmbadpad afgedraai in 'n westelike rigting in die rigting van die Bon Accorddam. Hul het egter weer teruggekeer na die Warmbadpad en 'n entjie verder noord met 'n grondpad weer in 'n Westelike rigting afgedraai. Hierdie pad het hom oor die treinspoor geneem in die rigting van die Bon Accorddam. Hy het van die grondpad afgedraai en tussen bome in die veld stilgehou. Die eiser het sy eie vrou en van der Merwe by hom in die kar gehad en Ozen al die tyd gevolg. Toe Ozen tussen die bome indraai, het eiser só stilgehou dat Ozen hulle nie kon sien nie en die eiser en van der Merwe het toe nader gekruip en op 'n distansie van 75 tot 100 treë

Boshoff R

Ozen se kar dopgehou. Dit was toe al 6 nm. en skemer, maar persone kon op daardie distansie onderskei word. Die eiser het 'n verkyker by hom gehad en van der Merwe 'n kamera met 'n flitslig. Hulle het gesien dat A daar persone agter in die stasiewa was. Ozen het uitgeklim geklee alleen in 'n hemp en kouse en sy broek begin aantrek. Die dame het van agter die kar oorgeklim na die voorste sitplek. Die eiser en van der Merwe het toe dadelik nader gehardloop omdat, volgens die eiser, hy wou sien in watter toestand Ozen was en ook wou vasstel wat sy reaksies sou wees op vrae. Ozen het dadelik in die motorkar gespring en begin ry in B die rigting van die grondpad wat blykbaar ook in die rigting van eiser en van der Merwe was. Van der Merwe het reggestaan met die kamera en 'n kiekie van die twee insittendes in die kar geneem en die eiser het 'n kaart omhooggehou waarop 'n foto van homself is en wat sertifiseer dat eiser 'n privaatspeurder is. Eiser het dit...

To continue reading

Request your trial
2 practice notes
  • Netherlands Insurance Co of SA Ltd v Van der Vyver
    • South Africa
    • Invalid date
    ...allowed with costs. The decision in the Transvaal Provincial Division in van der Vyver v Netherlands Insurance Co. of SA Ltd., 1967 (2) SA 476, in part confirmed and in part Case Information Appèl teen 'n beslissing in die Transvaalse Provinsiale Afdeling (BOSHOFF, R.). Die feite blyk uit d......
  • Suid-Afrikaanse Vroue Federasie, Transvaal v Thackwray, NO en Andere
    • South Africa
    • Invalid date
    ...van diskresie deur die eksekuteur of die toestemming van of berusting deur die erfgenaam nie. Hierdie aspekte word te toevallig behandel 1967 (2) SA p476 Jansen en die inligting is onvoldoende. Inderdaad is applikant se aansoek gefundeer op die aanspraak dat die bepalings van die statute di......
2 cases

2 provisions

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT