Netherlands Insurance Co of SA Ltd v Van der Vyver

JurisdictionSouth Africa
Citation1968 (1) SA 412 (A)

Netherlands Insurance Co of SA Ltd v Van der Vyver
1968 (1) SA 412 (A)

1968 (1) SA p412


Citation

1968 (1) SA 412 (A)

Court

Appèlafdeling

Judge

van Blerk AR, Williamson AR, Wessels AR, Milne Wn - AR en Bekker Wn - AR

Heard

September 12, 1967

Judgment

November 3, 1967

Flynote : Sleutelwoorde

Assuransie — Motorvoertuigassuransiewet, 29 van 1942, soos gewysig — 'Vervoer' in voorbehoudsbepaling in art. 11 (1) (b) (iii) — Wat daarop neerkom — Nalatigheid — Aksie om skadevergoeding weens liggaamlike beserings — Verweer van 'vrywillige aanvaarding van risiko' — Verwerping van in die omstandighede.

Headnote : Kopnota

Respondent het van die appellant, as versekeraar van 'n motorvoertuig, ingevolge Wet 29 van 1942, skadevergoeding geëis vir liggaamlike beserings wat hy opgedoen het toe hy van die enjinkap van die voertuig afgeval het terwyl dit deur O bestuur is. Respondent is 'n privaatspeurder en O se vrou het hom opdrag gegee om O met 'n ander vrou te betrap. Terwyl O in die veld naby 'n pad agter die stuurwiel van 'n stadigbewegende voertuig was, het die respondent homself op die enjinkap van die voertuig gewerp met die doel om die voertuig tot stilstand te dwing sodat hy kans kon kry om met O te praat. Met respondent op die enjinkap, waar hy vasgehou en vasgetrap het so goed hy kon, het O die voertuig met swaaibewegings teen verhoogde spoed vir 'n distansie van ongeveer vier myl bly voortbestuur. Toe het hy die voertuig skielik regs geswaai as gevolg waarvan die respondent met die beweging afgeval het en beseer is. In die besonderhede van eis is beweer dat O die voertuig opsetlik op so 'n wyse bestuur het dat respondent van die enjinkap moes afval of, in die alternatief, dat hy afgeval het as gevolg van O se nalatige bestuur van die voertuig. 'n Verder bewering was dat onmiddellik voordat respondent afgeval het, hy op die voertuig se enjinkap was onder omstandighede wat nie neerkom op 'vervoer' kragtens die bepalings van artikel 11 (1) (b) (iii) van Wet 29 van 1942 nie. Die Verhoorhof het respondent gelyk gegee wat hierdie laaste bewering betref, en het tot die slotsom gekom dat respondent en O in gelyke mate skuld het aan die beserings wat respondent opgedoen het. Bygevolg is slegs die helfte van die bedrag van R2,185, die ooreengekome skadevergoeding, aan die respondent toegeken. O het nie getuig nie. Die appellant het in hoër beroep gekom en die respondent het 'n teen-appèl aangeteken.

Beslis (MILNE, WN - A.R., afwykend) dat die enigste doel wat O voor oë gehad het was om uit die staanspoor van respondent ontslae te raak deur hom van die voertuig te laat afval, en nie om hom te 'vervoer' nie.

Beslis, derhalwe, dat appellant nie aanspreeklikheid kon vryspring op grond van die bepalings van die voorbehoudsbepalings in artikel 11 (1) (b) (iii) nie.

Beslis, verder, dat die verweer van 'vrywillige aanvaarding van risiko' nie kon slaag nie.

Beslis, verder, dat die gevolge waarvan die respondent die slagoffer geword het. uitsluitlik veroorsaak is deur O se optrede.

Beslis, dus, dat die appèl van die hand gewys moes word met koste en dat die teen-appèl moes slaag met koste.

Die beslissing in die Transvaalse Provinsiale Afdeling in van der Vyver v Netherlands Insurance Co. of SA Ltd., 1967 (2) SA 476. gedeeltelik bevestig en gedeeltelik ter syde gestel.

Flynote : Sleutelwoorde

Insurance — Motor Vehicle Insurance Act, 29 of 1942, as amended — 'Conveyed' in proviso to sec. 11 (1) (b) (iii) — What constitutes — Negligence — Action for damages for bodily injuries — Defence of 'voluntary acceptance of risk' — Rejection of in the circumstances.

Headnote : Kopnota

The respondent had claimed damages from the appellant, as the insurer of a vehicle under Act 29 of 1942, for bodily injuries sustained when he fell off the bonnet of the vehicle while it was being driven by O. Respondent is a private detective who had been instructed by O's wife to trap him with another woman. While O was in the veld near the road sitting behind the steering wheel of a slow moving vehicle, the respondent hurled himself onto the bonnet of the vehicle with the object of bringing the vehicle to a halt so that he could converse with O. With the respondent on the bonnet, clinging and holding firm as best he could, O continued to drive the car for a distance of approximately four miles, swerving from side to side at a high speed. He then suddenly swung to the right with the result that with that movement the respondent fell off and was injured. In the particulars of claim it was alleged that O had deliberately driven the vehicle in such a manner as to cause the respondent to fall off the bonnet, or, in the alternative, that he fell off as the result of O's negligent driving of the vehicle. A further allegation was that immediately prior to the respondent's fall he was on the bonnet of the vehicle in circumstances which did not amount to 'conveyance' in terms of section 11 (1) (b) (iii) of Act 29 of 1942. The trial Court had decided in favour of the respondent in so far as this last allegation was concerned, and had found that the respondent and O had contributed in equal measure to the injuries which the respondent had sustained.

1968 (1) SA p413

Consequently only half of the amount of R2,185, being the agreed amount of damages, was awarded to the respondent. O had given no evidence. The appellant appealed and the respondent noted a cross-appeal.

Held, that the only purpose O had from the outset was to get rid of the respondent by causing him to fall off the vehicle, and not to 'convey' him.

Held, accordingly, that the appellant could not escape liability because of the provisions of the proviso in section 11 (1) (b) (iii).

Held, further, that the defence of 'voluntary acceptance of risk' could not succeed.

Held, further, that the consequences, whereof the respondent had been the victim, had been exclusively caused by O's conduct.

Held, accordingly, that the appeal should be dismissed with costs and the crossappeal allowed with costs.

The decision in the Transvaal Provincial Division in van der Vyver v Netherlands Insurance Co. of SA Ltd., 1967 (2) SA 476, in part confirmed and in part reversed.

Case Information

Appèl teen 'n beslissing in die Transvaalse Provinsiale Afdeling (BOSHOFF, R.). Die feite blyk uit die uitsprake.

C A. W. Mostert (namens die appellant): Respondent moet homself van die bewyslas kwyt om te bewys dat ten tye van die besering hy nie vervoer is kragtens die bepalings van art. 11 (1) (iii) van Wet 29 van 1942. By die eerste kennismaking van die feite skyn hulle nie veel anders te wees as die in Aetna Insurance Co. Ltd v The Minister of Justice, 1960 (3) D S.A. 273, nie. By ontleding egter, blyk die verskille wesenlik te wees en dat die twee gevalle in belangrike opsigte onderskeibaar is. Op die aanname dat hierdie Hof ook bevind soos die Hof a quo dat, ten tye van die gebeurde wat respondent se beserings veroorsaak het, Ozen die bestuurder op pad na die Polisiestasie (of na enige ander destinasie) E was, gee appellant aan die hand dat Ozen besig was om respondent te 'vervoer' binne die trefwydte van art. 11 (1) (iii). Die newensgeskikte doel wat daar in ieder geval vroeër was (sien afwykende uitspraak van STEYN, H.R., in die Aetna saak, supra op bl. 280), word nou die hoofdoel. Die element van 'transportasie' is nou aanwesig, naamlik, om respondent te neem van daardie plek af tot by die Polisiestasie. Die F feit dat respondent geen begeerte gehad het om by die Polisiestasie uit te kom nie, is onbelangrik. Sien Aetna saak, supra te bl. 288A - H. In die onderhawige geval het Ozen doel om te vervoer en sy 'passasier' moet homself aan daardie doel onderwerp. By bewys dat respondent die omvang (beide wat grootte en aard betref) van die risiko waaraan hy homself G onderwerp het besef het en nogtans toegestem het om dit te loop, slaag hierdie verweer indien die beserings die

1968 (1) SA p414

gevolg was van 'the very risk which is in issue'. Sien Durban City Council v SA Board Mills Ltd., 1961 (3) SA 397 te bl. 407; Broom and Another v Administrator of Natal, 1966 (3) SA 505 te bl. 519; A Waring & Gillow Ltd v Sherborne, 1904 T.S. 340; Union Government v Matthee, N.O., 1917 A.A. 688 te bl. 703; Lampert v Hefer, N.O., 1955 (2) SA 507. Respondent is beseer toe hy van die voertuig afgeval het. Die vraag ontstaan of hy toegestem het tot 'the very risk which is in issue'. Sien Bloom v Administrator of Natal, supra. Dit is nie nodig vir die respondent om die presiese omstandighede van sy besering te voorsien het nie. Hy het toegestem tot 'n risiko van 'that kind of B harm'. Sien Pollock, Torts, 15de uitg., bl. 112, aangehaal deur FAGAN, A.R., in Lampert v Hefer, supra te bl. 512. Op bl. 75 van hul werk, 'Die Onregmatige Daad in die Suid-Afrikaanse Reg' van van der Merwe en Olivier, sê hulle: '. . . dat vir opset word tog slegs geëis dat die gevolg en nie die presiese kousale verloop nie voorsien moet C gewees het'. Hierdie aanhaling, gesien die feit dat ons hier met voorsienbaarheid te doen het, is ook hier toepaslik. 'The kind of harm' wat die respondent beoog het en tot toegestem het was dat hy van die voertuig sou afval terwyl dit in beweging was. Gemeenregtelik bied medewerkende skuld, medewerkende opset en medewerkende nalatigheid, aan die kant van 'n eiser 'n volkome verweer vir 'n verweerder wat ook skuld D ten opsigte van die gebeurde het. Die 'alles of niks' uitwerking van medewerkende nalatigheid het drukkend gewerk en art. 1 (i) (a) van die Wet op Skadeverdeling van 1956 is op die wetboek geplaas om verligting te gee en om groter ruimte vir die toepassing van billikheidsoorwegings te skep. Die oogmerk van dié wetgewing is hoofsaaklik om 'n eiser wat E self tot sy skade deur middel van sy eie nalatigheid bygedra het, te beskerm van die harde en onbillike gevolge van die gemeenregtelike leerstuk. Onhoudbaar...

To continue reading

Request your trial
15 practice notes
  • International Shipping Co (Pty) Ltd v Bentley
    • South Africa
    • Invalid date
    ...and Another [1981] 2 All ER 408 (CA); Strougar v Charlier 1974 (1) SA 225 (W); Netherlands Insurance Co of SA Ltd v Van der Vyver 1968 (1) SA 412 (A); Re Thomas Gerrard & Sons Ltd [1968] 1 Ch 455; Wilson v Birt (Pty) Ltd 1963 (2) SA 508 (D) H ; Ocean Accident & Guarantee Corporation Ltd v K......
  • Greater Johannesburg Transitional Metropolitan Council v Absa Bank Ltd t/a Volkskas Bank
    • South Africa
    • Invalid date
    ...verwyt van sogenaamde medewerkende opset die eiser getref het, is problematies (vgl Netherlands Insurance Co of SA Ltd v Van der Vyver 1968 (1) SA 412 (A) op 422). Wat F egter wel duidelik is, is dat 'n opsetlike verweerder hom nie op bydraende nalatigheid van die eiser kon beroep nie. Sien......
  • Greater Johannesburg Transitional Metropolitan Council v Absa Bank Ltd t/a Volkskas Bank
    • South Africa
    • Witwatersrand Local Division
    • 29 Julio 1996
    ...verwyt van sogenaamde medewerkende opset die eiser getref het, is problematies (vgl Netherlands Insurance Co of SA Ltd v Van der Vyver 1968 (1) SA 412 (A) op 422). Wat F egter wel duidelik is, is dat 'n opsetlike verweerder hom nie op bydraende nalatigheid van die eiser kon beroep nie. Sien......
  • Mali v Shield Insurance Co Ltd
    • South Africa
    • Invalid date
    ...opinion that purpose must be the transportation of the person conveyed". See, too, Netherlands Insurance Co of SA Ltd v Van der Vyver 1968 (1) SA 412 (A) at 419A. The Aetna Insurance case concerned the former 1942 Act, but the Legislature made no material alteration to the relevant words in......
  • Request a trial to view additional results
15 cases
  • International Shipping Co (Pty) Ltd v Bentley
    • South Africa
    • Invalid date
    ...and Another [1981] 2 All ER 408 (CA); Strougar v Charlier 1974 (1) SA 225 (W); Netherlands Insurance Co of SA Ltd v Van der Vyver 1968 (1) SA 412 (A); Re Thomas Gerrard & Sons Ltd [1968] 1 Ch 455; Wilson v Birt (Pty) Ltd 1963 (2) SA 508 (D) H ; Ocean Accident & Guarantee Corporation Ltd v K......
  • Greater Johannesburg Transitional Metropolitan Council v Absa Bank Ltd t/a Volkskas Bank
    • South Africa
    • Invalid date
    ...verwyt van sogenaamde medewerkende opset die eiser getref het, is problematies (vgl Netherlands Insurance Co of SA Ltd v Van der Vyver 1968 (1) SA 412 (A) op 422). Wat F egter wel duidelik is, is dat 'n opsetlike verweerder hom nie op bydraende nalatigheid van die eiser kon beroep nie. Sien......
  • Greater Johannesburg Transitional Metropolitan Council v Absa Bank Ltd t/a Volkskas Bank
    • South Africa
    • Witwatersrand Local Division
    • 29 Julio 1996
    ...verwyt van sogenaamde medewerkende opset die eiser getref het, is problematies (vgl Netherlands Insurance Co of SA Ltd v Van der Vyver 1968 (1) SA 412 (A) op 422). Wat F egter wel duidelik is, is dat 'n opsetlike verweerder hom nie op bydraende nalatigheid van die eiser kon beroep nie. Sien......
  • Mali v Shield Insurance Co Ltd
    • South Africa
    • Invalid date
    ...opinion that purpose must be the transportation of the person conveyed". See, too, Netherlands Insurance Co of SA Ltd v Van der Vyver 1968 (1) SA 412 (A) at 419A. The Aetna Insurance case concerned the former 1942 Act, but the Legislature made no material alteration to the relevant words in......
  • Request a trial to view additional results

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT