Van der Linde v Calitz

JurisdictionSouth Africa
JudgeSteyn HR, Van Blerk AR, Ogilvie Thompson AR, Holmes AR en Trollip Wn AR
Judgment Date28 February 1967
Hearing Date07 November 1966
CourtAppellate Division

Steyn, H.R.:

In die Hof benede het die appellant, destyds as stoorman in diens by die paaie-afdeling van die Vrystaatse Provinsiale D Administrasie, van die respondent, 'n paaie-superintendent in diens by dieselfde afdeling, skadevergoeding geëis op grond van beweerde laster. Volgens die uiteensetting van eis met die nadere besonderhede, vir sover tans ter sake, het die respondent, in 'n skriftelike verslag aan die hoof paaie-ingenieur van die Paaie-departement, die volgende woorde omtrent die appellant gebesig:

E 'Hy is onbetroubaar. Hy is 'n persoon wat dopgehou moet word. Hy is 'n opstoker.'

In sy verweerskrif erken die respondent dat hy in sy hoedanigheid as superintendent, in 'n personeelverslag, uit hoofde van sy ampspligte opgestel en aan genoemde ingenieur gerig, aangedui het dat hierdie F woorde op die appellant van toepassing is, maar ontken, sonder meer, dat hulle lasterlik is. In die alternatief, en indien bevind word dat die woorde wel lasterlik is, ontken hy enige bedoeling om die appellant te belaster en beroep hom op 'n bevoorregte geleentheid, met die verdere bewering dat hy bona fide geglo het dat die woorde juis was en dat genoemde ingenieur 'n belang by bedoelde inligting gehad het en geregtig was om dit te ontvang. In sy replikasie ontken die appellant alle G bewerings in die verweerskrif, met uitsondering van erkennings, en meer bepaald dat publikasie by 'n bevoorregte geleentheid geskied het. Vir die geval dat bevind word dat die geleentheid wel gepriviligeerd was, beweer hy dat die respondent die privilegie misbruik het.

H Die oorspronklike verslag waarom dit gaan, is in besit van die Provinsiale Sekretaris. Die appellant het hom gedagvaar om dit saam te bring en voor te lê, asook die appellant se persoonlike vertroulike lêer en 'n verdere dergelike lêer in die Provinsiale Sekretaris se hoofkantoor. In 'n beëdigde verklaring verklaar die Provinsiale Sekretaris dat die verslag deel vorm van die inhoud van genoemde lêers, dat hy die lêers en inhoud behoorlik bestudeer het, en dat hy weier om hulle bloot te lê of die inligting daarin bevat te openbaar. Die rede wat hy noem vir sy weiering is die volgende:

Steyn HR

'Die openbaarmaking van die inhoud van sulke vertroulike lêers sal in stryd wees met die beleid van die Staat in sy Provinsiale Administrasie van die Provinsie Oranje-Vrystaat en dit sal skadelik wees vir die behoorlike funksionering van die Staatsdiens en die stukke is gepriviligeerd.'

A In 'n verdere beëdigde verklaring sê die Provinsiale Sekretaris dat hy die permanente administratiewe hoof van die Provinsie is en dat hy die reeds genoemde verklaring 'met goedkeuring' van die Administrateur en Uitvoerende Komitee van die Provinsie geteken het.

As gevolg van hierdie verklarings is die Hof a quo deur die advokate versoek om, voordat getuienis aangehoor word, die vraag uit te wys of B die Provinsiale Sekretaris verplig kan word om die verslag voor die Hof te lê. Die Hof het vervolgens bevind dat waar, soos hier, die persone aan die hoof van die Provinsiale Administrasie beswaar maak teen die openbaarmaking van dokumente op grond daarvan dat dit strydig sou wees met die openbare of Staatsbelang

'die Hof geen magtiging het om die openbaarmaking van sodanige dokumente te gelas nie, in die afwesigheid van bewys dat sodanige beswaar C beuselagtig of kwelsugtig is',

dat sodanige bewys ontbreek, en dat die Provinsiale Sekretaris se beswaar derhalwe gehandhaaf moet word. Die Hof het verder bevind dat ook sekondêre bewys van die inhoud van die verslag nie toelaatbaar sou wees D nie, en dat die appellant ten spyte van die erkende publikasie van die gewraakte woorde, in elk geval nie sou kon bewys dat hul lasterlik is nie sonder om die verslag in sy geheel voor die Hof te plaas. Die eis is bygevolg van die hand gewys met koste.

Die eerste vraag is dan of die aanspraak van die Staat op geheimhouding van die betrokke dokumente, d.w.s. die dokumente in die twee lêers en E meer bepaald die verslag, tereg gehandhaaf is. Hoewel dit 'n vraag is wat miskien nie heeltemal buite die Staatsreg val nie, skyn dit allerweë aangeneem te word dat dit by die bewysleer tuishoort, en op dié grondslag is dit dan ook beide in die Hof a quo en in hierdie Hof beredeneer. Ek sal dit op dieselfde grondslag benader, en die antwoord F in die Engelse bewysleer soek. Luidens art. 57 van die Vrystaatse 'Law of Evidence Ordinance', 1902 (Ord. 11 van 1902), gelees met art. 47 van die Kaapse Ordonnansie, 72 van 1830, sou die Provinsiale Sekretaris, nl. in die onderhawige geval, nie verplig of toegelaat kon word om te getuig nie, indien hy in 'any of His Majesty's Courts of Record at Westminster' regtens nie verplig sou kon word of toegelaat sou word om dit te doen G nie. Toe die Kaapse Ordonnansie in 1830 uitgevaardig was, het verskillende Britse Hooggeregshowe bekend gestaan as die 'Courts of Westminster'. Luidens die 'Supreme Court of Judicature Act', 1873, is hulle opgeneem in 'n gekonsolideerde Hooggeregshof bekend as die 'Supreme Court of Judicature'. Die verwysing in die Ordonnansie na die H Howe by Westminster moet bygevolg gelees word as 'n verwysing na die 'Supreme Court of Judicature'. Dit sou ooreenstem met die desbetreffende bepaling in art. 47 van Transvaalse Proklamasie, 16 van 1902. (Vgl. arts. 241, 242, 247, 260, 286 en 292 van die Strafproseswet, 56 van 1955, voor die wysigings in 1963). Genoemde bepalings van die Kaapse en Vrystaatse Ordonnansies word deur art. 44 van die Wet op Bewysleer in Siviele Sake, 1965, herroep en ingevolge art. 42 daarvan sou die tersaaklike reg wat op 30 Mei 1961 gegeld het, d.w.s. die reg wat tot op genoemde datum in die 'Supreme Court of Judicature' aanwending gevind het, van toepassing

Steyn HR

bly, met die gevolg dat gewysdes van na daardie datum nie vir ons Howe van bindende gesag sou wees nie. Hierdie Wet is egter nog nie in werking gestel nie, en die bepalings van bogenoemde Ordonnansies is nog van krag.

A In genoemde Britse Wet word nòg die Geheime Raad nòg die 'House of Lords' genoem onder die Howe wat saamgevoeg word om die 'Supreme Court of Judicature' uit te maak. Tot en met die 'Supreme Court of Judicature (Consolidation) Act,' 1925, is hierin geen verandering aangebring nie. Hulle is desnietemin die Howe wat, elk binne die gebied van sy B jurisdiksie, die finale seggenskap het insake die bewysleer wat in die 'Supreme Court of Judicature' aanwending behoort te vind.

Wat die onderhawige vraag betref, staan twee teenstrydige gewysdes op die voorgrond. Die een is Robinson v State of South Australia, 1931 C A.C. 704, 'n gewysde van die Geheime Raad, die ander Duncan & Another v Cammell Laird & Co. Ltd., 1942 A.C. 624, 'n uitspraak van die 'House of Lords'. In eersgenoemde het dit gegaan oor die voorlegging van 'n groot aantal dokumente (nie minder dan 1,894) en 'n notuleboek, waarteen die verantwoordelike Staatsminister beswaar gemaak het. Die dokumente het betrekking gehad op die bemarking en verkoop van koring D deur die Staat. Die beswaar was in die vorm van 'n geskrif gerig aan die amptenaar in wie se bewaring die dokumente was. Die Minister verklaar daarin dat hy die dokumente oorweeg het en gaan dan voort (op bl. 720):

'The said documents are State documents and are communications relating to a Department of the Government of the State of South Australia passing between the offices of the said Department relating to the E affairs of such Department of State and made by officers of State to other officers of State in the course of their official duty. I direct you that the disclosure of the said documents (including the said minute book) is contrary to public policy, and that the interests of the State and of the public service and the public interest will be prejudiced by the production of the said documents and I direct you not to produce or disclose the said documents or the said minute book to any person or persons.

F The above direction is not based in any way upon the pecuniary or commercial interests of the said Department or of the State of South Australia or of the plaintiff, or upon a desire to defeat the plaintiff's claim in the said action, but solely upon and in the interests of the public welfare and the public service.'

Uit hoofde van vorige gewysdes kom die Geheime Gaad by monde van Lord G BLANESBURGH tot die gevolgtrekking, eerstens (op bl. 716) dat die Hof in hierdie sake altyd die voorbehoue bevoegdheid gehad het om die aard van die dokument waarvoor geheimhouding gevra word, te ondersoek, en om 'n aanduiding te verlang van die aard van die nadeel vir die Staat wat die voorlegging daarvan sou meebring; en tweedens (op bl. 717) dat die H Hof in elke besondere geval kan voorskryf op welke wyse die aanspraak op geheimhouding gedoen moet word, by wyse bv. van 'n beëdigde verklaring van die verantwoordelike Minister, ten einde te verseker dat die aanspraak nie ligtelik of bloot ingevolge departementele roetine gemaak word nie, maar inderdaad deur die Minister self oorweeg is. Die Geheime Raad bevind verder (bl. 718) dat, gesien die rede vir die privilegie, dit nouliks geldig gemaak kan word ten aansien van dokumente waarvan die inhoud reeds bekendgemaak is.

Wat bogenoemde geskrif betref, het die Geheime Raad besluit dat dit

Steyn HR

geheel - en - al onvoldoende is vir 'n aanspraak op geheimhouding, en wel om die volgende redes: (bl. 722)

'. . . it should have dealt with these documents specifically and not under a vague and, as applied, at all events, to some of them, a most inapt description. It should have appeared that the Minister had not A merely 'considered' this mass of documents, but that he had read and considered each of them. In view specially of the fact that the documents are primarily commercial documents, he should have condescended upon some explanation of the particular and far from obvious danger or detriment to which...

To continue reading

Request your trial
49 practice notes
  • Transol Bunker BV v MV Andrico Unity and Others; Grecian-Mar Srl v MV Andrico Unity and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...and Practice in SA at 73; Gentiruco AG v Firestone SA (Pty) Ltd 1972 (1) SA 589 (A) at 617F; but cf Van der Linde v Calitz 1967 (2) SA 239 (A) at 259A; ss 1(1) and 5 of the Supreme Court Act 1981 (UK); Halsbury's Laws of England vol 37 at 545 para 710; G Tai Hing Cotton Mill Ltd v Liu Chong......
  • S v Mavela
    • South Africa
    • Invalid date
    ...the State could claim privilege in respect of the G police docket, see S v Naicker 1965 (2) SA 919 (N) at 934G; Van der Linde v Calitz 1967 (2) SA 239 (A); Schmidt (op cit at 520 et seq, 540-2); Robinson v State of South Australia (2) 1937 AC 704; Ex parte Minister van Justisie: In re S v W......
  • Helen Suzman Foundation v Judicial Service Commission and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Trustco Group International (Pty) Ltd v Vodacom (Pty) Ltd and Another [2016] ZASCA 56: referred to B Van der Linde v Calitz 1967 (2) SA 239 (A): referred Zondi v MEC for Traditional and Local Government Affairs and Others 2005 (3) SA 589 (CC) (2005 (4) BCLR 347; [2004] ZACC 19): referred to......
  • Swissborough Diamond Mines (Pty) Ltd and Others v Government of the Republic of South Africa and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...H (NR) applied Van Bokkelen and Rohr SA v Grumman Aerospace Corporation (1984) 66 ILR 311: referred to Van der Linde v Calitz 1967 (2) SA 239 (A): considered Van Niekerk v Pretoria City Council 1997 (3) SA 839 (T) ([1997] 1 B All SA 305): considered Van Rensburg v Van Rensburg en Andere 196......
  • Request a trial to view additional results
46 cases

3 books & journal articles
  • Taxation of legal costs: Is a cost creditor shielded by legal professional privilege?
    • South Africa
    • South African Law Journal No. , August 2022
    • 25 August 2022
    ...perations Ltd t/a County Fair Foods supra note 42 par a 5.56 Rutland v Engelbrecht 1956 (2) SA 578 (C) at 579; Van der Linde v Cal itz 1967 (2) SA 239 (A) at 260. A court m ay put in place a condential ity reg ime which lim its the disclosu re of condential m aterial. See Br idon Internat......
  • Die aanbrengersprivilegie in die konteks van Grondwetlike regte: Enkele beskouings
    • South Africa
    • Stellenbosch Law Review No. , May 2019
    • 27 May 2019
    ...d van die verslag. 90 Sien by klousule 34(1)(c)(iii) van die Wetsontwerp op Oop Demokrasie W67-98. 91 Sien by Van der Linde v Calitz 1967 2 SA 239 (A) 249H en 262D—E. In hierdie saak het dit om staatsprivilegie gegaan. Vgl ook oor die algemeen S v Safatsa 1988 1 SA 868 (A) 887B waar dit om ......
  • Criminal justice and the truth in Zimbabwe: A necessary introspection
    • South Africa
    • South African Criminal Law Journal No. , May 2019
    • 24 May 2019
    ...ministerial objection, was followed in Holman v Lardner- Burke 1968 (2) RLR 57, but ignored in ARNI v Brookes 1972 (2) SA 680 (R). 42 1967 (2) SA 239 (A). © Juta and Company (Pty) Criminal justice and the truth in Zimbabwe: A necessary introspection 169 described, and reasons advanced as to......
49 provisions
  • Transol Bunker BV v MV Andrico Unity and Others; Grecian-Mar Srl v MV Andrico Unity and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...and Practice in SA at 73; Gentiruco AG v Firestone SA (Pty) Ltd 1972 (1) SA 589 (A) at 617F; but cf Van der Linde v Calitz 1967 (2) SA 239 (A) at 259A; ss 1(1) and 5 of the Supreme Court Act 1981 (UK); Halsbury's Laws of England vol 37 at 545 para 710; G Tai Hing Cotton Mill Ltd v Liu Chong......
  • S v Mavela
    • South Africa
    • Invalid date
    ...the State could claim privilege in respect of the G police docket, see S v Naicker 1965 (2) SA 919 (N) at 934G; Van der Linde v Calitz 1967 (2) SA 239 (A); Schmidt (op cit at 520 et seq, 540-2); Robinson v State of South Australia (2) 1937 AC 704; Ex parte Minister van Justisie: In re S v W......
  • Helen Suzman Foundation v Judicial Service Commission and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Trustco Group International (Pty) Ltd v Vodacom (Pty) Ltd and Another [2016] ZASCA 56: referred to B Van der Linde v Calitz 1967 (2) SA 239 (A): referred Zondi v MEC for Traditional and Local Government Affairs and Others 2005 (3) SA 589 (CC) (2005 (4) BCLR 347; [2004] ZACC 19): referred to......
  • Swissborough Diamond Mines (Pty) Ltd and Others v Government of the Republic of South Africa and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...H (NR) applied Van Bokkelen and Rohr SA v Grumman Aerospace Corporation (1984) 66 ILR 311: referred to Van der Linde v Calitz 1967 (2) SA 239 (A): considered Van Niekerk v Pretoria City Council 1997 (3) SA 839 (T) ([1997] 1 B All SA 305): considered Van Rensburg v Van Rensburg en Andere 196......
  • Request a trial to view additional results

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT