Ultra vires-leerstuk : hoofstuk 6

DOI10.10520/EJC74103
Pages109-156
Date01 January 2008
Published date01 January 2008
109
HOOFSTUK 6
ULTRA VIRES-LEERSTUK
6.1 Doelwit en werkswyse
Die doel van hierdie hoofstuk is om die ontwikkeling en werking van
die ultra vires-leerstuk in Suid-Afrika, Engeland, die VSA en Australië
te bestudeer. Dit sal uit die studie blyk dat die toepassing van hierdie
leerstuk gelei het tot probleme in elke jurisdiksie waar dit toegelaat is
om wortel te skiet. Daar sal voorstelle gemaak word aangaande die
toekoms van hierdie leerstuk in die Suid-Afrikaanse reg.
Die grondslag van die ultra vires-leerstuk word eerstens bestudeer,
waarna die regskrag van ultra vires-handelinge nagevors sal word.
Derdens word daar na kritiek op die ultra vires-leerstuk gekyk. Kom-
missies van ondersoek se bevindings aangaande die toepassing van
die leerstuk word in die vierde plek bespreek, waarna die impak van
statutêre bepalings op die leerstuk bestudeer word. Sesdens word
’n regsvergelykende studie na die posisies in Engeland, die VSA en
Australië onderneem. Laastens word daar sekere aanbevelings aan-
gaande die toekoms van hierdie leerstuk in Suid-Afrika gemaak.
6.2 Inleiding
Die Engelsregtelike ultra vires1-leerstuk is gebaseer op die analogie
van die maatskappy wat deur ’n eie wet tot stand gebring is.2 ’n Statu-
têre maatskappy bestaan slegs vir die doel waarvoor sy skeppende
statuut hom tot stand gebring het. Dit is gevolglik slegs by magte om
handelinge te verrig waartoe dit gemagtig is.3 Hieruit word daar dan
afgelei dat ’n maatskappy, ingelyf ingevolge ’n algemeen magtig-
ende wet soos die Maatskappywet 61 van 1973, slegs by magte is
om handelinge te verrig ten einde die doelstelling te verrig waarvoor
1 Letterlik “buite die bevoegdheid”.
2 Cilliers et al 1992:175.
3 Schaeftler 1983:81. Sien ook De Villiers v Pretoria Municipality 1912
TPD 626:645: “A statutory corporation established for a particular pur-
pose has no power, qua corporation, outside the sphere of activity ex-
pressly or impliedly prescribed for it by the Legislature. Its acts outside
those limits are therefore void, not so much because the Legislature
has prohibited them, as because the power which it conferred upon
the being it has created, do not extend to them. For the purpose of
such act the corporate persona is in fact non-existent.
110
dit ingelyf is.4 Die akte en statute vorm ’n kontrak5 tussen die maat-
skappy en ’n lid, sowel as tussen die lede onderling, gevolglik kan ’n
lid, in sy hoedanigheid as lid, die maatskappy verplig om hom te hou
aan sy verklaarde doelstellings.6
6.3 Grondslag van die ultra vires-leerstuk
Daar word soms beweer dat die doel van die ultra vires-leerstuk die
beskerming van beleggers en krediteure is.7 Indien die situasie egter
van naderby bekyk word blyk dit nie die geval te wees nie.8 Benadé9
vat die posisie gepas soos volg saam:
Dat aandeelhouers en krediteure van die maatskappy moont-
lik ’n mate van beskerming geniet omdat die fondse van daardie
maatskappy net vir voorafaangekondigde doeleindes aange-
wend sal word, is maar net ’n gevolg van die toepassing van
die ultra vires-leerstuk. Dit is beslis nie, soos dit dikwels gestel
word, die rede vir die regsreël wat die leerstuk ten grondslag
lê nie.
4 Hompes v Beaumont Estate Co Ltd 1903 TS 223:227 per hoofregter
Innes: “A statutory corporation created by Act of Parliament for a par-
ticular pur pose, is limited as to all its power, by the purposes of its
incorporation as def‌ined in that Act … [All] companies incorporated by virtue
of the Companies Act … appear to me to be statutory corporations within
this principle … The memorandum … is their fundamental … law; and
they are incorporated only for the objects and purposes expressed
in the memorandum.” Ashbury Railway Carriage & Iron Co v Riche
(1875) LR 7 HL 653:668 per Lord Cairns en en Ashbury Railway Car-
riage & Iron Co v Riche (1875) LR 7 HL 653:693 per Lord Selborne.
Sien ook Schaeftler 1983:81-82.
5 In De Villiers v Jacobsdal Saltworks 1959 3 SA 873 O is beslis dat die
statute ’n kontrak tussen die maatskappy en ’n lid daarstel, slegs in
sy hoedanigheid as lid. Dit spreek duidelik uit die Engelse beslissing
van Eley v Positive Government Security Life Assurance Co (1876) 1
EXD 88 dat die kontrak tussen die maatskappy en sy lede slegs op
die lid in sy hoedanigheid as lid betrekking het. In die betrokke saak
het die statute bepaal dat Eley, wat lid van die maatskappy was, ook die
prokureur van die maatskappy sou wees. Toe sy dienste be ëindig is,
het Eley deur ’n beroep op die statute van die maatskappy skadever-
goeding op grond van kontrakbreuk van die maatskappy geëis. Die hof
het beslis dat Eley in sy hoedanigheid as prokureur geen kontraktuele
regte uit die statute verwerf nie.
6 Wet 61 van 1973 artikel 65(2).
7 Schaeftler 1983:81: “The judicially-created doctrine of ultra vires evolved
as a mechanism for the protection of shareholder interests.” Gower
1992:161; Palmer 1968:73. Sien ook Ashbury Railway Carriage and Iron
Co v Riche 1875 LR 7 HL 653.
8 Benade 1964:49.
9 Benade 1964:52.
111
Die grondslag van die leerstuk moet eerder gesoek word in die gebrek
aan onderskeid wat getref word tussen maatskappye ingelyf inge volge
’n eie wet en maatskappye ingelyf ingevolge ’n algemeen geldende wet.
Dit is so dat beskerming wel vir beleggers vanuit die toepassing van
die ultra vires-leerstuk voortgevloei het. Dit was veral so toe daar deur
wetgewing streng beperkings opgelê is aangaande die wysiging van
doelstellings deur die maatskappy. Die verslapping van die bepal-
ings rondom die wysiging van die doelstellings van maatskappye,
sowel as die breë formulering van doelstellings (met onbeperkte
aan vullende doelstellings) vir maatskappye wat toegelaat word,10 het
bogenoemde beskerming tot ’n groot mate uitgewis.
’n Voorbeeld van so ’n breë formulering van ’n doelstelling is te vinde
in Bell Houses Ltd v City Wall Properties Ltd11 waar die volgende klou-
sule in die akte opgeneem is:
To carry on any other trade or business whatsoever which can,
in the opinion of the board of directors, be advantageously
carried on by the company in connection with or as ancillary
to … the general business of the company.
Op appèl bevind die hof dat enige besigheid wat eerlik binne die
subjektiewe opinie van die direksie tot voordeel of aanvullend tot die
maatskappy se besigheid sal wees, inderdaad intra vires sal wees.
Die posisie word soos volg deur regter Salmon saamgevat:12
It may be that the directors take the wrong view and in fact
the business in question cannot be carried on as the directors
believe; but it matters not how mistaken the directors may be.
Providing they form their view honestly, the business is within
the … company’s objects and powers.
Verskeie skrywers glo dat die breë formulering van doelstellings-
klousules die ultra vires-leerstuk “f‌inaal die nekslag toegedien het”.13
Daar moet egter in gedagte gehou word dat alhoewel die trefwydte
van die ultra vires-leerstuk drasties deur die Wet ingekort is, die leer-
stuk egter nie deur die betrokke wet afgeskaf is nie en gevolglik bly
dit steeds van krag.14
10 Sien Wet 61 van 1973 artikel 33.
12 Bell Houses Ltd v City Wall Properties Ltd (1966) 2 QB 656:687.
13 McLennan 1997:334-335; Fourie 1996:58. Sien ook Wedderburn 1983:
204: “The victory of the subjective objects clause must be the begin-
ning of the end for ultra vires.”
14 Wet 61 van 1973 artikel 36.

To continue reading

Request your trial

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT