Trust Bank van Afrika Bpk v Eksteen

JurisdictionSouth Africa
JudgeSteyn HR, Botha AR, Van Wyk AR, Wessels AR and Hoexter Wn - AR
Judgment Date21 May 1964
Citation1964 (3) SA 402 (A)
Hearing Date10 March 1964
CourtAppellate Division

G Steyn, H.R.:

Hierdie is 'n appèl teen die handhawing van 'n eksepsie. Volgens die pleitstukke het die appellant in April 1959 met die respondent en ene Scheepers, wat onder die naam 'Peter Pan Motors' in vennootskap besigheid gedryf het, 'n ooreenkoms aangegaan (wat ek die H algemene ooreenkoms sal noem) vir die verdiskontering deur die appellant van huurkoop kontrakte wat die vennootskap (in die ooreenkoms 'die handelaar' genoem) met huurkopers gesluit het. Scheepers het sedertdien bankrot gegaan en die vennootskap is in Desember 1960 ontbind. Luidens die tersaaklike gedeelte van die algemene ooreenkoms moet die handelaar al sy regte uit hoofde van 'n huurkoopkontrak wat verdiskonteer word, aan die appellant oordra, en tree die handelaar teenoor die appellant in as borg vir en mede-hoofskuldenaar met die skuldenaar ingevolge die huurkoopkontrak. Verder waarborg die handelaar

Steyn HR

aan die appellant dat die skuldenaar al die bedinge van die huurkoopkontrak sal nakom. Bly die skuldenaar in gebreke, dan kan die appellant van die handelaar eis dat hy binne 'n gestelde tydperd aan die appellant die 'balans van die koopprys' terugbetaal wat die appellant A aan die handelaar ten opsigte van die huurkoopkontrak betaal het. Bedoelde balans word omskryf as 'n bedrag gelykstaande met die balans wat ingevolge die huurkoopkontrak, volgens die boeke van die appellant, uitstaande is, of sodanige kleiner bedrag as wat die appellant vasstel na behoorlike inagneming van die feit dat betaling vroeër dan die bepaalde datum geskied. Ingevolge die algemene ooreenkoms het die B appellant nege-en-twintig huurkoopkontrakte, in 'n bylae vermeld, verdiskonteer. Hierdie kontrakte is gesluit oor 'n tydperk wat loop vanaf April 1959 tot Maart 1960. Die kopers het versuim om hul paaiemente te betaal, en die appellant eis die uitstaande bedrae, met rente en geregtelike koste, waar sulke koste aangegaan is, van die C respondent. Die respondent het onder meer in die alternatief gepleit dat veertien van die kontrakte in stryd met art. 7 (1) van die Wet op Huurkoop, 36 van 1942, soos gewysig, gesluit is, omdat die gedeelte van die koopprys wat by kontraksluiting betaal moes word, nie betaal is nie, dat bedoelde kontrakte gevolglik ongeldig en onwettig is, en dat die respondent se aanspreeklikheid ingevolge die algemene ooreenkoms met die D appellant, vir sover hy instaan vir betalings deur skuldenaars ingevolge huurkoopkontrakte wat onreëlmatig en ongeldig is, self ook onwettig en ongeldig is. In sy replikasie beroep die appellant hom teen hierdie alternatiewe pleit op estoppel, met die bewering dat die vennootskap, met die bedoeling dat hy daarop moes handel, aan hom te E kenne gegee het dat hierdie kontrakte wettig en afdwingbaar is, dat hy redelik en te goeder trou daaraan geglo het, en deur die voorstelling wat aan hom gedoen is, beweeg is om die kontrakte tot sy skade te verdiskonteer. Hierteen het die respondent die eksepsie opgewerp dat die aangevoerde estoppel geen geldige antwoord op die alternatiewe verweer is nie, omdat die kontrakte onwettig is, en het meer bepaald aangevoer F dat die doel van art. 7 van die Wet op Huurkoop daarop gerig is om by wyse van openbare beleid, krediet in die belang van die landsekonomie as geheel en in belang van kopers in besonder, te beperk, en dat die appellant met sy beroep op estoppel die Hof vra om die onwettigheid deur die vingers te sien en goed te keur.

G Ter aanvulling moet ek byvoeg dat al die pleitstukke nie voor die Hof was nie, en dat die advokate op die volgende ooreengekom het:

'Solely for the purposes of the exception, counsel representing the parties are agreed that it may be taken as established and as part of the pleadings, that the agreements are complete and regular on the face of them as far as relates to their reflecting that proper deposits were made.'

Dit skyn hierop neer te kom dat die replikasie van estoppel verstaan H moet word in die sin dat nie slegs beweer word dat die respondent te kenne gegee het dat die onderhawige verdiskonteerde huurkoopkontrakte wettig en afdwingbaar is nie, maar ook dat op die oog af uit hulle blyk dat die regte gedeeltes van die koopprys by kontraksluiting betaal is.

Die eksepsie is gehandhaaf en die replikasie van estoppel deurgehaal. Die vraag is of die Hof benede daarin gelyk gehad het.

Die redes vir die gevolgtrekking waartoe die Hof gekom het, stem

Steyn HR

wesentlik ooreen met die redes wat die respondent aanvoer in sy eksepsie. Art. 7 (1) van die Wet op Huurkoop stel as 'n uitdruklike voorvereiste vir die geldigheid van 'n huurkoopkontrak dat die voorgeskrewe deel van die koopprys by kontraksluiting betaal is. Die A geleerde Regter bevind dat die onderhawige kontrakte luidens die pleitstukke in stryd daarmee aangegaan is, en gevolglik ab initio ongeldig en van nul en gener waarde was. Dan gaan hy voort:

'In such circumstances no effect is to be given to them by the private acts or conventions of the parties and they are not to be enforced by judgment of this Court which would be to permit the object of the B Legislature to be stultified. Furthermore it seems to me that to enforce any claim which is dependent upon a recognition of the efficacy of such contracts based upon an estoppel would be to enforce the agreements themselves. . . . Any contrary decision would, in my view, be to render valid a transaction which the Legislature has, on grounds of general public policy, enacted shall be null and void and to permit the parties to create a state of things (namely the enforceability of rights under and in terms of the hire-purchase agreements) which they are legally disabled from creating. It would amount to a judicial C recognition of, and connivance at, an avoidance of the Hire-Purchase Act.'

Hy konkludeer dat so 'n ongeldige kontrak nie hier 'n reg van verhaal, wat gegrond is op die bedinge van die kontrak gelees met die algemene ooreenkoms, kan vestig nie, dat 'n kontraktuele vordering wat op laasgenoemde gegrond is en noodsaaklikerwys afhanklik is van die D substraat van 'n afdwingbare huurkoopkontrak, nie geldig gemaak kan word teen 'n verweer dat die huurkoopkontrak ab initio nietig is nie, en dat bedoelde verweer nie deur estoppel verydel kan word nie.

Hierdie gevolgtrekking is bereik na 'n breedvoerige ondersoek van gewysdes, meer bepaald gewysdes van Engelse Howe. Die geleerde Regter merk naamlik op:

E 'In regard to estoppel it must, in my view, be taken as firmly settled that the doctrine of estoppel and the rules thereof which are applicable in the present case, which is one of estoppel in pais (whatever the demerits of this term - as to which see Spencer Bower: Estoppel by Representation, pp. 4 - 6) are to be sought principally in the decisions of the English Courts which have for long been the main guide to our Courts.'

F As ek hierdie opmerking reg...

To continue reading

Request your trial
83 practice notes
  • National Director of Public Prosecutions v Phillips and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...282: considered F Triomf Kunsmis (Edms) Bpk v AE & CI Bpk en Andere 1984 (2) SA 261 (W): applied Trust Bank van Afrika Bpk v Eksteen 1964 (3) SA 402 (A): dictum at 410 - 411A applied Twigger v Starweave (Pty) Ltd 1969 (4) SA 369 (A): referred to G Union Government (Minister of Finance) v De......
  • Bank of Lisbon and South Africa Ltd v De Ornelas and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...a vacuum. This Court has certainly not considered the exceptio doli to be an D empty shell. In Trust Bank van Afrika Bpk v Eksteen 1964 (3) SA 402 (A) at 411A - C the majority of this Court referred inter alia to Waterval Estate and Gold Mining Co Ltd v New Bullion Gold Mining Co Ltd 1905 T......
  • Sasfin (Pty) Ltd v Beukes
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Batignolles Constructions (Pty) Ltd 1954 (1) SA 552 (O); Mahomed Abdullah v Levy 1916 CPD 302; Trust Bank van Afrika Bpk v Eksteen 1964 (3) SA 402 (A); Christie The Law of Contract in South Africa at 461; Verkouteren v Rubesa 1917 TPD 274 at 275; Spies v Hansford and Hansford Ltd 1940 TPD 1......
  • Telcordia Technologies Inc v Telkom SA Ltd
    • South Africa
    • Invalid date
    ...MV Andrico Unity 1987 (3) SA 794 (C) Traube v Administrator, Transvaal 1989 (1) SA 397 (W) at 403D - H Trust Bank van Afrika v Eksteen 1964 (3) SA 402 (A) at 411E Tulbagh Municipality v Waveren Building Contractors (Pty) Ltd and Others 1966 (4) SA 618 (A) G Twentyman v Chisholm (1845) 3 Men......
  • Request a trial to view additional results
75 cases

8 books & journal articles
  • On Constitutive Formalities, Estoppel and Breaking the Rules
    • South Africa
    • Stellenbosch Law Review No. , May 2019
    • 27 May 2019
    ...1 SA 317 (D); Fuls v Leslie Chrome (Pty) Ltd 1962 4 SA 784 (W); Philm att (Pty) Ltd v Mossel bank Developmen ts CC 1996 2 SA 15 (A). 44 1964 3 SA 402 (A).45 Trust Bank van Af rika Bpk v Eksteen 196 4 3 SA 402 (A) 411H. See also H N R Pro perties CC v Stand ard Bank of SA Ltd 200 4 4 SA 471 ......
  • Die estoppelleerstuk : hoofstuk 8
    • South Africa
    • Transactions of the Centre for Business Law No. 2008-43, January 2008
    • 1 January 2008
    ...have been … the doctrine has now become naturalised and domiciled here as part of our law …”36 1939:15.37 1921 AD 121.38 Op 126-127.39 1964 3 SA 402 A. 204dan na ons eie outoriteite. Ek is egter geensins oortuig daarvan dat die toepassing van die die beginsels wat in ons reg te vind is, in ......
  • Waiver of the right to judicial impartiality : comparative analysis of South African and Commonwealth jurisprudence
    • South Africa
    • Southern African Public Law No. 28-1, January 2013
    • 1 January 2013
    ...ed by law. InvalidityPer Ponnan JA, Tshwane Metro para 15.99Tshwane Metro para 16 per Ponnan JA.100Trust Bank van Afrika Bpk v Eksteen 1964 3 SA 402 (A) 411H-412B.101Hoisain v Town Clerk, Wynberg 1916 AD 236.102Tshwane Metro para 17.103Id para 18.1042001 4 SA 661 (W) para 40.105Boruchwitz J......
  • Bibliografie
    • South Africa
    • Transactions of the Centre for Business Law No. 2008-43, January 2008
    • 1 January 2008
    ...Ltd (1953) 88 CLR 215Trever Investments (Pty) Ltd v Friedhelm Investments (Pty) Ltd 1982 1 SA 7 A Trust Bank van Afrika Bpk v Eks-teen 1964 3 SA 402 ATrust Bank of Africa v Aplletime Engineering (Pty) Ltd 1981 1 SA 374 DTuckers Land and Development Corporation (Pty) Ltd v Perpel-lief 1978 2......
  • Request a trial to view additional results
83 provisions
  • Bank of Lisbon and South Africa Ltd v De Ornelas and Another
    • South Africa
    • Invalid date
    ...a vacuum. This Court has certainly not considered the exceptio doli to be an D empty shell. In Trust Bank van Afrika Bpk v Eksteen 1964 (3) SA 402 (A) at 411A - C the majority of this Court referred inter alia to Waterval Estate and Gold Mining Co Ltd v New Bullion Gold Mining Co Ltd 1905 T......
  • Sasfin (Pty) Ltd v Beukes
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Batignolles Constructions (Pty) Ltd 1954 (1) SA 552 (O); Mahomed Abdullah v Levy 1916 CPD 302; Trust Bank van Afrika Bpk v Eksteen 1964 (3) SA 402 (A); Christie The Law of Contract in South Africa at 461; Verkouteren v Rubesa 1917 TPD 274 at 275; Spies v Hansford and Hansford Ltd 1940 TPD 1......
  • Telcordia Technologies Inc v Telkom SA Ltd
    • South Africa
    • Invalid date
    ...MV Andrico Unity 1987 (3) SA 794 (C) Traube v Administrator, Transvaal 1989 (1) SA 397 (W) at 403D - H Trust Bank van Afrika v Eksteen 1964 (3) SA 402 (A) at 411E Tulbagh Municipality v Waveren Building Contractors (Pty) Ltd and Others 1966 (4) SA 618 (A) G Twentyman v Chisholm (1845) 3 Men......
  • Ongevallekommissaris v Santam Bpk
    • South Africa
    • Invalid date
    ...General Insurance Co Ltd v Dugmore NO 1997 (1) SA 33 (A): dictum op/at 42A-C toegepas/applied Trust Bank van Afrika Bpk v Eksteen 1964 (3) SA 402 (A): B oorweeg/ considered Union Government (Minister of Railways and Harbours) v Warneke 1911 AD 657: dictum op/at 664-5 toegepas/applied Victor......
  • Request a trial to view additional results

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT