Tongaat Group Ltd v Minister of Agriculture

JurisdictionSouth Africa
JudgeRumpff HR, Jansen AR, Rabie AR, Corbett AR en Galgut Wn AR
Judgment Date28 March 1977
Citation1977 (2) SA 961 (A)
Hearing Date24 February 1977
CourtAppellate Division

Rumpff, H.R.:

Die wesenlike vraag wat in hierdie saak voor die C Hof gelê word, is of 'n eienaar, wie se grond Kragtens die Onteieningswet, 55 van 1965, teen vergoeding onteien word, geregtig is op bykomstige vergoeding weens die feit dat die waarde van ander grond van hom verminder word as gevolg van die voorgenome gebruik van die onteiende grond ná onteiening. In 'n D aksie in die Natalse Provinsiale Afdeling het die appellant beweer dat die respondent in 1974 sekere grond van appellant onteien het waarvan appellant die eienaar was. Ook is beweer dat die doel van die onteiening was om op dié grond 'n lughawe te bou wat as internasionale lughawe gebruik sou word. Verder is beweer dat die bou van die lughawe tot gevolg sou hê dat geraas deur komende en gaande vliegtuie sou ontstaan in 'n E bepaalde gebied wat die waarde van grond en geboue van appellant in daardie gebied sou verminder. Die vermindering sou veroorsaak word deurdat die moontlikheid van toekomstige ontwikkeling van die grond vir woondoeleindes of industriële of land-boudoeleindes ontneem sou word en dat die geboue van geen nut of van minder nut sou wees. Daar is ook beweer dat 'n deel F van die grond en geboue die eiendom is van maatskappye waarvan al die aandele aan appellant behoort en dat omdat die waarde van die grond en geboue van daardie maatskappye verminder sou word, die belegging van die appellant in daardie maatskappye verminder sou word. In hierdie Hof is dit deur appellant se advokaat bevestig dat die eise van appellant gebaseer is op verlies wat waarskynlik gely sal word wanneer die grond in die G toekoms gebruik word vir die doel waarvoor dit onteien word. Die respondent het teen die eise eksepsie aangeteken en aangevoer dat wat geëis word nie werklike geldelike verlies is wat deur die onteiening veroorsaak word nie, dat die verlies indirekte verlies en nie verhaalbaar is nie, dat die vermindering in waarde van die appellant se belegging in H subsidiêre maatskappye nie werklike geldelike verlies is wat deur appellant gely word nie en dat dit indirekte skade is. Die Hof a quo het die eksepsie gehandhaaf en bevind dat indien verlies deur "onteiening" veroorsaak in art. 8 (1) (a) (ii) van Wet 55 van 1965 verlies sou insluit wat deur gebruik na onteiening sou ontstaan, 'n uitgebreide betekenis aan die woord "onteiening" gegee moet word, wat nie by 'n behoorlike vertolking van die woord gegee kan word nie. Daarby is bevind dat verlies veroorsaak weens gebruik, nie verlies is wat direk deur die onteiening veroorsaak is nie.

Rumpff HR

Dit gaan hier oor die vertolking van die genoemde Onteieningswet, 55 van 1965, soos gewysig, wat ten tyde van die onteiening in hierdie saak van toepassing was en waarvan die Afrikaanse teks deur die Staatspresident geteken is. Die Wet is A intussen vervang deur Wet 63 van 1975 wat op 1 Januarie 1977 in werking getree het. Die Onteieningswet, 55 van 1965 (hierna genoem die Wet), is 'n Wet waarvan die lang titel lees:

"Om voorsiening te maak vir die onteiening van grond en ander goed vir openbare doeleindes, om voorsiening te maak vir aangeleenthede wat daarmee in verband staan, en tot wysiging van Wet 18 van 1936, Wet 29 van 1937, Wet 13 van 1941, Wet 25 van 1945, Wet 45 van 1946, Wet 39 van 1951, Wet 61 van 1955, B Wet 21 van 1956, Wet 44 van 1957, Wet 40 van 1958, Wet 44 van 1958, Wet 45 van 1959, Wet 42 van 1962 en Wet 74 van 1962."

Inderdaad word dan ook aan die einde van die Wet deur arts. 18 tot en met 36, sekere bepalings van die genoemde Wette gewysig. Hierdie Wette is die Bantoetrust en -grond Wet, die Wet op Onvoordelige Okkupasie van Plase, die Boswet, die Bantoes C (Stadsgebiede) Konsolidasiewet, die Grondbewaringswet, die Wet op Onteiening (Oprigting en Ondernemings), die Wet op Universiteite, die Nedersettingswet, die Verdedigingswet, die Elektrisiteitswet, die Poswet, die Wet op Uitbreiding van Universiteitsopleiding, die Wet op Nasionale Parke en die Lugvaartwet onderskeidelik. Hierdie Wette handel almal, onder D ander, oor onteiening vir die algemene doeleindes in elke Wet genoem. Sommige van hierdie Wette het met betrekking tot vergoeding verwys na vóór-Uniale wetgewing oor onteiening wat in die verskillende provinsies gegeld het. Die wysigings deur die Wet aangebring was juis bedoel om by onteiening Kragtens die Wette genoem in die titel, die nuwe bepalings van Wet 55 van 1965 te laat geld. Klaarblyklik was die oogmerk om die E prosedure wat moet plaasvind in geval van onteiening kragtens daardie Wette, en die grondslag van vergoeding, eenvormig te maak. Ek wil volstaan met een voorbeeld. Oorspronklik het die Verdedigingswet van 1957 in art. 78 bepaal dat die Goewerneur-generaal grond kon onteien vir verdedigingsdoeleindes en dat die bepalings van enige F Onteieningswet op die betrokke tydstip van krag in daardie deel van die Unie waarin die grond geleë was, wat onteien staan te word, van toepassing sou wees op die prosedure van onteiening en die vergoeding wat betaal moet word. Wanneer grond onteien word vir doeleindes van die Lugvaartwet van 1962 bepaal hierdie Wet dat die bepalings van die Verdedigingswet sou geld. Ten opsigte van beide Wette sou in Transvaal bv. dan G die bepalings geld van Ord. 5 van 1902, waarna ek later sal verwys. Weens die wysigings aangebring deur die Wet is die bepalings van die Wet nou van toepassing op onteiening onder die twee genoemde Wette. Weens die klaarblyklike doel van die Wet om eenvormigheid te skep, skyn dit my dat die konteks waarin die Wet en die wysigings van die ander Wette gesien moet H word, 'n belangrike rol moet speel by die uitleg van die Wet.

Luidens art. 2 van die Wet het "die Minister", wat per definisie die Minister van Landbou is en 'n Administrateur insluit, die bevoegdheid om enige goed vir openbare doeleindes te onteien of tydelik te gebruik, onderworpe aan die verpligting om vergoeding te betaal. Art. 2 (4) lui soos volg:

"2 (4) Die bevoegdheid van die Minister ingevolge sub-art...

To continue reading

Request your trial
20 practice notes
  • Jacobs en 'n Ander v Waks en Andere
    • South Africa
    • Invalid date
    ...1959 (3) SA 150 (A) C ; De la Rouviere v SA Medical and Dental Council 1977 (1) SA 85 (N); Tongaat Group Ltd v Minister of Agriculture 1977 (2) SA 961 (A); R v Exeter (Mayor); Dipstale's Case (1886) LR 4 QB 114; Ingleby v Innisfail Township (1958) OWN 349; R v Mitchell 10 East 511; R v D Ni......
  • Fink and Another v Bedfordview Town Council and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...(1) SA 14 (A) at 20E; Harvey v Crawley Development Corporation [1957] 1 All ER 504 (CA); Tongaat Group Ltd v Minister of Agriculture 1977 (2) SA 961 (A) at 972B; Opera House (Grand D Parade) Restaurant (Pty) Ltd v Cape Town Municipality 1989 (2) SA 670 (C) at 677B-G; Minister of Agriculture......
  • Protective Mining & Industrial Equipment Systems (Pty) Ltd (Formerly Hampo Systems (Pty) Ltd) v Audiolens (Cape) (Pty) Ltd
    • South Africa
    • Invalid date
    ...63 - C 64; De la Rouviere v SA Medical and Dental Council 1977 (1) SA 85 (N) at 89F - 90B; Tongaat Group Ltd v Minister of Agriculture 1977 (2) SA 961 (A) at 974C - G. The only intention which can be deduced is that the use of the identical mark (ie use of the registered mark) would, even i......
  • Davis and Another v Pietermaritzburg City Council
    • South Africa
    • Invalid date
    ...be 'actual' see Joubert (ed) Law of South Africa vol 10 sv 'Expropriation' para 114 n 7; Tongaat Group Ltd v Minister of Agriculture 1977 (2) SA 961 (A); Union Government v Gass 1959 (4) SA 401 (A) at 417A - E. As to the certainty of the loss, see Greyvenstein en 'n Ander v Minister van Lan......
  • Request a trial to view additional results
20 cases
  • Fink and Another v Bedfordview Town Council and Others
    • South Africa
    • Invalid date
    ...(1) SA 14 (A) at 20E; Harvey v Crawley Development Corporation [1957] 1 All ER 504 (CA); Tongaat Group Ltd v Minister of Agriculture 1977 (2) SA 961 (A) at 972B; Opera House (Grand D Parade) Restaurant (Pty) Ltd v Cape Town Municipality 1989 (2) SA 670 (C) at 677B-G; Minister of Agriculture......
  • Jacobs en 'n Ander v Waks en Andere
    • South Africa
    • Invalid date
    ...1959 (3) SA 150 (A) C ; De la Rouviere v SA Medical and Dental Council 1977 (1) SA 85 (N); Tongaat Group Ltd v Minister of Agriculture 1977 (2) SA 961 (A); R v Exeter (Mayor); Dipstale's Case (1886) LR 4 QB 114; Ingleby v Innisfail Township (1958) OWN 349; R v Mitchell 10 East 511; R v D Ni......
  • Protective Mining & Industrial Equipment Systems (Pty) Ltd (Formerly Hampo Systems (Pty) Ltd) v Audiolens (Cape) (Pty) Ltd
    • South Africa
    • Invalid date
    ...63 - C 64; De la Rouviere v SA Medical and Dental Council 1977 (1) SA 85 (N) at 89F - 90B; Tongaat Group Ltd v Minister of Agriculture 1977 (2) SA 961 (A) at 974C - G. The only intention which can be deduced is that the use of the identical mark (ie use of the registered mark) would, even i......
  • Davis and Another v Pietermaritzburg City Council
    • South Africa
    • Invalid date
    ...be 'actual' see Joubert (ed) Law of South Africa vol 10 sv 'Expropriation' para 114 n 7; Tongaat Group Ltd v Minister of Agriculture 1977 (2) SA 961 (A); Union Government v Gass 1959 (4) SA 401 (A) at 417A - E. As to the certainty of the loss, see Greyvenstein en 'n Ander v Minister van Lan......
  • Request a trial to view additional results

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT