Suidwestelike Transvaalse Landboukoöperasie Bpk v Stolz

JurisdictionSouth Africa
Judgede Vos Hugo R
Judgment Date15 April 1966
Citation1966 (4) SA 14 (GW)
Hearing Date25 March 1966
CourtGriqualand-West Local Division

C de Vos Hugo, R.:

Dit is 'n aansoek, op 'n kennisgewing van mosie, dat die respondent gevonnis moet word vir minagting van die Hof omdat hy 'n bevel van hierdie Hof, gedateer 28 September 1962, nie nagekom het nie en dat hy gelas moet word om die koste van hierdie aansoek te betaal. D Die spesiale bevel wat gevra word is dat hy gevonnis word tot vier weke gevangesetting wat opgeskort moet word tot 30 Junie 1966 op voorwaarde dat hy die betrokke bedrag, nl. R1,318.48 voor daardie datum betaal.

Die applikant het op 9 Maart 1962 vonnis teen die respondent verkry vir betaling van 'n kapitale bedrag plus rente en koste. Die bedrae is nie E betaal nie en, nadat 'n lasbrief vir eksekusie uitgereik is en 'n nulla bona relaas ontvang is, is 'n finansiële ondersoek ingevolge die destydse Hofreël 39 (30) (tans Reël 45 (12) (i) van die Eenvormige Reëls) gehou en daarop is op 28 September 1962 die volgende bevel uitgereik:

'Dat die respondent die verskuldigde bedrag op of voor 31 Mei 1963 betaal tesame met die koste van hierdie aansoek. Die applikant word F verlof verleen om die Hof op dieselfde stukke te nader indien nodig.'

Die respondent het versuim om hierdie bevel na te kom.

Adv. Basson betoog dat nie-nakoming van hierdie bevel minagting van die Hof is en dat die respondent op grond van Singer's Estate v Kotze, 1960 (2) SA 304 (K) G , daarvoor met gevangesetting gestraf kan word. Dit was 'n soortgelyke geval. Daar is na versuim om 'n vonnisskuld te betaal ook 'n finansiële ondersoek ingevolge Reël 39 (30) gehou en daarna het die Hof beveel dat die respondent 'n sekere bedrag teen £200 per jaar moet betaal met 'n bepaling dat dit by 'n sekere kantoor betaal moet word en dat die eerste betaling op 'n vasgestelde datum moet geskied. Die respondent het nagelaat om die eerste betaling te maak en BANKS, WN. - H R., (soos hy toe was) het 'n bevel van gevangesetting vir vier weke toegestaan en gelas dat die bevel

de Vos Hugo R

vir 'n maand lank nie uitgereik word nie tensy die respondent die paaiement nie in die loop van die maand betaal nie.

Die gedagtegang wat aan hierdie beslissing ten grondslag lê is, kort A gestel, is soos volg: Die respondent het opsetlik versuim omdat hy hom aan die applikant se aanmaning om die eerste paaiement te betaal nie gesteur het nie en die aansoek vir gevangesetting vir minagting van die Hof geïgnoreer het. Sub-reëls (30 - 32) van Reël 39 maak nie voorsiening vir gevangesetting vir...

To continue reading

Request your trial
9 practice notes
  • Ferreira v Bezuidenhout
    • South Africa
    • Orange Free State Provincial Division
    • 27 November 1969
    ...of the provisions of sec. 4 of Act 21 of 1942. In three recent cases, namely Suidwestelike Transvaalse Landboukooperasie Bpk v Stolz, 1966 (4) SA 14 (GW); Knott v Tuck, 1968 (2) SA 495 (D); Walpamur Co. (Pty.) Ltd v September, 1969 (1) SA 643 (E) E , it was held that the said section, altho......
  • Ferreira v Bezuidenhout
    • South Africa
    • Invalid date

  • Metropolitan Industrial Corporation (Pty) Ltd v Hughes
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Farmers' Winery (Edms.) Bpk v Goldberg, 1968 (2) SA 728. A contrary B conclusion was reached in Suidwestelike Landboukoöperasie v Stolz, 1966 (4) SA 14; Knott v Tuck, 1968 (2) SA 495. An order made after a financial enquiry is one ad factum praestandum and the common law right to commit a d......
  • Stellenbosch Farmers Winery (Edms) Bpk v Goldberg
    • South Africa
    • Transvaal Provincial Division
    • 20 March 1968
    ...feit dat geen voorsiening vir gevangenissetting gemaak is nie. Die teenoorgestelde mening in S.W. Transvaalse Landboukoöperasie v Stolz, 1966 (4) SA 14, is klaarblyklik verkeerd. Sonder die mag om 'n D vonnisskuldenaar, in geval van minagting, gevangenis te stel sou Reël 45 (12) (i) 'n punt......
  • Request a trial to view additional results
9 cases

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT