Strauss v Strauss

JurisdictionSouth Africa
Judgevan Blerk AR, Wessels AR, Rabie AR, Muller AR en Hofmeyr Wn AR
Judgment Date19 March 1974
Citation1974 (3) SA 79 (A)
Hearing Date15 February 1974
CourtAppellate Division

Rabie, A.R.:

Appellante appelleer teen die afwysing deur SMUTS, R., in die oranje-Vrystaatse Prystaatse Afdeling van haar a ansoek om die wysiging van 'n ooreenkoms betreffende haar onderhoud wat op 27 Februarie 1969 'n bevel van die Hof gemaak is toe die huwelik wat daar tussen haar en respondent bestaan het deur 'n bevel van die gemelde Afdeling ontbind is. Sy appelleer ook teen sekere kostebevele, besonderhede waarvan hieronder gegee word, wat deur SMUTS, R., uitgereik

Rabie AR

is. Die partye het ooreenkomstig die bepalings van art. 20 (3) van die Wet op die Hooggeregshof, 59 van 1959, toegestem dat appellante direk na hierdie Hof kan appelleer, en daar is ook aan appellante verlof verleen om haar appèl in forma pauperis voort te sit: kyk Strauss v Strauss, 1973 (3) SA 788 (AA).

A Appellante en respondent was sowat 31 jaar laak met mekaar getroud. Die huwelik was buite gemeenskap van goed. Ten tyde van die egskeiding was appellante omtrent 48 jaar oud, terwyl respondent 17 jaar ouer was. Respondent is 'n boer, en die partye het gedurende hulle huwelikslewe op 'n plaas in die B distrik Hertzogville gewoon. Appellante is in Junie 1968 van die plaas af weg en respondent het haar toe daarna gedagvaar. Hy het in die eerste plek 'n egskeidingsbevel geëis op grond daarvan dat appellante met ene van der Nest owerspel sou gepleeg het en in die alternatief het hy 'n herstelbevel geëis op grond daarvan dat sy hom kwaadwillig sou verlaat het. C Appellante het in 'n teeneis 'n herstelbevel geëis en beweer dat respondent haar kwaadwillig verlaat het. Op die dag van die verhoor, 21 Februarie 1969, het daar onderhandelinge tussen die partye se advokate plaasgevind wat daarop uitgeloop het dat respondent sy eis om 'n egskeidingsbevel op grond van owerspel teruggetrek het en dat hy met sy eis om 'n herstelbevel voortgegaan het, dat appellante haar verweer en teeneis D teruggetrek het, dat 'n ooreenkoms vir die betaling van onderhoud aan appellante aangegaan is, en dat respondent onderneem het om appellante se koste te betaal. Die Verhoorhof het 'n herstelbevel aan respondent toegestaan, en by die verlening van 'n finale egskeidingsbevel op die keerdag (27 Februarie 1969) is die voormelde ooreenkoms by die Hofbevel E ingelyf. Die Hofbevel lui soos volg:

"1.

Dat die huweliksband tussen eiser en verweerderes hierby ontbind word.

2.

Dat die eiser onderhoud aan die verweerderes ten bedrae van R100 per maand betaal vanaf 1 Maart 1969, F tot haar dood of hertroue, of die verstryking van die periode van 10 jaar gereken vanaf 1 Maart 1969, welke gebeurtenis ook al eerste mag plaasvind.

3.

Dat die eiser as volg handel met die lewenspolis vir die bedrag van R2 000 uitgereik in sy guns:

(a)

indien eiser nog lewe by die verstryking van G die gemelde periode van 10 jaar en die verweerderes dan nog lewe en intussen nie getrou het nie, sal die polis sedeer word aan die verweerderes as haar uitsluitlike eiendom;

(b)

indien eiser binne gemelde periode van 10 jaar te sterwe kom en die verweerderes nog H lewe en nie intussen getrou het nie sal die opbrengs van die polis aan die verweerderes betaal word op die voorwaarde dat indien die verweerderes binne die gemelde periode van 10 jaar te sterwe kom of sou trou, dan en in daardie geval alleen, sal sy die opbrengs van die polis aan die eiser se boedel terugbetaal.

4.

Dat die eiser die verweerderes se koste betaal, welke koste die fooie van twee advokate sal insluit".

Rabie AR

Op 12 Maart 1970 het 'n prokureursfirma namens appellante 'n brief aan respondent geskryf waarin o.m. gesê word dat appellante dit onmoontlik vind

"om van die onderhoud van R100 per maand wat u betaal, te leef",

en waarin respondent gevra word om aan appellante R150 per A maand te betaal en om toe te stem tot die deurhaling van die woorde

"of die verstryking van die periode van 10 jaar gereken vanaf 1 Maart 1969"

in para. 2 van die Hofbevel van 27 Februarie 1969. Respondent het geweier om aan hierdie versoek te voldoen en appellante het toe by wyse van 'n kennisgewing van mosie gedateer 4 September B 1970 aansoek gedoen om 'n bevel -

"(a)

wat respondent gelas om onderhoud van R150 per maand aan applikante te betaal tot en met haar troue of dood, welke die eerste mag plaasvind;

(b)

wat bepaal dat para. 2 van hierdie agbare Hof se bevel gedateer die 27ste dag van Februarie 1969 deur die C bevel soos in (a) hierbo vervang word;

(c)

alternatiewe regshulp en

(d)

koste van hierdie aansoek".

In haar beëdigde verklaring by die kennisgewing van mosie sê appellante dat R150 skaars genoeg is om haar "noodsaaklikste D maandelikse uitgawes", waarvan sy besonderhede gee, te dek. Die grootste enkele item is "losies", in verband waarmee sy beweer dat sy

"by verskeie plekke in Pretoria en aan die Rand navraag gedoen (het) en losies teen R78 per maand is die goedkoopste beskikbaar met inagneming van die lewenstandaard waaraan applikante gewoond is",

dat sy dié bedrag nie kan bekostig nie, en dat sy sedert die E egskeiding van "aalmoesies" van familiebetrekkinge afhanklik was. Sy beweer ook dat sy

"vanweë haar ouderdom, haar swak gesondheid en die feit dat sy nie gematrikuleer het nie, nie kan werk nie en nie werk kan vind om die R100 wat sy elke maand van respondent ontvang aan te vul nie".

Respondent, voer sy aan, is finansiëel sterk genoeg... om F verhoogde onderhoud te betaal", en in hierdie verband sê sy dat hy die eienaar is van drie plase, skape, beeste en implemente. Sy weet nie wat die waarde van die implemente en beeste is nie, maar sy skat die waarde van die plase en skape op R133 880. Sy sê ook (in para. 11 (a) van haar verklaring):

"Voor die afhandeling van die gemelde egskeidingsgeding tussen G applikante en respondent het applikante gedurende 1968 aansoek in terme van Reël 43 gedoen vir onderhoud pendente lite en in sy opponerende beëdigde verklaring het respondent erken dat hy finansieel in staat was om onderhoud van R150 per maand aan applikante te betaal."

Met betrekking tot die ooreenkoms wat sy ten tyde van die egskeiding met respondent aangegaan het, sê appellante o.m. die H volgende in haar beëdigde verklaring (para. 6)

"(a)

Weens die onaangenaamheid van 'n egskeidingsgeding was applikante toe reeds geestelik baie uitgeput en was sy reeds onder behandeling van 'n psigiater. Sy was emosioneel versteurd en het toegestem toe die egskeiding op gemelde voorwaardes bloot net om die saak so spoedig moontlik af te handel en het nie die volle effek en gevolge van sodanige toestemming op daardie stadium besef nie. Applikante heg hierby aan 'n brief van haar kliniese sielkundige, gerig aan haar prokureurs, gemerk 'B' en gedateer 3 Julie 1970.

(b)

Applikante is op die ouderdom van sewentien jaar met respondent getroud pas nadat sy die skool aan die einde van standerd IX verlaat het

Rabie AR

en gedurende die bestaan van die huwelik was sy deurgaans 'n plaasvrou. Applikante het dus geen benul gehad van die lewenskoste op 'n dorp of in 'n stad nie en het aanvaar dat sy sou uitkom op onderhoud van R100 per maand."

Die inhoud van die brief waarvan in sub-para. (a) gepraat word, is later in die vorm van 'n beëdigde verklaring by appellante A se repliserende verklaring geheg. In hierdie verklaring sê ene John Anthony Faul, wat as kliniese sielkundige in Pretoria praktiseer, dat appellante hom vir die eerste maal in Oktober 1968 gespreek het. Sy was toe

"in 'n baie swak emosionele toestand weens huweliksprobleme waarmee sy destyds te doen gehad het".

Faul sê verder dat appellante behandeling ontvang het waarop sy B "baie goed reageer het", maar dat sy weer in 'n "gespanne en depressiewe toestand" verkeer het toe hy haar daarna op 7 Februarie 1969 gesien het. Wanneer sy in spanning verkeer, verklaar hy, is sy "geneig om baie impulsief op te tree".

C In sy beantwoordende beëdigde verklaring ontken respondent dat appellante soveel geld aan klerasie, medisyne en aptekersware hoef te bestee as wat sy beweer, en, wat die koste van losies betref, beweer hy dat, alhoewel hy nie kennis dra van die "redelike en billike losieskoste vir 'n enkelpersoon in Pretoria of aan die Rand" nie, die bedrag van R78 per maand D nietemin "buitensporig hoog" klink. Hy sê verder dat indien appellante nie met R100 per maand in Pretoria of aan die Rand kan uitkom nie,

"sy dan baie maklik op een of ander plattelandse dorp vir haar sal kan huisves, waar die lewenskoste sowel as die verblyfkoste heelwat geringer is as in 'n stad soos Pretoria...".

Hy sê ook dat appellante "haar hele lewe lank op die platteland E gewoon het". Appellante se bewering dat haar gesondheid swak is en dat sy nie kan werk nie, word deur respondent ontken, en hy wys daarop dat sy geen besonderhede gee van wat daar met haar gesondheid sou skeel nie. Respondent voer verder aan, na aanleiding van die adresse op sekere poskaarte, wat hy by sy F verklaring aanheg en wat datums in Maart 1970 dra, dat appellante "nog steeds by van der Nest inwoon", dat laasgenoemde 'n "baie vermoënde" man is, en dat hy "in alle waarskynlikheid" tot appellante se onderhoud bydra.

Met betrekking tot appellante se bewering dat respondent in antwoord op haar aansoek om onderhoud pendente lite erken het dat hy R150 'n maand kan betaal, gee respondent toe dat hy die G erkenning gemaak het, maar hy wys daarop dat hy en appellante ooreengekom het dat hy haar R120 'n maand sou betaal en dat die Hof 'n bevel in dier voege gemaak het. Daarbenewens beweer hy dat sy finansiële posisie sedert daardie tyd versleg het en dat hy derhalwe nie langer aan die erkenning "gebonde" is nie. Om H te toon dat sy posisie verswak het, gee hy 'n lang relaas van sy skulde en verpligtinge, maar dit is nie nodig om besonderhede daarvan te gee nie. Dit is voldoende om te sê dat sy bewerings meer as een repliserende verklaring deur appellante tot gevolg...

To continue reading

Request your trial
19 practice notes
  • PL v YL
    • South Africa
    • Invalid date
    ...1984 (4) SA 467 (A): referred to Shields v Shields 1946 CPD 242: referred to Smith v Smith 1925 WLD 183: referred to Strauss v Strauss 1974 (3) SA 79 (A): referred Swadif (Pty) Ltd v Dyke NO 1978 (1) SA 928 (A): referred to B Swart v Swart 1960 (4) SA 621 (C): referred to Thutha v Thutha 20......
  • ST v CT
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Schierhout v Minister of Justice 1925 AD 417: referred to D Schutte v Schutte 1986 (1) SA 872 (A): referred to Strauss v Strauss 1974 (3) SA 79 (A): referred Van Zyl NO v Kiln Non-Marine Syndicate No 510 of Lloyds of London 2003 (2) SA 440 (SCA) ([2002] 4 All SA 355): referred to W v H 2017......
  • Schutte v Schutte
    • South Africa
    • Invalid date
    ...powers, or that the Court itself may surrender them, is contrary to the letter and spirit of s 10." Soos aangetoon in Strauss v Strauss 1974 (3) SA 79 (A) op 93 - 4, was die heersende opvatting voor die inwerkingtreding van die 1953 Wet dat 'n Hof nie bevoeg was nie om die skuldige eggenoot......
  • PL v YL
    • South Africa
    • Eastern Cape Division
    • 1 August 2013
    ...Law of Husband and Wife 2 ed at 15 fn 29. [46] Act 37 of 1953. [47] 1928 OPD 155. [48] Schutte supra n23 at 880; and Strauss v Strauss 1974 (3) SA 79 (A) at [49] At 204 – 205. [50] It is explained as follows by Jacob & Goldrein Pleadings: Principles and Practice at 8 – 9, quoted with approv......
  • Request a trial to view additional results
19 cases
  • PL v YL
    • South Africa
    • Invalid date
    ...1984 (4) SA 467 (A): referred to Shields v Shields 1946 CPD 242: referred to Smith v Smith 1925 WLD 183: referred to Strauss v Strauss 1974 (3) SA 79 (A): referred Swadif (Pty) Ltd v Dyke NO 1978 (1) SA 928 (A): referred to B Swart v Swart 1960 (4) SA 621 (C): referred to Thutha v Thutha 20......
  • ST v CT
    • South Africa
    • Invalid date
    ...Schierhout v Minister of Justice 1925 AD 417: referred to D Schutte v Schutte 1986 (1) SA 872 (A): referred to Strauss v Strauss 1974 (3) SA 79 (A): referred Van Zyl NO v Kiln Non-Marine Syndicate No 510 of Lloyds of London 2003 (2) SA 440 (SCA) ([2002] 4 All SA 355): referred to W v H 2017......
  • Schutte v Schutte
    • South Africa
    • Invalid date
    ...powers, or that the Court itself may surrender them, is contrary to the letter and spirit of s 10." Soos aangetoon in Strauss v Strauss 1974 (3) SA 79 (A) op 93 - 4, was die heersende opvatting voor die inwerkingtreding van die 1953 Wet dat 'n Hof nie bevoeg was nie om die skuldige eggenoot......
  • PL v YL
    • South Africa
    • Eastern Cape Division
    • 1 August 2013
    ...Law of Husband and Wife 2 ed at 15 fn 29. [46] Act 37 of 1953. [47] 1928 OPD 155. [48] Schutte supra n23 at 880; and Strauss v Strauss 1974 (3) SA 79 (A) at [49] At 204 – 205. [50] It is explained as follows by Jacob & Goldrein Pleadings: Principles and Practice at 8 – 9, quoted with approv......
  • Request a trial to view additional results

VLEX uses login cookies to provide you with a better browsing experience. If you click on 'Accept' or continue browsing this site we consider that you accept our cookie policy. ACCEPT